Survivor 101

Daar sit die vrou gister aand toe met die oom se bril. Met ‘n paar stokkies, fyngoed (hallo, gloeilampie het iewers aangegaan) en iets wat lyk na ‘n vrot lappie.

Hulle het ook gekliek dat jy moet wag vir die son om lekker hoog te sit. Maar eers sak my moed tot in my voete. Want ek sien sy hou die bril net so slap oor die vuurmaak-goed.

Ek gil! Ag tog. Soos ons as kinders gese het: Jy moet hom “trek”. Daai ligkolletjie, so fyn-fyn tot hy ‘n kern maak en hom dan doodstil hou. As die rokie kom moet jy hom eers stil hou. Anders kom die vlam nooit. Ek weet, ek het baie maatjies so geklits…:)

Maar met die genade het die vrou haar vuur gemaak. En weet julle wat, hulle gaan haar uitstem. Al het sy vuur, wat in die geval lewe beteken, want nou kan hulle water kook om te drink, gebring.

Want in Suvivor, ons is al seker in reeks 12, het die mense nog nooit die gender-Rubicon oorgesteek nie. Hulle glo/dink. Man=sterk en die beste. Vrou en ouer persoon = swak en verloorder.

Wat hulle nie besef nie is dat survivor nie gaan oor hoe sterk nie, maar oor hoe TAAI, jy is. Fisisies en emosioneel.

Al het sy vuurgemaak, beteken dit vir haar niks. Sy is nou of ‘n bedreiging, of ‘n steeds ‘n swak vrou.

‘n Vorige keer het hulle ‘n vrou wat visgevang het uitgestem, oor sy nie “sterk” was nie.

Was dit ‘n man wat vuurgemaak het, was hy weer die “big provider”.

Nog meer verstommend vir my: 6 vroue en 3 mans. En die vroue luister na die mans en stem die ander vroue af! Hallo? Hulle laat hul vertel die ander vroue, dus met implikasie hulself! is swak. Hierdie gaan nie oor feminisme nie, dit gaan oor jou eie waarde.

Neem byvoorbeeld die bebrilde “Sjinese” man gisteraand. Hy kan nie ‘n flippen bal gooi om sy verdomde lewe te red nie. Dit lyk of hy nog nooit ‘n bal gesien het nie. Maar wie stem hulle af? ‘n Vrou! Die ene wat die hele luukse skuiling in 2 dae die lig laat sien het, omdat sy ‘n argitek is.

Vir ‘n vrou om hier te wen moet sy na die mans luister en teen ander vroue draai. Onder die radar vlieg, soos die swart vrou in SA Survivor. Anders is dit baai-baai met haar. Want as sy sterk na vore tree, is sy ‘n “bossy bitch”.

En die ou met die leep-oe, Rocky, rook iets daar. Die teeblare of iets. Hy survive, hy is ‘n man. Hy is so min taai soos ‘n konyn.

En die man wat nie die varksnoet kon eet nie, hy het opgehou eet nog voor hy begin het. Maar kyk sy spiere, hy word as sterk gesien??

En die ouer man wat seergekry het. Hulle was maar te verlig om dalk een minder te raak.

Hierdie is voorwaar ‘n studie in moderne antropologie en ons nie veel verder nie…

Wanneer sal ons opvatting oor wie wat kan doen verander? Nie alle mans is taai en sterk nie, ook nie alle vroue nie. Die individu, die persoon moet op meriete beoordeel word, nie op grond van hulle geslagsorgane nie. Ek bly verstom. Ek sal altyd verstom bly.


  1. Daai vuurmaak stunt was gestage dink ek. Daar is geen manier wat haar tegniek vuur sou voortbring nie. ‘n Bril se lens se fokuspunt kan onmoontlik nie so naby wees soos wat sy dit gehou het nie, en sy het hom nooit stil gehou nie. Dan het sy hom ook nog verkeerdom gehou. Die bril fokus die lig na agter, op jou retina. Die voorkant moet na die son toe wys, anders fokus die lig nie.

  2. Presies, dis die “trek” wat ek van praat. Ek het nie eens die verkeerdom opgemerk nie, dankie vir daai een. Ek was so gefokus op die stilhou en die feit dat sy nie daai klein, puntjie gekry het nie.

  3. Pienk Zuit, ek het rerig nie so naby opgelet nie!😯

    Oee, ek het vreeslik gegril vir daai varksnoet, maar ek dink ek sou dit vinniger as daai “sterk man” kon sluk!:mrgreen:

  4. maxie

    Goeie stuk Roos. Hierdie wanopvatting verstom my ook altyd. Maar ek kyk nie Survivor nie, my huismense waardeer nie die gegiggel nie… (Dankie dat ek in jou spannetjie is, voel geëerd🙂 )

  5. Ek kan dit nie kyk nie al sou ek wil….Maar ek is seker ek sal genoeg updates hier kry😉
    Ek dink ook baie van die goed is gestage, maar nou ja, dit bly iets om voor te lag!

  6. Dellie: Ja, mens moet eet sonder om te dink. Soos aan my kos…word net vol. Daai seekat is net calamari, is net nie in ringe gesny nie.🙂

    Maxie: maar natuurlik is jy in die span. stuur jou huismense Spur toe.

    Kaalvoet: Van dit is en van dit is regtig nie gestage nie. Het iemand wat daar was, op een van die trips vir my gese. Die SA mense het regtig nie ander kos gekry nie.

  7. Ek kyk survivor op Wikipedia

    Wees genadig mense, hulle voorouers het nie kaalvoet die Drakensberge oor nie. 😉

  8. Ek dink ek het net een keer in my lewe vuur gemaak. Ek het nogal gewonder hoekom party mense dit as ‘n kuns beskou.

    Ek het 2 broers, wat al meer pak oor vuurmaak gekry het, as wat daar sterre in die lug is. Hulle was onderskeidelik 2 en 3, toe gaan maak hulle onder ‘n mini vuur. Dat die vlamme weerskante hoEr as die mini was. Hulle het in hulle kas vuur gemaak. Hulle het in die (elektriese) stoof vuur gemaak. Net waar hulle kon, hulle was gefasineer oor vuurmaak. Dus as daar ‘n vuurtjie benodig is, het hulle gesorg dat hulle dit maak.

  9. Adrie: LOL. die maklikste vir my is met vuurhoutjies en blitz…
    In die stoof en kas! Ek moet se ek wou ook altyd ‘n worsie braai, eintlik net sodat ek kon vuurmaak.

  10. Lewies

    Hi rosalind
    Ek en vroulief is effens survivor verslaaf ek weet ook nie waarom nie, miskien die romantiese idee van oorleef op ‘n eiland Robinson crusoe style. Maar genade janee daardie merikaners maak nie kop of stert uit nie.

  11. Lewies ek sal nogal smag na ‘n eiland vir myself, maar dan soek ek die luukshede.

  12. Haai ja! My hart is seer oor ou Sylvia! 😦 Sy het na die enigste een gelyk wat ‘n kop op haar lyf het.

  13. En die keer is dit NIE ‘Only In America’ nie.

    Rosa, BUTCH is ‘n beter beskrywing vir die vroue wat voorvat. Mans voel mos kleinpiel teenoor ‘n vrou wat ‘n byl kan swaai en ‘n vokin plug kan verander. Dan raak die bekke mos gou so vokin snedig, jy kan stik daarvan.

    My vrou kan alles doen wat ek kan, maar sy sit as sy piepie, en as sy haar pienk rok aanhet, druk ek sommer blomme in haar hare, want dan ruik sy soos die veld.

    Ai, ou Vokof raak sommer nostalgies so ver van die hart se punt af.

    En ek gaan my eersdaags in Amerika vestig – tussen die vokin onnoseles. Miskien moet ek begin klasgee in oorgrens-aanvaarding met minder meedinging. Ek dink steeds as vroue die wereld regeer het, was daar minder kak as nou. En op pms dae sou misdadigers aan die ballas gehang word. Vokweet.

  14. demoerin

    😆 @ Vokov….baie interessante siening, veral die PMS dae.

  15. Ek wonder of die mense ook sal reageer as dit ‘n regte Survivor drama is. Sal hulle ook van die persoon ontslae raak omdat hy/sy in iets uitblink? Baie jare terug het ek ‘n boek gelees oor ‘n stam in die Amasone wat geen benul of begrip het vir kompitisie nie. As iemand uitblink in iets, dan word hy toegelaat om dit te doen en hulle sien geen bedreiging nie. Wys net ons in die weste hou nie daarvan dat die gras groener is iewers anders nie.
    Nou ja dit is seker hoekom mense die show kyk!

  16. Vokkie: Die mans wat aangejaag het sou altyd gehang het, het jy enige idee hoe wreed ‘n vrou kan wees…hmmm?? veral as sy haar pienk rok aanhet, maar haar hart is swart.
    Butch aiaiai. Ek kan ‘n byl swaai en ‘n plug aansit, ek kan veel meer meer as dit doen. Maar ek hou nie van tire omruil nie ook nie van spit in die tuin nie.

    Rustig; Interessant wat jy noem! Sommige van ons, kan mos nie was om ‘n uitblinker te vertrap nie, of om op die wat le te spring nie. Ek word soms vies vir die mense in die show, soos met Weakest Link, stem altyd die beste een uit as daar 3 oor is.

  17. sonneblomseplekkie

    Rosa, ek hoop jy kry my mail addy…dankie baie

  18. Zee

    Ek kan nie saampraat nie, ek kyk nie survivor nie, ek blog daardie tyd😦

  19. Laat my nou wonner hoeveel van daai reekse is “gestage”?

  20. Paula

    Kyk ongelukkig nie Survivor nie, maar dit klink nie reg dat daar so teen die dames gediskrimineer word nie😦

  21. Jip sonneblom die lyne is oop😉

    Zee: ek kry soms raas oor te veel blog😦

    demoerin: sallie weetie

    paula; die vroue diskrimineer sommer teen hulself




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: