Dingetjie

Ek het ‘n dingetjie. Dis my dingetjie. Dis ‘n oulike dingetjie – ek dink so, en my ma dink so.

Ek vryf sy koppie. Tot sy haartjies blink. Oor en oor.

Hy blaf vir my, as ek sy koppie vryf. Ek dink hy blaf, omdat ek oulik is, maar wat ek nie weet nie, is dat dingetjies uit gewoonte blaf. Dis maar wat hulle doen.

Mense sê vir my hoekom my dingetjie blaf. Ek sê vir hulle, hulle is ongelowige ketters. Gaan weg! Hulle is my vyande. Hulle is vieslike mense.

Ek vryf my dingetjie se koppie so baie – eendag, toe is hy net dood. Stokstyf.

Maar ek weet dit nie. Ek dink by blaf nog, al kan ek dit nie meer hoor nie.

(Die stukkie was suiwer simbolies, my opregte verskoning vir die wonderlike bloggers wat soveel omgee, lees asb my verskoning in die kommentare.)


  1. Mefri

    ((((((Rooskindjie))))))

    Ek het die hele aand aan jou gedink, en nou is jy hartseer. Jy is so spesiaal, meer as wat woorde kan beskryf.

    Hoe kan enige mens of dier suiwer liefhê weerstaan? Jou dingetjie het jou ook lief tot anderkant waar blaf nie meer met menslike ore gehoor kan word nie.

  2. Ek weet hoe dit voel…
    Strongs!
    (((Rosa)))

  3. XXX(((((wildste loot)))))XXX

  4. Zee

    Rosie, weet jy wat is so wonderlik. Dat jou dingetjie se nagedagtenis so mooi is…. (((Roos)))

  5. demoerin

    So mooi gestel. Jy toor met woorde!

  6. Julle liewe mense is so wonderlik, regtig, julle is flippen spesiaal.
    Julle gee soveel om. Fok nou voel ek sleg. Julle is so spesiaal, dankie

    Dit is simbolies my drie honde is blinkvet gesond. Dit is simbolies.

    Die “ek” dink my dingetjie is oulik, (en my ma ook😉
    As ek sy kop vryf dan blaf hy, maar ek dink dit is omdat EK oulik is, meantime blaf hy omdat hy maar net ‘n blaffer is.
    Maar ek hou aan, al waarsku mense my, “ek” luister nie na raad nie, inteendeel ek vloek hulle dan as vyande uit. Uitendelin veroorsaak ek die dingetjie (wat uniek) is se dood.

    So dit gaan oor selfsug, oor wil nie hoor nie, oor baie dinge. Dit is net in 1ste persoon geskryf, om dit meer toeganglik te maak. Dit gaan oor baie dinge.

    jammer, jammer. dit is my skuld ek was te vaag.

  7. Blaf voort my ding, soos gewoonlik is ek laaste hier, en nou maak alles sin!😉

  8. Zee

    Rosie, hier is sommer nog ‘n ou ((((Roos))) vir jou, sommer net oor ek mag!😉

  9. Dankie Dellie, flip ek wou die inskrywing nou delete, maar dit is teen my manier van dinge doen.

  10. Dankie Zee, ek so bly jy is nie kwaad nie, dankie dat jy verstaan!

  11. Aag ou Wille Loot, ek het jou al gese, ek dink jy is sommer vokin special, so as jy nie mind nie, moet asb nie my comment delete nie.

    Vok weet, hier is genoeg kinderagtige selfgesentreerde dose op die blogs wat hou van delete, en ek bedoel steeds die hugz.

  12. Vokkie; Die hugs is ontvang en geniet.🙂🙂
    Ek sal nooit as te nimmer delete nie. Al het jy my nou my vokkin fortuin vertel oor my kopvlug-dingetjie amok gemaak het.

  13. Vir wat sal jy nou staan en om verskoning vra???? Dis mos nou nie asof jy iets verkeerd gedoen het nie huh?! Wel, ten minste weet jy ons gee om😉
    ‘n Misverstand is ‘n misverstand is ‘n misverstand…dit het niemand skade berokken nie so moenie komkommer nie!
    ((Rosa)) want ek kan😆

  14. 🙂 Paula

    Kaalvoet: Wel ek moes seker duideliker gewees het, wou nie mense mislei nie. Thanks🙂

  15. …kyk, ek wil nou nie maak of ek superieure intellek het nie😆 , maar toe ek dit lees het ek nie gedink dit gaan oor ‘n hondjie nie! Dalk IS ek net bleddie slim! Hiehiehie…

  16. Boendoe….heeeeeeeeeeeeeeeee

  17. Dal is jy superslim Boends! Ek het net al te veel op my kop geval🙂

  18. Shame, Kaalvoet. 😉

  19. Ek is bly dat dit nie net ek is wat soms met my voet in my mond gevang word nie.

  20. My Liefie se is oor ons so getraumatiseerd is in die land, as ons die woord ‘dood’ sien simpatiseer ons outomaties😉

  21. Merfi

    Roos jy skuld my ‘n paar hartkloppe LOL ‘n hele paar, hehe Wel, dink so daaraan; Jy laat ons lag, huil, dink, wonder oor die lewe, jy voed ons siele, prikkel ons belangstelling, en jy leer ons van dinge waarvan ons nie voorheen bewus was nie, jy ervaar ons omgee en bekommerd wees, en ons ervaar joune. Ek sou sê dis pretty much the qualities of a great blog! LOL Nou weet jy sommer met sekerheid hoe ons jou sien; a well loved and treasured me-Lady-Rose!🙂

  22. Mefri: klop, klop, klop betaal ek..

  23. eilandkind

    Weet jy rosa, ek het gister die dingetjie van jou hier gesien en so geskrik, ek het nie geweet hoe om te reageer nie. Half bang geraak, vreemd gevoel…
    Dit was voordat daar nog enige comments was, en ek het nie geweet hoe om te comment nie. Ek het sommer aangeneem dat dit simbolies is…
    Toe kom ek later terug en sien al die hugs en trane en dog toe, o aarde, dis ‘n goeie ding ek het nie gecomment nie, want dis toe al die tyd jou hondjie wat dood is!
    Nou sien ek, dit was toe al die tyd soos ek gedink het.
    Ek is bly dit was net simbolies en dat jou honde okay is en steeds blaf!
    Mensig jy laat mens op jou tone staan, altyd iets om hier oor te lag, te huil of aan te kou.
    Die dat ek ook aanmekaar terugkom!

  24. Eilandkind: jammer jong dat jy geskrik het. sien, jy eerste instink was reg😉
    groete daar op die eiland.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: