Vryheid

Die dood van Socrates, wat gedwing is om gif te drink omdat sy denke en uitsprake die jeug glo negatief beinvloed het. (Foto: Wikipedia)

Ek wil net vry wees, soos baie ander mense in die land en in die res van die wereld.

Vir my is vryheid nie ‘n stukkie grond nie. Ek wil nie my eie mielies plant of hoenders aanhou nie. Inteendeel, ek begin wonder oor hoenders eet.

Vir my is vryheid nie die reg of voorreg om te stem nie. Hulle luister tog nie na my nie, of enige iemand anders nie. Vet katte raak uiteindelik net obese.  (Hoewel ek tog stem, omdat ek voel dit is my plig.)

Vir my beteken die sogenaamde godsdiensvryheid ook nie veel nie, omdat niemand, maar niemand in ‘n ander se hart kan kyk nie. Nog minder kan ‘n mens gedwing word om ‘n god te aanbid waarin jy nie glo nie. Jy kan maak of jy saamspeel, maar ‘n persoon se verstand kan nie beheer word nie. Nooit nie.

Vryheid van beweging en assosiasie dwing mense ondergronds, maar hulle kom uiteindelik waar hulle wil, sien wie hulle wil.

Ek gee nie om, om opgesluit te word nie, want my kop kan ver reis. Ek is gemaklik met afsondering.

Waarna ek smag is vryheid van denke, om te dink en te ontdek wat ek wil. En as ek anders dink, en nuwe dinge ontdek, wat dalk nie saam met die res van die trop skape hol nie, om wel die vryheid te hê, om dit te sê. En nie daarvoor veroordeel te word nie.

Vryheid sonder oordeel.

Om vry te wees om met te dink. Om net te wees, sonder om die hele tyd om te kyk, om te sien wie stap agter my.


  1. Paula

    Pragtig geskryf. Vryheid is so mooi opgesom🙂

  2. maxie

    Daardie 4de en 3de laaste paragraaf, en veral die sin “En nie daarvoor veroordeel te word nie” lê my nogal na aan die hart. En dan natuurlik “Vryheid sonder oordeel”. Bestaan daar so iets? I think not.

  3. Mefri

    Rosatjie, jy raak nou aan die kern van my diepste wese. Ons is soveel meer as wat ons besef.

    Rosatjie, jy raak nou aan die kern van my diepste wese. Ons is soveel meer as wat ons besef.

    Vryheid om te dink, te wonder, te beproef, en te ontdek is wonderlik, maar om dit spontaan saam met ʼn sielsgenoot te kan en mag ervaar, te verbaliseer en ook soms woordeloos te kommunikeer is onbeskryflik – dis die bron van my grootste sielevreugde.

    Vryheid in volkomenheid…..

  4. Ja, dis waar, Rosa. Ek dink net nie daai soort vryheid bestaan regtig nie. Veral in ons Afrikaanse samelewing. As mens met ‘n volksvreemde idee vorendag kom, is jy dadelik ‘n uitgewekene! 😉

  5. demoerin

    Dankie tog die tye van hericy en brandstapels is verby. Ongelukkig soos jy sê is daar nou ander maniere van veroordeling. Baie sad state of affairs.

  6. amen

    moet sê, ek wonder oor vryheid wat die individu ophemel tot die begin en einde van alles. ek is vry, maar ek is ook verantwoordelik.

  7. Ek sweer jy is ‘n Taoïs😉

    Sowaar, ware vryheid het niks met alledaagse kommoditeite te doen nie. Dit is in jou denke, en loswees van die kettings wat die lewe en oppervlakkige, mensgemaakte grense op ons neerlê. Dit beteken los wees van die dinge wat die ego nastreef.

    Soos Ekhart Tolle pragtig skrywe: “The meek are the egoless. They are those who have awakened to their essential true nature as consciousness and recognize that essence in all “others”, all lie-forms. They live in a surrendered state and so feel their oneness with the whole and the Source… That is the sense in which the meek will inherit the earth”.

    Sit dit op die Spaanse brandstapel!

    Sokrates rocks!

  8. Paula: dankie

    Maxie: as ek dit laat vaar sal ek sukkel om te bestaan, my onbekombare droom. (miskien in ‘n samelewing in die verre toekoms?)

    Mefri: dis ook my sielsvreugde😉

    Boendoe: uitgewekene inderdaad

    Maeree: Natuurlik kom die vryheid met morele dissipline en etiek vir my. Juis, met verantwoordelikheid.

    Demoerin: Heks Rosalind sou lankal op die brandstapel gebrand het! Maar vandag brand ons mekaar met die tong en deur mekaar sosiaal uit te skop.

    Emil: Kettings maak my bang, maar soms slaan mense hulself so gewillig in kettings. Socrates rocks, sy maatjie Plato ook.

  9. OakTree

    Net so baie soos wat die griekse en romeinse filosowe vir die westerse wetenskappe beteken het, net so baie het hulle van ons beroof deur hulle denke af te forseer, hiervan is Sokrates se verwerping n verwysing.

    Dis goed dat ons in die 21ste eeu is, want vroeer kon die feit dat jy anders gedink het jou dood gekos het…

    Wie rock hmmmm?

    As ek vinnig moet dink aan n paar, Victor Hugo, Da Vinci, Claude De Bussy, Nicholas Poussin, Jacques de Molay, Frances Yates ens ens

    Meeste onderdruk oor hulle hulle eie gedagtes “illustrate” het.

  10. Ek kan nie eintlik dink dat die griekse filosowe se denke op ons geforseer is nie. Op skool het ek definitief nie van hulle geleer nie. Ek kan aan ander verstikkende denke dink wat wel op ons geforseer is…

    Sokrates is deur onnosel mense gedwing om gif te drink…mense wat bedreig gevoel het, juis oor hulle bang was en toe verskuif hulle die klem na iets anders.

    Da Vinci veral, en Hugo nogal koel!

    Rock steeds😉 (mens is vir lesser “crimes” vermoor)

  11. O, Rosalind, ek dink Plato het gekom en die ding so bietjie op sy kop gekeer. Dink net hoe die wêreld kon uitdraai sonder sy dualisme, en dan veral die religie. Liggaam en siel, die een die huisvesting van die ander. Gee my eerder Hegel en Aristoteles, of Poincaré! Maar in essensie, hulle rock nog steeds🙂

    Dankie tog ons leef in 21ste eeu, dat ons saam Nietzsche en Dostoyevsky alles as ‘toelaatbaar’ kan ervaar! Nou nie so nihilisties, omdat alles tog verniet is nie, maar eerder soos Aristotels, wat reken ons poog na alles ‘toelaatbaar’ omdat die mens ‘n intrinsieke behoefte na kennis het – hoekom IS ek? Is alles nie maar metafisies nie?😉

    Daai is ‘n klomp😎 mens wie jy noem, OakTree!

    Laat ons nooit ophou met “hoekom” en “waarom” nie, brandstapels ten spyt!

  12. Emil: Nou spring ek, weet jy dat ‘n Rus Poincare se vraagstuk opgelos het, ek dink twee jaar gelede. Tja, jy weet seker.
    Baie mense ervaar baie “denkers” se uitlatings as nihilisties, terwyl ek dit ervaar as “lewe, lewe juis! ervaar, soek en put genot daaruit”. Die soeke na die IS, is juis lekker! En dit hoef mos nie so streng “ja meneer reg en verkeer te wees nie”.

    Dis my vryheid waarvan ek praat. Nooit ophou nie, jy is reg Emil.

  13. Yip, Grigori Perelman, maar nie sonder die grondwerk van Richard Hamilton nie. Science het dit in 2006 as die deurbraak van die jaar beskou. Maar Poincaré se werk op relatiwiteit grens aan dieselfde genie as Sokrates! Wiskunde is intuisie – wil jy nou meer!

    Is filosofie in al sy fasette nie ‘n wonderlike ding nie!

  14. Emil: Ek moes geweet het jy weet🙂 dit is inderdaad wonderlik.

  15. flippiefanus

    Wiskunde is iets wat mens kan bewys. Filosofie in sy algemene vorm kannie op enige manier bewys word nie. Op die ou ent is dit eintlik maar ‘n klomp mense wat die hele tyd mekaar probeer weerspreek. Ek dink die filosowe is helfte van die tyd besig om mense te mislei. Nee wat gee my eerder wiskunde en wetenskap. Dis die enigste deel van (natuurlike) filosofie wat regtig nuttig is.

    Rosa ek stem saam met jou oor vryheid maar vir my is dit effens wyer as bloot net my gedagtes.

  16. Flippie: Wiskunde en fisica, daarom maak die modelle oor die heelal vir my soveel sin.
    Ek hy van filosofie se “dromerigheid”, hoop ek kom reg oor. Ek hou ook van holisties na dinge kyk, voel dit skakel by mekaar in.
    Die wetenskappe in die bree is steeds vir my die heel beste.

    Die stuk het betrekking tot my gedagtes en om vry te wees in ‘n tipe andersheid.

  17. Die blote “vraag” is reeds filosofie!

  18. Emil: As mens begin vrae vra, selfs in die wetenskap, of waar ookal, moet ‘n mens op ‘n stadium by die filosofie uitkom. ‘n Mate van beredenering.

  19. flippiefanus

    Daar is aspekte van filosofie wat nuttig kan wees. Maar ongelukkig probeer filosowe baie keer meer omvattende stellings maak as hulle binne hul beperkings kan maak. Dis dan wanneer die probleme begin.

  20. oooh, ek weet dis van die punt af, maar ek is MAL oor daai skildery. dis my rubriek se avatar in die matie, net ek het ‘n elektriese kitaar in socrates se hand inge-edit🙂

  21. ‘n Kitaar, Johan! Praat van “anti”-establishment😉

  22. oooohhh dis okay Johan ek hou ook van die skildery. gelukkig kan ek nie so edit nie, want dan sou ek vreeslike dinge aangevang het.

  1. 1 Vryheid op die internet « Flippiefanus

    […] ‘n paar ongure elemente en gebeure op die bloggosfeer. Toe skryf Rosalind ‘n deel oor vryheid wat my aan die dink gesit […]

  2. 2 Die week in ‘n neutedop…. « Demoerin’s Klasak

    […] is belangrik, pasop net vir windgat word! Gaan lees bietjie verder oor Taoisme en Socrates vryheid. Hier is ‘n lekker “all-sorts” inskrywing, daar moet iets vir elkeen […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: