Survivor-sissies

Hoe kap ‘n Amerikaner ‘n kokosneut met ‘n panga oop?

Neem ‘n kokosneut en hou hom mooi stewig in die palm van jou hand. Sorg dat jou vingers mooi om die neut krul. Dit sal die maksimum-impak met die lem verhoog. Swaai die panga met mening en kap!

Sê ‘n gebed op dankie te se, omdat jy so swak kap, want as jy behoorlik gekap het, was jou vingers en jou handpalm oopgekloof.

Ek kyk Survivor op TV en ril elke keer as ek sien hoe die Amerikaners met lemme omgaan. Niemand sit die kokosneut op die grond neer om die kap nie. En as hulle dit doen, kap hulle neffens hulle vingers. Nee, ons kap hom sommer uit die hand uit. Bo hulle draai 4000 beskermengele rond.

En die eerste lot, kap al hulle neute oop om die vloeistof te kry maar eet nie die vleis nie. Daar le honderde gemorsde koskosneute net so. Want more is nog ‘n dag en die goed groei mos oornag. Die verbruikers de lux.

Vuurmaak? Met elke Survivor (let wel die VSA-uitsendings) wil ek skree as ek die vuurmaak-dinge sien. In die nuwe groep is daar TWEE wat brildra en hulle kan nie flippen vuurmaak nie. As kind ek het vele, maar vele kere met brillense ‘n vuurtjie aan die gang gekry. Jeez!

Die stokkie-vryf-ding is ‘n ander saak. Maar as jy nie fyngoed, soos die oumense gese het, ook gebruik nie, sal jou blerrie stokkies nooit vlamvat nie, al vryf jy ‘n 100 jaar.

Maar dan is daar die wat vuursteen in die hande kry en dit steeds nie kan doen nie. Dis soos ‘n padda wat nie kan spring nie! Ek sal ten minste voor die tyd oefen as ek hoor ek gaan.

Of nog erger, jy gaan neem deel aan die speletjie en jy kan nie swem nie. Laas keer het die een ou amper versuip op die eerste dag. Swem soos ‘n wasmasjien. Sluk-sluk.

En die visvang . . . wel, wel. Daar gaan die net. Die lyn is sonder sinkers.  Dryf op die water – vang seker plakton. Of beter: Kom ons vang die vissietjies met ons handjies. Jaag hulle soos skapies in die kraal.

Vrotvry: En die mense is vrotvuil, maar van julle raak jags en wil mekaar net spring. Nou vra ek. Hoe wollerig is jou tande na 20 dae? Jy vee jou stert met blare af. Jou klere het kolle op wat vir my lyk of die waspoeier advertensie-mense nie eens bereid sal wees of daaroor te lieg nie. Ek meen, ‘n mens kan sekerlik ‘n bietjie knyp?

‘n Toebroodjie vermis: En daar is altyd 2 of 3 wat ‘n toebroodjie kort is van ‘n piekniek. Al die liggies brand nie daarbo nie, of eerder daar is nie eens sockets vir al die liggies nie. Die mense is ‘n brandgevaar as is daar nie vuur nie. Ek ken hulle uit: Wilde/slaperige oë, lang kouse, of vreemde hoede/goed in hulle hare. As die stem eers ongewoon tril – dan weet jy.

My droom: ‘n Spannetjie van die Amerikaners teen ‘n span Suid-Afrikaners. Kyk, ons sal hulle gatte so goed kan skop, dit is nie eens waar nie. Ons sal kan visvang, vuurmaak, kos kry, water kry, die toetie.

Ek kyk Survivor want ek lag my vrek.


  1. demoerin

    Dit is een van die redes hoekom ek dit nie kyk nie. Ek kan nie besluit of hulle net in die spotlig wil wees en of hulle regtig stupid is nie. Dit irriteer my.

  2. Oe dis lekker om te sien hoe hulle so suffer, en na 17 dae nog sit met die vuursteen — kap-kap later is die meslem stomp!

  3. Rosie dit lyk mos vir my ek mis baie deur nie Survivor te kyk nie. Ek sal my ook vrek lag. Wanneer wys dit en op watter kanaal?

    Oor jou droom, ons Suid Afrikaners sal gat skop…. hoe sê hulle: ‘n boer maak ‘n plan!

  4. Ek dink ook hulle is ‘n klomp brode! Gebruik net bietjie common sense mense!!! Ons sal verseker hul gatte skop!
    Ek is seker die lot kry om elke hoek en draai ‘n hamburger en coke, want ek dink nie hulle kan regtig so survive nie! Maar dis is amusing om daarna te kyk!😆

  5. Wippie: Is op es-a-bee-cee 3, reeks het pas begin, die week is die 3de aflewering. 19:30 Dinsdae. Jy sal die humor kan sien….

    Kaalvoete: Van hulle word lekker maer. Ja jy is reg, dalk word hulle gevoer. Is lekker, veral as hulle begin uitrafel.

  6. Ek kyk al lankal nie na die programme nie. Ek vervies my net. Dit is net ‘n rug stekery en mekaar ondermyn. Ek wil glad nie saam met sulke mense in ‘n regte survivor situasie wees nie. Die setup is so dat mense moet mekaar in die rugsteek en die publiek geniet hulle gate uit vir ander se ellende. Mensdom is regtig siek.

  7. Ek weet nie waar krap hulle die dom Amerikaners uit nie, want my man is nie so nie, of miskien het ek hom érens uit gekrap, ek weet tog nie.
    Al wat ek weet is dat hy ‘n Suid-Afrikaner se gat ENIGE dag kan skop!
    Hy is so na aan ‘n boereman as kan kom, so veel so, dat ek soms met hom Afrikaans begin praat sonder om te onthou dat hy dit nie verstaan nie.
    Hy het my siening van Amerikaners heeltemal verander!
    Wonderlike blogs Rosa, ek het jou vorige een baie geniet, veral waar jy hardloop met jou foksie, kon jou sommer sien, ek wed jou, jy het sulke dun kierie beentjies gehad?

  8. Rustig: Jy is baie ordentlik. Ek sit my en verlustig in die mense se vieslike maniere. Tja is lelike speletjie, maar gee jou vir ‘n toffie en dan kou die vrotste tande jou.
    Ek sal nooit survivor speel nie, want ek is so flippen stunning mooi dat al die vrotties agter my sal aanhol, sies, en ek soek dit nie😉😉

    Eilandkind: Haai! Skrik ek nou virrie gatskop… .;) Is baie tong in die kies hier. Maar ek hoor wat jy se. Miskien moet ons ‘n wordpress survivor reel. Ek kies eerste vir Netjane, Kaalvoet en Skoor in my span!
    Nee ek het net gewone beentjies gehad…nou nog…

  9. Jaco

    Naas parlement live is survivor die beste komedie op TV.

  10. Great Rosa! Ek voel ge-eerd om in gekies te word vir jou span! Weet nie rerig wat dit beteken nie,maar dis great! Survivor WordPress!😆

  11. Jaco; Ek stem…heerlike lag-vermaak.

    Kaalvoet: ek weet ook nie, is vir sommer net!!! maar ek kies sommer vir Pikkie, Reisiger, Dellie, Wipneus, Eilandkind, Adrie, Zee, Boendoe, Paula, Maxie, Mefrie, Maeree en al die ander vroue wat kan gatskop ook (as een van julle nie ‘n vrou is nie, beter jy bra-dra om my te oortuig)

    Whateveer….vandag maak ek nes ek lus is.

    En blixer vir ons pyne

  12. O Keet! Ek luv Survivor! Hoop altyd die underdog kom bo uit. Dankie, Rosa, ek is so bly ek is in jou span! 😆

  13. Ek is net ‘n survivor fan, as daar ‘n mooi man in is.

    Ek gaan die naweek probeer om met ‘n bril vuur te maak. Ek is mos ‘n Suid-Afrikaner.

  14. Rosie ek dink nie jy wil my in jou span hê nie, onthou jy nie van my “blikkies in ‘n reguit lyn – labels almal vorentoe” siekte nie. Ek sal die heeldag net wil loop en skoonmaak en goed in ‘n reguit lyn rangskik!! Dan het ek nog so beduiwelde neus ook, die vang weer ‘n reuk 5 kilometer ver op. Hulle sal die hele dag moet bad en skrop. Nee met my in die span gaan ons sweerlik verloor!!! whahaha

    Ek het eendag so storie gekyk, toe eet hulle wurms! Het ek al gesê: ek het nog nie my kulinere horisonne verbreed nie.😉

    Ek gaan definitief nou ook hierdie survivor reeks volg, ek het bietjie lag in my lewe nodig😉

  15. O ja en Jo-Ann en Sonkind, Oopkop en Krista ook in mys span asseblief. En Rene. En Roer, want sy is helse fiks. En Plattie. En Nikita vir die puzzles en Eendjie. Costello. Botterjie en Sonneblom. Alta en BB kan vir ons sing.

    Adrie: maak sommer more al vuur….

    Boendo: Ons span sal nie ‘n underdog wees nie, maar ja ek skreeu ook altyd vir hulle

    Wippie: Nou soek ek jou juis in my span…dat jy kan skrop.

  16. Bwahaha! Ja-nee kyk, ‘n ding met wollerige tande nie naby my nie. Knyp sal ek knyp.

  17. Kan ek maar sê daai uitverkorenes is almal so dof soos stof! Ek het nog NOOIT so ‘n klomp idiote bymekaar gesien nie, die reeks se naam moes eerder ‘aapstreke’ gewees het. Ek nog nooit eers in die dieretuin so baie gelag nie!!!

  18. flippiefanus

    Rosa jy moet darem so paar manne ook in jou span insluit anders het julle ‘n unfair advantage.😉

    Rustig ek stem saam met jou. Ek kannie daai programme kyk waar hulle die slegste van mense se karakters na vore bring nie. Dit ontstel my.

  19. Dankie vir die insluit in die span Rosa. Ek dink altyd hulle sal vir my eerste afstem. It’s my way or the highway en ek hou nie van sukkel nie, sal daai Amerikaners lankal al geklap het.

    Hoe moeilik is dit om ‘n behoorlike skuilplek te bou?! Na hoeveel dae dan le hulle nog in waterpoele en slaap, want hulle bou hulle plekkies aan die onderkant van ‘n afdraand. Idiots.

    Ek hou vreeslik baie van The Amazing Race en dit weet ek sommer sal ek wen.😉

  20. Sonia

    LOL, ‘n Survivor tussen die Amerikaners en Suid-Afrikaners sal net twee episodes hou, dan het ons al hul goed gesteel en hulle vermoor!

    Maar ‘n goeie idee, nogtans, waarom het hulle nog nie internasionale Survivors gedoen nie?

  21. bwahahaha. good one.
    ek kyk ook survivor, maar voel baie skuldig omdat ons mense se lyding gebruik vir vermaak. amper soos vroeër jare se freak shows.
    that said, ek geniet hierdie freak show (het nog nie veel van die nuwe reeks gekyk nie, werk te laat in die aand), veral omdat ek myself (uitgestrek op die rusbank) kan oortuig dat ek nie so is nie.
    dankie vir die insluit in jou span, maar nee dankie. eerstens eet ek nie gross goed nie (ek sal byvoorbeeld eerder doodgaan as om spinnekoppe te eet, soos wat hulle een keer moes doen). tweedens is ek nie erg fluks nie. ek verdien geld en dan betaal ek ander om die harde werk te doen. netnou breek my naels.

  22. Whoo-ooh! Ek is laat, maar darem ook in die span!😆

    Ek lief dit om Survivor te kyk. En ja, meestal omdat my mond oophang oor hulle stupidities! Vreeslik vermaaklik! Ek kon ook nie lekker verstaan hoekom eet hulle nie die vleis van die kokosneute nie? Breintjies het seker vasgesteek op VOEISTOF.😆

    Jy moet onthou om vanaand te kyk, Wippie! Vet pret!😉

  23. Zee

    Rosie, dankie vir die eer om in die span te wees. Nou ja, ek is baie goed om goed “in te sneak”. Ek vat vir ons almal tandepaste en tandeborsels saam. Ons soek darem nou nie hare op ons tande nie😆

  24. Ek het laasweek vir Skoorlief dieselfde gese! Ek dink dit sal kick ass aksie wees, maar dan moet hulle darem nou nie poppies van die walkways hier versamel nie, dit moet sommer lekker boerekinners wees.

    Ek kyk graagter Ultimate Survival op Discovery (ek dink) want daai Bear Grills ou is goed. Okay, hy eet seker burgers in die Landy as die kamera nie rol nie, maar gisteraand toe hy darem die pofadder so rou afbyt, en nog die ystervark ook jag, toe is ons dit eens dat die Pommie ten minste werk vir sy kos, en weet waarvan hy praat.

    Ek voorspel nog moerse vonke by hierdie survivor, veral met die multi-kulturele samestelling, en die tipe mense wat daar is.

    NS: ek dink amper daar is drie stelle brille in die een span – friek my net so uit as hulle so stupid is. En daai ou man was veronderstel om op sy voete te dink, maar lyk my hy idle ook nou maar.

  25. Ek het nie mans in die span nie, want ek weet hoe werk dinge. Die eerste keer wat iemand moet uitgestem word: stem die mans almal mooi saam om ‘n vrou uit te stem, “oor hulle swakker is”. (sorry flippie ;)) dit maak my so die moer in!

    Dellie: Dis omdat ons weet van spaar en sente omdraai dat ons die vermorsing raakgesien het.

    Maeree: Nee destyds met die freakshows, as jy mooi dink, het baie van daai mense nie ‘n keuse gehad nie, dis al werk wat hulle kon kry. Maar survivor, kies die mense om te gaan, duisende doen aansoek. Hulle wil suffer, so sorry!!! jy kan van die mense op ons span, soos bv Rosalind, betaal om jou deel te doen. Ons span maak sy eie reels.

    Sonia: Haai ons almal steel darem nie, ek het amper iets gesteel in st.4, maar uiteindelik nie.

    Netjane: LOL slaap in waterpoele! Sien ek soek jou in die span want jy het “oemf”.

    Flippie: die mense soek daarvoor…

    Pikkie: sien daarom sal ons gatskop.

    Roer: Ek kan ook knyp.LOL

  26. En het julle al gesien hoe braai hulle vis!!! GOOI DIE HELE VIS NET SO IN DIE KOLE. *&*&^$% en skraap dit wat nie gebrand het nie af.

    Skoor: Ja lekker boere-meisies. Nie die modelle in hulle wit! bikinis nie. En ek sal swart mense op die span ook wil he, onthou julle in die laaste SA survivor hoe het die swart ou visgevang?? Elke aand het elkeen seker 3 visse geeet.
    Kyk, ek wil nie grootpraat nie, maar ek weet ek sal met ‘n bril kan vuurmaak en defini-f**-tief met ‘n vuursteen. Ons ken van vuurmaak en braai!

  27. Ha-ha Jaco, dis nou as daar die dag uitsendings daarvan is!!

    Rosa, onthou jy een jaar daai coffeeshop eienaar of so iets. Man dit was so ‘n rowwe ou – hy’t mos sy sigarette ingesmokkel.

    Jy sien hoe druk ek daai flint in my pentie se rek, en ons vrywe stokkies vir ‘n vale, en as die kameraman gaan pie-pie, dan flint ek vir ons ‘n vuurtjie.

    ‘n Boer maak mos ‘n plan, en ‘n Boervrou het reeds ene…

  28. Skoor: LOL net so. Ag sommer ‘n lighter!

  29. Jong, deesdae se lighters is se pateties, ek dink ons is veiliger met die flint. En jy weet waar ek dit wil wegsteek, netnou slaan iets brand! 🙂

    Jy weet ek duik kreef, maar jy moan oor vis! Aijaijaijaijai

  30. Skoor: Jy vang my vissie verkeerd. Ek moan nie oor die vis nie ek moan oor hoe verkeerd die mense dit braai. Hulle het panne, maar hulle gooi die hele vis op die kole! Verskroei die vis….

  31. Oe! Ek weet ook nie wat hulle tot mekaar aantrek nie- dalk is dit ‘n geval van Animal magnetism met die klem op animal!

  32. Blixer: jy is ook in die span jy moet ons dokter, placebos uitdeel vir die honger.
    Animal ja!

  33. Ek sien almal het ‘n werkie vir die spanpoging, nou wonder ek net wat sal ek doen???😆

  34. Kaalvoet: Kyk ons weet al klaar Boendoe, kan ‘n boot maak uit ‘n tube/kinderswembad…. Jy moet ‘n plan bedink om vooraf ‘n groentetuin aan te le.

  35. Julle gaan honger word, want ek het nie groen vingers nie, maar ek sal die nodige saad insmokkel…ek kan vis vang…of is daar klaar iemand wat dit doen??? Anders sal ek die visse skoonmaak, want ek gril nie…😆

  36. Kaalvoet: Wonderlik, jy kan dit sommer alles doen, jy sien, jy het die maag van ‘n bees/boerevroue! Kom ons gaan sommer sonder skoene.

  37. Raai wat kyk ek vanaand!!! Ek wil net solank nota’s vat!!! Dat ek reg is vir die storie as ek moet aantree 😛

  38. Rosalind, die laaste Survivor wat ek gekyk het was Survivor Outback (Australia).Dis toe Colby verloor het teen Tina. Ek was so demoerin, het nooit weer gekyk nie. (Sy het natuurlik heeltemal verdien om te wen.) Maar dankie dat jy genoeg vertroue het om my in jou spannetjie op te neem! Ek kan dalk goed vaar in die swem en kwaak afdelings!! 😉

  39. Wippie: Ek is ook reg vir die ding.

    Eendjie: Ons gaan alles eet behalwe eend.

  40. En at last is daar vuur!😆 Hoera!

  41. Dellie: lat flippen last. nou gaan hulle die vis brand.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: