Spoke slaan jou

“Is julle seker julle wil die video kyk?” vra my maatjie se broer.

Hy is al uit die skool uit en was op die grens. “Ja!” skree ons ongedurig.

“Dis ‘n kwaai movie en dit is nie vir dogtertjies nie, julle gaan in die bed pie en dan kom en in die k*k,” se hy.

Ons bly sit op die bank. Ek weet nie dat trauma van jare op my wag nie. Ons wil Nightmare on Elm Street sien. Ek veral, weet nie wat op my wag nie, want ek het ‘n ongelooflike ryk verbeelding en op 12 is ek nog bang vir spoke en die donker.

Elke keer as Freddy, met sy verskeurde rooi truitjie op die skerm verskyn, wil ek naar word. Sy gesig is ewe verskeurd en sy kop raas. Dis helder oordag en ek is vrekbang, hoe ek vanaand gaanย maak weet ek nie.

Die aand breek aan en my pa besluit om vleis te braai. Ons sit buite in die tuin. Dit is donker. Elke nou en dan stuur my pa my, om in die donker iets in die huis te gaan haal. Ag jimmel.

Later se hy: “Gaan haal jou Ouma-hulle om hier te kom eet.” O neeeeeee! Die flits se batterye is pap. Die voetpaadjie is stikdonker en my Ouma-hulle bly seker 300 m van ons af.

Ek slaat daai paadjie soos ek koek eet. Hard! Ek hol dat die stof spat. My foksie is so oorstelp met die vinnige aksie hy hol blaffend agterna. Ek vat die draai in die beeshek swaaiend soos ‘n trapeez.

My voete klap doef-doef in die pad. Fok!ย  Freddy Freddy fok. Lemme bloed gil bloed lyke stukke vel monster jesus help my asseblief ag tog Freddy ek in die paadjie af.

En toe, nes ek gedink het, slaan die spook my whap vol in die gesig. Wollerig, maar oor my hele gesig. Ek klap hom hard en wild weg. Ek gil. eeewhhahahhweeeeeuueuueu!!!!!! skreeu soos ‘n baba.

Hoog in die lug vlieg die spook op. Hy trek daaaaaaaaaaar. Die hond blaf.

O! Dis een van die vadoeke wat op die lang wasgoed draad hang wat my in die gesig getref het. Die draad loop langs die paadjie af. Die vadoek le nou doer in die langgras. Ek los hom net daar.

Ek kom wild en wakker by my Ouma-hulle aan. “Wat gil jy so?” vra sy

“Ek het in ‘n duwweltjie getrap,” lieg ek.

Advertisements

  1. Whahahahaha! LMFGA!!!! Ek het ook vir ou Freddy gekyk sonder dat ek natuurlik toegelaat is, maar was darem nie bang nie! ๐Ÿ˜†
    Dink ek sou ook daai vadoek teruggeslaan het…

  2. kate

    After reading jou verspring storie hier onder, en jou hardloop hier, is jy tog nogal die atleet gewees.

    Gelukkig is jy nou nie vandag by die Olympics nie, en skryf jy lekker dinge hier neer.

  3. Haai Jinne Rosa

    Soms wonder ek of jy en ek nie dieselfde kind was, en een nag toe tref ‘n bliksemstraal ons, en jy kry die slim gedeelte, en ek kry die nonsenspraat gedeelte nie.

    Jy weet, daai donirse Freddie met sy mesnaels wat so teen die waterpype afgeskuur het, en die lyke in die plestieksakke en daai shit wat ek daar gesien het, moes definitief iets, iewers, beneuk het in my bioritmes.

    Ek was vir jare, en moenie dink dit is 5 of 6 jaar nie, nee, jaaaare daarna nog geaffekteer deur daardie rubbish.

    Daar is ‘n rede hoekom stuff ouderdomsperke op het. Ons probeer dit gereeld in ons huis tuisbring vir die 11-jarige, maar dit sukkel maar. Kids wil nie hoor nie, en dan kyk hulle Nightmare on Elm street….

    Ander movie was die liewe Jaws. Aag tog, as ek jou se ek was bang om te bad, dan lieg ek nie. En ons het nie in daai jare ‘n stort gehad nie, so ek MOES bad. Swem was uit. Nie eens op die trappies sit nie.

    En toe dit beter raak, het die creapy crauly my eendag amper in ‘n hiperventilasie ingekry, soveel so dat ek vandag steeds daai klik-klik-klik van die creapy as jy kop onder water druk, assosieer met ‘n bleddie pyp waarin jy sommer gou verstrengel raak.

    Hectic!

  4. krista

    LOL @ Skoor. Ek was net so bang om te bad na ek Jaws gesien het. En virrie see! Sjoe!

  5. maeree

    ek het nou die dag vir die eerste keer die nightmare-reeks gekyk en gedink dis eerg flou (behalwe vir johnny depp, natuurlik)

    maar ek het dieselfde trauma beleef met indiana jones and the temple of doom. kon tot in matriek nog nie skedels sien sonder om te begin bewe nie.

  6. ICE

    Puik storie, soos altyd!

    Thanx!

  7. reisiger

    ๐Ÿ˜† Puik sรช ek ook!!

  8. Kaalvoet: brawe kind was jy!

    Kate: daar is niks soos vrees wat mens laat hol nie. Nie by die Olympics nie, ek sit en blog hier in China, mag net niks se oor die D-Lama nie. Ek neem deel aan veteraan-twakpraat.

    Skoor: Freddy het my ook vir jare der jare der jare gejaag. ek is deur en deur traumatiseer. Ek stem ouderdomsbeperkings is daar vir ‘n rede (soos verspring). Freddy, o het hy het my gek gehad.

    Ek het ook vir creepy in die swembad geskrik, sommer net omdat skrik skrik is.

    Krista: Ek het herstel van Jaws, maar eers op 16 van Freddy.

    Maeree: Freddy is nou ook vir my flou, op 12 was dit my fantasie-koppie se ergste nagmerrie. Lyke orals. Nee-nee

    Ice en Reisiger dankie

  9. demoerin

    So ‘n lekker storie. Hierdie movies is maar nou my kos, al van kleins af. Dink hoeka ek het al een of ander weird streep weg. Ek ryg hulle in, SAW, Hostel die hele klomp. Partykeer dink ek die mensdom moet bly wees ek is nie ‘n reeksmoordenaar nie. Daar is wel seker nog ‘n kans dat die windmeul my kan moer en ek so bietjie van die truuks uitprobeer en famous word?

  10. Demoerin: Die movies kan deesdae op ‘n weird manier vir my snaaks wees, as dit regtig so onwaarskynlik en absurd is dat dit net nie kan waar wees nie. Dit is interessant as dit wel kan waar wees, maar die tipiese Amerikaanse monster wat nie wil/kan doodgaan nie, is stupid.
    Lees bietjie dr Micki Pistorius se boeke as jy reeksmoordenaars en feite natuurlik lekker vind.

  11. Paula

    Ag genadetjie … ๐Ÿ™‚

    Ek was net so bang vir die donker as kind. Iets vreesliks! Kon nie vinnig genoeg die donker gang afhardloop nie … kompleet gevoel iemand is op my spoor ๐Ÿ™‚

  12. Paula, ek het net so omkyk-omkyk in die gang afgehol. ๐Ÿ™‚

  13. ROFL! Ai jinne, Rooskind, jy het nou my Vrydagaand gemaak.

    Ek het gevrek vir rillers as kind en dan moes ek in die nag opstaan en ‘n draai gaan loop, in ons plaashuis se laaang gang af. Elke keer het ek gebid heen en weer en een nag toe trap ek mos per ongeluk op een van my katte se sterte.

    Ja toemaar, jy wil nie weet nie ๐Ÿ˜ˆ ๐Ÿ˜† ๐Ÿ˜†

  14. ๐Ÿ˜†
    Ek kan die Horror-movies glad nie hanteer nie. Die mense is darem vir my net te irasioneel. Hoekom as jy bang is nog steeds die kas se deur oopmaak of onder die bed kyk.

  15. flippiefanus

    Ek is glad nie lief vir rillers nie. Toe ek student was het ek saam met my vriende The Thing gaan kyk. Ek was blykbaar so vreesbevange dat hulle dit interessanter gevind het om na my te kyk as om na die fliek te kyk.

  16. Whahaha ๐Ÿ˜† Ek sien nogsteeds goed in die donker of hoor geluide as ek klaar ‘n riller gekyk het.

  17. maxie

    ๐Ÿ˜† Siestog arme Roos. Op 12 al daai gruwel gekyk? Sjoe, ek was 18 en was vir weke te bang om te slaap ๐Ÿ˜ณ Wie onthou “IT”? Ek kry nou nog rillings.

  18. maxie

    NS. Is jy rรชrig in China?

  19. Lekker storie die. Toe ek so 11/12 was het die plaaslike Cine’s op Stellenbosch gereeld “Midnight Shows” gehad, veral in die vakansies wanneer die dorp leeg was van studente. So het ek, Craffie en Albert gereeld die goed bygewoon. Die eerste Halloween,Nightmare on Elm Street, The Burning en my persoonlike gunsteling, My Bloody Valentine op die shows gesien. Die fietsrit huis toe na die fliek was dan ‘n ongekende gejaag, en ek moes dan die laaste 400 m om die blog alleen aandurf omdat ek die verste van ons drie gewoon het, geen fun gewees nie! Nie dat dit ons gestop het om die goed te gaan kyk nie.

  20. A3

    Toe ek ‘n baie jongmens was het ons die fliek “The FLy” gesien. Tot vandag, diep in die sestigs, kyk ek nog elke keer voordat ek die vlieeplak gebruik of die ding nie ‘n menslyf het nie. Dan besef ‘n mens hoekom daar ouderdoms beperkings is.
    Dankie Rosie. Die manier waarop jy skryf maak dit so lekker om na elke inskrywing uit te sien en dan met smaak te lees. Moet nooit ophou nie.

  21. Sonia

    Hallo Rosa

    Wanneer iemand so lekker soos jy kan skryf is dit amper ‘n teleurstelling wanneer die storie verby is!

    Die bangste wat ek nog ooit in my hele, hele lewe was, was een aand as tiener wat ek by vriende se huis saam met hulle The Amityville Horror gesit en kyk het. Na die eerste twintig minute is hule almal uit vir die aand en het my alleen by die huis gelos. Ek het myself die hele tyd sit en kruis (genuflect) soos die Katolieke doen, asof dit enigsens sou help! Aan opstaan en tv afskakel het ek vreemd genoeg nie gedink nie. ๐Ÿ™‚
    O, en as daar enige iemand is wat my kan wysmaak hoe mens ‘n WP blogroll skep met mens se gunstelingblogs op sal ek dit baie waardeer, dankie!
    Mooiloop

  22. Mefri

    Count Dracula โ€“ was my wildste nagmerrie gewees toe ek so 13 jaaroud was. Die koue vrees het te lank onder my vel krioel met daai vervlakste movie.

    Aaaah, nou ล‰ yslike groot (((dankie))) vir die pure plesier van jou storie – dit is skreeusnaaks!

    Ek het dit al seker ล‰ dosyn kere gelees en elke keer is dit splinternuut. Jy toor my in jou skryfgoed in soos Mary Poppins โ€“ onthou jy die gedeelte waar hulle in die โ€˜sidewalk picturesโ€™ ingespring het? Nou ja, dis presies wat met my gebeur en ek lief die ervaring.

  23. Ons het op skool ‘n gediggie geleer:
    Allenig moet ek bed toe gaan
    dis donker in die gang
    ek sal niemand vra om saam te gaan
    hul sรช reeds ek is bang.
    Daar sit hy in die hoekie
    sy arms wil my gryp –
    Mammie, mammie, die donker wil my knyp!
    Toe neem mamma my handjie
    en ly my deur die gang
    die vabond was my eie jas
    wat aan die kapstok hang!

    Die ander kinders het gedink dis vreeslik snaaks maar ek het my byna natgepiepie!!! Ek was banger as bang vir die donker. Ek het nooit maar nooit eers daaraan gedink om ‘n riller te kyk nie, Dallas was erg genoeg vir my. Ek dink ek kan die hoeveelheid rillers wat ek in my lewe gekyk het op een hand tel! Dit ‘doen’ dit net nie vir my nie!

  24. flippiefanus

    Hi Pikkelik ek kan ook nog die gediggie onthou. Baie gepas.

  25. annerkant

    Ek sit ook aan die vrek-bang vir die donker kant. Ek kan nie eens onthou wanneer laas ek ‘n riller gekyk het nie, en die grotes het genadiglik by my verby gegaan. Dit sit net nie in my broek nie.

    Een van die grootste vrese wat ek as kind gehad het, en selfs soms vandag nog, is om my hand in die donker en veral om ‘n hoek te sit om ‘n lig af te sit, of die venster toe te maak. Alewig voorsien ek met naarheid in my keel hoe ‘n vrot hand van ‘n lyk my hand vasgryp! Teen alle rede in, is vergane lyke wat tot die lewe terug keer of “spook” die skrikgedaantes in my lewe.

    Rosa, dankie vir die lekker vertel.

  26. Sonia: Jy gaan na jou dashbord toe, kliek of manage, kliek of links, en kliek of add new. Dan sit jy die adres van die blog in (ek copy en paste dit) en die naam en dan save jy dit. Maar ek is terrible in raadgee oor die goed. En welkom hier!

    Sonkind: Daai kat se stert was seker so sag…en toe skreeu hy!

    Rustig: Dis die afwagting ๐Ÿ™‚

    Flippie: Jy het seker so verbeelding soos ek.

    Wippie; LOLOLO

    Maxie: ja natuurlik is ek in china, ek neem deel aan veterane-iets.

    Niel: As ek moes fietry het ek die bande gebrand!!!

    Mefri! Ai dankie vir jou bedrae! Dracula ek het vergeet van hom….gelukkig was hy net snags aftief, ek was sommer in die dag ook bang.

    Pikkie: Dallas!!! oe jinne dit was lekker. dankie vir die gediggie. ai die donker…. boe!

    Annerkant: ajajajaja! Lyke ja! Ek kan daarmee identifiseer. ek was so bang om die gordyne toe te trek as dit reeds donker was, om naby die venster te kom. ek het gevoel hulle staan buite.

  27. demoerin

    Vertel ons bietjie meer…wat doen jy in China?

  28. neeeeeeee! Wag nou ek dag julle sal agterkom ek praat twak as ek se: “veterane-iets”. Ek terg vir julle ek sit in Kaapstad. ๐Ÿ™‚ ๐Ÿ™‚

  29. Sonia

    Hartlike dank!
    Ek het intussen gesien dat daar heelbo regs ‘blog info’ is, en dat mens daardeur ‘n blog op jou blogroll kan plaas.

  30. demoerin

    ๐Ÿ˜†

  31. maxie

    Ai Roos, asof jy nie alreeds misterieus genoeg is nie, kom smokkel jy nog met ons koppe ook (die China storie). ๐Ÿ™‚

  32. ‘n buurvrou het vertel dat daar ‘n kwaai ou tannie in my badkamer is. Ek piepie nie meer in die donker nie

  33. Cebella: die buurvrou is ‘n nare kwaai ou tannie.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: