I know I have the body but of a weak and feeble woman, but I have the heart and stomach of a king.”

So het Elizabeth I (gebore 1533, gekroon 1559 en dood 1603) aan haar ministers en raadgewers gese kort nadat sy die Engelse troon bestyg het. Voor dit was sy natuurlik opgesluit in die Londense Toring, omdat haar halfsuster Mary haar as ‘n bedreiging gesien het.

Na Mary se dood aan siekte is, word Elizabeth koningin. Teen haar wyle pa, Henry VIII wat vermoor het om ‘n seun te he, se wildste drome in.

En toe sy op die troon sit is sy oorval met aanbiedinge om te trou, maar sy het nooit nie. Daarom staan sy ook bekend as die “Virgin Queen“. Hoekom trou sy nie? Party reken dat sy die manier wat haar pa vroue behandel het, verafsku het. Sy is dan self opgesluit in die toring waar haar eie ma en ander was.

Die politieke redes om nie te trou nie was net so sterk. Het sy met ‘n oorsese prins getrou sou Engeland betrek geword het by buitelandse beleid vir sy gewin.

Ander meen sy kon nie met die man trou vir wie sy lief was nie, ene Hertog Robert Dudley, omdat hy voorheen getroud was, maar sy het waarskynlik ‘n verhouding met hom gehad. Dalk wou sy net onafhanklik wees, self regeer en self besluite neem. Daar was baie druk op haar om te trou, maar sy wou nooit ingegee nie.

Sy se in 1601 in har Goue-toespraak soos dit bekend staan: ‘There is no jewel, be it of never so high a price, which I set before this jewel; I mean your love.’

Daar was natuurlik ook Mary Stuart, Elizabeth se niggie, en Skotse koninging, wat haar kroon wou he. Dit was of die een of die ander en uiteindelik na ‘n poging om Elizabeth te vermoor het sy Mary Stuart laat opsluit – vir jare. Na ‘n worsteling met haarself, omdat sy geglo het om ‘n koninging wat aangewys is deur God, dood te maak, is ‘n doodsonde, het Elizabeth ingestem om haar voor ‘n hof te bring. Mary is tereggestel – 19 jaar na sy gevange geneem is.

Elizabeth I is een van my gunsteling mense in die geskiedenis, sy was in een van die moeilikste tye ooit ‘n ware leier. Bekend daarvoor om eerder self perd te ry, as in ‘n koets. En in 1588 toe die Spaanse Armada die Engelse kus aangeval het, was sy midde haar soldate in die geveg. Die Goue Era was tog een van bedreiging want die verhouding met Skotland, Frankryk en Spanje was sleg, maar sy het kopgehou.

Vir 45 jaar lank het sy die land regeer. Binne haar eie land het sy opstand en burgeroolog onder beheer gehou. Ontdekkingsreise is onderneem en die kunste het floreer. Sy het self die eerste vertoning van Shakespeare se A Midsummer Night’s Dream bygewoon. Die mense het haar Gloriana genoem

Mary is gebore uit die huwelik tussen Henry VIII en die Katolieke Spaanse prinses, Catherine van Aragon. Die kerklike bestel in Engeland is omver gegooi toe Henry besluit die huwelik is van nul en geen waarde nie. Hy het uiteindelik homself as hoof van die kerk verklaar en daar is gebreek met Rome, sodat hy kon trou met Elizabeth se ma, Anne of Boleyn. Toe sy nie ‘n seun kon baar nie het haar kop gewaai en die res is geskiedenis, maar buiten die wreedheid jeens die vroue in sy lewe, het die suiwer protestantse geloof in Engeland, in werklikheid deur Henry se persoonlike wense en luste vastrapplek gekry.

Uitgeslape. Slim. Prater van ses tale. Baanbreker, was sy.

(Ag hel, ek kan nie die foto gelaai kry nie, net ‘n blokkie met ‘n rooi kruisie in, het dit nou al 20 flippen keer probeer. Hier het nou weer iets verander, by WP, **&^% tog. hoekom tog is alles so complicated?)

Bronne:

http://www.royal.gov.uk

http://tudorhistory.org


  1. Lekker kyk aan Tudors! Die ingilse en hulle dinge kom van ver af aan. Interessante geskiedenis nietemin. Maar om darem so links en regs van die vroue ontslae te raak oor jou lus op is, of oor jy ‘n seun wil he, aikona!

    Ek stem, iets funny is met WordPress aan die gang, en ek like dit nie. Die ander blogging sites is net so ‘n groter nagmerrie, maar hoe lank voor hierdie een ook so raak.

    Gits, Nikita het my met ‘n mes in die ribbes kom vertel hoe spyt sy is oor sy WP toe getrek het, en ek onthou dat ek een van die voorste skreeuers was wat haar vertel het sy moet trek!

  2. demoerin

    Die feitvraat smile. Dit bly van my gunsteling tye in die geskiedenis.

  3. Skoor: ja miskien kom dit nog reg want ek het gesien die mense kla toe ek loop soek het na die probleem. ek sien van die mense se avatars is ook net: wit blokkie met rooi kruisie. maar gisteraand het ek gedink ek doen iets verkeerd? dalk doen ek iets verkeerd. ek het ‘n volle uur gesit om Elizabeth se kiekie te probeer laai. Aikona! Nada!

    Demoerin: Ja lekker tye en ons dink dit gaan nou wild!

  4. maeree

    hoeha
    alle respek vir elizabeth, maar ek is so, só bly ek was nie sy nie.

  5. Mefri

    Rooskindjie, Daar is iets unieks omtrent hierdie fassinerende vrou, ek wens ek kon die vrou in haar leer ken. (wanneer sy nie haar kroon gedra het nie). Ek hoop iemand ontdek eendag ʼn versteekte dagboek waarin sy haar menswees rou en naak in uitgestort het.

    Soos altyd, het jy weereens my gedagtes vlerke gegee. Dankie daarvoor.

  6. Mary is gebore uit die huwelik tussen Henry VIII en die Katolieke Spaanse prinses, Catherine van Aragon. Die kerklike bestel in Engeland is omver gegooi toe Henry besluit die huwelik is van nul en geen waarde nie. Hy het uiteindelik homself as hoof van die kerk verklaar en daar is gebreek met Rome, sodat hy kon trou met Elizabeth se ma, Anne of Boleyn. Toe sy nie ‘n seun kon baar nie het haar kop gewaai en die res is geskiedenis, maar buiten die wreedheid jeens die vroue in sy lewe, het die suiwer protestantse geloof in Engeland, in werklikheid deur Henry se persoonlike wense en luste vastrapplek gekry.

    Uitgeslape. Slim. Prater van ses tale. Baanbreker, was sy.

    (Ag hel, ek kan nie die foto gelaai kry nie, net ‘n blokkie met ‘n rooi kruisie in, het dit nou al 20 flippen keer probeer. Hier het nou weer iets verander, by WP, **&^% tog. hoekom tog is alles so complicated?)

    sorry ek het net hierdie gecopy lat ek kan loer weer…

    baie interessant en fassinerend

  7. Mary waarvan jy dus hier praat is Elizabeth 1 se stiefsuster…baaaie ouer as sy? okay Anne boleyn was dus elizabeth 1 se ma, okei en MAry Boleyn het wel ‘n buite egtelik seun vir Henry 8 gebaar.

    Mary Boleyn was baie dierbaar volgens die movie van onlangs… the other boleyn girl. Anne was die manipulerende ene en sy is onthoof. Mary Boleyn het vir Elizabeth 1 groot gemaak (as die movie nou reg is)

    SKIES MY KOP DRAAI!

    Moet nog Elizabeth the movie met

  8. soorrrrie eks heavy haastig hier
    *****
    baie nice nê
    mY KENNIS KOM NET UIT MOVIES UIT

  9. Sterrewind: buite-egtelike seuns net NIKS getel nie.

    Jy raak deurmekaar met die Mary’s😉

    Mary (nie Boley nie, Mary dogter van die eerste koningin Catherine) is deur haar pa (Henry 8)van haar titel (prinses) ontneem en ‘n lady gemaak. Sy was een van die mense wat na Elizabeth omgesien het, sy was seker so 15/16 jaar ouer as Elizath, maar sy was ‘n katoliek (haar ma was een) en Elizabeth nie.

    Sy was dus halfsuster van E, omdat hulle dieselfde pa, maar verskillende ma’s gehad het.

    Toe Mary koningin word (daar was ‘n man koning voor haar), was Elizabeth oor politieke redes vir haar ‘n bedreiging.
    Dit was nie Mary

    Ek sou nie se enige van Henry se vroue was manipulerend nie, hulle het geveg vir hulle eie en hul kinders se oorlewing.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: