Verspring met ‘n rede

Ten beste kry jy my om oefening te doen, as ek regtig vir die Springbokke moet kyk – maar op die TV. Wanneer een of ander pligsbesef inskop en ek besef ons speel in die Mej. Heelal van wedstryde, of so iets.

Dan sleep ek myself voor die TV en sien die hele land dra nou al vir twee weke lank hulle Springbok-rugby-truie werk toe. Dan, kry ek my oefening in, kyk myself skoon moeg.

Die laaste keer wat ons die universe cup gespeel het, het ek skoon vleis gebraai, op die Weber wat ek self met ‘n paar skelwoorde aanmekaar gesit het.

Ek is dus in st.8 erg skeef aangekyk toe ek luid verkondig, ek het besluit ek gaan nou ernsting begin verspring. Dit is waar my talent le, en as ek my kaarte reg speel, vastrap en mooi spring kry ek dalk nog provinsiale kleure.

Daai Januarie-son op die atletiekbaan brand my dat ek weet ek is gebrand. Ons moet 1500m hardloop om op te warm. O jimmel, my mild steek, my longe wil uitval, dit voel of ek kerriepoeier geeet het en ek weet nie of ek naar of dors is nie.

Maar ek wil so graag verspring. Verspring met ‘n rede . . .

En wragties, met 0.008 cm haal ek die span. Ai, nou kan ek nie meer so lekker vetkoek eet op die atletiekbyeeenkoms nie, want op ‘n vol maag spring ek nog swakker. Ten minste hoef ek nie meer “Ons is, ons is, weet julle wie?!” te sit en skree nie.

Die onderwyser meet ons tree af. Ek hardloop. So vinnig as wat ek kan. Trap vas en sppprriiiiiiing!

Doef! land ek soos ‘n padda in die put. Dit is byna ‘n rekord! Flip ek wen eerste plek. Na die goeie sprong spring ek net so middelmatig soos altyd.

Ek dwing my pa om vir my spykerskoene te koop, kyk ek het met mos nou gearriveer. My pa is lekker dikbek oor hy geld moet spandeer, soos altyd. Ek is ‘n atleet, vertel ek hom, en ignoreer sy nors houding toe hy nog met die Indier oor die prys van die skoene wil kibbel.

Die onderwyser deel my plegtig mee, lank na die tyd, dat hulle verkeerd gemeet het. En dat ek nie gewen het nie. Dit was ‘n fout.

“Ag se gat,” se ek vir my pel, ek het klaar gewen. Finders keepers!

Volgende jaar is ek met mening terug. As dit reent is ek daar, as dit 35 grade is spring ek dat ek die sand spat. Of ek nou half-dehidreer, ek spring sker dat dit klap. Ek mis nie een oefening nie. Ek raak nooit regtig fiks nie, want ek is so min ‘n atleet as wat ek talent vir rekeningkunde het.

Ek spring vir drie jaar lank ver. Verniet. Ek wen nooit weer nie. Maar dit maak nie saak nie.

Maar daar by die put staan dieselfde onderwyser elke seisoen. Die een waarop ek sotlik verlief is. Salig onbewus van my lammerliefde.

Die een waaroor ek in die die nag droom. Die een met die bruin oe.

Ek spring ver met ‘n rede.


  1. Ek beskou dit as genoegsame oefening om na en van my kar te stap.

    Dit is eindlik ‘n skande as ek dit vergelyk met toe ek op skool was. Ek het getrou gewiggestoot, 1500 m en 3000 m gedoen met kleuresport, maar seker gemaak ek is omtrent laaste. Ek het interskole gehaat en geweier om enigsins daaraan deelteneem. Punt is ek kon 3000 m voltooi. Beslis laaste, maar nie soveer agter die wenners nie. Tans kan ek nie 3 m hardloop nie.

  2. Paula

    Jy laat my elke keer smile … ek geniet jou stories baie🙂

    Ek het ook vergespring, maar nadat ek te veel sand gevreet het het ek net daar gestop. Sand was beslis nie in my dieet ingesluit nie!

  3. Adrie: Dis was ek ‘n onder die radar-atleet noem. Ek is mal daaroor om op my bed te le….
    Ek sal 3m hardloop na ‘n tas geld toe.

    Paula: Dis soos ek oor swem in die see voel…mens vreet NET sand, uiteindelik.

  4. Mefri

    Aai Roos, jy doen dit vir my – ‘never a dull moment’, jy kom met die oulikste slimste sêgoed vorendag – Oor oefening bly ek liefs tjoepstil.

  5. Karin

    Ek verstaan verspring is die atletiek item met die meeste beseerdes.

  6. Ag tog! Ek het amper al vergeet van daai eerste groot ‘crush’ op ‘n onderwyser! Ek dink hulle weet en geniet elke oomblik daarvan. Wag, laat ek myself korrigeer, hulle is mans, hulle sal slegs weet as iemand dit op jou voorkop skryf!

  7. Mefri: Ai dankie man, en vir jou kuiers hier.

    Karin: Welkom hier, kan nie onthou dat jy al hier was nie. soos ek vergespring het is dit ook nie ‘n wonder nie.

    Blixer: Ja ek is seker die onnies weet…die ene het ek 10 jaar later gesien, en ja my smaak was destyds nie te sleg nie.

  8. Hoe lekker onthou ek nou die sportbyeenkomste. “We will, we will ROCK YOU!” Lekker! Snaaks, op skool het ek bietjie hokkie gespeel, maar niks atletiek nie. Was glad nie sportief nie. Het een keer probeer ver spring en kon nie eers die pit haal nie. Ek kon wel lekker hard skree en het vir myself gese^ dis deelname genoeg!

    Wonder wat het toe van daai onnie geword…

  9. Mefri

    .O.S.
    Rooskind hier is iets fout met jou blog se mechanics, elke ou wat laste kommentaar lewer se naam en e-pos adres verskyn in my kommentaar blokkie, pleks van my eie.

  10. Mefri

    Eish,– S.O.S.- LAASTE – dit was nou van pure haastigheid dat my vingers mis tik.

  11. 1.2.3 toets myself…mefri, flip nou weet ek nie, ek het nou van “buite af” ingelog en ek sien dit nie. Jy is veronderstel, as jy al voorheen hier as, en jy kom hier om jou eie naam en epos te sien sodra jy ‘n comment los, verder lyk alles fine. weer alles nagegaan.

    NB as iemand weet van/dit ken laat weet asb en hoe om dit reg te maak. dankie

    Roer: Ja al daai sportliedjies is snaaks. Onthou jy jamblikke, visblikke 3×3…daai onnie is nog op my tuisdorp.

  12. maxie

    Altyd die interessantste onderwerpe wat jy aanroer, Roos. Ek was ‘n top-atleet, topfiks. Vandag is ek egter lui maar moet ter versagting byvoeg dat die kwaai oefen my rug beskadig het. Ai, daai skoolonnie crush….

  13. Mefri

    Als vertoon weer normaal by my ook

  14. Ai tog, jy is goed! Ek het altyd baie hard gebid dat ons ‘n goeie ou Noord Oos-Kaapse donderstorm moet kry in die middae na skool, wanneer ons moet gaan atletiek oefen.
    Ons MOES mos deelneem!
    Ek is GLAD nie sportief nie, het vir jare tennis lesse geneem, omdat ek ‘n bal wou slaan dat daai snare so ‘pieng’ skree. Die afrigter wou naderhand sy hare uit sy kop uit trek, en ek kan steeds nie tennis speel nie… 23 jaar later!
    Ek sou vir GEEN onnie vér gespring het nie….

  15. alta

    Ek het op my dae ook die vêrspring ding gedoen en gelukkig nooit beserings opgedoen nie. Is lekkkkkker!

  16. Rosa / Mefri

    Ek het eenkeer hier gecomment, toe ek (gelukkig!!!) sien dat WORDPRESS my Mefri gemaak het. Ek het dit reggestel voordat ek gecommit het. Ek sien dit baie op my blog gebeur. Dit het iets te doen met dieselfde IP adresse. Dan gooi WordPress dit deurmekaar en swaai details uit.

  17. demoerin

    😆 Altyd ‘n kinkel in die storie se kabel! Lekker gelees. Ek was mal oor atletiek, naellope en 400m. Ek het dit egter opgegee toe natuurlike talent met bietjie BAIE meer oefening aangevul moes word. Ek is vandag nog kwaad vir myself dat ek so lui was om te oefen.

  18. Ek was erg onder die radar – nie eens juis saamgeskree aan die spangees nonsens nie. Elke jaar het hulle almal maar weer laat uitdunne doen en jaar na jaar het ons groep meisies voor die pawiljoen met hoogspring geeindig met die hele skool wat toekyk en jaar na jaar het Jane in die paal geduik. *sug*

  19. Mefri

    Baie dankie Adri, nou voel ek stukke beter. E-posadresse is vertroulike inligting en ek moes Rooskind se koninkryk en die ander bloggers se identiteit probeer beskerm, soms moet mens maar klere en al in die swembad spring om ʼn kindjie te red.

    ‘A stranger is just a friend you do not know.’

  20. reisiger

    Oulik geskryf Rosa!!

    Ek was vreeslik verlief op ‘n vriendin se broer en hy was ‘n stunning hekkiesatleet. Het blonde hare en blou oë gehad en my knieë het jellie geword elke keer wat ek hom gesien het! Hy was ook die rede hoekom ek aan atletiek deelgeneem het en selfs ‘n rekord of twee gebreek het. Maar toe slaan ek my naam eendag met ‘n plank en slaan reg voor hulle huis neer met my Chopper fiets dat my velle aan my skoolkouse hang en my skoolrok en trui flenters is!! Jy sien, ons skool was teen die berg en die pad huistoe was afdraande!! Ek dink my ego het daardie dag seerder gekry as enige iets anders!! 😳

  21. Ek is ‘n luigat gemaak en laat staan. Moet egter sê ek het ook die hokkie ding gedoen totdat ek geskors is uit die hokkiespan…. 😳

  22. whahaha ek was mal verlief op my Skeinat onnie!! Ag ek onthou dit soos gister! Blonde hare, blou oë!
    Maar ek het nogal van sport gehou!

  23. Dis hoekom ons ouens nooit girls kon kry op skool nie, al die girls was op die onnies verlief!

  24. Rosa, ek het nou lekker gelag! Ja, mens sou stupid goed doen om naby jou gunsteling onnie te wees. Ai, die pyn!

  25. Pikkie, waaroor is jy geskors, vrou? 😆

  26. Boendoe

    Wonder ek ook.

    Pikkie, jy beter praat of ek boelie dit uit jou.

  27. Dis lankal nie meer ‘n geheim nie, hierdie basterrooikop se humeur het haar aan baie dinge laat uitmis… 😦

  28. Eers net ‘n comment op sy eie.

    Mefri baie dankie vir gisteraand se SOS. Ek het nie ‘n clue gehad nie en al my settings en tot my passwoord verander. Ek is ERG op vertroue, sal nooi identiteite, eposse of enige iets bekend maak nie.

    Adrie: baie dankie vir die verklaring ek voel nou sommer baie beter.

  29. Maxie: My crush was ‘n volle 3 jaar lank.

    Pienk Zuit: Is waar, op hoerskool is daar ‘n generasie gaping tusse die seuns en meisies. die girls is ver voor die seuns.

    Eilandkind: My suster en haar 2 kinders kry tennislesse, die kinders is haar al veeeeer vooruit. Ek kry so lag.

    Alta: sug,,,verspring was lekker😉

    Demoerin: dis nooit te laat (vir die veterane) nie

    Netjane: ek wonder hoekom is ons gedwing. ek is seker dit is nie vandag meer so nie.

    Reisiger: jy laat my nou dink aan my seerste val ooit, was met ‘n bmx…ook so dat die velle jou verlaat. LOL, vir jou storie.

    Pikke: vertel vir ons meer, ons wag. dankie (ek het ook hokkie gespeel)

    Wippie: die onnie van my het biologie ook geneem. ek het natuurlik biologie as vak geneem. ek meen, hoe anders?

    Boendoe: ek sal weer verspring…

  30. ICE

    Was mal oor atletiek op skool, en het selfs begin hekkies hardloop a.g.v ‘n meisie…

  31. ICE

    Ai, Jêmblikke visblikke… Die liedjie is altyd in my kop as ek ‘n blikkie sardientjies sien….

  32. Mefri

    Rosajie, Ek weet dat jy uiters betroubaar is en daarom het ek besef dat jy onbewus was van die situasie – ek is bly as ek kon help.

  33. Ice, ek sien jy verstaan waarvan ek praat. Daai liedjie sit ook nog in my kop vas.

    Mefri:🙂




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: