My vorige lewe . . .en ‘n swart aura

Die wierook om die man met die wilde bos krulhare is amper verstikkend. Hy looooeeerrr vir ons.

Buite dans die airy fairies om ‘n tepee en eet organiese kos. Dit is nog lank nie tyd vir organiese kos om mode te wees nie, en mens kry dit ook nie op Woolworths se rakke nie. Want dit is 1995 en die airy fairies plant hulle eie wortels op kraalmis.

Ons het ure gery om by die saamtrek te wees. Ek is so bietjie dikbek, want ek dink dit is alles ‘n klomp kraalmis soos die konkoksie waar die mense hulle groente groei. Ek dink ook hulle kos wemel van bakeriee, juis omdat hulle dit so groei in skoon mis. So ek weier om te eet.

Dis net klokkies wat lui en kristalle was ten duurste verkoop word. Die vroue se beenhare, wat onder hulle lang rompe uitsteek is so lank, vir ‘n oomblik dink ek hulle het almal ‘n velsiekte. Maar nee hulle kweed ware pelse! Toe een haar arm optel dag ek dis ‘n man in drag.

Die man wat voor my en ‘n vriendin sit, is glo nogal bekend. Maar sy oe is so wild soos ‘n jags buffel s’n. My bek is nog dikker omdat hy ons R350 vra vir sy dienste. Ek is in die ding-in gepraat. En ons het nou sover gekom. Hy gaan in ‘n tipe trance in dan kan hy “sien” wie jy in jou vorige lewe(ns) was. Hy teken dan die vorige jy. Maar ek is ook nuuskiering om te sien wat kom uit.

 Sy oe rol in sy kop en sy hand begin oor die papier gly. Sowaar ek dag hy teken ‘n monnik, ja, dit is. Die vriendin, Gerda, op wie se aandrang ons daar is lyk in haar noppies. En toe kry die monnik skielik ‘n gesplete verhemelte en skeel oe. Ek bars uit van die lag.

Die man is woedend, en gluur my aan. Ek het hom uit sy trance gelag. Gerda is woedend. Ek neem die ding nie ernstig op nie.

Ek jammer-jammer met my hande, ek sluk die lag wat in my bors opbou terug. Shame man, en ons almal wil graag iets wonderlik wees in ons vorige lewe!

Die man gluur my nog steeds aan toe dit my beurt is, nou ek gaan seker ‘n mal slang wees/is/was. Hy begin teken. Ah ‘n vrou. Nogal mooi. Hy vertel dat sy in Bedoehin van die Sahara was. Sluier en al.

Die mense OOOHHMMM al om ons. Die een le glad bo-op ‘n harp-tipe ding en dan word hy van onder-af bespeel, sodat die golwe hom kan weetie-wattie.

Die res se Chakras word geharrra. Ek word vertel my aura is pikgietswart en dit sal my baie geld kos om hom skoon te kry na die jare se aanpaksel. Aikona, ek ken daai truuk. Is net vir geldmaak, ek kan nie my aura sien of voel nie. Is nonsens, jy soek net geld vir wind, loop siesa.

“Ek ruik dagga,” se ek vir Gerda. Ek ruk soos ‘n stampkar in haar spore. ‘n Paar ander mense ook. Niemand doen iets nie, beloer my net agterdogtig.

“Ek sweer, ek kan dit ruik. Ek weet hoe ruik dit, en iemand, of ‘n paar mense hier rook dagga,” se ek.

“Wil jy dit nie sommer oor die mikrofoon loop se nie,” se sy. “He? moenie so hard praat nie, ek ruik dit ook. Los dit net.”

Dis hulle auras wat swart is van al die dagga in hulle koppe!

Ai tog, ek het gedink ek gaan hoor ek was ‘n koninging en nou is ek net ‘n trekker in die woestyn, spot ek. Ek kon ‘n grondeis loop insit het.

‘n Vorige lewe?

Ons wil almal graag lank lewe, nog lewe, ewig lewe, jonk bly. Maar sentraal om ons bestaan is, juis dit: lewe en bestaan.

Ek ook, ek glo dat die lewe, soos ons dit ken, heeltemal te kort is. Daar is soveel wat ek nog wil doen -dinge waarmee ek julle nie hier sal verveel nie.

Ek glo nie dat ek ‘n vorige lewe gehad het nie, en die rede is dat ek niks daarvan kan onthou nie. As ek niks daarvan kan onthou nie, is dit in elk geval sinneloos om nog ‘n lewe te he, of te gehad het. Want sentraal aan die lewe is ‘n bewussyn. Indien ander mense glo aan ander lewens, lees mooi: het ek nie ‘n probleem daarmee nie!

Dan net twee dinge wat vir my van belang is hier:

Hipnose en déjà vu

Ek is al gehipnotiseer deur ‘n gekwalifiseerde kliniese sielkundige wat ook ‘n hipnoterapeut is (nie die verspotte swape wat dit was vermaak aanbied op die verhoog nie). Hipnoterapie is een van vele maniere van terapie, vir my was dit ten beste: hoogs kalmerend en ontspannend, soos ‘n lekker lang brein-massering wat jou totaal verfris.

Hipnose laat jou ook niks doen wat jy nie wil nie, nog minder het die persoon wat jou hipnotiseer, beheer oor jou.

Mens raak ook nie skielik wakker uit die terapeutiese hipnose en dan weet jy nie wat om jou aangaan nie, dit is fiksie uit flieks. Jy is bewus van alles, maar kalm daaroor, en kan dit stop sou jy wou. Maar jy wil nie, want dit is nogal lekker.

Wanneer trane vloei loop dit net, daar is nie snikke nie, dit is onbeskaamd, oop en eerlik. Maar jy kan ophou en jy weet jy huil. Jy is in jou onbewuste terwyl jy bewus is daarvan.

Mens se baie hulle onthou dinge, plekke mense wat hulle nooit geken het nie. Dit is ‘n déjà vu – die optiese seinbaan-vertraging. Jy het dit nie lank terug gesien nie, jy het dit sopas gesien, gestoor in die brein en opgeroep. Dit is ‘n familiariteit met voorwerpe – en dit is gesetel in die brein.

Jy voel dit is in die verlede, maar dit het met die hede te doen. Navorsing toon dit het met ‘n seinbaan in die temporale lob te doen. Half ‘n gevoel van die verlede in die hede. Dit is dus nie jou vorige lewe nie, dit is die lewe nou en ‘n truuk van die brein.

(Die possie is spesiaal vir die blogmaatjie wat gevra het😉 )


  1. As ek nie in my vorige lewe Grace O’Malley was nie, soek ek nie ‘n vorige lewe nie.

  2. Daai deja vu vang my gereeld! Freak my nogal elke keer uit ook!

  3. Adrie: Is reg so..’n vrou moet weet wat sy gehad het.

    Netjane: Deja vu is vreeslik freaky!!!

  4. Rosa, ek rol nou soos ek lag! “Oe so wild soos ‘n jags buffel” Genade, ek hoop nie ek loop eendag ‘n jags buffel raak nie!😆

    Op ernstiger noot. Toe jy gehipnotiseer is, is dit so dat jy bv jou kinderjare goed kon onthou? Ek het al gehoor dat mense ‘teruggaan’ tot voor geboorte!

    Ek wonder of alle mense ‘hipnoseer-baar’ is?

    Baie dankie vir die ene!😉

  5. Whahaha ek het eers lekker gelag, maar hierdie is vir my nogal interessant. Ek glo ook natuurlik glad nie in ‘n vorige lewe en al daardie twak nie. Maar die hipnose is nogal ‘n eye opener want ek het nogal gedink ek sou baie ongemaklik gevoel het met die storie.

  6. Boendoe: Ek het natuurlik nie ‘n idee hoe ‘n jags buffel regtig lyk nie.
    Om jou vraag te beantwoord, ek dink nie ‘n mens kan gehipnotiseer word as jy nie wil nie! ‘n Mens moet definitief die terapeut vertrou en saamgaan met die tegniek. Daar is nie so iets soos, hy klap sy vingers en woeps jy is weg nie. Dis goedkoop vermaak daai.

    Oor die kinderjare: Nie soveel beter as nou nie, die emosies was skerper op ‘n manier. Mens kan nie goed onthou wat nie gestoor is nie, of nog nie kon gestoor word nie.

    Ek weet nie of mens kan teruggaan ‘n tyd wat jy nie fisiologies kan onthou nie, die brein is nog nie so ontwikkel, voor geboorte om geheue te vorm nie. Ek het my bedenkinge daaroor.

    Ek het so bietjie gaan bylas oor hipnose.

    Wippie: Onthou om duidelik onderskeid te tref tussen die swape op die verhoog en diegene wat terapie aanbied en die kwalifikasies het. Hipnoterapie, soos ek dit ervaar het, ookal meer as 10 jaar gelede, was vir my kalmerend, die terapteut het ‘n doktorsgraad in kliniese sielkunde en doseer aan ‘n universiteit. Ek het haar dus vertrou.

  7. Nou het ek lekker gelag vir daai swart, dagga aura. En daar is ek altyd onder die indruk ‘n dagga aura moet groenerig wees!😈

    Een lewe is beslis nie genoeg vir my nie, maar dan help dit tereg ook sweet blou boggerol om lewe na lewe te leef sonder dat ek die ander kan onthou en iets daaruit kon leer😉

  8. annerkant

    Kyk, as ek ‘n jags buffel raakloop, hardloop ek my bene af, veral as die buffel twee bene het!🙂

    Rosa, ek kon ook nog nooit vat kry aan die vorige lewe storie nie, maar wie weet?

    So hier en daar het ek al met hierdie isoteriese dinge te doen gekry wat my ‘n bietjie tot stilstand laat kom het (nie die airy fairy soort wat op die geldmaak uit is nie, of in hulle verbeelding rondloop, of buffels op die jag is nie🙂 ). Eintlik moet wetenskaplikes hierdie dinge meer ondersoek, of dalk weet ek net nie van sulke navorsing nie.

  9. Nou moet ek wildtuin toe in die lente… Ek MOET sien hoe lyk ‘n jags buffel in paartyd!!! Hipnose fasineer my…

  10. Mefri

    Annerkant, die isoteriese dinge – jy weet dan….. Tasbare dinge is verklaarbaar, want mens kan dit stukkie vir stukkie ontleed, maar die dinge van die siel en gees is perd van ʼn ander kleur.

    Weereens ʼn baie interessante en humoristiese, maar ‘thought provoking’ inskrywing Roos, ek lief jou denkwyses, veral jou vermoë om my te laat rondsnuffel in myself.

  11. demoerin

    Deja Vu dink ek ok is bietjie freaky!😆 , Groeie pelse en jags buffel. Jy het darem maar net ‘n manier met woorde om my te lat lag!

  12. Het nog nie self ‘n jagse buffel gesien nie, maar moes my kar een keer vinnig tru vir ‘n jagse Olifant bul.

  13. Rosa

    Dink jy die brein van die mens het sy oorsprong van een of ander intellegente “designer” of het dit “evolve” tot dit wat ons vandag as die menslike brein ken …?

  14. Paula

    Sjoe … ek is maar skrikkerig vir hipnose alhoewel ek al deur so ‘n sessie was.

    By die een terapeut het ek werklik rustig gevoel (tussen bome by ‘n waterstroom). By die ander het ek niks gevoel nie … net donker ervaar. (Sy het agterna vir my gesê dat daar meer negatiewe dinge in my lewe plaasgevind het as wat ek kon onthou). Op daardie stadium WOU ek nie onthou nie en nodeloos om te sê, ek is nooit weer terug nie.

    Sal ek dit weer doen? Absoluut nie!

  15. sterrewind

    http://www.thejourney.com/
    hierdie boek het my baie gehelp voor my chemoterapie, sy mag kak praat dalkies ek weet nie, maar ek het dit baie soothing gevind.

    maar uit ‘n wetenskaplike oogpunt is jy reg, dis als net in die brein.
    ?
    ek het hipnose as donker ervaar, sou liewer seker dinge woy vegeet, mar toe ek eers daardeur is was dit allie pad op en terug na die lug en dit was defnitief

    cleansing beyond any describibg of it
    x

  16. sterrewind

    …en my avatar werk darem op sterrewind se blog…anyway…dans daar nog precognition ook

    en ja ek glo aan reïnkarnasie…moenie eers vra nie

    ….en aan die Groot Gedagte… en an evolusie…en ‘n groot geloof en spirituele wêreld met engele… ek meen ek het noudiedag trompop teen die verkeer in jan smuts ingedrai, dit kon kop an kop gewees het, maar ek het duidelik ‘n engele oral om my kar ge ervaar en wel ek sê jou dit was magical

    mar wat praat ek als

    tatta rosalind franklin
    van
    ansophietjie

  17. Sonkind: LOL, so groen wolkie dalk?? ek stem as ek niks kan onthou nie help my my ook sweet blou niks.

    Annerkant: Die buffels met die 2 bene is die gevaarlikste! Die wetenskap ondersoek nogal die dinge, veral in die psigiatrie en neurologie.

    Pikkie: Dit fassineer my ook!

    Demoerin: Ek het nooit gedink die buffel gaan so baie aandag trek nie🙂

    Adrie: Daai is ‘n slegte een, wees bly jy was nie ‘n olifantkoei nie.

    Johannes: Ek wil regtig NIE in ‘n debat gaan oor dit nie, dit is tog seker duidelik dat ek ‘n voorstander is van evolusie. Maar ek se jou nou, ek en jy verskil so radikaal daaroor dat ‘n argument ons nerens gaan bring nie.

    Paula: Ek verstaan ek persoonlik glo ook nie hipnose is die beste vorm van terapie nie. Praat by ‘n kliniese sielkundige bly die beste.

    Sterrewind: dit is maar scary om jou donker kant te beloer.

  18. Te veel kommentare om alles te lees, maar ek glo nie in vorige lewe nie… ek dink dis bog. Ek dink ek is te bang om gehipnotiseer te word…wat as ek nie wakker word nie..hahaha..

  19. Nikita; ja dink net, daar le jy in die stoel en droom heerlik!

  20. As ek die koei was, het ek dit dalk geniet.

  21. Ek wil nie argumenteer nie, nog minder debat met jou daaroor voer. Ek leer baie uit jou wetenskaps “evangelie”, soms kan ‘n mens sekerlik vrae vra. Of sal jy graag verkies dat ‘n mens net eenvoudig moet amen, amen.

    Ek dink die evolusioniste sit met dieselfde probleem van intolerence waarmee christene vir bykans 2000jaar mee gesit het, ‘n mens durf amper nie vrae te vra wat dieper strek as dit wat met wetenskap logieserwys opgelos kan word nie, of daarop sinspeel dat daar met hulle geloof verskil word.

    Soms is hulle geloof in die aannames waarop hul hul wetenskaplike gevolgtrekkings baseer amper so groot soos ‘n mosterdsaad, en dui dit dikwels op die bestaan van Iemand wat alles haarffyn gedesign en toe geskep het. Iemand moet tog asseblief net nie die woord Skepper of God noem nie want dan is dit godsdiens.

    Die menslike brein bly steeds iets verstommend awesome… alle eer aan die Skepper daarvan.

  22. Adrie: hehehhehe!

    Johannes; Nee allermins, ek is een van die laaste mense wat net “amen, amen”. Glo my. Ek is definitief ook nie intolerant nie.

    Baie mense vra my vrae hier, en ek antwoord hulle, soos jy seker kan sien. Ek hou ook daarvan om heen en weer te chat. Maar ek wil nie die wereld bekeer nie. Jy is die evangelis nie ek nie.

    Maar ek dink net dit sal van geen nut wees om met jou oor evolusie te debatteer nie. Ek jy raak nou hier aan godsdiens en jy impliseer baie dinge. ek het nog nooit iets oor God gese nie. teologie is nie my veld nie.
    ps. die soogdierbrein in sy geheel is amazing, die mens s’n is nie maar net een daarvan, soms ook maar vol foute.

  23. demoerin

    Ek het gister besluit ek wil gereinkarneer word as ‘n olifant. Die eerste een wat sal kan spring….. beware world, treat me kind!😆

  24. Demoerin: dit is ‘n lekker een, ‘n olifant wat kan spring. go get them tiger, ag ek meen springfant.

  25. baie interessant en ons sal altyd soeken en ondersoeken bly…dit is juis vir my die bewys …van ‘n groot gedagte, mar eks teen fundamentilisme




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: