Afsondering

Een van die mooiste woorde vir my is “solitude”, dit is een van daardie woorde wat net nie met dieselde emosie vertaal kan word nie.

Enigheid, verlatenheid, afsondering, verlatenheid en die negatiewe woord verlorenheid doen dit net nie vir my nie. Miskien vervat al die Afrikaanse woorde saam so effens die wonderlike, ryke woord “solitude”. Maar dit kom nie daarby nie.

Solitude verteenwoordig vir my ‘n baie positiewe en verrykende toestand waarin in mens verkeer, maar dit kom nie na jou toe nie. ‘n Mens moet dit gaan soek en dit raak al moeiliker om te bekom.

Ek praat nie van bid nie, ek praat van stilword in jouself, met jouself. Net jy alleen. Waar jy nie met ander mense kommunikeer nie – nie op die epos, op ‘n blog, op ‘n telefoon nie. Waar jy heeltemal in ‘n spasie alleen is met net jou liggaam, jou verstand en jou wese.

Die fisiese liggaam moet weggeneem word van die dinge om hom, asook (en natuurlik die) verstand en die lewendige brein wat aaneen vuur. Dit is meer as net meditasie waar jy die verstand ook stil kry. Dit is ‘n plek waar jy weer een word met jouself.

Miskien is dit ‘n plek waar jy jouself versterk, waar jy herlaai of waar jy jou swart kant moet konfronteer. Dit is nie ‘n maklike plek nie. Want om waarlik in die spieel te kyk van jou wese kan ongemaklik raak, omdat almal van ons goed en sleg is.

Ek het al in my lewe mense geken wat nooit alleen kan wees nie. Op ‘n manier is dit seker maklik, maar uiteindelik raak dit moeiliker en moeiliker. Want op ‘n dag moet ‘n mense krag trek, en leun op dit wat jy uit die solitude wysgeraak het.

“I go into solitude so as not to drink out of everybody’s cistern. When I am among the many I live as the many do, and I do not think I really think. After a time it always seems as if they want to banish my self from myself and rob me of my soul.” -Friedrich Nietzsche (1844-1900)

Nietzsche wrote in a draft of one of his last works: “I am solitude become man.” (www.hermitary.com)

Daar is dae wat ek soms net smag na solitude.  Waar ‘n mens net kan wees.

En dit is nie soos ‘n vakansie om weg te kom of nie verantwoordelikhede te he nie. Juis nie, dit is ‘n verre nabetragting. Jy is juis in pas met met jouself daar. Jy ontsnap allermins, juis omdat jy jouself ken. Dit is ook nie ‘n soeke na die self nie. Die self is reeds in pas met homself, daarom soek hy dit. Hy wil net weer hande vat.

‘n Plek waar ek kan sit, sonder om ooit te praat, en net kan aansit vir ete en my kop kan knik om dankie te se. En die wat die kos gee sal verstaan.

‘n Plek waar ek niks hoe te verduidelik nie. ‘n Plek waar ek vir solank ek wil niks hoef te se nie, net woordeloos kan bestaan, sonder om my stom bestaan te verduidelik.

Totdat die dag aanbreek waarop ek weer wil praat en ek reg is om te vertrek.


  1. Solitude is soms ‘n onbereikbare, salige plek net beskore vir die kinderloses…

  2. Mefri

    Rooskindjie jy bring soveel juwele van onskatbare waarde en enig in hul soort…

  3. Ek vertrek gereeld op ‘n “Solitude” reis. Ek gaan op “autopilot”, ek is hier maar tog ook nie. Ek lewe in my gedagtes. (Weet nie of ek dit nou mooi verduidelik nie)

    Ek kan nie bestaan sonder alleentyd nie, daar waar ek net wil wees. Ek wil net sit en dink en myself vind, in hierdie deurmekaar wêreld!!

  4. flippiefanus

    Ja, ja, ja, Rosa ek voel eens met wat jy se^. Maar blykbaar verskil dit van mens tot mens. Iemand het my eenmaal vertel dat dit die verskil is tussen introverte en ekstroverte. ‘n Ekstrovert kry sy krag uit ander mense terwyl in introvert sy krag kry deur alleen te wees.

  5. sterrewind

    I think if more people took time for themselves to reflect and contemplate, the world would be a much better place. Mobs don’t think for themselves and get carried away in a stream.
    .I love my own company. Uncomplicated and peaceful.

  6. rianabrand

    Heerlik om te sien dat ander ook dink soos ek…dankie Rosa dat jy dit so mooi verwoord…en die prentjie duideliker maak. Jy is besig om ons almal op te voed – in stilte. Dankie daarvoor. Groete. R

  7. maxie55

    Mooi inskrywing, Roos. Jou laaste drie paragrawe som dit so mooi op.

  8. annerkant

    Rosa, ek het hierdie besonder geniet. Jy het dit presies beskryf. Daarmee saam moet ‘n mens ook die bid- en mediteertye nie afskeep nie. ‘n Mens moet daarvoor tyd maak. Op die ou end is dit dalk deel van die belangrikste tye van ‘n mens se lewe.

  9. alta

    Yip alleen tyd is ‘n moet.

  10. Ek is ‘n introvert. Ek kan nie heeltyd mense om my hê nie en kan ook nie die heeltyd praat nie. My hele lewe lank moet ek hoor: “En hoekom is jy so stil, praat jy dan nooit?” So al asof ek iets makeer, dalk nie “lekker” is nie….As ek iets het om te sê sal ek dit sê, anders bly ek stil. So eenvoudig soos dit. Kan mense dan nie net ons introverte aanvaar soos ons is nie? Ons is nie geestelik gestremd nie!

  11. Rosa

    Jou laaste sin. Solank my vertrek nie terug is na die plek wat my weer so gaan laat voel dat ek weer eendag gaan hunker na “solitude” nie.

    Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels.

    Ek wonder baie hoe lyk die “skaduwee” van Lig…?

  12. Paula

    Ek is bang vir “Solitude” … weet nie wat skuil alles daar nie😦

  13. demoerin

    Dit is dalk in ‘n klein mate, maar ek het elke aand voor ek gaan slaap “stock-take”. Ek besin oor wat alles die dag gebeur het. Partykeer is dit vreugdevol, ander kere depressing. Maar ek glo dit is uiters belangrik om ten minste aan jouself verantwoording te doen elke dag van wat jy aangevang/nie gedoen het nie.

  14. Ai, telke male land ek hier en kry antwoorde op my vrae. Ja, dis wat ek moet doen. Solitude – dis wat ek nodig het om die donker kant van myself te ontleed, daar waar ek nie rerig wil wees nie, maar waar ek ook nie kan ontsnap sonder om dit wat my pla in die oë te kyk en daarmee te deal nie. Thanx Wille Roos (soos vokof sal sê), jy het nie ‘n idee wat hierdie possie van jou vandag vir my beteken nie.😉

  15. O Rosa, Nietzsche!! Nou maak jy hierdie kwasi-filosoof se dag! Hoe verkeerd word hy nie soms verstaan nie.

    As daar nou een ding van hom onteenseglik waar is, is dat hy mens bloot instruksies gee hoe om die lewensreis te onderneem, en elkeen moet self die bestemming vir hom/haar bepaal. Kyk, die lewe is soos Nietzsche se werk: vol beproewing en verdomp moeilik en swaar. G’n wonder hy het isolasie so erg verkies nie. Hy bly steeds rof om te lees, veral as hy so nihilisties raak. En Alzo Sprach Zaratrustra is natuurlik so ‘n bietjie altruisties ook nog – maar tog erken hy (soos jy hierbo so pragtig verwoord) dat die mens se epog “state” is, daardie ontwykende “solitude” waar die ego stil is en die mens net … is. Ai, die dinge is so lekker.

    Jy moet tog maar Eckhart Tolle se Power of Now en dan veral A New Earth lees. Hy werk wonderlik met “solitude” en die dieper, indringende ondersoek na die Self – die I Amness.

    Afsondering is met tye baie goed sodat mens weer die spoor kan vind. Moet net nie soos Nietzsche jouself van almal afsny nie, want in teenstelling met Satre “Other people is Hell” is dit juis gesonde menseverhoudings wat hierdie wêreld draagbaar maak! Soos al die blog buddies😉

    Lekker een, hierdie – dankie!

  16. Hallo julle liewe blog-mense, ek is so bly julle het kommentaar gelewer. Ek dink ek sal doodgaan sonder solitude, ek ontsnap in my kop (paar keer per dag) en dan soms net fisies.

    Emil: Ek dink Nietzsche word soms moedswillig verkeerd verstaan…dankie vir jou lekker kommentaar en die boeke. Ja die dinge is lekker.

    Dellie: Dankie dit is my plesier, die donker kan is nie scary nie, dit voel vir ons scary omdat dit onbekend is. Maar as mens haar/hom eers leer ken is dit nogal amazing.

    Paula: Ek verstaan wat jy se, solitude kan egter baie rykdom bring. Mens is bang omdat jy nie weet wat daar is nie, maar gee die eerste tree, jy sal verbaas wees.

    Demoerin: Dis waar, ek doen ook daai mini-stock take.

    Johannes: Die een-wees met jouself is eintlik vir my baie breer as enige dogma

    Eendjie: Ek weet presies hoe jy voel. Mens wat nie stil kan wees nie en dan vir jou wil laat glo daar is iets met jou verkeerd oor jy nie die hele tyd babbel nie!

    Dankie Maxie55 en Alta vir die inloer

    Annerkant: Welkom hier!

    Rianabrand: Lekker om jou weer te sien.

    Sterrewind: Welcome! I agree, If more of us become silent within and reflect it would change so much.

    Flippie: Soms weet ek nie wat ek is nie, maar ek kry baie krag uit alleenwees.

    Wippie: Ek kon agterkom uit jou blog jy ontsnap en reis ook so, ek weet😉

    Pikkie: Probeer wegkom al is dit net 10 min elke dag.

    Mefri: Bly jy het die geniet.

  17. Ons almal het soms so ‘n bietjie ‘me’ tyd nodig, maar met die moderne samelewing kan mens beswaarlik gaan piepie sonder jou selfoon en ‘pager’. Die tegnologie plaas geweldige stres op ons, in die verlede het ons briewe geskryf en gepos. Dit het vir ons tyd gegee om ‘n behoorlik bewoorde respons te gee, maar met e-pos wat bykans onmiddelik is word daar ‘n respons verwag nog voordat die skrywe eers ordentlik die ‘sender’ se ‘outbox’ verlaat het!
    Clarens is die antwoord vir kwaliteit solitude!

  18. Rosa ek stem met jou saam “solitude” of “een-wees” slaan veel wyer as enige dogma.

    Ons moet egter waak om nie dieselfde fout te maak wat veral kerke deur kerke aan ons opgedis word nie, naamlik deur dogma met die Woord van God te verwar nie.

    Ewige-eenwees is egter dit waarna die mensdom nog altyd strewe. Daai gap (die soeke na solitude) sal altyd daar wees totdat dit eendag finaal gevul word. Dan kan “solitude” in die besigste “pub” ervaar en beleef word.

    Totdat daai gap gevul word (of die “dag aanbreek” soos jy dit pragtig verwoord het) sal dit maar net ‘n hunkering (nag) bly…

  19. Blixer: Ek sit die sel naweke en vakansies net af..ek het gehoor van clarence. af hoe lekker.

    Johannes: ek hoor wat jy se.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: