Wie is Hugo?

Ek maak my oe op skrefies oop. Reg voor my is ‘n banier teen die muur: “Geluk met jou 21ste Hugo!”

Wat? Ek ken nie ‘n Hugo nie!

Ek kyk om my rond. Langs my sit ‘n tannie op ‘n kerksaal-stoel en eet braaivleis. Sy glimlag vir my.

Mense dans, drink bier, eet braaivleis en vier Hugo se 21ste verjaardagpartytjie. Ek voel soos eergister se braaivleis. En, ek weet nie waar ek is nie! Hoe het ek hier beland, en wie is die mense?

Ek waggel na die toilet. Staar na die gesig in die spieel. Ja, dit is Rosalind se gesig. Maar die res is totaal en al onbekend. “Waar is ek,” vra ek vir ‘n ander tannie in die badkamer. “By Hugo se partjie,” antwoord sy effe verbaas.

“Ja maar waar is dit?”

“By die Waterkloof-lugmag-basis, in die rec-saal, ” en nou kyk sy my eers skeef aan.

O hel. Dit is seker 20 km van my koshuis af! Ek was nog nooit, ooit hier nie. Wie is Hugo? Hoe kom ek hier? Die vrees klim oor my. Ek voel in my sakke na my Volksie se sleutels. Niks.

Ek het niks aan my nie, nie ‘n sent nie. En dit voel of die dood oor my geloop het. Vaag in my mond proe ek OBS. Oubies. Old Brown Sherry. O siesa.

Die bottel Oubies, so platte, ‘n hele liter, het my R6 gekos. ‘n Pakkie sigarette kos onder R3. Met R20 maak ek my Volksie byna vol petrol.

Die lewe is lekker (sou ek later eers besef), ek is 18. Dit is 1991.

Hoe de hel gaan ek terugkom by die koshuis? Dis aan die anderkant van PTA? Fok wat nou?

Ek hol soos ‘n mal haas by die saal uit. Help my!

Om die derde hoek wat ek hol staan ‘n klomp mense by die vuur. En toe, skielik herken ek my kamermaat. Ag dankie tog.

“Wat die hel doen ek hier? Wie is Hugo,” gil ek byna buite beheer.

“Jy het die hele bottel OBS alleen gedrink en uitgepass. Ons het besluit om jou op die bakkie te laai en saam te bring. Hulle het jou op die stoel daar binne gaan sit. Ons was bang jy kom alleen by, toe bring ons jou saam,” se sy.

Wel, ek het alleen bygekom.

(ter herinnering aan my studentedae)

Advertisements

  1. flippiefanus

    Nog ‘n uiters vermaaklike storie. Dankie Rosa. Dis nogal erg as mens so wakker word en jy weet nie waar jy is nie. Hoekom word ek nie in my bed wakker nie? Wie is al hierdie mense rondom my?

  2. Sjoe, jy kan maar skryf hoor! Ons het ‘n paar jaar terug hier op die eiland ‘n orkaan met die naam Hugo gehad, dit het mos altyd mens name. Toe ek jou blog oopmaak toe dink ek dadelik aan dΓ‘ai Hugo!
    Ek wonder nou of jy toe ooit die Hugo van die partytjie ontmoet het?

  3. Flippie: Hel ek het gewik en weeg oor die storie want het was regtig baie dron, maar dit is nou uit.

    Eilandkind: Ja ek wonder hoekom het die orkane sulke name? Nee ek het nooit vir Hugo ontmoet nie, en was te verskrik, was eintlik nog dronk van die oubies en het dikbek in die bakkie gaan sit en wag vir die lift terug koshuis toe. Vandag is dit snaaks, toe was dit niks snaaks nie.

  4. ICE

    Eish!

    Jong dae, goedkoop drank, geen sin vir verantwoordelikheid…

    Glo my menige van ons was daar, nie by Hugo se paartie nie, maar iewers soortgelyk.

    Weereens, Puik beskrywing, Rosa!

  5. Krista

    Sjoe! πŸ˜‰

  6. Dis studente pret, mens moet alles in die lewe eenkeer doen.
    Jy was lekkerrrr stout nΓͺ? :mrgreen:

  7. Ice: ek dink jy was dalk daar….hehehe

    Krista: ek is mal oor jou nuwe koei!

    Wippie: nee ek sal eintlik soet, dis hoekom die OBS (sies ek gril nou nog) my so skade aangedoen het.

  8. Mefri

    Ek het ook so Ε‰ oomblik beleef in Mauritius op Ε‰ catamaran, oppad terug van Coconut Island af. Daai Jungle juice se leeu-poot het my met een hou disnis geklap.

  9. Mefri: Die boot klink vir my erger as ‘n lugmagsaal πŸ˜‰

  10. Jaco

    Ons het in my wilde jeug die sΓͺding gehad dat ‘n goeie pel is iemand wat nie op jou sal trap as jy geval het nie, en wat jou sal optel en saamvat as hulle huis toe gaan. Dit lyk my jy het sulke pelle gehad. Dankie tog vir goeie pelle!
    Het jy ook die volgende more plegtig belowe jy gaan nooit weer Obies drink nie (nee, nee hierdie keer bedoel ek dit regtig)?

  11. demoerin

    πŸ˜† Drank bly ‘n euwel! OBS, hele bottel….YIG!

  12. Haai, Rosa! Wie sou kon dink dat jy ook so stout streek gehad het! πŸ˜† Dankie tog vir goeie vrinne!

  13. Onthou julle nog Coco-Rico? Wel ek het ook in Matriek so ‘n ligte onderonsie met ‘n bottel Coco-Rico gehad. Het byna my longe uitgek*ts. Nooit weer daarna Coco-Rico gedrink of enige iets wat selfs net amper na dit proe nie. Ek raak sommer naar as ek nou weer daaraan dink! JIG!!!

  14. LOL @ Eentjie!!! O hete ons deel vele ondervindings!!! Rosie, ek wonder of daar ‘n enkele mens is wat nog nie ‘n onderonsie met OBS gehad het nie!? Kombineer dit bietjie met volkelwyn, dan vergeet jy sommer jou verjaarsdag! 😳

  15. Eendjie, ek weet presies waarvan jy praat! Tot vandag raak ek naar as ek Coppertone of enige sonbrand olie ruik wat my aan Coco-Rico herhinder! Die studente dae was goed, maar ek is bly dit is verby.

  16. Sjoe Rosa, wat ‘n memory-lane trippie stuur jy my op vandag! Dankie, lekker gelag!

  17. Ek gaan niks sΓͺ, want jy het my nou weer aan iets herinner wat ek liewer wil vergeet.
    πŸ˜‰

  18. Paula

    Ag moeder ….. ek kan indink hoe jy moes gevoel het πŸ™‚ Weereens treffend geskryf!

  19. Oubies is ‘n vreeeeeslike ding! Ek hou nogsteeds daarvan, maar moet baie versigtig wees. Dit gee my geheueverlies…
    Lekker naweek, Rosa! πŸ˜‰

  20. vokov

    Dis soos WHO THE VUCK IS ALICE!!!

  21. maxie

    πŸ˜† πŸ˜† Nou’t ek lekker gelag, dankie Roos! Jy het lekker herinneringe teruggebring. Van OBS (gril ook tot vandag toe) en Volksies (sou nogal interessant wees om te weet hoeveel van ons Volksies of Mini’s gery het!). Sjoe, ek ys behoorlik as ek terugdink aan al die onbesonnenheid…

  22. O *&&^%% Coco Rico!!! Wat het ons besiel, Eendjie??? Onthou ek dit, natuurlik! Siesa-ga.

    Rustig: Ek wag dat jy vir ons vertel.

    Paula: dankie vir die simpatie…LOL.

    Jenny: daai memory lane is eitlik lekker.

    Blixer: jaaa daai sonbrandolie.

    Jaco: Ek het seker twee keer daarna Obies gedrink en toe is ek klaar, regtig. Ja daai pelle, ne.

    Demoerin: ja ‘n hele bottel, domgeit van 18 wees.

    Boendoe: laat ons nie begin praat oor die stout-streek nie. gelukkig het hy teen 30 afgeval.

    Dellie: nee hel, oubies is vieslik. lekke naweek jy ook.

  23. Ja dis ‘n probleem veral as jou naam Alice is, vokov.

    Maxie: totaal en al inbesonne…oor die res hou ek my mond maar.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: