Die Bors

‘n Bors is natuurlik nie net ‘n bors nie. Dit is ook nie sommer net ‘n ding wat in ‘n bra pas nie.

Nee, nee dit is veel meer. Ons was nie altyd so openlik nie. want “brassiere” is ‘n ou woord wat sy onstaan het in militere uniforms, maar die meer moderne woord verwys onder meer na die keel. Keel is in Frans ‘n eufemisme vir ‘n bors.

Sy voorloper was natuurlik die korset, veral vir diegene wat ryker was. Die bra het sy opwagting teen 1905 gemaak.

Maar vir jare voor dit het vroue van Rome, Griekeland en ander beskawings hulself op een of ander manier toegedraai. En dan is daar die ding waarvoor mense al tot hekse veroordeel is, polimastia ( drie borste en/of drie tepels)

Buiten gemak as voordeel, vir groter borste is daar natuurlik geen waarde van die bra nie. In die 1970’s het vroue vir die eerste keer begin dink oor die gedoente. Daar is ‘n stadslegende dat vroue hulle bra’s inderdaad gebrand het, dit is natuurlik nie waar nie.

Op ‘n Mej. Amerika-plegtigheid is bra’s wel in vullisblikke gegooi as simbool van bevryding, maar hulle is nooit verbrand nie. Maar dit is nie waaroor dit gegaan het nie, hulle wou probeer se, dit is OK, om nie ‘n bra te dra nie. ‘n Vrou kan doen wat sy wil, sy hoef nie te doen wat daar vir haar gese word nie.

Die bra en die sosiale status van vroue is nou verbind. Bind dit vas, steek dit weg, of hou dit tog net in toom! Netnou skep dit probleme elders.

Die katolieke kerk se in 1370: “No woman will support the bust by the disposition of a blouse or by tightened dress.” . . .gepla met borste, bid jou aan.

Maar borste wat mooi regop staan word gesien as ‘n teken van jeug, van viriliteit, van seksuele aantrekkingskrag en op ‘n dieper vlak is die mooi, stywe mode-bra niks anders as ‘n na-aping hiervan nie.  Veral in die Westerse kultuur.

Histories is die bors nog altyd gesien as ‘n simbool van fertiliteit. Om nie ‘n bors te he nie, maak jou minder vroulik, daarom is die trauma van borskanker of ‘n mastektomie, weens ons vooroordele op sielkundige vlak, so erg.

Vandaar die weensin wat mense het wanneer daar na die legende van die Amazone verwys word – die krygstam van vroue, het een bors amputeer sodat hulle beter met ‘n pyl en boog kon skiet. Hulle het mans net aangehou om kinders mee te he, en daar word gefrons op so ‘n gemeenskap, grotendeels weens hulle “onvroulikheid”. Of daar word lukraak na hulle verwys as minder vroulik of dan sommer lesbiers, of mannehaters.

Die is glad nie waaroor die antieke legende gaan nie, nog minder die gemeenskap van Sapho op Lesbos, dit gaan oor selfversorgend wees. Oor ‘n gelykheid, dis al. Oor die bewys dat almal tot alles instaat is, sou hulle wou.

Net soos wat grimering, en veral lipstiffie, op ‘n diepliggende vlak ‘n seksuele verfraaiing is, het die bors en alles rondom dit, die simbool van vrouwees geword. Verwerp dit en jy verwerp soveel…

Omdat die bors so ‘n hoogs seksuele verwantskap het, is dood normale dinge soos borsvoeding in die openbaar en selfs om sonder ‘n bo-stuk te loop op baie plekke nog taboe. Die bors word dus nie gesien as ‘n bron van kos vir ‘n kind nie (tot nie so lank gelede nie is kinders tot op 5 jaar geborsvoed) en die idee is daar dat jy dit moet wegsteek, want dit is onbehoorlik.

Die mens is natuurlik die enigste dier met borste wat permanent vergroot is.  My gunsteling periode (omrede die kuns, ontploffing van ontdekkings en verligting van denke) is die Renaissance. Dit is tyd toe decolletage mode geraak het.

1906


  1. Dat jy nou wragtig ‘n hele post oor tt’s kan skryf en dit klink nog geleerd ook! Dis baie interessant! Ek het dit rerig geniet!

  2. Ek wonder of die RKK hulle siening oor bras verander het. Dra nonne bras?

  3. demoerin

    Ek het persoonlik geen probleem daarmee as die dames nie wil bra dra nie.😆 Lekker inskrywing, en nou gaan my gedagtes die hele dag dwaal!

  4. Word die dier ‘n mens wanneer dit borste het? Waar in die ketting van evolusie val diegene sonder borste?

  5. Nou smaak die melk in my koffie ook nie meer lekker nie.

  6. Rustig! het jy borsmelk in jou koffie gedink??? LOL.

    Johannes: Diegene wat nie soogdiere is nie, het nie borste nie, sover ek weet. En ander vroulike soogdiere se borste raak voller (dit beteken nie dit is nie voorheen daar nie) wanneer hulle kleintjies soog.

    Demoerin: Good for you, ek het ook nie probleem daarmee nie, dwaal maar lekker!

    Adrie: Ek is seker hedendaagse nonne dra bras.

    Pikke; hheheheh. ek wou nog aangegaan het….

  7. Paula

    Top inskrywing wat ek baie geniet het! Dankie🙂

  8. boendoe

    Laat ek net kyk waar ROER is…sy gaat my weer kom aanvat oor wat ek nou gaan se!

    Ek verstaan nie hoekom mense nog steeds so outyds is as dit kom by borsvoeding nie. Ja, borste skakel mans aan, maar dis eintlik gemaak om BABAS MEE TE VOED!!! Dit het my altyd so gegrief as ek net in die afgesonderdheid van my kamer kon gaan voed. Grrrr…g’n wonder vrouens wil nie meer borsvoed nie!

  9. maeree

    hier in ons stad was daar langs die pad ‘n massiewe advertensiebord (van die stad) met ‘n foto van kaalbors xhosa meisies. iemand het ‘n groot penis oor die hele besigheid gaan verf. wat presies jou punt bevestig.

  10. dankie paula

    maeree, ah hoe bly is ek jy noem dit. presies!

  11. Boendoe: My suster het ‘n tweeling gehad wat op verskillende tye honger was. As sy in die kamer moes borsvoed, sou sy nooit daar uitgekom het nie. Ek glo dat vroue heeltemal diskreet in die openbaar kan borsvoed, ek het self geen probleem daarmee nie. Dit is 100% natuurlik en normaal. Borsmelk is die beste vir baba’s, mits die ma dit KAN doen (oor die verskeie redes).

  12. En om te dink dat die borste slegs gemodifiseerde sweetkliere is!

  13. Nou ja toe! Ek het maar bra min hieroor geweet.:mrgreen:

  14. flippiefanus

    Vir my is dit ‘n interessante voorbeeld van kulturele ontwikkeling. En as ek so die kommentaar lees dan sien ek die kulturele ontwikkeling is steeds goed aan die gang.

  15. Flippie: dit gaan staaaaaaaaadig, al die prosesse en dinge.
    ek wonder hoekom is daar nie so drama oor die kultuur van die onderbroek nie, behalwe dat mense ‘n totale oorval gekry het toe daar so ruk gelede ‘n advertensie was toe ‘n tannie by jongmans se onderbroeke ingeloer het, asof dit ander sou wees as om na ‘n naakte vrou te kyk?
    daar is daaroor gekla? vreemd (is die manlike geslagsorgane heilig?) dalk.

  16. demoerin

    😆 heilig….😆 , wel noudat ons op die bra vervelige punt is… bwahahahaha. Persoonlik weet ek nie waaroor die groot nudity issues is nie. Dit is nie asof jy enigeen wat ontbloot is gaan bespring nie. Of is ek nou verkeerd? Is dit ons Calvanistiese opvoeding wat ons verskriklik eng maak?

  17. Demoerin my Bra, (en hallo blixer en dellie :)) presies, as jou draad so kort is dat jy enige een gaan bespring wat kaal is, dan moet jy die dokter besoek en vra vir pille of iets. Persoonlik dink ek nie-helemal-kaal-nie is baie mooier as kaal. Subtiel is nice.
    Ek dink dit is ons Calviniestiese opvoeding, ‘n eng ou oorblyfsel uit die Victoriaanse era.

  18. Nou, dit is oulik! Ek het nog nooit ‘n probleem met nudity gehad nie – en beslis nie met borste nie!

    Jammer party mense is vandag nog maar bra oud-modies oor hierdie dinge.

  19. Babas besef nie hoe bevooreg hulle is nie. Oulikste melk bottels op die planeet.

  20. Hier is een van my “nursery rhymes” wat ek geleer het oor borste.

    Do your boobs hang low?
    Do they wobble to and fro?
    Can you tie ’em in a knot?
    Can you tie ’em in a bow?
    Can you throw ’em over your shoulder like a continental soldier?
    Do your boob, hang low?

    Hoop nie hier is NG dominees nie?

  21. flippiefanus

    Om nou voort te borduur op my kultuur storie. Ek dink kulture regoor die wereld is besig om meer verdraagsaam te word ten opsigte van naaktheid. Daar is allernade geleenthede soos naked Bike rides ens. wat gereel word as ‘n vorm van protes.

  22. Rustig: LOL, ek dink nie die dominees lees hier nie, en as hulle lees moet hulle maar ontspan, is goed vir die hart.
    Ja youth is wasted on the young met verwysing na die babas wat nie van beter weet nie.

    Emil: bra-verstok ja!

    flippie, baie kulture het nog nooit ‘n probleem gehad met naaktheid nie. party het wel ‘n kwessie begin maak daarvan. dankie vir jou borduur!

  23. flippiefanus

    Wel in daardie opsig is naaktheid relatief. Sover my kennis strek is daar geen kultuur waar al die mense totaal naak rondloop nie. Vir ons is die mense in van die primitiewe kulture “naak” omdat hulle so min aanhet, maar hulle sien hulself nie as naak nie.

  24. Ek gaan my bra’s verbrand!!!
    Interessante inskrywing oor borste gewees, ek het nie eers geweet van die legende van die Amasone nie.

  25. Flippie: Ek dink in pre-history soos ons dit noem was ons naak, later het Homo sapiens vir hom klere gemaak omdat hy koud gekry het. Min aanhet is inderdaad nie naak nie.

    Wippie: Die Amazones was ‘n stam vroue, niemand kon nog bepaald op hulle regtig daar was of nie, wat selfregerend en versorgend was. Baie dink dat hul op die steppe van mongolie dalk gebly het. hulle kom wyd in legendes voor. google bietjie amazon warriors.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: