“Magtag vrou, ek kry ‘n graaf!”

“Sit net so. Sit doodstil,” sê my Ouma, en sy laat spaander van die stoep af waar ons sit, blitsvinnig in die kombuis in.

Oomblikke later kom sy uitgehardloop op haar hoëhakskoene met die ketel kookwater, waarvan ons sopas tee gemaak het. En met een swaai van haar arm gooi sy die stomende water dwarsoor die stoep. In haar ander hand het sy die besem.

Iets krul in die lug toe die kookwater dit tref. Oopmond sien ek hoe my Ouma meters van my af, iets hard met die besem takel, oor en oor en oor.

My oupa sit nog met die Romany Cream, wat my Ouma self gebak het, in sy hand. Ek onthou sy groot hande met die eelte so goed.

My ouma slaat en slaat en toe staan sy terug: “Duiwel se kind.” sê sy.

Wat eers ‘n “swart slang” was, soos ons hulle genoem het (die dodelike swart mamba), le verskrompeld, disnis geslaat en verbrand eenkant op die stoep. Dit was ‘n helse groot slang.

My Ouma sit die besem teen die muur en gaan sit op die stoel. Ek sit nog steeds waar ek gesit het en my Oupa het nog steeds die Romany Cream, ongehap in die hand.

Ek is 10 jaar oud en verstom oor my fyn, uitgevatte Ouma, wat altyd krale en ‘n borsspeld dra se reaksie. Wow!

“Soja, nog een minder,” se my Ouma en neem ‘n sluk tee.

“Magtag vrou, ek kry ‘n graaf! Dan gaan spit jy sommer bietjie in my groentetuin,” sê my Oupa.

“Dit sal die dag wees.” se my Ouma.

Seker ‘n maand later loop ek verby die turksvybos, so 200 m van my Ouma en Ouma se huis. Zap! pik ‘n slang my, skielik vanuit die langgrasse in die boord. Wha, ek het geweet hier is slange.

Eina-Eina, dis seer. Oe flip. Oe nee, ek gaan doodgaan. Die dorp is ver, die dokter is ver. Oe heeeeeeeeeeeeelp harloop ek skreeuend in die voetpaadjie af.

“‘n Slaaaaaaaaaanggggggg het myyyyyyyyyy gepiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiiik!” hardloop ek oop en toe na my Ouma-hulle.

My Oupa kom uit die huis na my toe aan. Ouma is ook daar. Ek skreeu soos ‘n sirene.

Waar het die slang jou gepik?

Hier op my kuit! Skreeu ek.

“Dit is ‘n perdeby steek!” en my oupa krul van die lag. “Kyk, kom ek gaan wys jou die nes, daar is baie daar.”

“Issie is ‘n slang” se ek vol trane en ek gee ‘n skaam-kwaad skop na my Oupa. Hy koes en nou lag hy eers.

En toe gaan haal my Ouma spesiaal in die koelkamer ‘n klein botteljie “cocktail Coke” en Hertzoggies vir my troos.


  1. Mefri

    Rosatjie, jy het ONGELOOFLIKE, majestueuse skrywerstalent. Holly flippen fly!!!! Ek het my dood gelag vir jou manewales en beskrywings. LOL ek sien alles in kleur en dit is net jou towerwoorde wat dit kon vermag. I salute you my lady!

  2. reisiger

    Baie oulik geskryf Rosa!! Ek geniet dit om jou goed te lees – dis classic!!

  3. Dit is ‘n magic storie, Rooskind! Ai, hoe laat jy my op hierdie Vrydag verlang na my eie Ouma en Oupa – lankal reeds saliger😥

  4. Jaco

    Viva ouma’s en oupas, en mense soos jy in wie se stories hulle altyd sal voortleef.

  5. Weet julle ek sien dit alles nog voor my, onthou nog presies wat hulle gese het. Ek mis hulle elke dag😦

    Mefri: dankie, ek is seker my ouma en oupa het net so lekker gelag toe ek daai dag weg is by hulle.

    Reisiger: dankie vir jou inloere.

    Sonkind: jong ek verlang net so na my ouma en oupa, veral die 2.

    Jaco: Ek ditto die VIVA, oumas en oupas is die wonderlikste mense op aarde. hulle kies ook altyd mens se kant😉

  6. Jy laat die stories lewe kry, Rosie
    Skielik verlang ons almal na ons Oupa’s en Ouma’s!
    Hertzoggies, pampoenkoekies, turksvybosse, Ouma’s met krale en borsspelde, Oupa’s met eelte op die hande…..
    Dit was ons almal se Oupa’s en Ouma’s 😦
    Weereens baie goed geskryf!

  7. Wippie, ek is so bly om jou te sien!!!

  8. very good blog, congratulations
    regard from Reus Catalonia Europe
    thank you

  9. ICE

    Hahahaha

    Thanx, ek het my regtig in die storie ingeleef en kon nie help om te lag nie.

    Amper die selfde met my gebeur, behalwe dat ek op ‘n turksvy blaar gaan sit het, waar ons vermoed het ‘n slang nes was…

  10. Go Ouma!
    Wipneus se dit so goed hier bo in haar comment.
    Ek het lekker gelees en my eie kinderdae onthou.

  11. Dis ongelooflik hoe jy ‘n ding kan skryf… Jy skryf my binne-in jou eie brein in… Klassiek, tydloos en ‘n ervaring wat elkeen van ons mee kan assosieer.. Lekker, nog seblief Rosie!!! 😉

  12. Mense maar dit was snaaks. Ek sien sommer vir ouma so voor my. Hierdie blog gaan verslawend wees…

  13. Dis so flippen nice storie! Ek het nou lekker virjou gelag!
    Ek mis nou sommer Ouma se Hertzoggies, en dit was altyd so blerrie lekker!
    Ek het lekker gelag vir die graaf en die groentetuin!😆

  14. flippiefanus

    Ai dit was nou ‘n lekker storie. Laat my sommer terugdink aan my kinderdae en my vrees vir slange.

    Vergeef my onkunde maar wat is ‘n Hertzoggie?

  15. Paula

    Jy mag maar ‘n storie skryf! Ongelooflik lekker om dit te lees! Laat my binneste sommer goed voel!

    Dankie!

  16. maxie

    Het nou lekker gelag en verlang na kindwees. Dankie! Ai, hoe water my mond nou vir ‘n Hertzoggie😉 Kon nogal vir klein Roos in my geestesoog sien, al skreeuend soos ‘n sirene, en dan die “skaam-kwaad”, siestog.

  17. Lewies

    So ‘n Ouma!!

  18. Mefri

    As ek mag Rosatjie,

    Dis dié koekie-alla-koekies flippiefanus, en dis baaaaie lekker

    ʼn Lagie deeg word eweredig oor die bodem van ʼn bakplaat versprei, waaroor so titseltjie appelkooskonfyt gesmeer word – gevolg deur ʼn klapper-en-kondensmelk-vulsel en laaste kry hy sy gekrummelde-deegkombersie voor hy met liefde gebak word in die oond.

    As jy daai koekie nader trek en die smul-sagte-happie beland op jou tong, gebeur daar onbeskryflike dinge met jou sintuie. hehe

    Jy word weggeraap, jou oë fladder soos sewende veertjies toe; deurweek in die herlewing van jou heel eerste sensuele soen, terwyl salig-bedwelmde plofgeluidjies behaaglik deur jou lugweë vloei….. Mmmmmm

  19. flippiefanus

    Baie dankie Mefri. Nou is ek ook ingelig. Nooit gedog ‘n soet happie kan soooooo lekker wees nie.😉

  20. Carina, ek is bly jy het weer kom kuier en jy ook ICE, en Eilandkind!

    Flippiefanus, ja Hertzoggies is heerlik, my ouma het ruim met die appelkoos-konfyt omgegaan.

    Pikkie: Ek sal moet dink aan nog stories, wag vir die kassies in my kop om oop te spring.

    Paula: Dankie en plesier, bly jy kuier by my.

    maxie: ja mens kry die koekies nie meer nie, nie soos ons oumas dit gebak het nie.

    Mefri, dankie vir die beskrywing.

    Kaalvoet: ja my oupa was altyd vol grappe, hy het sy kans gesien toe hy sien hoe bewerk my ouma daai slang.

  21. Mefri
    Daai klink nie vir my na koekies nie…dit klink vir my soos seks! LOL!

  22. alta

    😀 Baie nice

  23. Mooi man, nou verlang ek na saam my Oupa op die stoep sit en oor die plaasdam uitkyk! *snik.

  24. boendoe

    Eish, DIS nou ‘n ouma van staal daai! Dierbare storie, Rosa.

  25. demoerin

    Nog ‘n nice storie….was seker alles vir die hertzoggies?

  26. Hehehehe… lekker giggel ek nou! Ek het my statige ouma ook daar in jou prentjie herken.😉

  27. neykie

    Lekker gelag Rosaling 😆

  28. neykie

    jammer ek sien daar het ‘n g in geglip in die plek van die d

  29. Skitterend geskryf- ek is in ‘n oogwink terug om my Oupa se plaas in die karoo. Ouma kon mens enige tyd van die dag of nag deur ‘n ring trek, maar die stoep was vol klein gaatjies soos sy pofadders en geelslange met die haelgeweer geskiet het.

  30. Alta: Dankie en welkom hier.

    Emil: Ek ken die gevoel…

    Demoerin: Natuurlik😉

    Boendoe.: sy was spesiaal. jy spam nog steeds!

    Dellie: Ons oumas was so nice, so ordentlik en ja, statig.

    Neykie: Welkom het jou lanklaas gesien.

    Blixer: Ag lekker! Lyk my ons oumas was van dieselfde materiaal gesny.

  31. Hertzoggies

    1 k botter
    3 k meelblom
    1/2 t sout
    3/4 k suiker
    2 t bakpoeier
    1 k klapper
    1/2 k fyn suiker
    4 eiers

    Sif meelblom, sout en bakpoeier saam en voeg suiker by. Sny en vryf die botter in. Meng met goedgeklopte eiergele sodat die deeg uitgerol kan word. Druk af en voer klein vormpies hiermee uit. Plaas in elk ‘n bietjie appelkooskonfyt. Klop eierwitte droog, voer klapper en strooisuiker by. Sit bietjie bo-oor konfyt Bak in warm oond 190 – 205 C tot gaar.

  32. Nouja daar is dit. Dankie Adrie. Laat julle aan die bak kom!

  33. Mefri

    Rosatjie, (Bloos) die koekies wat ek so mal oor is, was toe al die tyd Jan Smuts koekies, dankie vir die Hertzoggie resep.

  34. vokov

    Dis nou sommer ‘n vokin lekker storie. Die tiete hier bo laat my te veel bloos, maar vir slange sien ek kans.

  35. Mefri: als reg, beide is lekker.

    Vokov: jy lieg…jy bloos niks.

  36. vokov

    Ja Wildste Roos. ‘n Man sal sommer in ‘n vrou verander vir ‘n vrou soos jy.

    Dan is sy nog vokin heldersiende ook!

  37. vokovie….ek sit hier met my helm op en ek wag..hehehe




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: