Die Skoolsuster!

“Ag liewe Jesus, moenie dat die skoolsuster more skool toe kom nie. Ag asseblief tog.”

Maar die gebede is nooit verhoor nie. So seker as wat die perskebloeisels elke jaar uitgekom het en die kosmosse langs die pad geblom het, so seker kon ons maar wees oor die skoolsuster se besoeke. Ons het net nie geweet wanneer nie.

Elke jaar het ek gebid. Elke jaar het sy (en soms ‘n dokter ook) gekom. Ons het net nooit geweet presies wanneer nie – eers ‘n dag voor die tyd, wanneer jou ma die briefie moes teken.

Die enigste dat ‘n mens geweet het dat die skoolsuster wel ‘n vrou is, sonder om haar rok op te tel, is dat haar borste styf gepunt, vooruit gestaan het in ‘n borstrok of knellende bra. Hulle almal het dieselfde gelyk – soos Turkse aartappelplanters of Russiese gewigoptellers. Totaal a-seksueel

Die uitdrukking op haar gesig is totaal onbeskryfbaar, iets tussen ‘n onvergenoegdheid met kinders en ‘n kliniese reptiel wat eiers sou gele het, sou sy kinders kon baar.

Daar sit ons in die skool se personeelkamer met die gordyne toegetrek, sodat die ander kinders nie vir ons kan loer nie. Maar hulle beurt kom nog. Net in ons broekies in die winter van 1979.

Die dik roomystokkie word in jou keel en teen jou wange gedruk sodat daar na jou tande en mangels gekyk kan word. Dalk spoor hulle ‘n 6-jarige op wat al verstandtande het sodat hulle jou kan gaan opsny en uitstal.

Die koue stetoskoop gly oor jou bors. Hulle verduidelik glad nie wat hulle doen nie. My oe rol uit hul kaste om te probeer sien of hulle inspuitings op die tafel het.

Dan, skielik en met mening, trek die suster jou broekie van jou maag af weg en GLUUR na benede. NEE! Hoekom kyk sy daar! Sy trek haar kop die kant toe, dan daardie kant toe. Bekyk die dingtjie van alle kante.

Wap! Skiet die broekie terug. Oeeeeee.

Die vernedering.

Wat het sy gesien? Waarna het sy gekyk? Wat is daar, wat daar nie gister was nie?

Ek bewe so toe ek my vessie aantrek dat ek skoon struikel. “My sussie se hulle kom elke jaar,” se my maatjie langs my.

En dit was toe dat ek begin bid het, dat hulle nie moet kom nie. Daai dag in 1979.

Die skoolsuster met die koue hande…   Duskant het geskryf hoe seuns dit ervaar het.


  1. 😆 Ek het my slap gelag vir die inskrywing!!!!
    Rosie dis wragtig die blog van die jaar, ek gaan dit dadelik op my blog adverteer!
    ‘n Kliniese reptiel die was hulle regtig!!
    Ek het ook so gebid, en my heeltemal oorhoeks geskrik toe hulle my broekie wegtrek en na my “privates” loer. Wat soek hulle daar, lyk almal dan nie dieselfde nie, het ek gewonder? 😆

  2. 😆😆😆

    Skuus Rooskind, maar jy beskryf dit regtig snaaks en tog ook so 100% in die kol.

    Ek onthou ook nog iets – ek het nooit die aaklige groen harde skool “panties” gedra nie en die eerste keer toe die skoolsuster my vang met my eie, gewone, sagte broekie is ek HARD aangespreek. Daarna het ek net op die dag as die skoolsuster kom, my skool”panty” gedra.😈

  3. Zee

    Rosie….. classic en so in die kol!!!

    LoL Sonkind, ons broekies was so ligte blou kleur!!

  4. O aarde ja, ek wonder steeds hoekom hulle in mens se broekie moes loer?!
    Ons skoolsuster was half Duits en sy het ons altyd vertel met haar Duitse aksent dat ons, ons groente moet eet, sy het dit ghroente uit gespreek, so almal het haar Ou ghroente genoem!
    Haha, jy het nou baie herinneringe laat ontwaak…

  5. Whahaha! Stunning! EK het dit ook verpes en ek dink nie daar is ‘n kind wat nie gebid het nie! Ek het ook altyd so vir daai spuitnaalde geloer! Sonnie, ek het ook deurgeloop oor die skoolpantie ding! Ek het daai goed gehaat!

    Hier in Korea doen hulle ‘n volledige medical…daar word tot bloed getrek! EK het die kleintjies so jammer gekry, maat hulle was baie braaf. Natuurlik het ek ook deurgeloop net om te ws dis nie so erg nie! Dis sonde om ‘n naald in so klein armpie in te steek.

  6. reisiger

    Dis nou ‘n raak beskrywing hoor… – soos Turkse aartappelplanters of Russiese gewigoptellers. 😆 Ek het ook die skoolbroekies met ‘n passie gehaat!

  7. meermin

    Jou blog rock, net jammer ek kry so min tyd om hier te kom lees. Lekker dag vir jou!

  8. Onwelkome, ongemaklike herinneringe!!! Ek onthou goed ek was in graad 2, ‘n baie skraal tingerige kind van nature en na die ‘skoolondersoek’ daag die welsyn eendag by ons huis op om te kom kyk hoekom ek so ‘ondervoed’ is!! Flippen blikke die hel was los, ek’t gedog my ma mo*r die welsynsvrou en die skoolsuster!

  9. boendoe

    Ek het ‘siek’ gespeel as die skoolsuster daar was. Ek weet nie hoekom ek so bang vir haar was nie, sy was eintlik nice!
    En sy is die een wat skoliose by my jonger boetie opgetel het!

  10. Selfs ons het ‘n skoolsuster gehad. Maar sy was regtig ‘n baie gawe tannie gewees. Ons het van haar gehou. Ek kan nie onthou dat sy ooit my broekie afgepluk het nie, sy sou gemoer word. Ons moes wel ons hempde uittrek dat sy na ons rug kon kyk, maar dit was agter ‘n skerm sonder ‘n gehoor. Ek weet die seuns het gearmy hoes.

    Oor skool broekies, ek onthou wel so ‘n bottelgroen monster in gr 1. Ek dink ek het dit 2 keer gedra, oor my gewone een. Daarna nooit weer nie. In st 5 was skipants onder jou rok hoogmode, tot ‘n onderwyser dit gesien het.

  11. Wat?! Hoekom is dogtertjies beloer? Ons seuns moes hoes ja, maar daar is darem ‘n rede daarvoor.

  12. demoerin

    😆 @ Zuit. Onthou ok die wrede skoolsusters. Dis eintlik baie snaaks as jy nou terugdink oor hoe bang jy was dat daar dalk iets met jou fout is!

  13. Excellent!!! Jy kan ‘n mens darem lekker terugneem in tyd Rosalind.

  14. Is daar dalk fout met my dat ek weer hier kom lees het en weereens histeries aan die lag gaan!! whahaha 😆
    Hierdie keer verdien jy dat jou ego gestreel word, dit was ‘n briljante inskrywing!!! Jy het my met die spoed van witlig in die donker personeel kamer terug geruk, hard aan die bewe vir hierdie aartappelplanter wat vir my goedjies wil loer!! 😆
    Wou hulle seker maak ons is wel dogterjies, het ons ouers ons in die regte kleredrag geklee? Was daar nie dalk ‘n seuntjie onder die rokkie weg gesteek nie whahahaa 😆

  15. Hehehe, dit voel of ek weer daar sit. Het vir jare nagmerries gekry dat ek erens wakkerword, net in my skoolpanty!

    Hoe onthou ek nou daai terugskiet van die aaklige skoolpanty se rek! Daai broekies het mos ook tot amper onder die arms gekom, net so shy van jou tt’s, en maak nie saak hoeveel keer dit gewas is nie, dit het so hard en styf gebly!😆 En ek wonner nog steeds hoekom daar DAAR geloer moes word?😯

  16. O ja, LOL @ “5 years and 4 months until perde horings kry” !😆

  17. Paula

    Ek weet nie of ek moet lag of huil nie.😯 Ek ken van daardie vernedering, veral voor die skoolmaats.😦

  18. Wippie: Dankie (giggel). Ek weet nie hoekom hulle daar gekyk het nie, seker gesoek na hermafrodiete? Of abnormaliteite? Totaal onnodig, net vrees veroorsaak (dankie vir die 2 comments jy wen ook ‘n prys…dis in die pos…en sal gesteel word).

    Boendoe: Jy het weer vasgesit! Dis waar van hulle was goed. Dis hoekom hulle na ons ruggraat gekyk het, sodat hulle kan sien of dit reg groei, soos in die geval van jou broer.

    Eendjie: dankie vir die inloer, ja die tyd wat so in mens se kop boer.

    Demoerin: Flip, ja, hulle het mens laat glo daar is iets fout met jou.

    Adrie; Julle was gelukkig. Ek het nie skoolbroekies gedra nie, my ma het gese ek hoef nie.

    Pikkie: Dit is baie snaaks…ondervoed!

    Meermin: Dankie vir jou kuiers hier en die “rock”.

    Reisiger: Soms sien ek lugwaardinne wat so lyk, op Lufthansa. ” Vhat do zoo vwant to drink?” Dan bestel ek maar nie koffie nie.

    Pienk Zuit: Ek weet self nie.

    Kaalvoet: Shame. Een keer het ons TB-ente gekry. Ons was almal histeries!

    Eilandkind: Ghroente! LOL. Dankie vir daai.

    Zee: Haai daar!

    Sonkind: Natuurlik kan jy lag, is bedoel om snaaks te wees. ‘n Wrede mens die die broekies ontwerp.

    Dellie: Ek eerste prys vir jou wat uiteindelik my “ticker” raakgesien het. Ek wag nie vir ‘n baba, vlug, gewigsverlies, niks nie – toe maak ek maar my eie een!

  19. Paula: Ja totale verneding.

  20. Ek onthou ook daai, almal staan in ‘n ry met sulke ligblou ledemate en die skoolpentie.

    Dis moerkoud, en jy bewe anyway want van die groot seuns het netnou skreeuend in die gange afgekom, en almal in daai ry weet dit was van ‘n inspuiting!

    Die inspuiting het nooit gekom nie, maar die proses van maar min of meer dieselfde as jou beskrywing Rosa.

    Ja, dink jy hulle wou kyk of ‘n ma en pa miskien verkeerdelik ‘n seuntjie opgedress het as dogtertjie, of wat was die in-die-pentie kykery?

    Iewers moet iemand ‘n skoolnurse ken, VIND VIR ONS UIT!

  21. Mefri

    Jy het die ervaring kostelik beskryf!!! Selfs die mees geharde suurknol sal uitbars van die lag as hy dit lees.

    Hehe, ons het sulke onooglike groen rekgedoente broekies gedra, en ek was ook baie verontwaardig gewees as hulle daar geloer het. LOL die klap van die broekie se rek; ek kon dit hoor in my gedagtes.

    Dit is amazing goeters wat uit jou pen uitdrup, jy sluit al hoe meer deure van onthou binne in my oop. Ek is mal oor jou blog, dit is soooo lekker om hier te kuier. Dankie!

  22. Zee

    Whahahah vir 5 jaar…. tot die perde horings kry Rosie!!!

  23. Skoor: Die seuns het ons aspris bangemaak deur gillend rond te hardloop.
    Ons is almal in st.4 ‘n TB-ent gegee. Flip, die hele skool was HISTERIES want die eerste klas het vertel dit is ‘n inspuiting wat lank en seer is. Die nuus het soos ‘n veldbrand versprei en maak nie saak wat die onnies gese het nie, die skool is in ‘n huilende, skreeuende chaos gedompel!🙂🙂

    Ek dink die nurste het almal gevlug.

    Mefri: Iemand het my vertel van ‘n skoolpantie se rek wat gebars het…maar dit is ook ‘n storie.
    Baie dankie vir die mooi kompliment. Ek is bly jy kuier hier by my en gesels saam.🙂

    Zee: Jy kry die 2de prys vir die raaksien van die perde se horings!

  24. Julle ou mense is ‘n spul pissies. Ons het vandat ons 5 -15 was in klasverband ons inspuitings gekry. TB, Massels en ek kan nie als onthou nie. Dit was vir ons ‘n groot grap.

  25. Mefri

    Dankie Rooskindjie, jou woorde voed my honger vir skoonheid met manna uit die hemel.

  26. Adrie: Pissie!!! Wie noem jy ‘n pissie, ek kry jou pouse!

    Mefri: Jy is altyd welkom hier. (jy moet sommer saam met ons kom blog).

  27. Tannie Rosa

    Gaan krap gou eers ‘n hele army van die outehuis bymekaar en maak seker julle het vir julleself ‘n ambulans reg.

  28. Ek weet nou nog nie hoekom ek moes hoes nie? Dalk kan Blixer verduidelik. Ek dink ons was meer gesonder as vandag met die ou suster se besoek. 😆

  29. My kind A3: Die army het al 06:00 vanoggend opgestaan toe ons pap geeet het. Die enema-pompe is gelaai met valstande.
    Ons wag net dat julle skool uitkom.

  30. O heng

    Jammer Tannie, Rosa. Ek het nie besef ons praat van enema pompe nie. Ek gril nie vir ou mens bloed nie, maar oumens bollie laat my kots.

    (Moet julle nie nou julle middagslapie neem nie.)

  31. Rustig: Hoesie…die dokter kyk na iets spesifiek. Daar is so 2 swak plekkies in die ‘n lieskanaal waar ‘n mens (veral mans) ‘n breuk kan kry. Een is baie naby aan die geslagorgane. Indien die breuk daar plaasvind, dan kan van die klein-ingewande in die skrotum beland.
    Deur te hoes plaas ‘n mens stres op die areas en kan die dokter makliker die swakplekke voel.
    (breuke kan ook weens ander dinge gebeur)

  32. Wees gerus Adrie daar is net valstande in die pompe…die wat baas-soek.
    Nee die regering het middag-slapies verbied. Ons dans nou.

  33. Okay

    Ek sit detensie na skool. So teen 17h00 op die ou Rugby veld? Ek moet net eers klei gaan soek.

  34. Ons eet 17:00 maar vanaand sal ons KFC kry na die tyd. Okay. Deal.

  35. En more is die hele ouetehuis met hartaanvalle in die hospitaal en gaan KFC vir hoE cholestrol blameer. Intussen is dit omdat die skoolkinders gewen het.

  36. En hier dog ou dommie (dis nou die uwe) dat ek ietsie gemis het of nie so mooi weet wat aangaan in die lewe met daai perde wat horings kry storie nie… Amper iets soos JC se comments… 😳 Ek skaam my papvrot…😳 😆 😆

  37. Adrie; Ons sal sien… gaan vra solank vir die skoolsuster pleisters.

    Pikkie: eheheheheheheh…wag jy sal sien, die perde gaan horingskry en die hase gaan uit eiers spring.

  38. dit was skreeusnaaks!!!

  39. Hallo Carina, welkom hier en bly jy het dit geniet.

  40. maeree

    ek is nooit beloer nie! (elkgeval nie deur die skoolsuster nie)

    ek onthou wel dat so ou skoolsuster-antie iewers op hoërskool vir ons vertel het jy moenie wanneer jy menstureer kaalvoet op ‘n sementvloer loop nie, want dan slaan alles toe en hou jy op menstrueer. ek het byna my voete afgevries van al die op-koue-vloer-lopery, maar dit het nie gewerk nie.

  41. maeree; nog minder moet jy op ‘n koue vloer sit, dit is net so verdoemend.
    die beloerdery het my net aangehits, ek het aktief begin dokter-dokter speel!

  42. Lewies

    Kostelik!

  43. Ek onthou nou presies die donker kamer en die “screens” wat opgesit is. En die donnerse groen skoolpanty. Die kleur en tekstuur sal my my lewe lank bybly.

    Baie goeie inskrywing Rosa!

  1. 1 Die skoolsuster met die koue hande… « duskant sutherland

    […] Gaan lees ook Rosalind Franklin se skoolsusterervaring! […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: