Is dit net woorde?

My ouma het botweg geweier om Engels te praat en as sy na die gehate taal verwys het, het sy ook van Ingils gepraat.

Sy het net gese, sy kan dit nie praat nie en sy verstaan dit nie. Rosalind was ‘n wilde kind, vol streke en gees. Ek het dus losgetrek met my Engels en onbesonne goed kwytgeraak, net om te toets of my Ouma regtig niks verstaan nie. Maar sy het, want haar gesig het dit verklap.

En soms as sy lus was vir saamspeel, het sy ‘n paar sinne in Ingils gese. Dit was met so swaar Afrikaanse aksent dat ek gelag het dat ek half gek wou raak. Dan het sy ook begin lag, totdat haar een oog so getraan het, sy moes die sakdoek uit haar bra haal. Die sakdoek wat na poeier geruik het.

Is Afrikaans net woorde? Ja en nee. Dit het onstaan hoofsaaklik uit Nederlands, maar ook uit baie ander tale. (Let wel, ek is nie ‘n taalkenner nie, net ‘n liefhebber).

Soos ons genetiese samestelling in Suid-Afrika spreek van ‘n hutspot van gene so is die taal ook ‘n reenboog.

Gamka, beteken leeu, in ‘n Khoi-taal. Ek smaak die woord. Dit pas by ‘n leeu. So ook gogga. Dan is daar boegoe, karee, dagga, koekmakranka, kambro, kanna, ghaap, noem-noem, kwagga, oorbietjie, geitjie, gogga, karos, abba, kamma, kamalielies, kamtig, kastig, hoeka, ga(ng), soe, aitsa, arrie, eina, gonna, kierie, hn’n, ghnarra, gorra, karkoer, koedoe – dit is afkomstig van Khoi-tale.

En ons het wyd geleen uit ander tale:

Maleier-woorde natuurlik (ons genetiese samestelling toon dat die meerderheid wit mense het Eurasiese of Asiese bloed, bitter min is suiwer Wes-Europees). “amper” van hampir, “baadjie” van badju, “baie” van badju en “piering” van piring. nartjie, blatjang, bobotie, borrie, sosatie, mebos, doepa, paljas, sieal, ramkie, nonnie, nonna, kierang, pamperlang, lieplapper.

Frans: pawee(-perske), sermyn(peer), bermotsersan(-peer). Let daarop dat meeste ander Afrikaanse woorde wat van Franse afkoms is eers in Nederlands opgeneem is en daardeur in Afrikaans beland het.

Portugees: bredie” van bredo, “kombers” van cobertas en “kraal” van curral.

Swart tale:  donga, dagha (“klei” of “sement”), mopanie, maroela, moepel, kaboe(-mielies), tollie, mamba, tsetse(-vlieg), indaba, indoena, impie, loboloa, pasella, babalaas, haiköna, ietermagö, sakaboela, tamboekie(-gras) , kaia, marog, skokiaan, poetoe(-pap)

Al die bogenoemde (en daar is nog baie ander) kom uit en met dank aan: http://af.wikipedia.org/wiki/Afrikaans

So dit is seker nie net “ons” taal nie. Dit is ‘n huwelike tussen baie tale en kulture. ‘n Proses van ontwikkeling met sy eie storie oor op- en afdraand.

Baie wetenskaplikes glo dit is juis taal en die duisende dinge wat taal ons bied, wat ons onderskei van ander diere. Dit het soveel deure oopgemaak, maar ook gelei tot lelike dinge, soos die strategie om ander sistematies uit te wis, mense kan dit nie doen sonder taal nie. (Geen ander dier toon die kenmerk om ‘n ander sistematies uit te wis nie)

Het ons eerste woorde begin praat of begin sing? Daar is nog nie uitsluitsel daaroor nie. Want sulke spesifieke kultuur kan nie versteen nie. Die grom het dalk die woord geword. Of het die grom die middel C-klank geword. Wie weet.

Taal is egter ‘n besondere ding, dit is nie net ‘n middel van kommunikasie nie. Dit is ‘n bron van ons geheue. Ons gebruik dit ook in wiskunde.

Die katalisator van spraak was taal, tegnologie en geselligheid. Die mens moes gevorderd kommunikeer toe dit by die jag van diere gekom het. Hoe bepreek jy presies waarheen en hoe om ‘n dier te agtervolg sonder gevorderde taal? Om die spore van diere te lees en uitvoering te gee aan die jagproses is baie abstrak.

Die tipe redenasies vereis komplekse taal. Die mense moes op “speaking terms” met mekaar gewees het om te oorleef. Om gunste met mekaar te ruil is die rede hoekom daar sosiale verbande tussen mense bestaan het, wat nie aan mekaar verwant is nie.

En ons vloek om klem te le op sekere goed, om aandag te trek tot die dringendheid van ‘n saak.  Dit word ook opsetlik gedoen om mense of groepe te beledig.

Dit maak sommige mense vies, meen die eksperimentele sielkundige Steven Pinker, omdat hulle nie kan kies om vloekwoorde te hoor en te verstaan nie, mens hoor dit wel want die brein verwerk dit outomaties.  Die vloekwoord dwing jou om emosioneel betrokke te raak by die situasie. Dit aktiveer die regterhemisfeer van die brein in ‘n area wat met negatiewe reaksies te doen het, of jy wil of nie.

Wat is in ‘n woord?

Soms soveel en soms so min.

 

 


  1. Baie interessant. Ek het al gewonder waar kom die woord `lekker’ vandaan?

  2. Dankie en welkom hier flippiefanus. Ek tob baie oor die ontstaan van woorde. As mens gaan krap, dit is is ver krap, is dit soms verstommend om te sien woorde is soms honderde jare oud en hom van oer-oue tale. Min woorde is uniek aan jong tale soos Afrikaans.

  3. Ek het ook al soveel keer gewonder oor woorde! Hoekom is hoekom, hoekom? Daardie tipe ding. Ek hou ook baie van die manier wat mense met woorde kan speel, baie interessante inskrywing Rosie. Soos altyd. 😉

  4. Wel hier is ook `n vloek woord om aandag te trek, Fokkit maar jys `n interessante mens, en diep.Ek het die een regtig geniet en jy het bietjie navorsing gedoen.Ek dink ek moet ook `n posting op Die Werf doen oor Afrikaans.Rosalind knapgedaan.

  5. Wel hier is ook `n vloek woord om aandag te trek, Fokkit maar jys `n interessante mens, en diep.Ek het die een regtig geniet en jy het bietjie navorsing gedoen.Ek dink ek moet ook `n posting op Die Werf doen oor Afrikaans.Rosalind knapgedaan

  6. maxie

    Afrikaans bly maar ‘n maar pragtige taal… Woorde soos “goggatjie” en “genadetjie” en “grote griet” laat my Ingelse seun altyd vreeslik “giggel”, seker maar die G-klank🙂

  7. Mefri

    Ek is versot op woorde; die kleur, klank, betekenis en die uitspraak daarvan, veral die vrolike trillende klank en vibrasies van RRRR woorde soos karkoer. Dit proe lekker in my mond.

    Sommige sangers se RRR uitspraak kan my ore soen tot binne in my hart…hehe sammBRReeeel.

    Dan is daar woorde soos heuning; (ʼn baie beter woord vir ‘liefde’) wat ruisend uit die longe opgestoot word, soet, glad en sag oor die tong streel. Hehe, veral as die heu wat so titseltjie langer en dieper draal.

    Dankie Rosatjie ek het die kuiertjie gate-uit geniet!

  8. Pikke: Die post het begin omdat ek al vir dae lank wonder, waar kom die woord “turd” vandaan. Regtig.
    Ek onthou nog van skooldae die storie oor bobotie, kerrie en ken uit my werk die storie Dwyka. (Dwyka is ‘n geologie rotsformasie meer as 200 miljoen jaar oud).

    Maxie: Gogga is ‘n wonderlike woord. Ek stem

    Mefri: ja dit proe soos kos. Jy beskryf dit perfek.

    Die Brein: Bly jy het dit geniet. Daar is soveel te skrywe oor Afrikaans.

  9. Iemand vra vandag op haar blog is daar in engels so goeie woord soos kotslelik! Sy is met ‘n Yankee getroud en het iets leliks gesien. Sy kon nie ‘n ordentlike woord kry om die lelik in engels te beskryf nie. Pukeugly, val nou nie juis mooi op die oor nie. 😆 Afrikaans bly die mooiste taal!
    Ek moet jou ego bietjie streel😉 Ek het jou inskrywing baie geniet!

    My regterhemisfeer van my brein is vanaand geaktiveer. Ek lees nou net hier dit gebeur of ek nou wil of nie…. ek neem aan julle sal my “verbale diaree” op my blog, dan verskoon? Ek kon dit nie verhelp nie 😉

  10. Baie interessant! Nog ‘n interessante onderwerp is natuurlik die herkoms of is dit nou afkoms (watookal), van idiome in Afrikaans. Baie interessante program jare terug gesien daaroor, maar moet my nie nou iets daaroor vra nie. My brein is moeg en wil nou net vakansie hou!

  11. Ek lê toe nou laasnag en oordink jou inskrywing en dit val my by dat Afrikaans nie net Afrikaans is nie, daar is soveel dialekte selfs in ons taal. Verskillende maniere van uitspraak in verskillende dele van die land. Ek begin toe te lag, want waar ons heen trek praat die mense van êk, plêk en vrêk… My arme kinders!!! 😆 😆 😆

  12. demoerin

    Afrikaans bly besonders! Ek dink ek het die woord koekmakranka laas op skool gehoor!😆 – dat die grom middel C geword het…

  13. Ek se mos vloek is nie lelik nie. Dis net woorde.

    Die mens het die konnotasie daaraan verleen. Soos die konnotasie dat ‘n blikbeker met soet, swartkoffie om ‘n vuurtjie ‘n lekkerte uitbeeld, beeld fokit iets heeltemal anders uit.

    Maar ek en jou ouma is in dieselfde bootjie, ingils is nie my gunsteling manier van kommunikeer nie. Ek praat eerder nonsens!

  14. Ek het ‘n vermoede dat die Ingilse die woord “shit” uit die Afrikaanse woordeskat gekry het…

  15. Ja Johannes hulle het shit gehoor toe oom Paul vir Vickie gesê sy moet nie op die lendelam stoel sit nie.

  16. O MY DONIR, daai is ‘n goeie ene Blixer. Tussen al die shit in my dag, het jy pas ‘n smile op my gesig gekry.

    Dankie vir daai!

  17. Die was nou rerig ‘n lekker lees, baie interressant.
    Ek bly in die vreemde en is met ‘n Amerikaner getroud en soms wil ek myself net uitdruk in Afrikaans!
    Daar is soveel wonderlike woorde en gesegdes wat ek aan hom moet vertaal en verduidelik.
    Baie dankie vir die pos.

  18. Ek het k*kpraat tot ‘n taal vervolmaak.

    Ek wonder altyd oor pynappel/pineapple. ‘n Pynappel het nogal die vorm van ‘n dennebol. En dit is tog nie regtig pynlik om te pluk nie. Het iemand in sy wysheid nie pine na pyn vertaal nie? Klink naby mekaar.

    Soos julle kan sien, my eerste sin is nie ‘n lieg nie.

  19. Kak is baie beter as shit….okay?

    Wippie: Ek kom streel jou ego nou-nou🙂 As mens nou akademies wil wees kan jy daai woord altyd “bekotsenswaardig” maak.

    Kaalvoet: Jy is reg, elke idioom het sy eie unieke storie. Dis regtig juwele om na te vors.

    Pikke: Laat my dink aan die Polka-advertensies.

    Skoor: Is waar is waar. Ek laaik ook nonsens . . .

    Blixer: LOL, lekker ene.

    Johannes: Tja die kakies.

    Eilandkind: Welkom hier, bly jy het kom kuier.

  20. Adrie: is seker oor party mense die pynappel begin eet het voor hulle hom geskil het, het jy dit al probeer?

  21. Paula

    Ek het jou inskrywing baie geniet!
    Leer baie hier🙂

  22. Dankie vir die inloer Paula

  23. Rosa

    Ek lyk dom, ek is nie dom nie. Het hulle gedink dat hulle varke is?

  24. Adrie. Ek dink nie jy is dom nie. Ek weet ook nie hoe jy lyk nie. Wie het gedink hulle is varke, ek verstaan glad nie, belowe.
    (Ek weet regtig van iemand wat ‘n pynappel net so probeer eet het en baie siek geword het)

  25. Rosa

    Ek kan dit darem nie glo nie. Was hulle uitlanders of net lus om te beproef?

    Re varke – hulle eet alles soos wat dit voorkom en kom nie juis iets oor nie.

    Ek het jou ‘n posduifie gestuur.

  26. vokov

    Terug vir ‘n wyle – na my blog se heengaan wou wordpress my vokof naam nie weer vir my teruggee nie, so nou is ek van voor en van agter dieselle.

    Hallo wille loot. Sien jy praat nog lustig voort.

    Jou ouma was ‘n wyse vrou! Die ingilse is op hulle beste maar gaga.

  27. maxie

    Wou jou al sê, Roos: dis vir my besonders hoe jy (en darem ‘n paar ander bloggers ook) almal se kommentaar individueel beantwoord🙂 Dit laat veral ons nie-bloggers nogal welkom voel, dankie!

  28. Ek is mal oor woorde – om hulle te hoor en te sê. En ek word so hartseer as sekere woorde in onbruik begin verval, ek gebruik hulle sommer dan aspris.

    My pa sê altyd as dit vreeslik koud is: “Weë die jakkals wat nie vanaand ‘n egtand het om agter te skuil nie”. Dis vir my so mooi om te hoor.

  29. Rosa

    jy bedoel seker “kakkies”…?

  30. demoerin

    Ek hou meer van kaka…so ‘n lekker dubbel-plof klank😆

  31. Bertus!

    Dit was nou lekker! Ek het dit sommer hardlop gelees.

  32. Lekker om hier te kom kuier, soos altyd, ta.😉

    Ek het ‘n tannie geken wat wanneer dit bewolk en winderig was, altyd gesê het “die weer is donnerrrrs droewig.” Dit is vir my so beskrywend!

  33. Adrie, dankie sal gaan loer. Was nog hele dag uit. Die pynappel-eet was ‘n “dare”.

    Vokov!!!!!!! Jinne ek is bly om jou te sien, ek het weer ‘n blog sodat ek jou kan opsit op my blogroll en jou geduring kan teister met comments? Ek is hel-bly om jou te sien.

    Maxie: Ek hou van terugantwoord, want dan voel dit vir my soos praat.🙂 (Jy moet saam met ons kom blog as jy lus het eendag!)

    Johannes: Ek verwys na die engelse soos ons in volksmond van gepraat het as Kakies.😉 kan seker kakkies ook wees.

    Bertus! Dankie, van die woorde se so lekker in die mond.

    Demoerin: Ek is gek oor al die verwerkings van kak…

    Dellie: rrrrr, maak lekker dinge.

    Netjane: Dis nou ‘n heerlike se-ding van jou pa. Ek hou ook van ou woorde en spreekwoorde en idiome.

  34. maeree

    een van my gunsteling vakgebiede is “taal sosiologie”. hulle sê dat taal werklikheid skep. blou is blou omdat ons dit blou noem. blondines is dom omdat ons hulle so roep. mans is alles omdat alles “hy” is. en dies meer. (dis eintlik baie ingewikkelder, want ons sê so.) dié dat die dekonstruksie so waardevol kan wees.

    en dan is daar die wonderlike mense wat woorde in semantiese velde rangskik – om dit beter te verstaan, my kind.

  35. Maeree: ja taal is ‘n wonderlike ding. dit skep ruimte, tyd en konteks.
    die elemente van, wat beteken dit alles regtig. mmmm.

  36. ons is amper weer trug by “bollie”…

  37. Lewies

    Afrikaans die mooiste taal. Ek het nie besef lieplapper kom so ver pad nie.

  38. Lewies, lekker om jou weer hier te sien. Soveel woorde is bitter oud.

  39. ICE

    “Gamka, beteken leeu, in ‘n Khoi-taal.”

    Ek het gewonder hoekom hulle die dorpie waar my skoon-pa gebore en getoë is, Leeu-Gamka genoem het. Nog nooit enige leeus daar gesien nie…

  40. ICE; die dorpie beteken dis eintlik nou, leeu-leeu. Hier was destyds baie leeus gewees, selfs aan die voet van Tafelberg. Dit was ons met ons gewere en ons jaglus wat hulle kom uitskiet het.

  41. ICE

    Ja, en nou is daar niks oor nie, ons sal maar moet wag tot 2009 vir die Britse Leeus, sodat die Bokke hulle kan jag!😉

  42. Ice: jaag? ons moet hulle vreet!

  43. min tale sê dit so goed soos latyn.

    lank lewe latyn! :p

  44. Alexwebmaster

    Hello webmaster
    I would like to share with you a link to your site
    write me here preonrelt@mail.ru

  45. Might be this blog’s greatest read around.

  46. Thank god some bloggers can still write. Thank you for this article!!

  47. Hello, its fastidious piece of writing on the topic of media
    print, we all know media is a impressive source of facts.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: