Wat ek wou word

Om te vra wat ek wou wees toe klein was, is inderdaad erg wreed, want nou moet ek op die pad terugstap waar die ou ontnugterings le 😉

Maar hier is dit:Pikkelik

My heel eerste herinnering was om ‘n dominee te word. Ek het my pa se ou, swart pak klere waarvoor hy te vet geword het aangetrek, en Bybel onder die arm afgesit na die plaaswerkers. Ek gaan nou vir hulle preek: “En die Morena sê in die Bybel ons, moet ons naaste liefhê soos onsself. Ons mag nie sonde pleeg nie,” het ek vir die arme bediendes wat geduldig geluister het voorgesê.

Ek wonder wat op aarde hulle gedink het van die wit kind wat al die goed kwytraak in ‘n land waar God se reëls oor liefde nou nie eintlik nagekom is nie.

Ek het my ma uitgevra oor die dominee-word-droom. Toe kry ek ‘n lekker skok: Vroue kan nie dominees word nie, hoor ek.  Toe los ek dit maar.

Iemand het my foksterrier doodgery toe ek vyf jaar oud was. En iemand anders het aan my gese die hond het weggeloop! Dit was bietjie dom. Ek het myself so verkwyt – vir jare – want ek het geglo ek het nie die hond lief genoeg gehad nie. Baie jare later het ek uitgevind daar is vir my gelieg. Toe besluit ek, ek wil ‘n veearts word, sodat ek mooi na diere kan kyk.

Eendag by die veearts, toe ek so 8 was, sien ek toe hoe ‘n dooie hond weggedra en in ‘n swart asblik (!) gegooi word. Ek was so bang vir die veearts daarna en wat hulle aan my hond gaan doen, dat ek helemal oorhoeks was.

My susters het vir my, ons poppe en die honde skoolgehou. Ek kon dus so effe lees en skryf nog voordat ek in die skool was. Ek en die poppe is hard gedril. Net daar het ek besluit om nie ‘n onderwyser te word nie.

Toe dink ek, ja, dit sal lekker wees om te boer! Ek ry met my honde in die bakkie rond en het baie diere. My pa vertel my toe geen vroue boer ooit nie, en die wat boer is almal mannetjiesvroue. Daar was so tannie naby ons en my pa se gesig het so lelik getrek as hy oor haar praat.

Maar my pa was ‘n boer en as my ma by die werk is, kuier my pa by ander tannies. So se die bediendes. Toe besluit ek, nee-nee. Ek wil nie ‘n boer word nie, ek dog mens plant mielies!

En op skool het ek ‘n bepaalde droom gehad en mnr. S, die “bekwame” voorligting-onnie, het my oortuig, dat “niemand ooit werk in die rigting kry nie en as hulle werk kry dan is dit mans.” Hoe verkeerd was hy nie! Vandag het SA ‘n skaarste aan die mense! En talle vroue beklee sulke poste.

Vandag is my belangstellings so wyd, dit sluit omtrent net brei, doeke en netbal uit. En ek is skrikkerig vir stofsuiers en bore – regtig.

Toe word ek maar iets anders, want die aanlegtoets het so gesê.

Leen nooit jou ore uit as jy jonk is nie, want ander mense se vrese kom sit in jou kop.

Vrees, enige vrees, bly steeds die grootste struikelblok in die soeke na kennis.

Advertisements

  1. “Vrees, enige vrees, bly steeds die grootste struikelblok in die soeke na kennis.” Shirts, dit is baie waar gesê!!! Ek admireer jou drome maar genade ek het lekker gegiggel!! 😆 Jy kan ‘n ding darem so vreeslik snaaks stel… Dankie vir die huiswerk!!! Volpunte!!! 😈

  2. Dankie juf Pikke, jy mag maar lag. Dit was so half met die tog in die kies met ‘n knertsie erns.

  3. Wipneus!

    Ag en daar vertel sy my nogsteeds nie wat sy doen nie!!!! :mrgreen: Jy is slimmer as ‘n mens!! 😆
    Mind-u ek het gedink jy grawe mummies op, is dit nou uit? Want as ek mummies sou opgrawe sal ek dit uitboor en die sandjies en krummels met ‘n stofsuier opsuig :mrgreen:
    Behalwe dat ek nogsteeds clueless is het ek die storie geniet!!!

  4. Wipneus: Jy wil nou weer kortpad vat met die stofsuier. Jy moet daai krummels/sand een vir een optel met die hand en uitgrawe met ‘n tandeborsel 🙂

    Nee ek grawe nie mummies op nie.

    Interessant kan SA dalk mummies he, die KhoiSan -weens die droe toestande waarin hulle begrawe is, maar hulle het nooit, ooit hul grafte gemerk nie. Min is nog gekry. Ons het darem baie, baie hominiede (voorsate van die mens by Sterkfontein en omgewing)

  5. Roer

    Die NG kerk wou nie dat my skoonsussie vir predikant swot nie (lank terug). Toe gaan swot sy maar oorsee. Die mense oorsee was bietjie meer verlig op die onderwerp.

  6. Ek was seker gelukkig om ‘n ma en ‘n pa te hê wat altyd vir ons vertel het mens kan enige iets wees wat jy wil wees, as jy bereid is om daarvoor te werk. As ek tog maar net meer vir hulle geluister het – dan was ek vandag ‘n boer, en definitief nie ‘n mannetjiesvrou ene nie 😆

  7. Ek moet se, my ma was cool met alles wat ek wou gedoen het, behalwe toe ek ingineurswese vir 2 minute oorweeg het. Dit was in haar oe ‘n man se werk. Geklik, ek weet.

  8. ja jys reg
    ek onthou ‘n ou storie van lila die lesbiër wat leke prediker wou word
    ek onthou van ‘n simpel vrou wat lank terug vir my gesê het
    ek kan iets op my maag skryf
    en afvee
    dit was…om in La France te gaan werk
    en ek he haar geglo
    want ek was bang vir haar
    soos ek bang was vir my ma
    en vir God
    en nou?
    hm eks nie meer so bang nie….maar dit het 2 jaar van INTESNIEWE terapie gevat hehe…

  9. hehe mannetjiesvroue… hulle is altyd vir my so cool, lekker taf en eks so bepiepd gewees altyt

  10. Zee

    Rosie, oulike stukkie huiswerk wat jy vir Pikkie ingehandig het. Maar jy laat ons nog steeds wonder….. wat is die iets anders dan nou? Jy gee ons altyd sulke goeie raad as ons dit nodig het. ‘n Navorser miskien?

  11. demoerin

    Ek dink een van die beste dinge wat ‘n ouer ooit vir ‘n kind kan doen is om hulle aan te moedig om hulle eie koppe te volg. En as jy jou kop stamp, die ondersteuning te bied. Elke kind moet besef dat jy werklik gelukkig in jou job moet wees, aangesien jy ‘n groot gedeelte van 40 tot 50 jaar van jou lewe daaraan gaan spandeer!

  12. Ek dink kinders moet na skool vir ‘n jaar of wat iets anders doen voor hulle gaan swot. ‘n Kind wat uit die skool kom het nog nie regtig ‘n idee van wat hulle wil doen nie (al dink hulle so). Dalk moet universiteite ‘n reël maak dat niemand toegelaat word in die jaar direk na skool nie. Meeste van ons se werk is eintlik glad nie wat jy gedink het dit gaan wees toe jy dit geswot het nie. Dit sal help om darem net vir ‘n jaar aan die realiteit van die werkplek blootgestel te word.

    Of die ander opsie is om soos Amerikaanse universiteite ‘n graadkursus 4 jaar te maak (i.p.v. 3 jaar soos hier), met die eerste jaar ‘n baie algemene jaar met vakke uit letterlik elke fakulteit. Daarna besluit jy eers wat jy regtig wil swot. Die eerste jaar is net om jou te laat besef waaroor elke vakrigting nou regtig gaan.

  13. BB

    …en wat hét jy toe geword, hm Rosatjie??? Gaan jy ons nog eendag sê?? en wanneer is eendag Rosa??
    …en jy kan grawe tussen die stof en klippe tot jy oud en grys word, maar grawe bietjie daar tussen jou longe en ribbes rond – you might me totally amazed at what magic secret opdraggie jy mee hierdie lewe ingekom het?
    (ek dink jy sou een befonkte dominee gewees het, Rosatjie) x

  14. Wees dankbaar dat jy nie ‘n dominee geword het nie, met die kerk-era wat op 21 Mei 1988 ten einde geloop het sou jy dalk deelgewees het van baie dominees, pastore, rabbis, “vaders”, predikante, wat “gefire” is sonder dat hulle dit agterkom.

    Met die kerk-era nou iets van die verlede het baie ampsdraers hulle “werk” verloor al word hulle nog deur hulle gemeentes betaal. Sonder dat hulle dit agtergekom het het God met die instelling van die kerke klaargemaak toe Hy met sy oordeel in 1988 begin het. Hulle is dus vandag niks anders as bloot net “huursoldate” nie!

    Tensy God hierdie waarhede vir hierdie “huursoldate” genadiglik “opbreek” sal hulle bly voortveg tot en met die wederkoms in 2011. Die skrif is aan die muur, dit word daagliks toenemend sigbaar.

    Mag God elkeen van ons genadig wees.

    2011-groete

  15. Ai, ek het nou so lekker gelees hieraan. Snaaks, maar ek kan tog die erns hier en daar sien deurskemer. En geheimsinnig, soos altyd, né Rosatjie? 😉

    Pienk Zuit, ek stem saam dat kinders eers ‘n breek moet vat. Dis hoekom my seun op hierdie stadium erens in Kanada aan die werk is in ‘n pretpark.

  16. Julle dis meestal tong in die kies. Hoewel ook seker waar – maar dit is nie regtig plat drome nie.

    Om ‘n jaar ‘n breek te neem is ‘n wonderlike idee, maar om verskeie redes kon ek dit nie doen nie. Ek het my laaste vak geskryf nadat ek gaan studeer het, en drie dae later begin werk. Ver van die huis en met net ‘n R1000 in my sak wat my ouma vir my gegee het.

    Soms moet mens gou groot word 😉

    Ai julle is darem nuuskierig 🙂 :0

    Nietemin is ek gelukkig in wat ek doen en ek het redelike doelpale bereik.

  17. Wipneus!

    Ag hier dog ek nou net sy het al vir ons vertel sy is toe al die tyd ‘n dosent of miskien ‘n paleontoloog, grou sy dalk Therapsida in die Karoo op? 😦 O nee wag sy hou van genetika…

    he he ek terg sommer Rosie 😉
    Lekker aand verder!

  18. Wippie…my ma het altyd vir my gese: weet jy wat het met dog gebeur?

  19. Wipneus!

    Ek weet Rosie my ma het my ook daai ding geleer, om die waarheid te sê, sy sukkel nou nag om dit in my kop in te kry. Ek is maar ‘n kansvatter 😆 😆




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: