Eerste en laaste

‘n Vreemde ding het gebeur, Donderdag so net voor 12 uur die middag, daar in die stowwerige begrafplaas. Dit was so vreemd die ding, met die prediker, dat ek nou nog daaroor wonder en tob.

Toe ons soontoe ry, in die lang stoet, sê my suster: ‘Die pad is so ver.’

‘Nee dit is nie’, sê ek, ‘die stoet ry net stadig’.

Dit was koud, soos net die Hoëveldse winter koud en droog kon wees. Ek ken die begrafplaas goed, my oumas en oupas lê daar. Ook van my ander familielede. Daar is nie meer so baie van ons direkte familielede oor nie en ek is maar 35 en my suster 40.

Ek is bekommerd oor my ma, want sy is oud en moet  Sophia se kis help dra. Haar lyf ruk toe die kis afsak en ek hou haar was.

En toe sê iemand in vreeslike nood vir die prediker: “Lees asseblief vir ons Ps 23…”

En die prediker se antwoord: “Nee, ek gaan dit nie nou doen nie.” En hy het ook nie.

Die mense staan geskok stil en sang die Onse Vader so half-hartig.

Die verstomming, die ongeloof, die skok en rou walging vir die prediker se reaksie stoot in my keel op. Ek voel lus om na hom te stap en vir hom te sê: “Dit is jou werk. Doen dit. Hier is vir jou R100, as dit te veel gevra is. Ek kan nie glo wat ek hoor nie. Ek dog jy is ‘n herder wat sy skape moet vertroos in nood. Jy het sopas ‘n gruweldaad gepleeg.”

Maar ek het nie want my ma is so hartseer sy wankel. Ek bly staan by haar.

Ek is steeds so gewalg ek bewe as ek daaraan dink.

Ek haal nooit bybelversies aan nie, maar ek dink oor wat my suster gesê het. Oor Sophia se swaar lewe en oor alles:

MATTHEUS 19:30 Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste.


  1. Genade vrou! Ek kan dit nie glo nie!!!! Dit is dare maar pateties verby…ek sou hom in daai gat ingehelp het👿

  2. Mefri

    Hierdie woorde van jou het my diep getref; ‘Die pad is so ver.’
    ‘Nee dit is nie’, sê ek, ‘die stoet ry net stadig’.

    Die Ds. – Die eerste woord wat by my op gekom het was ‘disillusionment’ (disappointment caused by a frustrated ideal or belief) – dalk het daar ʼn kortsluiting tussen hom en God ontstaan. Ek keur nie sy optrede goed nie, inteendeel…

  3. Kaalvoet: Jy weet ek is nogal iemand wat gou reageer, maar dit was SO erg dat ek half versteen het. My eie nie-optrede het my baie oor myself ook geleer.

    Mefri: My suster se woorde het my diep getref. Die persepsie van tyd en pyn. Ek verstaan wat jy se. (dankie vir jou inloere).

  4. Dit is belaglik. Ek stem nogal met Kaalvoet saam. Ek weet wragtig nie wat in sy kop aangaan nie.

    Ek neem aan hy is in die beroep vir die nagmaalwyn. Ek glo darem nie dit is vir die geld nie.

    Moet die herder nie sy kudde vertroos nie?

  5. Roos, as ek in jou skoene was sou ek ten to one dieselfde opgetree het. Sulke goed maak my so kwaad, want as die mense wat dan nou “vertroosting” hul beroep maak dit nie eers meer kan/wil doen nie dan weet ek ook nie meer wat dit van die mensdom se nie!

    Ek wonder net partykeer of mense besef wat hul reaksies en optredes soms aan ander doen.

  6. Adrie, dit is hoe ek ook voel, hy moet vertroos.

    Kaalvoet, ek is nou eintlik so kwaad eintlik, ek voel ek kan hom wurg, maar nou is ek baie ver weg. Om eerlik te wees, ek wil op ‘n mooi manier op sy kop k*k.

    (Die persoon wat vir vertroosting gesoek het, was iemand vir wie Sophia gereeld kos gegee het. Sy was ‘n mens wat totaal onselfsugtig was, al was haar eie lewe moeilik)

  7. Dis flippen hartseer! Ek raak ook sommer moerig vir jou part! Ek pos sommer vir hom ‘n Noord-Koreaan om hom op te dons!

  8. reisiger

    Ongelukkig is nie alle dominees mens-mense nie. Hierdie een klink vir my ook of hy nie een is nie. Dis teleurstellend! Mens kan tog uitsonderings maak, alles hoef mos nie presies volgens die reëls gedoen te word nie.

  9. Kaalvoet: Pos daai N-Koreaan, dankie.

    Reisiger: Jong, so ‘n dominee is soos’n tikster wat nie kan tik nie…very out of touch

  10. Ek is stom geslaan hoekom sou hy so opgetree het? Dis onmenslik!! Sterkte vir jou, jou ma en suster!

    Rosie maar ek dink tog mens moet dit opvat!! Ek wens ek het geweet wie dit is. Die ding moet aangespreek word. Mens kan nie in die diens van die Here en kerk staan en op so manier mense wil vertroos nie. Ons praat hier van mense se gevoelens, groot hartseer.

  11. maxie

    Dis baie, baie sad. Dis mense soos hy wat maak dat mense soos ek nie meer kerk toe gaan nie.

  12. Karel de Pauw

    Tja, die ‘ou mensies’, soos wyle Murray Jansson altoos gesug het .. Dit laat my dink aan die insident wat my oorle oupa in België finaal sy rug op die katolieke kerk laat draai het. Ek dink nie hy het ooit die galoof ernstig opgeneem en maar net saamgespeel om die familie se gevoelens te spaar. As onderwyser in Brussel – voor en na die tweede wêreldoorlog – het hy hom vir die Nederlandstalige skoliere beywer. Een van sy leerlinge, ‘n meisie uit ‘n mindergegoede familie, kon nie die tradisionele wit rok vir haar eerste kommunie bekostig. Hy het toe by die priester gaan pleit om finansieële steun, seker in Frans op die koop toe. Die priester het hom glo gruwelik beledig en geweier om die kind se familie te help en gesê dat as sy nie in ‘n wit rok opdaag dan kan sy nie die kommunie bywoon.

  13. Ek kan nie glo wat ek lees nie!!! Nie dat enige illusies oor predikers het nie, party van hulle moes nooit ooit in die spesifieke beroep inbeweeg het nie, maar my genade, die mense het vertroosting en sekuriteit nodig en waar beter as Ps 23! Wat dink die man doen hy, en wie dink hy is hy??? Daar staan ook geskrywe – (losweg aangehaal) ‘Nie elkeen wat sê Here, Here sal in die poorte ingaan nie!!!’

  14. Nico

    (((Rosalind)))

    Ek is ook nie een vir versies nie, maar hier is dalk een vir jou… Op. 21:4.

    Never judge God by the man claiming to represent Him…

  15. Maxie: ek stem 100% met jou.

    Nico: jong dit is ‘n lang debat!

    Karel: Hallo daar! Ja, die mensdom wat so goed is vir mekaar, waarde heg aan die verkeerde goed…

    Dankie Wipneus ek gaan dit opneem, as ek minder kwaad is.

    Pikke: Glo dit maar, die man as vreeslik afjakkerig.

  16. jaans

    Ek kan net dink hoe woedend ek sou wees. Ek weet nie wat om te sê nie. Dis skokkend, ja.

  17. Ek het al baie gewonder waarom Jesus gesê het “laat die dooies hul eie dooies begrawe”… ek dink ek begin nou al beter verstaan…!

  18. Hoor hoor Nico.

  19. Mefri

    Rosatjie, dit tref my nou eers dat ek iets mis gekyk het. Die troos wat julle langs die oop graf gesoek het in Psalm 23 bring ek nou vir jou, terwyl ek julle almal in Sy liefde toevou.

  20. Rooskind, ek dink aan jou. Ek is so jammer oor Sophia, en dat ek nou eers hier uitkom om dit vir jou te sê. Oor die dominee is dit eerder maar beter om net stil te bly.

  21. En hier wonder die kerk nogsteeds hoekom lidmate wegdwaal- dalk dwaal hulle nie van God af nie, maar van ‘n moreel bankrotte instelling wat lynreg teen Jesus se oorspronklike leeringe staan.

  22. kate

    Ek het bietjie expressions in Afrikaans al geleer, maar die ou klink maar soos ‘n BOX!

    Jeez, i can’t believe what i have just read. U sure he was the real prediker?

    Blessings to you and your family.

  23. demoerin

    Genugtig, ek kan dit nie glo nie. Dominee of nie, hy moet sy geldjie verdien…en vir daai dag is hy ok in diens van die familie. As ek sê lees Ps 23 dan lees jy boetie! Stem saam met Blixer, dit is hoekom ek nog dienste in ‘n klein gemeente bywoon, jy kan die ware liefde en omgee nog onder daai lede voel!

  24. BB

    Dis regtig sleg, maar nou moet julle ‘verby’ en above die ds’tjie beweeg, skat! Netnou raak hy en sy verwaandheid/arrogansie groter as die oomblik en die memories – don’t give the devil the pleasure?! x

  25. Welkom Jaans en Kate wat vir die eerste keer hier ‘n kommentaar geplaas het, hoop julle kom kuier weer!

    Sonkind en Mefri dankie vir julle mooi woorde.

    demoerin en blixer: ek glo al lankal die meeste kerke het die pad byster geraak, oor dinge soos die. die is elemente wat niks met god/spiritualiteit te make het nie.

    en dankie vir al die res ook.

  26. Ryno

    Ja wat sal n mens met die predikant spesie doen . Dit is la jare dat ek me hulle n geding aanhet. Soos Miga bewoord Hulle lewer dienste vir n selaris

  1. 1 Best of the Best « Herriemerrie

    […] Rosalind Franklin se Eerste en Laaste […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: