Die bul

Eendag was daar ‘n bul, wat deur ‘n leeu gejaag is.

Die bul het weggehardloop en gaan skuiling soek in ‘n grot wat bewoon is deur wilde bokke. Die bokke het die bul met hulle horings begin stamp.

“Dit is nie dat ek bang is vir julle nie,” het die bul gesê, “dat ek die gestamp verdra nie, maar omdat ek bang is vir dier wat buite staan.”

– Aesop


  1. The lesser of two evils…

  2. meermin

    Ek het lanklaas hier by jou gekuier!

  3. demoerin

    Laat my dink aan stuck between a rock and a hard place!

  4. Die duiwel en die diep blou see…. 👿

  5. Ja partykeer moet mens maar die stampe en stote verduur die leeu gaan jou andersins vreet! 😉

  6. Rosalind daardie storie sal menige mens wat vir ‘n baas werk seker kan vertel. Ek weet ek kan…

  7. Mefri

    Hierdie fabel laat my gedagtes terug draf na minder aangename tye..

  8. Zee

    Ek wens menige kan leer uit hierdie storie….. Ek wens my kind het…..

  9. Soms moet mens maar net so bietjie van die stampe vat- dit is immers beter as om verskeur te word.

  10. BB

    Dalk het die bul vergeet dat hy horings het… dalk het die leeu net hard genoeg gegrom – wie weet of hy nog al sy eie tande gehad het?? Dalk was dit net sy maag wat so gegrom het? en nou is bul pimpel en pers gestamp daar ini grot, net oor hy nie seker gemaak het van die leeu se true abilities nie…

  11. Partykeer wens ek die leeu wil die “bul” bykom, sou makliker gewees het… Nou bly die “bul” maar tussen die bokke en fight dit daar uit…

  12. Mefri

    BB LOL , daar skuil ʼn leeuwyfie in hierdie bokkie – toe die ander se horings te geniepsig begin raak het, het die wil-om-te-oorleef-aksie ingeskop. Hehe, vandag kan ek daaroor glimlag, want ek weet nie wie was meer geskok oor my reaksie nie, ek of hulle? Dit het ʼn heilige respek afgedwing wat tot dusver soos ʼn knapsekêrel kleef .

  13. Mefri

    Kaalvoetjies, moenie jouself onderskat nie, iemand gaan eendag net te veel druk op jou plaas en dan gaan jou ingeboude oorlewingsdrang oorneem.

    Mens hou maar nog steeds ʼn ogie op leeu-se-kind wat buite wag, maar selfs sy tande raak een of ander tyd nutteloos en stomp……

  14. demoerin

    As ek nou weer daaraan dink, was daar nie dalk iewers ‘n kruppel Shark ok betrokke nie?😆

  15. Ek dog dis ‘n rugby storie wat hier ontvou!

    Toe nou nie.

    Ek hou van fabels. Het vanoggend skottelgoed gewas toe die kinderstories op die draadloos was. Die Keiser se nuwe klere. En toe besef ek watter fabulous storie dit is, en hoeveel ongelooflike kinderstories beskikbaar is.

    Ai, die dae is te kort, en plaas van lees, sit en blog ek!

  16. Hallo almal dankie vir kommentare en die besoeke.

    (was in JHB vir twee dae vir Sophia se begrafnis)

    mmmm….soms is nie leeu nie so gevaarlik as wat ‘n bul dalk mag dink nie. Skep vrees soms by ‘n mens (bul) persepsies oor jou eie vermoe, en dan laat jy toe dat die bokke jou skop?

    Ek raak net so vies vir die bulle wat nie leeu wil skop nie….

  17. Die bul is seker nie Blou nie, want ‘n Blou Bul is glad nie bang vir ‘n Leeu of Cheetah of selfs ‘n Shark nie. En op die koop toe eet ‘n Blou Bul ook nog rooi Disa’s.

  18. Emil ek is nou totaal verlore….ek skree vir die Springbokke – getrou ook. Vir die res soos super 14 ect is ek nie die kenner in die huis nie, dit word elke naweek by my ingevryf.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: