In marmer

In 1943 is die briljante beeldhouer, Camille Claudel (1864–1943) , in Frankryk in ‘n sogenaamde “gestig” vir diegene met psigiatriese siektes, dood.

Sy was daar vir 30 jaar – of sy regtig so siek was om weggesluit te word, is ‘n ander vraag. Haar hart is egter gebreek en sy het dalk aan depressie gely, maar haar familie het onder meer besluit sy moet daar bly, al het die dokters dit nie nodig gevind nie.

In 1914 is besluit sy ly aan illusies van vervolging gebaseer op valse interpretasies van haar verbeelding (dit kan skisofrenie wees, maar sy het die simptome heeltemal te laat in haar lewe begin ‘toon’). Nadat haar pa in 1913 dood is, het haar broer en ma, haar enkele dae later in die institusie laat opneem.

Sy was tot ‘n mate paranoies en het gesukkel om na haarself om te sien (wat moeilik vir ‘n enkellopende vrou wat kuns as loopbaan gehad het, was), en het haarself van die samelewing begin onttrek. Maar voor dit was sy glad nie so nie . . .

Maar weggesluit het sy gebly, verlore as mens en kunstenaar. Sy is eers weer na behore in die 1980’s herontdek.

As kunstenaar het sy daarop aangedring om ook naakte modelle tot haar beskikking te he – iets wat aan vroulike kunstenaars geweier is, weens morele kwessies. Maar sy het dit reggekry en briljante kunswerke gelewer.

Camille (17) het die reeds bekende beeldhouer Auguste Rodin (41) in 1883 ontmoet. Hy was toe besig met twee van sy bekendste werke: ‘n Uitbeelding van Dante, se Gates of Hell en die Burghers of Callais

Sy het sy student geword en ook sy geliefde. Hy was bekend daarvoor dat hy verhouding met sy modelle gehad het, so die argument dat vroulike kunstenaars nie naakte modelle behoort te kry nie vlieg hier by die deur uit.

Maar Rodin het geweier om sy verhouding met ‘n ander vrou, Rose, te staak. Na ‘n verhouding van jare met Camille het sy hom gevra om te kies: Hy het haar nie gekies nie. Daar was ook fisiese onderonsies tussen Rose en Camille.

Teen 1905 het sy beweer hy steel haar werk en idees. Sy het die meeste van haar kunswerke self verwoes, maar van dit het oorleef en is vandag in die Rodin-museum in Parys te sien.

Hoe ironies dat sy in haar dood met hom verenig is.

Maar dat Rodin se werk self deur die invloed van Camille in sy lewe verander is, is ‘n seker saak. Mens kan haar as mens in sy latere werk bespeur. En sy werk het ‘n sagte, intimiteit bygekry.

Sy het bepaald gesorg vir inspirasie in sy loopbaan wat hy op daardie stadium erg nodig gehad het. Dis al of sy vir hom ‘n muse was.

Vir my persoonlik was marmer, brons, oniks en gips nog min kere so pragtig soos in die werke van haar wat bewaar gebly het. Daar is ‘n intensiteit, emosie, soeke en romantiek wat min kan namaak.

(In 1988 is ‘n pragtige fliek gemaak genaamd: Camille met Isabelle Adjani en Gérard Depardieu in die hoofrolle.)

Bronne:

http://www.dia.org/exhibitions/claudel_rodin/preview5.asp

http://www.aworldtowin.net/reviews/CamilleClaudel.html

http://www.camilleclaudel.asso.fr/pageweb/sculptures.html

Advertisements

  1. Mefri

    Ek het dit baie geniet en interessant gevind, dankie.

  2. Dis vir my altyd tragies hoe die skeppings van soveel kunstenaars eers ontdek en werklik gesien word vir die fantastiese werke wat dit is, na hul dood. Hierdie werke van Camille is inderdaad besonders! Dankie vir’n lekker inskrywing!

  3. Ek het die fliek gesien Rosie. En natuurlik is Gérard Depardieu een van my gunsteling akteurs, moet ook nie vir Isabelle Adjani weg gooi nie. Ek weet nie veel van Camille nie, maar jy het nou my belangstelling geprikkel. Haar La Valse/Les Valseurs werk is vir my mooi. (Dankie vir die link) Lekker inskrywing oor die kunste.

  4. reisiger

    Tragiese lewensverhaal van Camille!! Ek het ongelukkig nie die fliek gesien nie – jammerte!!

    Interessante inskrywing!! Dankie!

  5. Baie interessant. ‘n Goeie beeldhouwerk of skildery kan mens darem soveel plesier verskaf. Ek kan myself daarin verloor. Dis soos om te luister na ‘n pragtige stuk musiek.

  6. Die van julle wat nie die fliek gesien het nie, moet dit probeer sien, dit is so mooi. En die beeldhouwerke daarin is asemrowend mooi. Dit is op CD.
    Dis een van my top-10 beste flieks ooit.

  7. Jeeeeeeezzzzz…. Rosie, waar trek jy al die goed uit! Dis ‘n baie goeie inskrywing, ek het dit baie geniet en leersaam gevind! Ek gaan beslis ‘n plan maak om daardie fliek te sien…

  8. Pikke,,,ek trek dit yt my kop yt. 🙂 Al vir jare is Rodin en Camille se werke vir my mooi, net dat ek dit al self in lewende lywe gesien het nie.
    First stop in Paris: Musee Rodin….

  9. Jyts, sommer so yt die kop yt!!! (nota aan self: Slim Rosie die, sal maar moet versigtig wees! 😈 )

  10. Pikke, jy is weer lekker laf op ‘n maandag-oggend. Wat het jy die naweek gedoen? Ek skryf nie yt my kop yt nie! LOL. Ek moet weer gaan oplees! maar die idee is in die kop in…weggebere in ‘n kassie.

  11. demoerin

    Cool Stuk. Wys jou net, die talent sal weer iewers ‘n plekkie in die sonskyn vind, al is dit meer as 100 jaar later.

  12. A3

    Intelegente inskrwig vn jou,

    ..kan as sonde twyfel dajo

    pppiiii fks an jou. Alles isleesbaar en verstaamaal.,aaaf [,s sa’ dare, p aaaaaaagp[ee kpgwepekee pakew keaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa[ ej w0 ojtepeje; ejn baie af9rw8ht t hy 8h u9u g9g wty88 8hf93r

  13. Camille
    dis so nice,thanks vir hierdie. Ek’t nooit die movie gesien nie, wou baie graag destyds toe dit uitgekom het, maar ek het seker weer vergaan onder doeke kerk, huiswerk en bottels op daai stadium lol
    was darem by die rodin museum en tuin maar ek het nooit onthou wat was camille se beelde nie
    en lank lewe sy beslis…as ons nog so in awe oor haar kunstenaarskap kan staan

    camille claudel
    camille claudel
    somewhere somewhere
    rings a bell

    liefde,
    ansopoet

  1. 1 Die week in ‘n neutedop…. « Demoerin’s Klasak

    […] feitvraat. Ek wil alles van alles weet. Dankie aan die bloggers wat feite voer. Weet julle wie is Camille Claudel? Onthou julle vir Emily Hobhouse? Dan natuurlik is daar ook die lekker lees oor die son, maan en […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: