Sophia

3 Junie 1947 – 4 Julie 2008

Vanoggend het die Kaapse reent weer hard op ons dak neergeval. Toe die foon vroegoggend lui het ek hom nie opgetel nie. Later het die foon weer gelui.

Ek het geweet.

Ek was nie reg om te hoor nie.

Ek het geweet my ma en my sussie probeer my bel om te se jy is dood. Uiteindelik het ek die foon opgetel.

My suster het gese jy is vanoggend dood in die hospitaal in Johannesburg. Ek het my ma gebel, want ek het geweet sy het my gesoek. “Die hospitaal het ons gebel en gese ons moet kom. Maar ons was 20 minute te laat.”

“Dit is sleg dat sy alleen dood is,” het my sussie gese. “Mens wil nooit he dat iemand alleen moet doodgaan nie. Dis jammer.”

Ons ouma is ook alleen dood.

My ma het gese dat jy die afgelope twee dae gevra het dat God jou moet kom haal, omdat jy so swaar gekry het.

Maar ek weet, dat jy die afgelope 40 jaar swaar gekry het. Bitter swaar. Die siekte wat jou gemoed dag vir dag getakel het. Die ewige stryd om jou siel en jou sanity. Dit was die hel van jou lewe.

Jou tragiese lewe op die rand van society. Oor society se misverstaan/ nie WIL verstaan.

Ek het vanjaar nog ‘n briefie van jou gekry, een wat ons stamboek verduidelik in jou krakerige handskrif. Wat my vertel wie pas waar in, asook ‘n staaltjie of twee van die Anglo-Boereoorlog. ‘n Regte brief, want jy het nie geweet van epos of die internet nie.

Jou siel was so “skoon”.

En op jou verjaardag, toe ek jou bel, het jy gehuil.

En vandag, vandag is my hard swaar oor jou lewe, my enigste tannie, nie soseer oor jou fisiese dood nie. Maar tog ook oor jou dood  – jou dood in die lewe wat nie jou toedoen was nie. Dis so moeilik.


  1. Reisiger

    Sterkte! (((Rosalind)))

  2. Jammer om te verneem van jou groot verlies ((Rosalind)).
    Sterkte vir jou.

  3. (((Rosie))) Jammer en Sterkte!!

  4. Soveel dankie julle dierbare blog-vriende. X

  5. Jo-Ann Schou

    Sterkte daar Rosalind….

  6. maxie

    ((Roos))

  7. Jy celerbrate haar lewe deur haar te onthou, en haar te aanvaar en lief te he vir wat sy in jou lewe beteken het.

    Almal gaan dood. Maar dit is sleg vir die wat agterbly.

    Ten minste is hulle wat vertrek het, die wrede lewe verder gespaar.

    Strongz

    Skoor & Skoorlief

  8. Dankie Maxie, George en Jo-Anne en almal wat lees en omgee.

    Skoor & Skoorlief: Dankie, hierdie dood is meer as net ‘n dood. Dit was so ‘n tragiese lewe, so seer.

    Ek weet vir almal moet dit vaag klink, maar dit was maar net hoe dit is, so buite mense se hande. Die dood was net die laaste stempel. Die weggaan.

  9. Zee

    Rosie, baie sterkte vir jou deur hierdie seer tyd in jou lewe.
    (((((((((ROSIE)))))))))))

  10. Baie, baie sterkte vir jou en jou familie ((((Rosie)))). Soms is die dood baie genadiger as die mensdom…

  11. Bertus!

    Dis so ‘n voorreg om mense te kan liefhe^, maar so seer as hulle weggaan.

  12. Sterkte Rosa, en jammer om te hoor… ((Rosa))

  13. Jaco

    Innige meegevoel met die verlies en sterkte aan jou en familie.

  14. Baie dankie almal. Waardeer dit. Ek voel darem al bietjie beter.

  15. Lewies

    Vriendin, ek voel saam met jou hartseer.

  1. 1 Eerste en laaste « Rosalind Franklin

    […] is bekommerd oor my ma, want sy is oud en moet Sophia Sophia se kis help dra. Haar lyf ruk toe die kis afsak en ek hou haar […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: