Dood in die staatskoerant

Notice  No 50 of  1901

Deaths at various Burgher Camps in the Transvaal

It is hereby notified for general information that the following deaths have occured at the various Burgher Camps in the Transvaal as specified hereunder.

En dan volg die lys in die staatskoerant van 15 Mei 1902

Die lysie name aan die regterkant, is meestal kinders en ouer mense wat op die betrokke dag, 13 Mei 1901 tydens die Anglo-Boereoorlog in die onderskeie kampe dood is. Die lys bevat een van my familie-lede, vandaar die belangstelling in die betrokke lys.

Ek het nog sulke lyste met ander familie-lede se name op. Dit was ‘n vreemde ervaring om die name net so koud en klinies op die lyste raak te lees.

Dood aan siekte. Asof die “burgher camp” nou maar net ‘n plek was waar mense normaalweg siek geword en gesterf het.

Maar om die die lys in die hande te kry, was om soos na ‘n verlore siel te soek. In teenstelling met ander lande is ons inligting nie naastenby alles op rekenaar beskikbaar nie. So, dit is nie so eenvoudig soos om iemand se naam in ‘n soek-enjin in te tik nie.

Dit is eintlik veel makliker om te bevestig of ‘n man wat in die oorlog geveg het, gevange geneem is en toe as POW weggestuur is. Die rekords daarvan is veel beter gehou.

Ek het en ure ure gesit en soek na my oumas en oupas se name. En toe uiteindelik by ‘n behulpsame persoon uitgekom wat een deel van my vroulike voorsate opgespoor het, sonder om my geld te vra.

Die feministe

Emily Hobhouse het natuurlik gese dit gaan sleg in die kampe, en danksy haar kon die regering nie meer die toestande ignoreer nie. Die Engelse wys toe vir Millicent Fawcett aan om ‘n kommissie op die been te bring, maar hulle het gedink sy sal teen Hobhouse praat, net omdat haar politiek anders was. Hobhouse is natuurlik nie in die kommissie ingesluit nie.

Fawcett, wat haarself bewyer het vir die stemreg vir vroue asook ander gendersake, bevind toe presies wat Hobhouse gevind het. (Beide die twee vroue verdien eintlik elk hulle eie inskrywings.)

Hobhouse het nadat sy die Boere se saak bepleit het in Brittanje na Suid-Afrika teruggekeer, om weer die vroue en kinders in die kampe te probeer help. Toe die skip anker gooi in Kaapstad is sy skielik vyf dae lange gevange gehou in Kaapstad sonder enige aanklag. Sy is in Sep 1901 gedeporteer.

Sy is genooi vir die opening van die Vroue Monument in 1913, maar het dit nie tot by Bloemfontein gemaak nie, omdat sy te siek was. Suid-Afrikaners het geld ingesamel sodat sy ‘n huis kan koop op die Isle of Wright.

Maar aan Hobhouse het ons veel te danke (sy is in 1926 in Londen dood, en haar as is in die Vroue Monument in Bloemfontein bewaar), juis omdat sy verwerp is oor wat sy gedoen het. Omdat sy geluister het na haar binneste.

“My work in the concentration camps in South Africa made almost all my people look down upon me with scorn and derision. The press abused me, branded me a rebel, a liar, an enemy of my people, called me hysterical and even worse. One or two newspapers, for example the Manchester Guardian, tried to defend me, but it was an unequal struggle with the result that the mass of the people was brought under an impression about me that was entirely false. I was ostracized. When my name was mentioned, people turned their backs on me. This has now continued for many years and I had to forfeit many a friend of my youth.” – Emily Hobhouse

Bron: http://zar.co.za/bio.htm

 

Advertisements

  1. Tannie Emily is my eerste geskiedenis held. Hulle het ons in st 1 van haar vertel en ek onthou nou nog daarvan. Ek het egter vanaand die eerste keer van Fawcett gehoor. Sal haar moet gaan opsoek.

  2. Ja, dit was merkwaardig wat sy probeer het. En dat sy die moed gehad het om te bly praat oor die onreg ten spyte van al die pogings om haar stil te kry.

    Die sadste is dat haar eie mense met hulle barbaase gulsigheid en wandade voortgegaan het, asof hulle alle mag en pag gehad het.

    Ek stel voor jy pak ‘n slag jou tassies en gaan doen daai ABO roete in die Noord-Kaap. Ek het al probeer skryf oor my ervaringe – maar dit is ‘n gevoel wat mens nie met ‘n sleutelbord kan oordra nie.

    As ek vir jou hier se: “en ons het gedink ons het klaargemaak met die slagveld van Magersfontein. Dit was 5uur in die middag, die son het begin waarsku dat ons moet warm aantrek vir die nag wat voorle. Ek het die bakkie se neus in Kimberley se rigting gedruk, en nog opgemerk hoe mooi versorg die grondpaaie in daardie omgewing is, toe my regtervoet instinktief die rempetaad trap.

    Regs van ons, deur ‘n geboude ingang in die vaal veld, het ‘n monument getroon. Die deinserige hemelruim in. En ek het nie verder geworry omdat ons 2 ure van ons bestemming was nie. Ek het nie geworry omdat ons nie warm genoeg klere by ons het nie.

    Want voor my oe het die monument van my boek gestaan. Die monument waarvan ek al vergeet het. En die grafstene en die geskiedenis en die seer en swaar van my volk het my binnetoe geroep.

    Ek kon nie anders as om hierdie ent te voet af te le nie.”

    Jy sal nie lekker weet waarvan ek hier praat nie, maar as jy self daar is, en self sien wat ek gesien het, dan sal jy presies weet hoe ek gevoel het. En presies weet waarvan ek hier praat.

    Toetoe Rosa, voor die petrol R20/liter is. Pak julle tassies!

  3. ‘n Vrou duisend….!

  4. Sy is nie net nog ‘n vrou wat vir die boere opgekom het nie, sy is DIE vrou wat vir die boere opgekom het! Ek dink nie eers sy is ‘n voorbeeld vir ons nie, ek dink net sy is sy… Die enigste Emily Hobhouse…

  5. Dankie vir hierdie inskrywing. Een van die hartseerste tye in die Afrikaner se kort geskiedenis. En dink nie eers meer vandag se kinders weet wie Emily Hobhouse is nie, of leer hulle dit darem nog op skool?

  6. ‘n Vrou wat diep spore getrap het.

  7. Reisiger

    Ek is besig met navorsing oor my voorouers en het laas week ‘n deurbraak gemaak deur dokumente by die Nasionale Argief in Den Haag op te spoor. As ek egter ‘n kopie van die dokumente wil hê gaan dit my by die R300 kos!

    Ja, Emily Hobhouse was ‘n merkwaardige vrou!

  8. Ek weet deur Mweb kan mens aanbied om vrywillig van die papierwerk in Excel formaat oor te sit, sodat rekords nie verlore gaan nie en makliker bekombaar is vir mense.

  9. Skoor: Jy skryf pragtig van magersfontein, regtig amazing. Ek sal plan maak.

    Pikke: Jy is reg…sy is DIE een.

    Wippie: Ek stem

    Adrie: Ja Millicent was op haar eie ‘n wonderlike vrou wat stemreg verseker het vir Britste vroue.

    Netjane: dankie vir die info! Ek sal dit opvolg

    Reisiger: Dit is ongelukkig die realiteit, maar as die dokumente baie info bevat, betaal die geld.

    Boer: Hulle behoort van haar te leer, want dit gaan ook oor die etiek vir my.

  10. Hierdie vrou was ‘n engel.

  11. Skoor, Magersfontein is onbeskryflik. Veral as jy op die koppie staan en uit staar oor die veld Hopetown se kant toe. Dis asof jy die Engelse kan hoor kom.

    Ons het vandag baie Emily Hobhouse (dankie tog), maar om werklik die oorspronklik EH se storie te verstaan, moet jy in konteks lees. Verstaan waar vroue in daardie tyd in die geskiedenis gestaan het. Die boek wat my die meeste aangegryp het, was die publukasie van haar dagboek stukkies – Boer War Letters. Gripping stuff.

  12. Anoniem

    Wonderlike stukkie wat jy hier geplaas het.

  13. Jammer, nou is my kommentaar anoniem gewees, maar hier is nou ‘n naam!

  14. Dankie, en welkom hier Wandelpad.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: