Geronimo!

In die nag het ek sy naam uitgeskreeu! Geronimo! Net een keer het ek na hom geroep.

Diep en verlangend, het sy naam oor my lippe gestroom, asof ek hom lank reeds ken. Asof ek na hom wou gaan.

“Jy gaan na sy land toe gaan. Sy land wat van hom geneem is”, het die vrou gesê. “Dit is ‘n teken, jy sal sien.”

Nooit, ooit. Ek wil Geronimo graag vind, met hom praat, maar ek hou nie van sy land nie, of eintlik hou ek nie, van wat van sy land geword het nie, het ek gesê.

Later, veel later, het die ryk wit man se brief gekom en ek is oor die groot oseaan na Geronimo se land. Daar ek het na hom gesoek, maar hy was nie daar nie. Hy is uitgewis. Kry ‘n mens nog geld as jy hom doodmaak, het ek gewonder.

Net eendag het ek skielik een van sy diere, ‘n bison sien staan met haar kalf. Natgereen en bedroë in die middel van San Fransisco. in ‘n parkie. Ek het so jammer vir hulle gevoel.

Ek het die land deurkruis en Geronimo gesoek, in museums, in die Rocky-gebergtes in die stede. Maar sy stem was stil. Doodgeskiet en verdruk. Hy lewe glo net een keer per jaar op ‘n fees in Santa Fe. Hulle is ook amper uitgewis deur die witman se skitterende vermoe om te verwoes, sover hy gaan.

Jou mense se mense se mense is dood van die honger omdat die bisons doodgeskiet is, omdat almal na die goud gestorm het, omdat ons siektes julle doodgemaak het. Omdat, omdat, omdat…

“Do you have a reservation madam? No, do I look like an Indian”, lees ek raak. Lekker lag ons? Jou mense is in die “reservation” geplaas, omdat hulle grond gesteel is. Julle wat 14 000 jaar gelede al na jul grond getrek het.

Ek gaan soek jou in die reuse CD-winkel in New York, maar ek kry jou weggedruk onder “world musiek”. Was hierdie wereld nie eenmaal joune en al die ander stamme s’n nie. Het julle nie in harmonie geleef met die omgewing nie? Net gejag vir die honger nie? Nie vir die lekker of vir geld nie. Ook jou geloof het die omgewing in ag geneem en ingesluit. Ek koop jou dreunsang CD, want dit is so mooi.

Ek loop my voete stomp om meer van jou te leer en spoor ‘n fraksie uiteindelik van jou op in Denver in ‘n museum. Ek luister na jou dreunsang en die wonderlike, maar pynlike gedigte oor die witman se verdoemende koms. Jou wyse woorde oor die ekologie en biologie.

Hoe die aarde om jou verkrag is, hoe die vergrype na goud alles verander het. Ek wil aan jou kleed vat.

Ek wou jou, of net iets van jou, saam met my terugneem Geronimo, maar ek kon nie. Uiteindelik vind ek die winkel aan die voet van die Rockies waar jou kuns te koop is. En ‘n klein ikoon wat baba’s by hul geboorte kry, om geeste weg te hou, word myne.

Net dit en ‘n handvol poskaarte. Net dit.


  1. demoerin

    Die feitvraat is hier! Dankie. Nou gou-gou oorspring wiki toe!😆

  2. ‘n Baie nice inskrywing oor hierdie Apache, Indian name “one who yawns” ???

    My Indian name “Dances with moon” 😉

  3. Demoerin…:) jy weet wat aan hulle gedoen is, is vreeslik. So my inskrywing was maar soos ‘n interne-eksterne reis. Weet ook nie of ek wat ek probeer se het, reg gese het nie.

    Wippie; Jou naam pas 200% by jou! Amazing.

  4. Rooskind – jy het wat jy probeer sê het, reg gesê, glo my.

    Ek wou altyd, toe ek klein was, ‘n Indiaan gewees het. Wonder nou nog of ek dalk een in my vorige lewe was. Hulle is wonderlike mense, met ‘n ryk kultuur.

  5. Sonkind..jy weet die een keer was dit erg, want iets het my geroep, ek het dit gaan soek en dit nooit gekry nie. dis ‘n aardige gevoel.

  6. demoerin

    @ Rosa, watookal…goed gedoen.

  7. Demoerin….dankie dat jy vir my kom kuier!


  8. o ha le!😉
    Oulike inskrywing!

  9. Dankie vir die skakel Nikita, dit was nou regtig pragtig mooi.

  10. Ek wou as kind altyd ‘n indiaan gewees het, maar my broer was sterker as ek, daarom moes ek altyd die cowboy wees. Dis net terloops genoem. Ek het jou inskrywing vreeslik geniet. Ek het ook al so gesoek na iets wat my heeltyd bly ontwyk… Dis aaklig!

  11. Jou inskrywing was reg gesê Rosie!! Goed gedoen…

    Baie mooi link, Nikita

  12. Reisiger

    Die Indiane is ‘n nasie wat my ook nog altyd geïnteresseer het en nou’t jy my belangstelling geprikkel oor hierdie Geronimo! En die Rockies roep my al ‘n geruime tyd…

    Het maar Demoerin se voorbeeld gevolg en ook Wiki toe gegaan.

    BAIE interessante inskrywing Rosalind!!

  13. Pikke: Ek het nie ‘n broer gehad nie, en my meisie-maats wou nooit dit speel nie. Dit was sleg.
    Mmm. Ek sien jy verstaan oor die soek na iets.

    Wippie: dankie.

    Reisiger: dankie. ek het gedink ek gaan sterf in die Rockies, die busbestuurder het die HELE tyd op ander plekke gekyk, behalwe die pad, en gepraat. dit was terrible. En die pad/pas is nou en hoog.

  14. boendoe

    Ja, dis ‘n hartseer verhaal. Dis dan wat ek voel “die blerrie Amerikaners…”. Mooi vertel, Rosa.

  15. Zee

    Rosie, ek onthou toe ek in Amerika was so 2 jaar terug en so in die boekwinkels gesnuffel het, het ek op baie van die Indiane geskiedenis afgekom en heelwat boeke vir my skoonvader terug gebring. Ek gaan hierdie print en vir hom gee om te lees! Dit was nou interessant!

  16. Baie interessante stukkie. Ons almal soek seker maar op een of ander stadium na iets…
    Die Indiane se geskiedenis is baie interessant en tog ook hartseer…
    Ek het baie cowboys and indians gespeel…ons het selfs vere en allerhande krale en goed aan ons gehang…

  17. demoerin

    Ek het toe gaan wiki. Snaaks hoe weereens die US gewoonlik die is wat eerste vinger wys, maar hulle geskiedenisboeke vol is van onderdrukking en rasse-oorlog.

  18. Ja is dis vreemd om mense in reservations te druk dis niks anders as ‘apartheid’ nie. Daar is fisies jag gemaak op die inheemse Amerikaners, net soos ons hier die KhoiSan gejag het. Geld is gegee as jy KhoiSan ore gebring het en in die VSA het jy geld gekry vir inheemse Amerikaners se koppe.

    En na die tyd voel ons sleg en vernoem ‘n staat na hulle soos Dakota of Utah. En hier veg ons om Saartjie Baardman se bene terug te kry as simboom van ons skaamte.

  19. Nico

    Black Labour – White Shame?

    Ek het ook so mooi stukkie Native American musiek êrens – Yeha Noha (Wishes for Happiness and Prosperity) – gaan dit sommer nou luister… Jou storie laat my ook dink aan daai song van Enigma, “The Cross of Changes”; Long ago, for many years/ the white man came in the name of God/ They took their land, they took their lives/ a new age had just begun/ …/ and the white man said, “That’s the cross of changes”

    Hartseer – en dit laat my wonder oor die hele Imperialisme wat die beskawing soos ons dit verstaan oor die wêreld gevestig het. Maar ai, teen wat ‘n prys. In dieselfde asem laat dit my wonder oor Afrika Renaisance… (of Afrika Imperialisme?)

  20. Nico, jy weet in die gevalle was daar nie eens “labour” nie daar was net killing. Wat my ontstel van die “wit man”, is dat onder die vaandel van godsdiens en ontwikkeling is hele stamme en byna bevolkings uitgewis. Klink nie baie godsliewend vir my nie.
    Dit het ook in Suid-Amerika gebeur op ‘n reuse skaal, want ons is gierig agter goud aan.

    Die boek: The Scramble for Africa, maak mens se oe oop vir wat hier aan gegaan het. Om terug te staan en te se: Kyk ons het paaie en geboue gebring, wow, ons is oulik, is om in ‘n mate blind te wees vir ons eie foute.

    Soos jy tereg se, teen watter prys?

  21. As jy Geronimo se dreunsang wil hoor, koop Oliver Shanti se CD! (Mmm, kan nou nie die naam van die CD onthou nie!)

    Nietemin – dis die mooiste Indiaan musiek wat ek al OOIT gehoor het! En dan moet jy dit BAIE hard speel, jou oë toemaak en jou verbeel jy sit langs ‘n veldvuurtjie!

  22. maeree

    sjoe. ja! dankie.
    ek verwonder my altyd aan die noord-amerikaners se blindheid rondom die native americans. so is die w^ereld.

  23. Maeree…’m blindheie wat nie wil sien nie.

    Rene…ek ken dit nie ek sal dit beslis gaan soek, dankie




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: