Karre

‘n Paar dinge oor hoe mense in die land bestuur pik aan my en dan is daar twee spesieke goed wat flippen Kapenaars nie kan doen as hulle bestuur nie: hulle weet nie hoe om, om ‘n sirkel te ry nie, en indien ‘n verkeerslig nie werk nie, stroom hulle teen 120km oor die kruising.

Vanoggend weer, in die blerrie reent by Groenpunt: Niemand gebruik flikkerligte by die sirkel nie en niemand verstaan hoe ry mens in die bane nie.

Nou kyk, ek het op ‘n dorp grootgeword met klomp sirkels. As jy gaan vir jou liksensie, dan moet jy minstens vier sirkels reg ry voordat jy slaag. So ek ken van sirkels reg ry. Van die binnebaan ry hulle woeps voor jou neus in om uit te kom.

Bewaar jou siel as die Kaap se elektrisiteit af is, want dan sit die bliksems voet in die hoek oor ‘n robot. Robot = groen lig.

Niemand verminder spoed nie, behalwe: Rosalind Franklin, wat gedag het mens hanteer die kruising dan soos ‘n viertigtingstop met toegee aan die wat eerste gestop het. Nee, almal jaag net oor asof die lig vir ewig groen is. My lewe het al ‘n paar keer voor my oe geflits.

K*K karre: Hoekom ry die mense in die k*k ou karre die vinnigste en die swakste?? Tiekkekkekekkk, grrrrreemm boeef verby jou. Kom die stuk drek teen 180km, net-net verby my kantspieeltjie verby. Sonder remligte, kopligte en met bakwerk wat dreig om af te val. En as hy rem dan trek die hele spul sommer so skeef.

Of nog erger hy ry op jou stert en flits vir jou, in jou 100% padwaardige kar om pad te gee. Nogal, asof ek dit sal doen.

En meneer sit sommer so laag in die sitplek en loer onder sy pet uit, een hand op die stuur en ander hand op die sel en/of sy goose langs hom. Hy het nog nooit in sy hele lewe ‘n flikkerlig gebruik nie.

Of mens kry daai stupid lot wie se kleuters en babas die hele kar vol hop, speel en staan. Of baba sit op die skoot, want ek is so helse dom ek dink ek gaan die kind kan vashou as ons bots. En dan kom die ongeluk en dan huil, hardloop en hallusineer hulle by die oop graf? Lekker dom.

Maar een dag het ‘n huurbus vol skoolkinders so op my  en Liefie afgejaag. Ons kon dit nie glo nie, en toe ons hom ingehaal: 150 km! Die kinders het sommer so binne in die bus geskommel, so onstabiel was hy. En toe bel die maatskappy se bestuurder met die tyd, plek en registrasie van die bus.

Plaafer: Dit is ons naam vir die karoppassers, omdat hulle mens eintlik net PLA. Eendag op Stellenbosch wys een vir ons om te: Kom, kom, kom! Ek luister nooit vir hulle nie, omdat ek dink nie een van hulle kan bestuur nie. Maar Liefie luister die betrokke dag.

Ons kom, kom, kom nog so….toe DOEF ons. Jeez….! Daar pak Liefie die Plaafer in Dorpstraat. Maar dit het nie lank geduur nie, toe besluit hy om maar ‘n toon in te sit en eerder weg te hol. Is maar beter gewees.

 

(Die prentjies is sommer net lukraak gevat by Google images om my doel met die possie te versterk)


  1. Whahaha ek kon nie help om te skreeu van die lag nie!! Dis freakin hillarious …..Tiekkekkekekkk, grrrrreemm boeef en nog ……….bakwerk wat dreig om af te val. En as hy rem dan trek die hele spul sommer so skeef. 😆

    Rosie hier in Centurion is dit weer so erg met die taxi’s, hulle val ook uitmekaar, maar hulle ry! Hulle kyk nie links of regs nie dit draai en stop net soos dit lus kry. Hulle is die groot geeste op die pad. Jy beter gee pad as een in aantog is! Taxi beteken eindelik oppas jy is naby aan jou dood!!

    Sirkels van dit praat ek nie eers nie, kyk ek is so bang vir die goed deesdae. My vriendin is nou die dag amper die ewigheid in met so ‘n sirkel, hulle ry deesdae sommer oor die goed. Hier by ons is heelwat mini-sirkels – die mense verstaan net nie hoe dit werk nie. Miskien moet hulle sirkelreël padtekens maak!! En dit so paar meter voor die sirkels oprig. Want regtig in SA verstaan mense net nie van sirkels nie.

    Lekker naweek vir jou en Liefie!

  2. demoerin

    Die uitsluitlike rede hoekom ek nie met ‘n vuurwapen sal rondbestuur nie, ek issie gebou virrie tronk nie!

  3. maxie

    😆 so waar! Stem veral saam oor die sirkels. Maar as jy my nou regtig boosaardig👿 wil sien, ry rond sonder om jou baba/kleuter/kind vas te gordel😡

  4. Wippie, hier my ons val die taxi’s uitmekaar EN gewone mense se karre…
    Ja die toegee-ding by die mini-sirkels,almal ry net! Dankie lekker naweek daar ook.

    Demoerin LOL, ek voel net so. Die tools is mooi onder die spaarwiel sodat ek nie in die ry by hulle kan uitkom nie. My droomkar is ‘n Caspir sodat ek almal wat stupid ry kan boelie.

    Hi Maxi bly jy het weer kom kuier. Ja daai ene van die kinders!

  5. Mefri

    Rooskindjie, ek het dit nou Tiekkekkekekkk, grrrrreemm boeef baie geniet!

    Ek hoop jy het ʼn skitterende naweek!

  6. Ek dink dis maar orals ‘n probleem. Daar is altyd ‘n paar swape wat nie weet hoe ‘n sirkel OF ‘n blerrie 4-rigting stopstraat werk nie. Dit kan my so irriteer as hulle nie kan besluit of hulle moet ry of bly nie. Die een wat eerste stop ry eerste👿 Hoe moeilik kan dit nou wees???
    Ek se net elke dag dankie dat ek nie hier in Korea hoef te bestuur nie. Hier maak dit nie saak wat die kleur van die lig is nie, jy druk toeter en dan ry jy. Die ander moet maar padgee en dieselfde geld as jy iemand wil verbysteek en daar kom karre van voor af. Ek het een aand my lewe so voor my sien verby flits in ‘n taxi! Ek sal nie herhaal wat als by my mond uitgekom het nie😉
    Hier is ook baie kruisings wat nie stoptekens het nie en hulle jaag net daaroor met een hand op die toeter. Ek knyp net my oe toe en maak gereed vir impak! Die Koreane kan die SA taxi’s ‘n paar lesse gee!

  7. My ervaring is dat die groot sirkels nog okay is, maar niemand weet wat van die mini sirkel nie. Elke tweede dag publiseer die koerant ‘n ander verduideliking van hoe dit nou eindlik werk. Die scary ding is hulle haal gewoonlik ‘n speedcop aan. As hulle verdeeld is oor die mini sirkel, wat van die res?

    Nog ‘n groter probleem is die selfaangestelde spietkop wat elkeen hulle interpretasie van hoe die verdomde minisirkel werk aan ander wil afdwing. Of hulle en die wet saamstem of nie.

    Aangesien niemand regtig weet wat aangaan nie, het ek ook my eie reels gemaak. Ek ry anti kloksgewys om (darem net as ek alleen by die sirkel is). Tot die dag wat almal weet wat om eindlik te maak.

  8. Rooskind, in die Kaap het mense water op die brein as dit reent😈 Dan kan niemand ry nie! Of dan bestuur nie😆

  9. Nico

    Ag Rosalind, mense kan nêrens bestuur nie – ek weet nie hoekom moet mens in hierdie land soveel moeite doen om (op ‘n eerlike wyse) jou lisensie te bekom nie; meeste mense kry hulle s’n lyk my in lucky packets. Daardies wat 10c kos.

    My scaryste ervaring op paaie: EGIPTE. Daar is die gebruik van kopligte op pad in die nag *opsioneel*.

  10. Ek deel jou oortuiging 100%, maar in Mpumalanga… Om een of ander onverklaarbare rede dink mense in die platteland tel verkeersreëls en padwaardigheid van voertuie glad nie… Jy moet eenvoudig halflyf by die venster uithang en jou arm in die lug hou om te hoor of jy iemand moet oplaai, en o ja, dan slaat hy met ‘n krag brieke aan en stop opslag as daar wel ‘n goedgelowige aspirant slagoffer wag… Flop, ek kruip eerder waar ek wil wees… Of saal ‘n koei op…

  11. Sonkind: ROFL…daar verklaar jy dit. Dis flippen snaaks. Jy is reg.

    Nico: Ek wil so graag he dat almal moet kan ry. Want dan sal ek nie so vloek nie. Ek vloek vreeslik lelik as ek bestuur.

    Adrie: Anti-kloksgewys….!🙂

    Mefri: Ja elke tweede kar maak so…siesa

    Kaalvoet: Ek kan glo dis wild daar. Maar ek wonder of die mense nie daai tipe ry “verstaan” nie. Is daar baie ongelukke soos hier.

    Ek is nou die dag by ‘n plek waar ek hoor ons het net 5 miljoen mense wat tax betaal. Ek wonder of die taxi’s tax betaal….ek glo nie.

  12. demoerin

    @ rosa, ek vloek ok soos ‘n matroos as ek bestuur! As daar nou een tyd in die dag is wat ek van alle frustrasie ontslae raak, is dit in die middae oppad huis toe!

  13. Lekker lag ek nou. Ek hou van daai Plaffer term!

  14. Demoerin…. Die paar keer per jaar wat ek my ma sien, moet ek myself omtrent inhou. Ek het al voor haar laat waai en dan moet jy haar gesig sien: totale verstomming gemeng met walging en ongeloof…

    Emil: Ons praat al van, waar is die R2/R5 vir die plaafer? Het jy kleingeld vir die plaafer? Of as ons iewers uitkom en hy is nie daar nie: Waar is die plaafer nou?

  15. Ek wil iets se, en ek gaan dit se…

    Die Kaap was nie altyd so gewees nie. Mense het mekaar nogal ‘n kans gegun op ons paaie. Mense het mekaar gehelp. Padverkeersreels is nagekom.

    Tot die GROOT TREK NA DIE KAAP, die mense van Gauteng gepak het. Nou kom jaag daai ongeskikte varke met hulle C-whatever nommerplate hier in die Kaap rond, en ons boorlinge kan nie ‘n moer verstaan wat skielik hier aangaan nie. Stop by daai tor en vra hom waar hy vandaan kom? Randpark rif. Of so iets.

    Dis hoekom almal nou ‘n ”fok jou houding het hier in die Kaap, Rosa, dit is vir ons verlore. Vir altyd. Soos ‘n wen met die 2010 sokker!

    Die carwatch kry niks uit my nie. Ek het al gesien hoe daar onder hulle neuse in karre ingebreek word, en hulle dan kwansuis van niks weet nie. Maar kom net na jou eie kar geloop, en hulle storm op jou af! Laaste een wat ek R2 gegee het, het ek gese Piet Retief stuur die. Ek het pms gehad…

  16. Skoor, ja dis reg dat jy gese het.

  17. Ek noem hulle Skapenaars. Half aap, half skaap en vol Kaap. Kaap is die enigste plek in die wereld waar mense stop by ‘n groen lig. As ‘n lig rooi is word daar eers bolletjies gerol en op die dash uitgepak. Die lig kan maar groen slaan. Kapenaar se kind verf eers elke bolletjie klaar, gee elkeen n naam en n drukkie en neem fotos van sy handewerk wat gou eers na facebook geupload word. Dan word die kar se manual eers deurgeblaai om te kyk hoe ‘n mens die kar in eerste rat sit. As daar drie reen druppels op die pad val gee dit een of ander gif gas af sodra dit kontak met die pad maak. Dit lei tot onmiddelike breinskade. Skapenaars sit graag by groen verkeersligte en tel elke reen druppel op sy voorruit (dis nou na hy bolletjies gerol het). Hulle kan miskien wyn maak maar dis ook net omdat dit n baie stadige proses is. Gedurende die groot trek het baie boere besluit om Noord te trek. Die wat te stadig was om op te vang het maar in die kaap agtergebly.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: