Op Voyager se rug

Een van my gunsteling instansies, Nasa, is vanjaar 50 jaar oud. Nasa het natuurlik ontstaan direk danksy die lansering van Spoetnik 51 jaar gelede.

Die Amerikaners was so onthuts omdat die Russe hulle voorgespring het, dat hulle Nasa in die lewe geroep het en met alle mag, en erns hulself toegespits het op die ruimte -veral om ‘n man op die Maan te kry. Daar is niks soos kompetisie om ‘n mens te laat floreer nie.

Wat Nasa onder groot druk (geldelike inperkings) in die afgelope 50 jaar bereik het, is verstommend. Die aantal missies is ontelbaar en om alles wat ons intussen geleer en ontdek het te noem, sou ‘n dik boek verg.

Ek wonder of mense ook 600 jaar gelede gevra het, nou hoekom reis ons om die wereld? (behalwe weens die gierige soeke na goud). Soek ons nuwe plekke? Want baie mense vra vandag hoekom sukkel ons buite ons eie atmosfeer?

Omdat ons nooit moet ophou ontdek nie! Dit is in die aard van die mens om te explore, om antwoorde te soek op vrae. Die feit dat ons dit nou in ons sonnestelsel en ook daarbuite doen is irrelevant, vir my. ‘n Mens moet ‘n agie wees.

En dit is ook die basiese begrip van die wetenskap. Jy bou ‘n ewige legkaart, stuk vir stuk. As ‘n blokkie nie pas nie, haal jy hom uit en soek ‘n ander een. Maar dit is nooit stagnant nie. Jou legkaart raak groter en beter soos jou kennis toeneem.

Die wonderlike missies van Voyager 1 en 2 laat my dink aan ons ewige reis. Hulle is weggestuur in 1977 en is natuurlik steeds weg. Hulle het soos  baie Nasa-missie meer geword as oorspronklik beplan  is (reis in ons sonnestelsel).

Op 14 Februarie 1990 is die laaste fotos van Voyager 1 ontvang toe hy na die Aarde teruggekyk het van ‘n verstommende 5,9 miljard km om ‘n foto van 7 van die 9 planete te neem. Dit het die blou kolletjie (pale blue dot), die Aarde, ingesluit.

Om in die verre ruimte (interstellelere ruimte) te kom, moes die twee deur ‘n aaklige stormagtige invloedsarea van die Son reis. Waar winde en elektries gelaaide gas teen hulle werk.

Daar is mos ook die goue-plaat aan boord met boodskappe in verskeie tale van die Aarde. Ook die geluide van Aarde, grafiese voorstellings en dies meer.  Musiek, foto’s van die aarde, en ‘n kaart van die sonnestelsel – ons klein plekkie.

Dan is daar klanke van ‘n ma wat haar kind soen, dieregeluide en vele interessante dinge. Dit lyk vir my ons het uitgelaat dat ons ook oorlog maak en mekaar vermoor en verkrag.

Die goue plaat. Foto: Nasa

Voyager 1 is nou: 15,7 miljard km van die Son.

Voyager 2 is nou: 12,7 miljard km van die Son. Die son is rofweg 150 miljoen km weg van ons.

 Die klanke hier onder is koel!

Engelse boodskap: http://www.nasa.gov/186544main_english.au

Vulkaan, aardbewing, donderweer:http://www.nasa.gov/wav/186554main_volcanoes.wav

Wilde hond: http://www.nasa.gov/wav/186555main_wildog.wav

Ma soen kind: http://www.nasa.gov/wav/186549main_kiss.wav

Verbyvlug van f-111 en lift-off!! http://www.nasa.gov/wav/186545main_f-111.wav

Perd en karretjie: http://www.nasa.gov/wav/186548main_horse.wav

 

Ek wonder soms hoe sou dit wees om op die rug van Voyager te ry, deur die heelal, waar alles net is, omdat dit is.

Die bron: Nasa

Advertisements

  1. As my oë NASA sien, kry dit sommer so glinstering, ek raak dadelik heeltemal koekoes!!! Viva NASA!!
    Dankie vir hierdie inskrywing Rosie!!! Ek het ‘n foto van die M83 geneem geneem dis op my ander blog http://murielsdiaries.blogspot.com ek is so trots op hierdie foto van my! (click op die foto om hom groter te sien) 😉

  2. Ek hou ook van jou laaste sin “waar alles net is, omdat dit is” Ons koppe werk presies dieselfde 🙂

  3. O aarde, hier raak my Siamees in vervoering. Jy het nou so reg op haar hartsnaartjie getokkel Rosie… 😆 Die dinge is vir my ook baie interessant! Ek geniet dit om by julle te leer want op my eie sou ek nooit soveel moeite gedoen het nie. Dis lekker, dankie! 😉

  4. Mefri

    Ek sit ook hier en glimlag, omdat ek my verkneukel aan die Wipneus se kommentaar – ek voel presies dieselfde as hy – ek skuif baie vinnig nader as daar oor hierdie onderwerp gesels word.

  5. Ek stem saammet Wipneus. “waar alles net is, omdat dit is.”

    Lekker inskrywing Rosa.

  6. Wippie, ek wens ek kon vanjaar Nasa besoek! Want vanjaar is die groot jaar daar. Ek is ook Nasa-versot. Inderdaad dink ons saam.

    Pikke: Die klanke wat hulle opgeneem het laat mens nogal klein voel..

    Mefri, welkom terug. Ek sal nog veel skryf oor astronomie, glo my.

    Netjane. Hi daar!

    (ps. ek dink dit is wipneus wat saam met my stem … maar ek stem ook sommer weer saam met haar 😉 )

  7. Ek stem eintlik saammet jou oor die sin en dan saammet Wipneus omdat sy sê sy hou van die sin, as ons nou in ooreenstemming is? 😉

    Dis eintlik net my brein wat besig is met ‘n duisend ander dinge en die sinne so half vorm en dan tik ek hulle nog so ook! 🙂

  8. Mefri

    Dankie Rosatjie, dis juis oor ‘net is,omdat dit is’

  9. Rosie ek wens ook ek kon NASA besoek, maar daar is net nie genoeg tyd vir alles wat ek graag wil doen in my lewe nie. As ek ‘n oop gaatjie het lê ek op NASA se sites rond. Geen wonder my cap hou net ‘n halwe maand nie 😉

  10. NetJane: waar ons net is, stem ons. LOL

    Mefri: dis omdat dit net is….

    Wipneus: ons koop omtrent elke maand nog cap…

  11. Die wetenskap ontdek maar net wat God in die jaar 11013VC geskape het.

    Die wereld se wetenskaplikes wat die skepping sonder die Waarheid van die Woord ontdek, gaan in 2011 ongelukkig(of dalk gelukkig) netsoos die wereld se teoloë ontdek hoever hulle van die Waarheid van die Woord (die Bybel) af weggeval het.

    (Mat 11:25) In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.

    Op die herdenkingsdag van die Paasfees op Vrydag 1-2 April 1988 was dit presies 13000jaar van die dag van Skepping wat op 1 Nisan 11013VC plaasgevind het… dis nogal verstommend om te sien hoe presies dit saamval met die dag toe Jesus Christus op Paasdag Vrydag 1 April 33AD gekruisig is.

    Mag God die mensdom genadig wees.

    2011-groete

  12. Lank lewe Nasa! Nasa is die beste! 🙂




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: