Lank lewe die mes!

Eviva il coltello! (Lank lewe die mes!)

Dit was die reine, skoon en absolute fantastiese klanke van die Castrati se stemme wat die Barok-gehore veral in die 18de eeu vir die mes laat skreeu het. Die supernatuurlike stemme van die Castrati het saamgesmelt, met wat destyds ‘n fusie van poësie, musiek en ‘n visuele spektakel was – die Gesamentkunstwerk.

Vandag is dit die bekende werke van die Castrati wat vir my bekoor. Ons het natuurlik weens menslikheidsredes nie meer die fantastiese stemme nie en die enkele mans wat vandag die musiek sing, is maar tientalle. Om dit vandag te sing, moet die man oor ‘n falsetto-stemvermoë (kontra-tenoor) of selfs sopraan beskik.

Die werke is besonders en pragtig om te hoor. ‘n Mens kan nie glo dit is ‘n man wat sing nie -tog dit kan nie dieselfde wees as die Castrati nie. Daar is talle bekendes vandag en ek is gek na hulle musiek.

Gaan luister hier!! Dit is ‘n kontra-tenoor wat van die falsetto-stemtegniek gebruik maak. Ek belowe dit is ‘n moderne man Jörg Waschinski wat hier sing (Invan minacci e credi vincer)

 Listen here

Maar as mens na die musiek luister is daar iets tragies aan, dit is vir my besonders mooi! Dit neem mens ver weg.

Die Mes

‘n Seun wat mooi kan sing word voor puberteit gekastreer. Dit is natuurlik wreed en talle (sowat 4000) seuns van arm families het die proses ondergaan sonder veel keuse, in die hoop van die familie dat dit hulle uit armoede sal red. Die wat die top bereik het, het besonders ryk en bekend geword. 

Die kastrasie verhoed dat die larinks groei en die suiwer seun-sopraanstem word behou, maar die borskas ontwikkel met die sterkte, die longe en akoestiese vermoe van ‘n man.

Seker die bekenste Castrato was Carlo Broschi (1705-82), bekend as Farinelli. Sy beendere is in 2006 opgegrawe sodat wetenskaplike toetse daarop gedoen kan word. Een van die redes was om sy bene (veral die langbene) te meet, daar is ook gekyk na die ontwikkeling van sy larinks en die effek van jare se oefening of sy liggaam. Daar is ‘n pragtige fliek genaamd Farinelli oor hom gemaak.

Farinelli

Vir 300 jaar was die Castrati deel van die opera in Italie, hoewel dit amptelik onwettig was, om die betrokke operasie uit te voer, het almal hul oë weggedraai. Daar was natuurlik ook Castrati was gesing het in die pouslike kapelle in Rome sedert 1600 en in ander kerkkore.

Die laaste Castrato was Alessandro Moreschi (1858-1922). Hy is die enigste een van wie se stem ‘n opname gemaak is,  vroeg in 1900. Ek het Berlyn platgeloop agter die betrokke CD aan, maar helaas niks gevind nie. Ek het wel ‘n hedendaagse opname gevind van werke uitgevoer van die Castrati se bekendste werke en dit is ‘n briljante troosprys. 

Moreschi was al ouer toe die opname in 1902 gemaak is en baie senuwee-agtig, omdat hy natuurlik nie die grammafoon geken het nie. Later is nog ‘n grammafoon-opname gemaak wat beter is, maar kliek hier om na ‘n stukkie van Ave Maria te luister. So ‘n mooi lied (ek weet nie hoe om dit direk op te laai…frustrasie)

http://www.usrf.org/news/010308-castrato_recording.html

En hier is nog ‘n lied – in beide sing hy effe huiwerig. Ek glo nie hy was die beste Castrati nie, maar sy waks-opname is al wat ons het! Ek wens so ek kon die ander hoor.

http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/7/7b/Alessandro_Moreschi.ogg

Moreschi

Een van die hoofredes is natuurlik dat vroue nie in kerkkore en op die verhoog toegelaat is nie, maar iemand moes, soos in die teater hulle rolle vertolk.

Die laaste plek wat Castrati nog gehoor kon word teen die einde van die 1800’s was waar dit begin het, in die kerk, en ook in die imposante Sistynse Kapel. Ek kan my net indink hoe pragtig die unieke musiek daar moes klink. En die einde het gekom in 1903 toe die pous verklaar het hulle rolle moet deur seuns oorgeneem word.

Seks?

Om een van ander vreemde rede dink mense vandag die mans was gay, net omdat hulle gekastreer is. Dit spreek natuurlik boekdele van ons enorme vooroordele oor gay mense. En is eintlik lagwekkend as mens daaraan dink. Wat die fisiese gebrek aan testes met die aantrekkingskrag tot dieselfde geslag te doen?

Destyds is hulle egter deur die gemeenskap as reuse sekssimbole gesien, omdat dit die opinie van die dag was. Hulle is aantreklik gevind deur mans en vroue, en is amper soos gode aangehang.

Of die betrokke Castrati tot seks instaat was het heeltemal berus op wanneer die operasie in elke geval uitgevoer is.

Bronne: BBC, Die Welt der Kastraten; Wiki

Advertisements

  1. Die Brein

    Ek moet jou darem ook ondersteun, jy is duidelik `n diep mens en ek glo sommer baie intilligent, jy moes eintlik “die brein” gewees het, maar ek is nie `n ou vir klassieke dinge nie.Maar ja ons gaan nog lekker saam chat en hare kloof.

    Hastilla Vista.

  2. Die Brein: Julle slagstories is baie lekker en ja, ek is seker ons gaan nog lekker gesels. Groete

  3. Nogals nice om Die Brein hier ook te sien. Dit smaak my ons koppe werk eintlik maar almal dieselfde.

    Moet erken dat dit waaroor hier geskryf word soms te diep raak, veral so op ‘n Vrydagaand, maar ek kan myself soms ook verloor in hierdie tipe inligting…fassinerend.

    Kom maak gerus weer ‘n draai daar by ons.

  4. Te diep? Jammer man.
    Dankie ek sal, ek was al ‘n paar keer by julle.
    Ai ai, ek sal meer moet skryf oor (die homo-erotika van) ruby. Dis vir my vreemd die gevallery op mekaar. LOL

  5. Ek sien jy het ‘n fassinasie met astrologie…ek sal graag jou siening oor iets wil toets.

  6. Astrologie! LOLOLOLOLOLOLOL

    Nee daarin stel ek soos in glad nie belang nie. Soos in nie die minste nie. Nooit. Pot nonsens.

    ROFL

  7. Sorry…ek het bedoel astronomie!

  8. Rosa, jy kom darem met interessante goed vorendag! Ek leer elke keer iets.

  9. NetJane, dankie, wat het jy van die musiek gedink? Amazing ne?

  10. Jinne, jy skryf oor manlike kastrasie, en wyl ek hier lees, lees Skoorlief voor uit ‘n boek, en een van die stories is van ‘n oom wat sy seun leer om ramme te kastreer. Sy lag so, en al wat ek sien, is klo^ke! 🙂

  11. Lui die/jou wat jy sien klokke darem? Of beier, in mooi Afrikaans….Is erg

  12. Dis flippen amazing om te dink dat ‘n man so kan sing. Dis moeilik om te glo as jy nie die knaap sien nie! Dankie vir ‘n lekker interessante inskrywing. BTW stunning musiek 🙂

  13. Ek het baie van die musiek gehou Rosa!

  14. Daai stemme is ongelooflik, as jy nie geskryf het nie, sou ek dink dit is vroue wat daar sing. Ek neem aan die woord kastrasie kom seker van Castrati af????

  15. Kaalvoet, dit is amazing, bly jy het daarvan gehou. Dit is van my allergunsteling-musiek.

    Netjane, ek is bly!

    Pikke: Weet jy ek dink dit is waar die woord vandaan kom, maar is nie 100% nie. Moet tog wees!

  16. Rosie die musiek is baie mooi. My opinie ek dink nogal dis ‘n wrede proses wat hulle moes deurgaan vir so mooi stem! Maar solank dingetjies nog werk is daar seker nie skade nie, veral as jy aangehang word en die mense jou as ‘n sekssimbool sien. 😆
    Ek het ook êrens gelees die Castrati se ribbene en ledemate was uitsonderlik lank??

    Gay vooroordele, die sal altyd daar wees, maar mense moet oppas as ek saam met my beste seuns maatjie in die straat is. Ek sal hulle wurg as hulle net vir hom skeef kyk. 😈 Fantastiese mens.

    Ek het weereens jou inskrywing geniet!

  17. Zee

    Rosie, daardie Listen here liedjie is amazing. Ek is mal oor opera en kan vir ure na dit luister.

    Ek kom nou wel uit ‘n familie uit wat darem nie gekastreer is nie, maar hulle is almal so musikaal en kan die mooiste opera stukke sing. Ek onthou my paps wat altyd Ave Maria vir my gesing het (ag nou tjank ek alweer as ek sy stem so hier in my ore hoor hum) en dan moes hy dit oor en oor sing. My ma se familie sing almal, van rock tot opera.

    Ag sorry, ek weet dit het nou niks met die mes te doen nie, maar opera bly maar opera.)

  18. Fantastiese musiek, maar onmenslik om die seuns te kastreer. Fassinerende inligting, dankie! 🙂

  19. Wippie: Hulle langbene in die arms en bene was lank, en dit het te doen het die regulasie van groeie wat versteur is. Die mate waartoe hulle tot seks en derglike funksie instaat was, het van elke individu afgehang, ek wou nie te veel oor die fisiologie daaroor skryf nie want ek wou nie aandag van die sang aftrek nie. Maar dit is tog ‘n vraag waaroor ek self nuuskierig was.

    Zee: Opera is opera, inderdaad. En baie mooi. Die lied is mooi ne! Daar bly vir my iets tragies aan die stemme….Ave Maria is ook een van my gunstelinge, maar ek kan glad nie sing nie, ek luister maar en klap hande.

    Sonkind: Jip onmenslik.

    (Ek dink nou aan iets: Daar is vandag natuurlik nog die toepassing van vrouelike besnydenis, sommer net weens tipiese dominasie. Dit is wreed en vir die res van die vrou se lewe pynlik.)

  20. Bertus!

    Lees gerus oor die rol wat eunugs in ou Egipte en Persie gespeel het. Hulle het alles bestuur. DAar was een koning van Persie, ek vergeet sy naam maar sal dit opsoek, wat vreeslik verlief was op sy koningin. Toe sy doodgegaan het, het ‘n eunug die koningin se rok aangetrek en toe die koning dit sien, was hy dadelik verlief en niemand anders as daai eunug is ooit weer toegelaat om sy bed te deel nie. Ek vertel dit nou nie eintlik so mooi soos dit is nie, maar dit was baie roerend soos dit destyds opgeteken is.

  21. Bertus, dankie ek sal bietjie gaan lees oor hul rol. Ek kan net dink dat daar baie sulke verhale was, asook verhale van die eunugs wat as slawe gedien het.

  22. demoerin

    Rosa, soos gewoonlik is die feitvraat nie teleurgesteld nie! Cool stuk, weet jy, popgroepe en sangers sal kom en gaan, maar daar is net iets ongeloofliks mooi aan ordenklike vocals. Of dit nou as solo of koorstuk opgevoer word, dit vat ongelooflike tegniek! Toe ek laas in Rome was met La Notte Bianca, was een van die opvoerings waar hulle my nie kon wegkry nie ‘n koor wat opgetree het in die Pantheon. Een van die liedere was die Halleluja koor uit Handel se Messiah. Dit is sielskos die! Weet ek was bietjie van die onderwerp af, darem amper daar. 😆

  23. Demoerin….nee man spreek enige iets al is dit van die onderwerp af, een ding laat mens mos aan ‘n ander ding dink. Ek smaak dit!!!!
    Handel se musiek is amazing. Weet jy dat Handel SPESIAAL stukke geskryf het vir die Castrati? Hy was een van hulle grootste ondersteuners.
    Nou praat jy ook my taal: ‘n geskreeu en getrommel sal vergaan en uit die mode raak. Maar behoorlike musiek sal voortgestaan. Daar is net niks soos afgewerkte, skoon, talent nie.

  24. demoerin

    Sien, toe was ek meer op die onderwerp as wat ek gedink het. 😆 Ek sal darem ok nie mense soos U2, Coldplay ens. weggooi nie, en geniet dit net so baie. Maar dit gaan heel moontlik nie “the test of time” deurstaan nie! Nog nooit gekyk nie, kyk byvoorbeeld of jy Lesley Garrett se Abide with me kan opspoor! Dit is sielskos die!

  25. Sjoe, ‘n mans sopraan stem het net daai ietsie anders. Mooi seuns soprane kan gehoor word in die oorspronklike ‘Pie Jesu’ van AL Webber se Requiem, asook in die die klankbaan van ‘Empire of the Sun’ veral in die liedjies Suo Gan en Exsultate Justi.
    Die rede hoekom die Castrati as homoseksueel gesien word is maklik verklaarbaar met fisiologie. Kortliks kom dit daarop neer dat vet (adipose tissue) kan estrogeen vervaardig- lae konsentrasies, maar nogsteeds teenwoordig. Indien daar geen ander sekshormone is nie volg die uitdrukking op die hele fisiologie. Almal weet dat seuns en dogters verskil en die verskil is as gevolg van testosteroon.

  26. BB

    Hmmmm – as ek ‘n seuntjie was sou hulle my beslis moes besny het – ek sing al van laerskool af in ‘n gemaklike bariton 😉 – but thanks again – jy stel net nooit teleur met jou inskrywings nie!!

  27. maeree

    sjoe
    ek het nie geweet dat die ouderdom waarop die operasie gedoen word, enige invloed het nie. dit was vir my die aangrypendste deel van die fliek farinelli – die verhouding met sy vrou en die manier wat sy broer vir hom instaan.

    ek kon net die een lied van moreschi luister. dis erg unsettling.

  28. Blixer: Ja Empire of the Sun het ek al seker 3 keer gesien, wonderlike fliek en musiek.

    BB: LOL!

    Maeree: Die ouderdom het bepaal of hulle ‘n ereksie kon kry ect.
    Ja die musiek is roerend, en hartseer, maar op ‘n vreemde manier is ek erg aangetrokke daartoe. Bepaald van my gunsteling musiek oor die my emosie letterlik uitkrap.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: