Die Dokter

Die hout in ou geboue lewe, dit het alles wat daar gebeur het gehoor en gesien. So wanneer jy die volgende keer by ‘n baie, baie ou gebou kom, laat gly jou hand saggies oor die dik hout.

Dan sal jy geheime voel, daar onder jou hand. Jy sal die trillings van toendertyd se mense se emosies voel rimpel oor jou vel. Jy sal hul parfuum ruik en hulle stemme hoor bons oor die vertrek.

Dalk net kry jy die geur van perdesweet van die mans se broekspype. Of dalk die vroue se poeier?

Gaan kyk ‘n bietjie diep in die oë van die portrette? Wie was die mense? En watter lewens het hulle gelei/gely?

Daar by Alphen hier in die Kaap hang so ‘n portret in die eerkamer. Hy is nie baie impossant nie, net gewoonweg. Dit is van dr. James Barry, die chirurg-generaal hier aan die Kaap (1795-1865), in Engelse uniform.

Alphen het baie belangrike besoekers ontvang en Barry was ‘n vriend van die eienaars. Barry het selfs met iemand daar op die landgoed ‘n swaardgeveg gehad – glo een van vele. 

Barry was die eerste persoon wat op Suid-Afrikaanse bodem ‘n keisersnee gedoen het, en dit was boonop suksesvol! Dit was natuurlik ook die eerste keisersnit in Afrika.

(Die Cloete-famile waaraan die plek sedert 1850 behoort was tydens die Anglo-Boere oorlog verdeeld, vandaar die pub se naam: Boer & Brit, baie lekker plek om te eet tussen al die geskiedenis, want dit als is ‘n nasionale monument).

Terug by Barry: Toe James Barry op 25 Julie 1865 sterf, vind hulle twee dinge uit: Hy is eintlik ‘n sy; en was dus Brittanje se eerste vroulike dokter ooit!

Sy was glo eintlik Margaret Ann Bulkley wat nie net dokter was nie, maar met onderskeiding in die weermag diens gedoen het.

Daar is gese sy is as vrou gebore maar het gekies om as man te lewe, ek neem haar nie kwalik nie, want vroue kon nie studeer en ‘n loopbaan volg nie. Die ander moontlike rede, waaroor later navorsing gedoen is, is dat sy inter-seksueel was: eienskappe van beide manlike en vrouelike seksualiteit, maar ‘n mens kan nie die persoon as spesifiek aan een van die genders toeken nie. Dit is ‘n chromosoom-afwyking. Of dan ‘n hermafrodiet. Die kennis het ons natuurlik eers in later jare verstaan.

Die weermag was so geskok hieroor dat hulle die rekords hieroor vir ‘n 100 jaar verseël het!

Maar hoe dit ookal sy, hierdie was ‘n fenominale lewe onder moeilike omstandighede. Iemand wat inspireer en wat soveel bereik het. Barry het regoor die wereld heen gereis en in hoë poste gedien. En was bekend as iemand wat geveg het vir die regte en beter kondisies vir melaatses en die armes, en die pogings het ander dokters glo net vies gemaak.

Sy was glo ‘n moeilike mens, en het op ‘n keer vasgesit met Florence Nightingale. Daar is natuurlik ook ‘n rits stories oor die goeie Florence, maar dit laat ek vir ‘n ander dag.

Foto: Find a grave

Bronne: www.alphen.co.za. wiki en myself


  1. Dis ‘n baie interessant storie Rosa. Sy/hy moes vreeslik baie opgeoffer het om drome te bewaarheid.

  2. James of dan Margaret kon beslis nie maklik gewees het nie. Kan jy dit jou voorstel, die arme mens en ten spyte daarvan kon sy nog steeds sulke hoogtes bereik. Prysenswaardig!

  3. Ek wou sê: James of dan Margaret se lewe kon….
    Ai die ouderdom het my nou pens en pootjies in sy kloue!😆

  4. Reisiger

    Maggies, dit is inderdaad ‘n baie interessante storie!!

  5. Interessante stukkie geskiedenis. Thanks!

  6. Ja, dit was noudie Vrydagaand op TV 2, 9pm. Daai spook storie ding. Dit is nou ‘n great program. Ek sit skeitbang met groot oe en al die huis se ligte aan as dit wys, maar ek KYK!

    Oe, ek vrek oor die geskiedenis van die Kaap, en die ou geboue is vir my magies. Eendag blog ek daaroor. Dis mos magic.

  7. Ek wens ek kon die chauviniste gesigte sien toe hulle dit uitvind.

  8. demoerin

    Thanks, weereens voed jy die feite-vraat in my!

  9. Baie interessant! Ek kan net dink hoe geskok die klomp manne was toe hulle uitvind hy is ‘n sy! Whahaha!😆
    Ek het lekker gelees, dankie!

  10. boendoe

    Magic storie!

  11. BB

    Vertel, vertel Rosalind!! Man , jy mag maar blog!!

  12. Dankie julle!

    Skoor: Was Barry se storie op TV! Ek kan nie glo ek het dit gemis nie, ek kyk nooit meer gewone TV nie. Vertel, watter spook?

    Weet julle ek het lank terug gehoor Charlize Theron gaan dalk in ‘n fliek speel oor dr. James Barry se lewe, maar lyk my nie daar het iets van gekom nie.

  13. My pa (ook ‘n Dr Barry) se bynaam by sy eerste baas was James, juis omdat die baas op daardie stadium (erens in die 1970s skat ek) van James Barry gelees het.

  14. Weet dit gaan nou nie oor James nie, maar die Alphen is waar ek en die liefie getrou het. Jy sal ons nog gereeld daar sien vir ‘n koffietjie of ‘n sundowner. Ons lief die plek en veral vir die geskiedenis daarvan.

  15. Pienk Zuit, dis oulik. Annir topic, party mense pas nogal by hul name… i.e. party mense “lyk soos ‘n james”.

    Roer: Mense kan oor enige iets kommentaar lewer. Ons is ook mal oor Alphen. Ek hou ook van die graftombe in die agtertuin. Die pub, die kos, die atmosfeer, ag sommer alles. Dit is ‘n heerlike plek om te trou! Skitterende keuse.

    Jy het seker al dr. Barry se portret gesien? Ek jy ken seker die storie van die pop?

  16. Soos altyd, is jou possies baie interessant. Ek leer lekker hier by jou, juffrou Rosa!😉

  17. So was ‘n pous mos ook ‘n vrou. Is daar mans wat hulle in die geskiedenis soos vrouens vermom het? Mantu?

  18. Wil jy nou meer!😉

  19. demoerin

    Toe nou gisteraand so bietjie gaan wiki en google. Baie interessante..mmmm…persoon gewees.

  20. Emil: Lees die storie hier onder oor Pous Johanna (pope Joan was ‘n mite!) Tannie mantu is ‘n spook-toordokter

    Dellie: Ek sou ‘n terrible juffrou gemaak het…;)

  21. Phantom is Vrydag aande op TV 2, 9nm.

    Dan gaan daai funny ou van die Vodacom ads deur die land en kyk die spoke uit. Ek geniet dit verskriklik.

    Van Daisy de Melcker, tot o.a. Dr. James Barry. Daardie spesifieke program was verskriklik insiggewend, met die Kaapse geskiedenis agtergrond.

    Hy was ook in ‘n huis, en jy sal dit like, wat aan Ingilse Cloetes behoort het. (uitgespreek Kloetie)

    Die man was hoog op in die Ingilse gatte tydens die ABO, en dan het die offisiere aan huis kom gesels. Die tannie het dan afgeluister, notas in ‘n porseleinpop se klere gewerk, en dit dan Pretoria toe gestuur vir haar ‘suster se kind’. Dan is die notas weer na die Boere Generaals gestuur. Cool, ne! Die tannie was seker ‘n Boervrou.

    Noudie aand was hy in Kimberley. Ek tape altyd die goed, dan kyk ek dit wanneer ek tyd kry. Met die Kimberley een was ek so bang, ek het die ligte loop aansit, anders het ek gedooi!

  22. Ja dit is die Cloetes van Alphen! Daar is fotos van die kind wat so soet die pop vashou in die kroeg. Sy weet nie daar is ‘n briefie onder die pop se rok nie.
    Dit is die einste plek. Dit is in die huis waar dr. James Barry se foto hang!

  23. Was jy al daar? En Tokai Manor het ook gefeature op daai aand se program.

    Mail my bietjie en vertel hoe mens daar kan kom. Is dit oop vir die publiek?

  24. Is dit dan dieselfde huis waar hy/sy dood is in die tweegeveg (oor ‘n vrou), op die stoep? Want daar hang nie ‘n foto nie, maar wel ‘n skildery van ‘n erg lelike Dr. Barry. Ek moet se, GLADNIE soos die pic in jou post nie.

    Ek is nou konfoes. Ek het my so sit en verluister, ek het vergeet om in te neem. Gebeur ook soms.

    By Alpen klink dit of daar mense in van die kamers woon, snags, maar die volgende dag is daar niks. Selfs die bediendes praat van die ‘spoeks’ in die huis.

    Lekker geskiedenis.

  25. BB

    Ek seg nou niks meer nie, behalwe: ID Photo!!
    /me trommel mettie vingers oppie tafel… en wag… en wag

  26. demoerin

    Lees nou eers skoor se stukkie oor die tannie met die notas. Ek like van sulke lekker cloak and dagger stories.

  27. Dis lekker interessant! Ek is heeltemal mal oor ou geboue!! Ek is ernstig, ek raak liries daaroor. Nikita sit altyd vir my foto’s van ou geboue in, of links. ‘n Gebou vertel ‘n storie. Ek kan nie wag vir jou Florence stories nie.

  28. Skoor: Dr James Barry is nie dood in ‘n tweegeveg op Alphen se stoep nie, maar in Londen (hy het egter ‘n tweegeveg by Alphen gehad….ek dink die TV2 program jok).

    Die porter\t waarna ek verwys is ‘n portret soos in skildery. Nie foto nie. Die betrokke portret hang wel by Alphen….ja sy/hy is nie baie mooi nie. LOL/

    Tokai Manor is ‘n ander plek in die Tokai bos met ‘n spookstorie oor die baas van die plek wat op nuwejaarsaand van sy perd afgeval het en sy nek gebreek het. Ek was al daar, is ‘n baie mooi huis, maar ek kan nie onthou hoe om daar uit te kom nie.

    BB: Nee sorry ek kan nie my ID wys nie…:)

    Wip: Ek sal nog skryf oor Florence, daar is nogals skinderstories oor haar.

  29. Nou kyk nou net. Die TV vertel die baas het op oujaarsaand sy gaste entertain met die seun op die spogperd, wat die eetkamer binnegery het, en met die uitgaan slag, skrik die perd vir iets, en gooi die seun op die trappe af. Morsdood.

    Die TV lieg ook maar lekker…

  30. Hoe bly is ek nie nou dat hulle destyds my tv “kom haal” het nie…!

  1. 1 Mooi stories in ‘n glas vol Jack « Het die Kranse nog Antwoord om te gee?

    […] Franklin het ‘n tyd gelede ‘n stuk geskryf oor ene Dr. James Barry, en ‘n oogknip voor dit, het ek op die program, Phantom, […]

  2. 2 Lekker « Rosalind Franklin

    […] https://rosalindfranklin.wordpress.com/2008/06/16/die-dokter/ […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: