Om bang te wees

Die mens, glo ek, is bang vir die dood. En tereg ook so, die brein is van so aard dat hy alles in sy vermoë sal doen om jou aan die lewe te hou, maar die brein van ander diere is ook so bedraad.

Die reaksies om ten alle koste te oorleef is in die hippokampus en amigdala. Ek elke een van ons werk daagliks baie hard daaraan om nie bang te wees vir die dood nie – dit is nogal stresvol. Ons troos onsself op baie, baie maniere. Ons troos ook mekaar.

Dan is daar die limbiese sisteem wat verantwoordelik is vir ons emosies wat wipplank en wat maklik opgesweep kan word.

En glo dit of nie, die mens is ‘n groepsdier en dit het baie te doen met die manier waarop ons dink en doen…(sommige individue is egter nie)

Dit is eenvoudig nie lekker om gekonfronteer te word met ons eie mortaliteit nie. Een voorbeeld is wanneer ons besef hoe gou tyd verloop. “Dit voel soos nou die dag toe ek in matriek was, en dit is 20 jaar gelede, dit is scary hoe vinnig die tyd loop.” Dis ‘n goeie voorbeeld, en wees eerlik, dit is nie ‘n lekker besef nie.

Halloween (wat ons nie so baie hier vier nie) maar eintlik kinders bang – dit bring hulle in kontak met die dood op ‘n sogenaamde speelse manier, maar navorsers het in ‘n studie in 2005 bevind veral kinders onder 10 is eintlik bang in die tyd. Ironies genoeg beskerm ons hulle in ander tye teen die dood, maar maak hul skrik tydens Halloween. Boonop sien kinders die tyd as werklike mag wat aan hulle gegee word, terwyl volwassenes dit net as ‘n spel sien. Lekker verwronge.

En navorsing wat in 2001 gedoen is (Universiteit van Florida)  toon dat mense wat nie wegskram om oor die dood te praat nie, juis die is wat minder bang is daarvoor. Maar godiens per se maak jou ook nie meer gelukkig en minder bang nie, is bevind, dit is diegene wat ‘n doel in die lewe het wat gelukkig en minder bang/nie bang is.

Dit het ook geblyk dat ouer mense wat gevoel het, het lewe was sinvol nie bang is vir die dood nie. Punt is: jy moet lewe!

Maar wat is die dood?

Hoe voel daai laaste oomblikke?

En hoe is dit?

Is daar ‘n bewussyn (sonder ‘n neokorteks, suurstof en die res)?

 

A man’s ethical behavior should be based effectually on sympathy, education, and social ties and needs; no religious basis is necessary. Man would indeed be in a poor way if he had to be restrained by fear of punishment and hope of reward after death – Albert Einstein

Advertisements

  1. Ek wil nog steeds elke dag nuwe dinge leer en sal daarvan hou om 100 jaar oud te word, ek glo ouderdom is “mind over matter”. Ek is egter niks bang vir die dood nie, in die sin dat ek nie bang is om dood te WEES nie, maar dat ek nogal benoud is oor die doodGAAN gedeelte. Ek sou nie wou siek wees en ly nie, dit moet vinnig gebeur, as ek nou sou kon kies 🙂

  2. Jo-Ann Schou

    Ek is ook bang vir die hoe. Veral ‘n storie soos my ma s’n. Ek sal nooit vergeet toe die dokter vir my en my pa ingelig het oor die prognose en toe my pa vra wat als beteken my ma se antwoord was “Bokkie, dit beteken ek gaan dood binne die volgende jaar”. Sy het probeer sterk wees, maar haar hande het in haar skoot gebewe. Sy is 10 maande later moeilik dood. Daarvoor is ek bang.

  3. Die gedagte aan die gevolge van dood en die leemtes wat dit laat ontstel my altyd. Ek is nog nooit in nabye kontak met die dood gewees nie en as sulks is dit vir my ‘n abstrakte konsep, maar ek sal nie sê ek is bang nie, miskien net vir die manier van doodgaan.

  4. Solank myne ook vinnig en geruisloos sal kom. Ek het ook al gewonder oor die laaste oomblik.

    In die familie kerkhof (ma se kant) is die grafstene ‘n stille verhaal wat ek so graag sou wou ken. ‘Stil heengegaan’, ‘Sag heengegaan’, ‘Wreed vermoor’.

    Gelukkig het ek nie die vermoens om die dooies te vra nie! Ek is anyway te bleddie bang vir spoke. Dit moet maar wag vir ‘eendag’.

  5. Sonkind, ek stem saam met jou oor die proses van doodgaan, dit moet vreeslik weird wees. Ek sou graag 200jr oud wou word, sonder dat die liggaam ingee.

    Jo-Ann, dit is vreeslik, ek is ook bang daarvoor. Jammer oor jou ma ((J-A)).

    Netjane, presies, dit is so abstrak, maar ook so werklik! Dit is ‘n vreeslike werklike kontras. Dood is een van die weirdste dinge ooit. Dit smokkel vreeslik met dit kop.

    Skoor, ek het nog nooit ‘n spook gesien nie. Toe ek klein was, was ek die heel bangste van alles in my lewe vir spoke.

    Baie dankie vir almal van julle se insette, erg waardeer. Elkeen het nou vir my iets gese wat my weer laat dink het.

  6. Ek sal graag vir Woody Allen wil aanhaal “I’m not afraid of dying, I just don’t want to be present when it happens”

  7. Hi Blixer ja, bewus met begrip.

  8. reisiger

    Interessante inskrywing en ook almal se kommentaar daaroor. Ek is ook bang vir die dood want dis onbekend – niemand het al ooit terug gekom en gesê hoe dit was nie. As mens kon kies, sou ek graag in my slaap wou gaan en mens sal natuurlik ook nie wil ly voor die tyd nie, maar dis nie vir ons om te besluit nie. ‘n Paar mense na aan my is al oorlede en mens besef maar net elke keer weer opnuut, jy is maar net vir ‘n klein rukkie hier op die aarde.

  9. Hallo en welkom Reisiger. Dit is so waar wat jy se, die tyd is so min en die proses is so onbekend.

    Ek het al baie keer gewonder hoe ek dood sal wil gaan en elke keer verander ek my opinie! Soms voel ek ook: in my slaap en ander kere voel ek, by my bewussyn maar sonder pyn met die mense wat ek liefhet om my, moet ek net weggly.

  10. Ek glo die dood is net nog ‘n geboorte.

  11. Iemand het een keer gese^ enige iemand kan dood gaan. Dis om te lewe wat guts vat. Ek sal nie wil ‘vroeg’ dood gaan nie, want daar is net te veel wat ek nog wil doen en my lysie het ‘n leeftyd nodig. ‘n VOLLE leeftyd, maar ongelukkig glo ek die tyd van my lewe en dood berus nie by my nie.

  12. “Fear, the final frontier”
    Dis die misterie van die lewe.

    As ek doodgaan, gaan ek space travelling doen. My siel gaan rondswerf, nie onder nie maar tussen die maan,sterre en planete.. (is dit nie makliker om so daaraan te dink nie?)

  13. Ek is ingeskryf op ‘n podcast en toevallig is die laaste aflewering se titel: “The best preparation for dying well, is living well.” Dit sluit aan by wat jy en ander ook geskryf het. Ek dink dit vat dit goed saam.

  14. demoerin

    Ek sal aanhou om elke dag die feit-vraat in my te bevredig vir solank ek kan! Tereg word hier telkemale gesê dit moenie gaan nie oor die vrees vir die dood nie, dit moet gaan oor elke dag LEWE! Ek probeer so ver moontlik dit elke dag doen, en snaaks genoeg is my eie dood nooit werklik iets waaraan ek dink nie. Ons is op geleende tyd, en daar is nie tyd om oor dinge soos die dood te bekommer nie.

  15. Ek is so bly julle almal het kom saampraat oor die dood/lewe. Aanvanklik was ek bangerig dat ek dalk geen kommentare gaan kry nie. Dus, baie dankie.

    Boerinballing: Ook gestel, behalwe dat die brein nog nie so ontwikkel is nie en dit nie kan onthou nie, kan mens dit terugswaai en vra: Hoe voel geboorte. (maar ek verstaan jou stelling in die godsdienstige sin)

    Roer: Ek voel ook so, daar is nog miljoene goed wat ek wil doen ek ek voel die mense lewe nie lank genoeg nie. My lysie is te lank en tyd loop te vinnig.

    Wippie: Ek hou van wat jy voorstel!

    George: Ja living well…

    Demoerin: Ek is so ‘n feitvraat dat ek boeke sal eet as ek kon. Nou kom ‘n ander vraag by my op na aanleiding van wat jy se, sommige mense is bang vir die lewe, maar dit is weer ‘n ander ene!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: