Pous Johanna

Parce pater patrum papissae edere partum

Vader van ons vaders, vergewe die pousin wat geboorte gegee het

Dit is na bewering die grafskrif van die een en enigste vroulike pous/pousin wat nog ooit gelewe het. Johanna VIII (Joan VIII). Het sy tussen Leo IV en Benedict III  die magtige Katolieke kerk se staf in die hand gehad? 

Soos alle heerlike verhale het sy voor ‘n groep mense glo in die openbaar geboorte geskenk aan ‘n kind. Die woedende skade het dus ontdek sy is ‘n vrou, haar gegryp en soos goeie paternaliste dit betaam, haar gestenig.  (Wat is die kans dat ‘n pous in daardie tyd in die openbaar tussen die gepeupel rondgeloop het, hy doen dit nie eens vandag nie.)

Die verhaal is, soos baie ander stories, net ‘n spul nonsens. ‘n Mite. Maar met rede, volgens Women’s History: Om vroue mooi te leer: Ken julle plek, probeer ‘n posisie van mag beklee en jy en jou baba (dit wat jy hoog ag) sal wreed sterf.

Net soos wat geletterde vroue as hekse gebrandmerk is… 

Dit is ‘n ultimate no-no. Die deur sal vir julle geslote wees. Mooi stukkie politieke propaganda.

2033

En daar sien ek toe die magtige Pous Johanna (Jana Cilliers) in die Afrikaanse verwerking van The American Popess (Der Amerikanischen Papstin, Esther Vilar,1974) by die KKNK in 2004. Dit was losweg die mees fantastiese drama wat ek in my dag des lewens gesien het.

Ek moet ook byse dat niemand anders as Jana dit so goed sal kan speel nie. Sy het net daardie magiese, pouslikheid omtrent haar. Mens wil glad die ring loop soen en dan besef jy, die kerk is nie meer die staat nie. Wie en wat is die kerk? En wat is geloof?

Pous Johanna kom terug na die basiese, na dinge soos omgee en liefde. Soos in regtig. En sy draai nie mooi doekies om nie, sy praat. Sy oreer!

Daar is net Jana op die verhoog, vir meer as ‘n uur, bitter min dekor en die teks. En sy slag die heilige koeie en veral bulle, een vir een. Sy vertolk die rol van die demokraties verkose vroulike Pous Johanna in die jaar 2033. In in 2033 (onthou die drama is in 1974 geskryf) is die kerk se invloed omtrent niks.

Die pous is nie net ‘n vrou nie, maar ook ‘n mens. Dit gaan ook nie juis spesifiek oor die pous, die katolieke kerk, of geloof nie, maar tog in ‘n mate ook. Dit handel oor die mensdom en sy instansies.

Dit is die een produksie, wat as ek kan kies, ek weer sal wil sien. En welliswaar ek was al in New York.

Die stuk gryp jou voor die bors – soos dit hoort.

Pous Johanna Foto: Universiteit van Stellenbosch


  1. Pragtige inskrywing… Dit maak mens lus om self te gaan kyk!

  2. Bertus!

    Ek het gehuil toe ek daardie play gesien het. Albei kere.

  3. Ek sal dit ook graag wil sien. Lekker gelees

  4. Toe ek begin lees kom die gedagte op dat wikipedia deur grootlieg geskryf is en die “davinci code” se hele bodem het in die see gestort😆

    ewenwel, Jana Celliers is ‘n orator van notisie en ek kan verstaan hoekom jy graag die stuk weer sal wil sien. Ek sal nie omgee om dit self onder oog te kry nie…

  5. Ek sal ook graag daai produksie wil sien. Jana Cilliers is maar goed jong! Ek het lekker gelees.

  6. demoerin

    Lekker leesstuk…Ek sou ook definitief Jana vir die rol gekies het….sy het maar net daai spesiale presence! Kyk nou maar na daai kiekie!

  7. Ek huil ook sommer…!

  8. maeree

    jaaaaaa!!!!!
    ek het gesit en snik toe ek dit gesien het. ek het gevoel asof ek johanna is.
    dankie dat jy dit so mooi vereer.

  9. Ja..ja maeree die rosie is sommer ‘n ou doring!
    Ween sommer wee..

  10. Zee

    Weereens het ek hier lekker gelees. Sal nogal daarvan hou om dit te sien!

  11. Hi dankie almal dat julle kom inloer het by my Pous. Ek sal laat weet as ek hoor sy word weer opgevoer.

  12. Maybe was ons in dieselfde show – ons het dit ook toe by die KKNK gesien.

    Heavy stuk. Maar niemand beter as Jana om dit te doen nie. Nie eens Anna-Mart hierdie keer nie!

  13. Von

    Lekker gelees Rosie! Ek het nog nie die stuk gesien nie en sal werklik ‘n punt maak om dit te gaan kyk. Jana Cilliers bly maar een van ons land se begaafste aktrises.

  14. Ironies genoeg, al laat die Katolieke Kerk nie vroulike predikante toe nie, kan hulle wel ‘n vroulike pous kies. Die idee is wanneer die volgende Pous gekies word, dat die Heilige Gees hulle moet lei daarin. Daar is geen voorskrifte dat die Pous manlik, ‘n predikant / biskop / kardinaal of selfs enigsins Katoliek moet wees nie. Dit is waar dat die Kardinale gewoonlik onder mekaar die nuwe Pous kies. Dus is die waarskynlikheid dat daar ooit ‘n vroulike Pous gaan wees maar skraal.

  15. Nee Adrie, hulle kan nie ‘n vrouelike pous kies nie, ook nie ‘n priester of kardinaal nie. In die katolike kerk kan die vrou net ‘n non wees.

    Skoor, ja dalk was ons in dieselfde show!

  16. O sonde – dis nou iets wat ek ongelukkig gelate aanvaar het. Dankie vir die regstelling😳

    Politieke propaganda inderdaad – ‘n les vir so baie ander waaraan ons vandag blootgestel word.

  17. Emil, ek ook totdat ek Pous Johanna gaan sien het en meer gelees het, het ek dit ook aanvaar. Geen rede om te bloos nie.😉

  1. 1 Die week in ‘n neutedop…. « Demoerin’s Klasak

    […] verloor blykbaar gereeld haar kop, en aan die anderkant is Caroline nie gebreklik nie. Op kultuur vlak kan daar van ‘n “vroulike pous” gelees word en warriors sonder tieties, en […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: