Die belangrikste?

Waar le die mens se wysheid? Ek kan ‘n lang lys maak van waar die mens se onnoselheid le, my eie onnosel dade en woorde inkluis.

Maar wie is werklik wys? En indien daar sulke mense bestaan, luister ons na hulle of luister ons eers na ‘n paar honderd jaar na hulle, nadat hulle eers as eksentrieke gekke uitgelag is. Wat is werklik vir mense in die lewe belangrik? Of hardloop ons soos ‘n troppie skape agter die opinie van die meerderheid aan, dalk omdat dit gerieflik is, of omdat ons bang is?

In 2004 het ek in Kaapstad se Tuine rondgeloop en op die mees fenominale uitstalling afgekom. (In 2010 sal dit permanent gehuisves word in ‘n spesiale sentrum). Dit was brons-afgietsels van baie bekende mense in verskeie velde heen, hul wyse woorde en foto’s. Wat die uitstalling – Hands that Shape Humanity – uniek gemaak het, is dat elk van die mense gevra is om net enkele woorde te gee aan die mensdom: Enkele woorde van wysheid as nalatingskap. Dan praat mense nie nonsens nie.

Die medium wat gebruik is om die boodskap oor die dra is lewensgrootte afgietsels van die betrokke mense se hande, en verfafdrukke. Dit was asof die hande van die mense aan my geraak het en die reuse foto’s na my gekyk het. Dus, het hulle woorde, ook inslag gevind.

Van die mense is so bekend ek dink hul vriende sukkel om afsprake met hulle te kry. Ek het voor een van die bekendstes gaan staan en vir myself gese. “Ek wens ek kan net vir ‘n uur met jou praat. Maar ek weet dit sal nooit gebeur nie.”

Net meer as ‘n jaar later het ek “one on one” met die persoon gesit en gesels, vir meer as ‘n uur. In ‘n ongelooflike, ondenkbare kettingreaksie het ons paaie gekruis. Die persoon se aandag was net myne en die wysheid ook. Moet nooit se nooit nie.

Maar belangriker as dit, en die ervaring van die betrokke persoon. Waar soek ons na wysheid? Dit le alles ook binne jouself. In jou eie reis om kennis te verkry, te ontdek, vrae te vral. buite die norm te dink, nooit alles as volkome te aanvaar nie, en net blindweg te glo nie, om nie ‘n mussie oor my oe te trek en te se: okay nie.

Nog minder gaan iets sommer uit die lug uit op jou val.

En vir my persoonlik: Om te dink – vir myself te dink. En dit sluit baie dinge in, ‘n holistiese benadering tot myself en alles om my. ‘n Nimmereindigende soeke.

http://www.handsthatshapehumanity.org/

Advertisements

  1. Wipneus!

    Ek het hierdie inskrywing vandag baie, baie nodig gehad. Want ek wroeg met myself, ek begin dink ek pas nêrens meer in nie. Ek hak ook vas by die Nimmereindigende soeke. Dankie Rosie. Welkom terug en ek hoop jy voel sommer stukke beter.

  2. Hallo Wipneus, glo my jy pas in 😉
    Om nimmereindigend toe soek is soos ‘n reis, ‘n lekker een, moenie dat dit vir jou ‘n klip om die nek wees nie, inteendeel.

  3. Ek dink die mens wat ophou soek na antwoorde is dood. Daar is ‘n spreekwoord wat sê sodra jy dink jy ken al die antwoorde verander hulle die vrae… Dis so waar. ‘n Reis na iewers, ‘n onbekende eendag en intussen moet ons so veel al moontlik, so vinnig as moontlik insuig (en uitspoeg) as dit nodig is.

  4. Ek glo mens is nooit te oud om te leer nie. Hier by jou, Rosa, leer ek elke keer iets kosbaars by. Dankie.

  5. Von

    Ja jong, lewenservaring kan niemand van jou af wegneem nie en dit maak jou ‘n onuitputlike bron van kennis (vir die wat wil luister!) Kahlil Gibran skryf in sy boek “The Prophet” “….pain is the shell that encloses understanding…” Nie dat alle kennis noodwendig met pyn moet gepaard gaan nie, maar mens kry die idee. Ek besef ook al hoe meer dat dit slegs jy en die Here alleen is wat jou paadjie in die lewe loop – jy word alleen gebore en gaan alleen dood.

  6. Pikke: ja dit is ‘n heerlike spreekwoord, dankie dat jy dit noem.

    Sonkind: Dankie liewe Sonkind, en ek leer by jou.

    Von: Dit is ‘n goeie boek, een wat mens weer en weer kan lees.

  7. Roer

    Ek dink nie enige een van ons dink 100% ‘vir hom/haarself’ nie. Ons word beinvloed deur wat ons lees, na luister, swot, wat jy geleer is as kind, ens.(of na watter wyse mense jy geluister het 😉 ). “luister ons na hulle of luister ons eers na ‘n paar honderd jaar na hulle, nadat hulle eers as eksentrieke gekke uitgelag is”… ‘hulle’ is relatief. Ek slaan ag op baie ‘eksentrieke gekke’ van die verlede se sienings en stellings, maar nie almal nie. Ek het self gekies en besluit wie ek gaan glo MAAR ek is beinvloed deur hulle almal. Die punt wat ek dink ek probeer maak is jy glo dalk een ‘eksentrieke gek’ en ek ‘n ander.

  8. Bertus!

    Daar is ‘n winkel in Doebai wat elke smurf ooit verkoop. Selfs Draculasmurf en Frankensmurf.

  9. demoerin

    Ai, ‘n post so na my hard. Mens kan NOOIT genoeg kennis hê nie, die brein moet net so hard soos jou bene oefen. Daar is te veel mense wat te lui is om hulle grysstoffies te gebruik…en dan moet ek myne met hulle deel…en ek is moeg daarvoor! hehehe. So waar wat jy sê, moenie alles glo wat uit elke jan-rap-en-sy-maat en direk uit hulle perde se bekke uitkom nie….dink daaroor, maak jou eie mind op!

  10. demoerin

    jinne, heel dislekties vanoggend…HART

  11. (bertus, ja ek ken daai 2 twee, ek het hulle, dis oulik ne? is deel van die holloween-reeks.)

  12. Roer: Nee ek dink jy verstaan dalk die inskrywing verkeerd, dit beteken nie dat een mens alleswetend is nie. “een mens dink 100% vir hom/haarself nie”.
    Dit gaan juis oor ‘n innerlike soeke na kennis. Maar vanuit jouself, nie deur middel van spoonfeeding nie.

    Demoerin: sowaar, nooit genoeg nie. is die enigste nooit!

  13. Waar lê die mens se wysheid? Beslis by die Skepper daarvan. Wysheid kan maklik met kennis verwar word, ‘n mens kan al die kennis in die wêreld hê en steeds ‘n dwaas wees. Eers wanneer Wysheid die gat vul sal die ewige innerlike soeke invervulling gaan.

    (Spreuke 8:1) Roep die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie?

    (Spreuke 8:19) My vrug is beter as goud en as fyn goud, ….

    (Spreuke 8:23) Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af.

    Enige mens sal graag in haar boesem wil nes maak…!

  14. boendoe

    Ek het Desmond Tutu s’n gaan lees. Dis woorde wat my aangryp. Ek wonder net hoekom Nelson M nie daar is nie. (Kan dit nie help nie, ek is ‘n big fan van die man!)

  15. Boendoe die eerste uistalling het net 38 mense maar hulle het hom uitgebrei tot talle meer al. Madiba se cast van sy hande is al geneem en sy woorde is gekry, dit sal in die nuwe uitstalling wees wat oor 2/3 jaar sal open.

  16. “There but for the grace of God go I”- soms moelik om te onthou as mens met staatsamtenare te doen kry!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: