Voorwaarts Mars

Briljante mense word onthou vir dit wat hulle doen, uitvind, verrig en met akkuraatheid kan se oor veral die toekoms. Hulle is mense wat die vermoe het om, een van die grootste aspekte wat ander mense in hulle daaglikse bestaan belemmer, te oorkom: die manier hoe daar na tyd gekyk word.

Maak nie saak in watter veld die betrokke slim mens goed in is nie, hulle staar hulle nie vas in die wurgende en verkeerde idee wat die gewonde sterfling oor tyd het nie. Dit is uit hierdie volwasse denke waaruit ‘n visie vir die toekoms gebore word, of dit nou ‘n fiets, ‘n mikrogolfoond, ‘n motor, balpuntpen of satelliet is.

Hierdie is mense wat dink: Ja, dit is moontlik.

Byna 51 jaar gelede is die eerste satelliet in ‘n wentelbaan buite die aarde se atmosfeer ingestuur, Spoetnik. Vandag is daar meer as ‘n 1000 in die ruimte.

In 1920 is in die New York Times van Robert Goddard ’n gek gemaak omdat hy voorspel het die mens sal die Maan met ’n vuurpyl kan bereik. Daar is gesê Goddard ken nie die verband tussen aksie en reaksie nie en besef nie dat ’n vuurpyl nooit in ’n vakuum sal kan funksioneer nie.
Daar is ook gesê hy beskik nie eens oor die kennis wat daagliks in hoërskole uitgedeel word nie.
Dit was eers in 1969, drie dae voordat Neil Armstrong sy voet op die Maan gesit het, dat die koerant droog verskoning gevra het – hoewel Goddard toe reeds dood was.
Vir baie mense het Goddard die onmoontlike voorspel. Vandag is dit prof. Stephen Hawking die bekende astrofisikus en wiskundige, wat soms uitsprake maak wat die mensdom laat regop sit. Hy het verlede jaar gesê die mens se oorlewing hang af van sy sukses om binne die volgende 100 jaar ander planete te koloniseer, omdat die mens die Aarde as tuiste verwoes. Indien nie, sal die mensdom nie oorleef nie. Leke lag vir hom maar Nasa (wat vanjaar 50 jaar oud word) neem hom ernstig op.
Hawking meen dit is moontlik om binne 20 jaar ’n kolonie op die Maan te hê en binne 40 jaar op Mars – en dat dit belangrik vir die oorlewing van die mens is.

Met Nasa se nuwe Konstellasie-program, met sy splinternuwe ruimtetuie, sal tot vier mense op ’n keer Maan toe gaan en uiteindelik tot ses maande lank bly. Die eerste onbemande missie om die beste landingsplekke te soek sal al vanjaar geskied.

Die bemande missies sal op die vroegste in 2015 gebeur en nie later as 2020 nie, as alles volgens plan verloop.
En hulle sal buiteposte moet bou – dit alles met die oog op Mars.

En ons dink dit is onmoontlik, want soos ons vandag kan reis sal dit ses maande duur om Mars te bereik. Dit is nie vergesog nie. Kyk hoe ver het ons in 50 jaar gekom! Die Internasionale ruimtestasie, verskeie tuie na planete, die pendeltuie, Skylab, Hubble en Spitzer.

Ek glo nie dit is vergesog nie. Ons sal daar kom, nog voor 3000. En Hawking sal die man wees wat onthou sal word as die een wat ons gemaan het om te eksploreer, om onsself te dryf en nuwe tuistes te soek. Hy sal die groot gees wees.

Die week het Phoenix van Nasa suksesvol op Mars geland in ‘n poolarea (noord) wat ons nog nooit ontdek het nie. Dit is ook nie die eerste tuig na Mars nie, maar die een het ‘n spesiale robotarm wat in die harde grond sal boor en met ‘n spesiale laboratorium aan boord wat eksperimente sal uitvoer oor die komposisie van die grond – chemiese samestelling, en die belangrikse die soeke na moontlike organiese elemente, wat water insluit.

Ons weet reeds daar is alle aanduidings van waterwys op die oppervlakte en ander navorsing het getoon daar is ‘n groot moontlikheid vir waterys en/of lopende water onder die oppervlakte. Die antwoord sal ons hopelik vanjaar nog he.

Daar sal ook nie mars-mannetjies wees nie, en indien daar nog vorms van lewe is/was (in ons sonnestelsel) is die algemene gevoel dit sal ‘n mikroskopiese of baie klein vorm van lewe wees. Of ons dit sal herken as lewe is ‘n ander vraag. In die ander miljarde, miljarde, miljarde sonnestelsels lyk (en in samestelling) kan dit dalk so anders wees dat ons dit nie sal herken as lewe nie, behalwe natuurlik die feit dat ons en “hulle” nie die afstande sal kan verduur nie.

En hoe moeilik was dit om hom te land? So moeilik soos om ‘n laser te fokus op ‘n 20c-stuk sowat 300 km ver.

Waarom is ons daar? Ons durf nooit, nooit ophou ontdek nie. Net soos van die seevaarders, reisigers en ander nuwe lande ontdek het, doen ons dit weer. Ons verbreed ons kennis, las by en skaaf aan dit wat ons reeds weet. Bewys onself ook verkeerd.

En daardie stukkie nuuskierigheid van die wetenskap, wat wil leer en verbreed moet altyd bly: die sin van nuwe inligtig.

Die harde, ys-agtige grond van Mars. Foto-Nasa

Een van Phoenix se eerste foto’s van ‘n deel van homself (om te toon hy is in werking) en van die pool-horison – uit natuurlik plat sal wees. Foto-Nasa

Advertisements

  1. Ek sal nie omgee om op die maan te gaan bly nie, maar om 6 maande in ‘n ruimtetuig te sit…dis darem maar vrek lank! Dalk kan ek ‘n paar ongewensdes na die buitenste ruim pos of dalk moet hulle al die kriminele soontoe stuur… interessante inskrywing!

  2. Hang af wat alles op die tuig is om ‘n mens te vermaak! hhehe. 😉

  3. Natuurlik, maar met my luck sal dit beslis nie iets goed wees nie…

  4. Soos op die oomblik by die internasionale ruimtestasie waar die enigste toilet stukkend is…hulle moet sakkies gebruik.

  5. Zee

    Rosie, hierdie is nou interessant hoor. Toevallig gisteraand op soeke na baba foto’s het ek op foto’s afgekom waar my grootouers by NASA was ‘n hele paar jaar terug. Ek wil nog graag die weightlessness ding doen, ek dink dit sal regtig so n experiece wees.

    Ps… het nog nie vergeet van jou Egipte post wat ek wil doen nie, is besig met dit.

  6. demoerin

    Baie interessant. Ja, ons het al baie uit geskiedenis geleer om nooit te sê, never say never. Ek dink selfs mense soos Da Vinci het al wonderlike idees honderde jare terug gehad, goed wat hy selfs op papier vasgelê het!

  7. Hawking (hoe briljant hy ookal is…?) hou nie rekening met die “wysheid” van God se Woord en dit wat geskrywe staan oor die “einde” van hierdie generasie en die “skep” van ‘n nuwe generasie nie…!

    Dit verstom my telkemale as ek hoor tot watter uiterstes die welvarende tegno-kapitaliste sal gaan om vir 1 enkele mens in ‘n huisie op ‘n ander planeet te gaan bou,in duidelik sigbare lewelose woestyn omgewing.

    Dit ten koste van degenerende eens lewensvatbare aarde waarop tans ‘n bykans, seker meer as 4 Biljoen aardse plakkers woon. Plakkers waarvan die meeste van hulle daagliks moet raap en skraap om net aan die lewe te bly…! Plakkers wat mekaar begin uitmoor om toegang tot “beperkte” lewensmiddele.

    Hoe siek het die denke van die mensdom nie geword nie… dis om van te kots!

  8. Baie goeie inskrywing. Die mens moet nooit ophou ontdek nie. Dis hoekom jy ‘n brein gekry het, om hom te gebruik en rond te krap vir nuwe inligting.

    Johannes jou kommentaar maak nie sin nie????

  9. Daar is baie mense wat glo dat Armstrong en Aldrin? nooit op die maan was nie. Dat die beeld materiaal in ‘n ateljee verfilm is. Ek weet nie of hulle ‘n punt beet het nie, dit is nie iets waarin ek besonders baie belangstel nie. Tog wonder ek hoekom daar nog nooit weer ‘n sending maan toe gestuur is nie?

    Mens kan al grond koop op venus, en dit is glad nie so duur nie.

    Rosa, ek dink jy het ‘n baie belangrike punt aan geraak. Of die mens lewe op ander planete sal erken as hulle dit sien.

  10. Zee, ek dink ook die gewigloosheid ding is iets om te ervaar en toe het ek iewers gehoor ‘n mense word glo erg naar. Ek sal baie graag Nasa wil besoek. Lekker.

    Demoerin. Jy is so reg, oor never say never! Da Vinci, wonderlike genie!

    Wipneus ek stem.

  11. Adrie: Die rede was ekonomies. Daar is eerder besluit om te fokus op Skylab wat later vervang is deur die internasionale ruimtestasie en die pendeltuie.
    Baie mense ook Nasa se huidige aministrateur glo dit was ‘n fout om sendings na die maan te stop, maar dit was die politici se besluit.

    Daar is egter intussen baie werk gedoen tuie het na mars, venus, saturnus, die kuiperbelt, komete ect gegaan in verskeie missies. Klem is gele op space exploration met die ruimte-teleskope spitzer en hubble (die nuwe een james webb kom in 2013).

    Maar ons gaan mos weer maan toe binne 15 jaar en groter en beter as ooit. Die eerste onbemande missie vertre al vanjaar.

    Wie verkoop die grond op Venus?

  12. Rosa

    Dit was ‘n Raar maar Waar artikel wat ek lank terug gelees het. Kan wratig nie onthou waar nie. Was wel ‘n Amerikaanse ding gewees, die pryse was iets soos $110 per erf.

    Ek sal nooit ‘n ruimte toeris word nie. Ek betaal nie miljoene om naar te wees nie. 🙂

  13. demoerin

    @ Rosa, en die snaakse ding is dat daar heel moontlik mense as heretics op dei brandstapel beland het vir goedjies wat nou vir ons alledaags is!

  14. Goeie een, weer eens. Die mens is die ewige ontdekker.

  15. costello

    Soos altyd…lekker- ek hoop om nog eendag in die ruimte te reis

  16. Adrie, wel wie ook al plek/grond op ander planete verkoop maak geld vir niks, want die planete behoort aan niemand, dit kan nie verkoop word nie. Dit is soos antartika, dit is almal s’n.

    Costello: Dit sal amazing wees om ruimte toe te gaan, vir my ook.

    Demoerin: Inderdaad die mense het vir veel minder hulle lewe verloor.

    Emil: Dankie 🙂




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: