Baba Rosalind

My 1de verjaardag met my treinkoek. Na aanleiding van Sonkind se tag.

Volgens die bababoek wat my ma getrou gehou het was baba Rosalind: “baie lief vir diere en om rond te blaai in boeke, mens sou dink sy lees regtig.”

Ek se glo 266 “werklike woorde” (hoe die hel my ma die lys gehou het weet niemand nie).

En wanneer ek glo nuwe klere aantrek se ek “brm-brm”. Wil seker gaan dans of af-show.

Advertisements

  1. Zee

    Jinne Roos, 266 woorde, geen wonder jy skryf sulke oulike goed vandag nie.

    Mmmm, daardie treinkoek lyk so lekker, sny sommer ‘n stukkie vir my af.

    Is jou hare nog donker? Ek het my nogal voorgestel dat jy donker hare het!! Cute foto.

  2. demoerin

    Cute foto, like die treinkoek!

  3. Dit is te pragtig!

  4. Ek is stomgeslaan – 266 woorde!! Bleddie hel!!! OK, nou weet ons almal jy is moer slim… 😆 Pragtige foto, dis vir my so sweet dat omtrent almal hulle handjies of in die monde of iewers naby hulle gesiggies het!!!

  5. Baie oulik! Daai koek is omtrent ‘n koek! Dis heel amazing dat jou ma so boek gehou het!

  6. Amazing woordeskat vir so klein dingetjie. Cute.

  7. Is die koek nie fantasties nie! My ma en ouma het altyd sulke wonderlike koeke opgetower, weet nie hoe hulle dit reggekry het nie.
    En my ma het hierdie boek gehou met my “vordering”. Foto’s en als. Sy’t tot daarin geskryf dat die tandemuis vir my 50c gebring het vir my eerste tand in 1978. LOL.

  8. Waar het julle daai ryk tandemuis gekry??? My duurste tand was 5c… Oi, hoekom was my muis so arm??????

  9. Jy is pragtig! Wat is dit met treinkoeke en 1st verjaarsdae – ek het vir my seunskind ook ‘n treinkoek op sy eerste verjaarsdag gekoop (darem nie self gebak nie 😆 )

  10. maxie

    Wat ‘n pragtige foto! Dis merkwaardig hoe jou ma so noukeurig boek gehou het 🙂

  11. Jo-Ann Schou

    Rosalind, jy het soos ‘n porseleinpop gelyk!

    Jou tandmuis was seker ook die buurt se kerkmuis…. Ek het ‘n rand vir ‘n voortand gekry – dit was nog note en dit was baaaaaie geld. Dit het beslis getroos vir die feit dat my oom Deon (net 7 jaar ouer as ek) my haasbek-karretjie-wipgat genoem het elke keer wat hy verby my geloop het. My ouma het ny toe vertel dat ek hom Donkie Fransoois Gortsop (Deon Francois Gordon) moet noem as hy dit weer doen en daarna was sy mond sommer tjoepstil…. hy was bang sy skoolmaats hoor dit….

  12. Pragtig!! Ek het sinsnedes van my kinders gemaak, maar iewers het dit verlore geraak! Daar was die kostelikste se-goed.

  13. Dit is ‘n gorgeous foto! Spesiaal.

  14. BB

    Dit is ‘n ongelooflike foto!! Verrrry nostalgic! En een ding is seker – jy het nog nooit ophou lees en beslis ook nie ophou praat nie – en dankie tog daarvoor!

  15. Dit was omtrent ‘n koek en ‘n half! En jy lyk sowaar soos ‘n poppie.

    Ek het ook so ‘n boek vir Seun, alles is daarin geskryf, van sy eerste smile tot sy eerste skryfwerk voordat hy skooltoe is. Net jammer ek het nie getel hoeveel woorde hy kon praat nie!

    Maar nou weet ons hoekom ons so slim word hier by jou. 😉

  16. Hi julle sal seker spoedig weer van die krukkelys af wees.

    Waar is die dae? Ek is ongelukkig nie meer ‘n poppie nie. 🙂

  17. Die goeie kinderdae. Die koek maak my nou sommer honger. My dogtertjie sê in die week. Mamma, ek is nou so honger ek sal tot ‘n wortel eet.

    Cute foto

  18. Von

    Hene Rosie – jy lyk soos ‘n poppie, ‘n baie ernstige klein babbelbekkie. G’n wonder jy kan ons so met die woorde meevoeren omtower nie – jou woordeskat was fenominaal op daardie ouderdom. Moet tog ‘n foto van kleinkindkuiken Chanico op my blog laai – sy lyk BAIE soos jy op hierdie foto – die woordeskat het egter eers veel later op 266 gestaan!!!

  19. Baie oulik! maar so ernstig..;)

  20. Dit lyk of jy op heterdaad betrap is met die hand op die koek!

  21. Ons begin jou nou mis, hoe gaan dit?

  22. Haai Rooskind, jy het my getag om iets te post. So jy is getag om ons te vertel wat is die belangrikste ding/iets/iemand in jou lewe. 😀

  23. demoerin

    Gooi daai krukke nou by die venster uit!

  24. Zee

    Hallo, anybody out there?

  25. Uit-te-blerrie-eintlik is ek terug by die werk, maar niemand het my gemis nie….:) 🙂

    Riaan: Ek voel oor ertjies oos jou kind oor wortels voel. Daar was altyd trane as ek dit moes eet.

    Knernis: Hoe op aarde kan ek so ‘n tag doen? Dit sal mos alles weggee???!!!

    Blixer: LOL,,,waarskynlik!

    Von en ander: Ek weet niks van babas nie, dalk het my ma ‘n fout gemaak, oor die baie woorde, maar dit is wat in die boek staan. Ek sal haar weer vra. Dalk is dit net 6!
    Ek kan wel ‘n pak slae onthou toe ek baie, baie klein was en dit staan nie in die boek nie…dit het oor fudge gegaan.

  26. Dit is ‘n STUNNING foto! Ek raam dit sommer!!!!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: