Dikbek nurse

Sleepvoet, sleepvoet kom sy aangestap. Haar lip staan klaar doer. Wat sy in die saal kom maak weet die vader alleen, want sy werk nie ‘n steek nie.

Sy is ‘n dikbek nurse. Of is sy tekenend van SA se gesondheidsisteem wat ook nou die privaathospitale lamle? Want my ervaring verlede week in een van Kaapstad se sogenaamde beste en bekendste private hospitale was skrikwekkend.

“Ek het nog nie my slaappil ontvang nie,” se ek wat Rosalind is. Dit is al na tien uur die aand. Die medisyne-trollie was al in die saal, maar ek het die pil nie ontvang nie. Al het ek dit vir die suster wat die medikasie uitdeel gese, sy het net iets gemompel.

“Ek wag al meer as ‘n uur vir die warm melk wat ek gevra het,” se blinde tannie Anna.

“Ek het al twee ure gelede gevra dat die suster na iets in my been moet kom kyk.” se Maria. Wie is die suster aan diens?

Sleepvoet: “Ek weet nie wie die suster is nie.”

“Onmoontlik, jy moet weet, roep haar,” se ek. Sleepvoet antwoord nie, sy sleep net by die saal uit. Lip nog dikker opgeblaas.

Arme tannie Anna, sy is blind; ek kan nie loop nie; Maria kom pas uit ICU en Sophia oorkant my kry more ‘n nuwe hartklep. Sy eet uit vrees voordat dit nil per mounth-tyd is. Ons is in verskillende fases van pyn en paniek.

Ek moet elke twee ure piepie, want die aarvoeding loop so vinnig in, maar ek kan nie by die toilet uitkom nie, want ek kan nie loop nie. Lui ek die klokkie kom niemand nie. En staan mens mos op jou verbruikersregte, behandel hulle jou eers sleg.

Later is die uitwerking van die morfien en die lank wag vir ‘n bedpan te veel. Nou kan ek nie meer piepie nie. Die suster rol wragies haar oe, ek voel lus om haar met die bedpan te bliksem. Die detail sal ek julle spaar maar dit was ‘n onaangename proses om uiteindelik my natuurlike funksies weer normaal te kry.

Nog ‘n sleeper kom op dag nommer twee om my te was. Ek het seep en ‘n waslap vergeet. Sy is te lui om ‘n koekie seep te gaan haal en ‘n waslap. Nee wat, sy gooi ‘n groot skeut bloedrooi hospitaal-ontsmettingsmiddel wat by die wasbak staan (waarmee personeel hul hande moet was) in die kommetjie, gryp ‘n vadoek van iewers en begin my skrop. Sy mik eerste na my suidelike pool. NEE! gil ek, nie met daai seep nie.

“I have to wash you all over, there too.” se sy en skrop my…

Na die tyd ruik ek soos ‘n septiese tenk. Ek kan nie glo wat sopas gebeur het nie.

Niemand het ooit na Maria se pyn in haar been kom kyk nie, al het sy pas ‘n hartaanval gehad en ‘n bloedklont ‘n risiko is. Die melk het ure later gekom. Die suster het nooit gekom nie. Ek het byna ‘n uur vir ‘n portier gewag om my na ontvangs te neem.

Die afstandsbeheer vir die lig het nie gewerk nie. So ook nie my telefoon nie.

Daar was nie iets soos ‘n matrone nie. Niemand in die saal was in beheer nie, die verantwoordelikheid is die hele tyd geskuif.

En vir die eerste keer ooit, het ek sommer in die oggend en saans self my chroniese medikasie geneem. Dit is opgeskryf dat ek medikasie neem. Maar niemand het verder daaroor geworry nie. Gelukkig het ek dit saamgeneem!

Dit het my ongelooflik bang gemaak. Ek was nog nooit bang vir die hospitaal nie, maar nou flippen wonder ek.

N. S. Vergeet om te vertel van die een wat vir my gevra het of ek daar is vir ‘n “caesar” toe ek daar in pre–op le. Vokit…ek belowe julle ek lyk nie swanger nie, regtig.

Advertisements

  1. maxie

    Wat ‘n nagmerrie-ondervinding. Dit is absoluut skokkend. Ek was nog altyd bang vir hospitale en dit raak net erger elke keer as mens lees of hoor van die swak sorg en verwaarlosing van pasiente deesdae. En dit in sg. goeie hospitale! Hoop jy’s gou weer op die been.

  2. Ai Rosa, hoop jy voel gou weer beter!

    As jy ‘n klag indien sal jy sien hoe vinnig trek hospitaal personeel ‘n laer. Niemand weet van niks nie en die Mediese Raad loop ook fluit-fluit weg.

    Kry vir Sonkind om jou kampvegter te wees.

  3. Nee, liewe genade Rosa. Dankie toggie jy is veilig terug! O nee aarde tog jy moet hulle hel gee (jy kan mos), jy is mos darem ‘n grootmens, kan jy jou voorstel hoe gaan dit in die kindersaal waar die wesentjies nie verstaan van kla nie!!! Ek sidder as ek dink wat alles met jou kon gebeur het!!! Hel… Ek is stomgeslaan!

  4. Rosie dit is verskriklik. Hier by ons gaan dit net so sleg. As iemand bv Aids het word hulle nie kos gevoer nie, die antwoord : Sy gaan buitendien dood gaan. Hierdie antwoord is aan my skoonma gegee toe sy kla oor die persoon langs haar honger en siek is.

    Ek is jammer om van jou nare ondervinding te hoor. Hoop dit gaan al beter met jou!

    Mens moet kla oor hierdie diens, hulle word betaal en lê sekerlik ‘n eed af, of word dit nie meer gedoen nie? Dis k@k dat hulle so sleg is…..of hulle moet ander werk gaan doen waar hulle maar dikbek en sleepvoetend kan rond sluip. 👿

  5. Nee, goeie ***!!!!

    Dit is ‘n skryende skande, jy moes haar sommer met die bedpan gebliksem het. Ek sou die pan geswaai het as hy vir jou te swaar is. En jy moes natuurlik jou arm en been gelos het vir betaling.

  6. Sjoe – skryf seblief ‘n brief aan Die Burger.

  7. boendoe

    Privaathosopitale het ook ‘n personeeltekort en groot werksdruk…maar dis NIE ‘n verskoning vir belangelose ‘sorg’ of geen sorg nie. Gaan kla by die hospitaalbestuur, maar ook by die groep se hoofkantoor. Nie om die hospitaal se naam deur die modder te sleep nie (al verdien hulle dit!), maar om toekomstige pasiente te beskerm. En, as alles faal, kan jy nog na SANC (South African Nursing Council) gaan.

  8. Liewe Rosie-van-my-hart

    Ek is net bly dis verby, so skrikwekkend as wat dit was.

    Bederf liefie jou tuis? 😉

    xxx

  9. Sjoe, mag ek nie daar land nie.

    Ek lei af jy is nou by die huis. Hoe gaan dit?

  10. Netjane, jy wil nou regtig hê daai hospitaalpersoneel moet gery word tot die duiwel hulle haal as jy my as kampvegter aanstel 😈

    Rosa, dis vrek sleg en ek sal hulle ry tot by oom Daantjie in die kallerhok, as ek jy is! Gaan koerante toe, maak ‘n GROOT bohaai, leer hulle ‘n les wat hulle nooit sal vergeet nie.

    Bly jy is darem veilig terug.

  11. BB

    Ek sidder!!! Sorry skat!! Hoop jy is ok?!

  12. Ja-nee, dit kan ‘n mens nie aanvaar nie. Jy moet die saak definitief opneem. Stuur sommer hierdie stuk aangeheg aan die klagte.

  13. demoerin

    Genugtig Rosa, dit was waar jy nou met pyn en al sug van verligting as jy by die huis kom! Crap man…vaderland dit is ongelooflik! Lyk maar daar was definitiewe redes hoekom die klokkie en telefoon buite werking was! Ek sal my mediese fonds aanbeveel om hulle nie te betaal nie! Of ten minste net helfte van oornag verblyf bill!

  14. Sjoe, dit maak my regtig bang. Maar wat kan mens doen, al die goeie verpleegpersoneel stroom landuit en mens kan hulle nie kwalik neem nie.

  15. Hallo almal, ek sal die hospitaal loop opdraande gee sodra ek weer kan loop en eeeeendag weer kan bestuur. Maar ek weer hulle gaan my vra wat die mense se name is, maar nie een het ‘n naamplaatjie gedra nie.
    Maar dit is nonsens, want hulle weet mos wie was aan diens.
    Ek sal dit ook opneem met my fonds om mense af te raai om soontoe te gaan.

    Die ergste van alles is dat ek drie jaar gelede ook in die hospitaal was (na ‘n freak ongeluk) en toe was die diens skitterend!

    Die probleem is as mens seer het, het jy nie veggees nie! Ek dink hulle weet dit. Mens is moedeloos en hulpeloos.

    Dankie vir almal se inloer en omgee!

    (Hi liewe Lu, mmmm…liefie moan al en ek moet nog ‘n week tuis bly. LOL)

  16. Was dit ‘n seuntjie of ‘n dogterjie…?

  17. Ons wat in hospitale werk kan jou regtig vele Horror stories vertel oor hospitale.

  18. Blixer, ek wil hoor en ek wil ook nie hoor nie. Flip.

    O hel ek het vergeet om te belangrikste te vertel: Toe ek le en wag vir die operasie in preo-op toe vra een van die sleepvoete vir my of ek daar is vir ‘n “caesar”.

    vokit….

  19. Oh no! Ek sou haar net mooi vertel het waar sy moet gaan spring. Een van my kollegas ‘n chirurg met geen humeur was eendag (2003) in die moeilikheid toe hy die verplieer met die x-straal kas wou slaan. Hy het ‘n groot operasie gedoen op ‘n prokureur nogal, en die pasient is ISE opgeneem. Die arme man se derms en maag is geoppereer en hy het voeding per aar gekry- genuine aarvoeding met vette ens. Die volgend oggend kom SPG daaraan en wat vind hy? Die nurse het die aarvoeding aan die pasient se epidurale kateter gekoppel. Net daar verlaat enige selfbeheersing hom en hy ruk ‘n ligkas van die muur af om die male nurse mee te slaan. Lang en kort van die storie- dreigende hofsake en hy soek toe ‘n ander hospitaal om in te werk. Dit klink dalk erg, maar die ou gee regtig om vir sy pasiente- hy het al betaal dat ‘n dringende hofaansoek teen ‘n fonds gebring word as ‘n lewens reddende operasie geweier word- ironie die regskoste is meer as wat hy sou maak uit die geval.

  20. Ek hoop regtig jy voel al baie beter teen die tyd. Om in pyn te wees en dan nog so behandel te word… ek stem saam met Adrie, ek sou haar met die flippen bedpan gebliksem het! 👿

  21. Blixer, ek glo jou. Die dokters was baie goed gewees, dit was die verpleegpersoneel wat so treurig was, en dom-dom verby, geen suigel nie. Niks.

    Dellie, dankie voel beter.

  22. Sien dit van die angle:

    as dit nie so k*k was nie, het jy nie ‘n storie gehad om te vertel nie, en het ek nie nou groot-oog gesit voor my skerm nie.

    Eish, Wille Roos, skop gat, sodra daai knie weer wil.

  23. Skoor: LOL, ook weer waar.

    Maar dan sou ek seker die storie vertel het van blinde tannie Anna, dat wel 3 letters op ‘n slag kan lees met ‘n instrument wat sy haar teleskoop noem…en hoe sy die botter en konfyt op haar brood smeer terwyl ek haar ‘direct’ vanuit my bed, want sy kan nie eintlik sien nie.

  24. maeree

    magtag
    name and shame them! en moenie afstel om met die bestuur te baklei nie.
    ek het een keer, lank lank gelede, ‘n vrou wat wou selfmoord pleeg na ‘n provinsiale hospitaal se ongevalle eenheid geneem. en vir 8 ure saam met haar gesit tussen die bloed en die verkragte meisie en die ou met die oop meswond wat homself aanmekaar ontbloot.

  25. Het jy al gat geskop? Moenie dit laat lê nie, jy moet dit doen terwyl die stoompot nog aan die prut is!

  26. carien

    Aggenee – is regtig flippen jammer vir jou! Wat ‘n aaklige ervaring. Watter hospitaal was dit? Tog nie Vincent Balotti nie?

  27. Maeree: Dit is vreeslik, ek is oortuig by die staatshospitale gaan dit 10 000 keer erger. mens wil later agro raak.

    Demoerin en carien, ek kan nie lekker loop nie, sal dit doen as ek meer krag het ek sal die stoom weer in die pot blaas.

  28. Somehow i missed the point. Probably lost in translation 🙂 Anyway … nice blog to visit.

    cheers, Broiling.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: