Ewige (blog?)trekkers

Ek wonder al baie lank hieroor, dit lyk vir my dat mense wat Afrikaans praat, geneties iets soos ‘n trek-geen in hulle het. Want daar trek ons al weer…. na Litnet.

Die stelling kan ek natuurlik nie wetenskaplik bewys nie – dit bly dus net ‘n stelling of model. Diegene wat van Europese afkoms is wat in hierdie land woon, stam natuurlik ook af van mense wat in hulle bloed hierdie trekgeen besit het. Dus hoe ons hier gekom het.

Die moerige gogga het natuurlik sy kop weer uitgesteek toe almal op hulle ossewaens geklim het in die 1800’s toe dinge nie na hulle sin was nie en sommer net blindweg die bosse in gebliksem het. Net om deur siektes en inheemse inwoners afgemaai te word. Die res het sukkel-sukkel hulle plasies bewerk.

En natuurlik was daar weer ‘n helse rebellie, maar geen trekplek nie, toe die Engelse ons spul uiteindelik ingehaal het in 1899. Maar ‘n bittere stryd teen die grootste “empire” het gevolg. Ons het sleg tweede gekom.

Nou,soos in 1994, trek al wat leef en beef weer. Omdat hulle oortuig is hulle kry weer swaar. Maar werklik, hulle los hulle werk, huise en motors agter. Wanneer ‘n mense sulke besittings het kry jy nie nog swaar nie. En hulle doen navraag oor hoe om hulle geld oor te dra.

En sowaar onder onsself, hier op wordpress (wat nie net beter lyk nie, en beter werk nie) trek ons as blare gewaai word na een van die mees pretensieuse plekke op aarde. Waar die brieweblad soos ‘n passer is – al om dieselfde ou gat – na Litnet. Dieselfde ou mense net dieselfde opinies jaar na jaar. Heunig of rissie om die mond, hang af van wie jy ken.

Ek is nie bang om te trek na Litnet toe nie, ek sal die mense aanvat. Ek voel opgewasse, regtig. Ek het ‘n werk waarin ek baie met sogenaamde “slim”  of “belangrike mense”  te doen kry. Dit is nie die punt nie.

Die plek is doodeenvouding nie lekker nie, dit is borig en vol pretensie. En sulke goed maak my vieslik naar.

Mense kan natuurlik doen wat hulle wil. Ek probeer net verstaan waarom mense altyd alles los en oor begin. Migreer. Of gelok raak deur vernis oor hout.

Omdat ons dink dit is beter daar? Hoekom?

Ja, ons is ewige trekkers.

Maar ek laaik dit hier. Ek ontspan hier en ek hou van die crowd.

Hierdie is ‘n losse, vir die eerste keer wilde, maar eerlike en dalkies ondeurdagte opinie van Rosalind Franklin. Maar nou ja hier is dit. Jammer as ek jou vies maak, skel my maar.


  1. Ons is met wiele gebore. Swerwers volk. Die geskiedenis sê tog ook so. Ek trek nêrens heen. Is al so lank in buiteland dat ek nie lekker wwet wat die Litnet voor staan nie.

  2. Ek laaik dit ook hier en ek laaik jou posts hier. En hier kan mens goed soos laaik sê.😉

  3. En ek wil ook nie trek nie. Maar dit weerhou my nie van besoek nie. En al is ‘n heavy tempted om ook maar ‘n woonstel by Litnet te huur, skryf ek in iedergeval beter in Engels as Afrikaans. En ‘n paar internasionale vriende kan darem ook verstaan.

    Rosalind, jy sê nou nie eintlik of jy ook by Litnet gaan aansluit of nie?

  4. Ek het lekker gekry toe ek dit lees. Maar ek dink vir sommige mense wat gewilde blogs het is daardie prysgeld ‘n versoeking – en hoekom nie?
    Ek weet ek staan nie kans vir die prysgeld nie, maar vir my is dit ‘n groot versoeking om vir Carl Niehaus op sy blog te gaan sê wat ek van die huidige situasie in SA dink.

    Eintlik behoort blogs onderling met mekaar aanpasbaar te wees. Ek dink dit gaan kom tussen Blogger en WordPress, maar nie tussen 24.com en enige iets anders nie, want 24.com wil jou net daar hou. Jy mag nie eers ‘n nie-24.com blog in jou blogroll hê nie. En hulle sal op jou blog adverteer. Die astrantheid!

  5. Rosalind, prys jou naam, vrou! Jy vat die woorde uit my mond.

    Die stelling som my gevoel jeens Litnet perfek op: “Die plek is doodeenvouding nie lekker nie, dit is borig en vol pretensie.”

    En gebruikersvriendelik is dit nie. Verder inspireer hulle gebruiksvoorwaardes mens nou nie juis om die pen op te neem nie.

  6. Jo-Ann Schou

    Ek blog vir my en hier gaan ek bly. Deon Maas het my gevra hoekom blog ek – my antwoord was omdat ek kan. Nie vir hits nie, nie vir geld nie, net sommer. En soort van as lang geselsbrief sonder einde vir my ver familie. Hier is ek vry om te maak soos ek wil – en ek gaan aanhou. Of ek gelees word of nie.

  7. Ek het al baie rond getrek, en het ook al orals blogs gehad, ek het uiteindelik my staanplek gevind. Hier op wordpress is ek gelukkig.

  8. Ek is nou nuuskierig. Ek moet gaan loer by litnet. Maar ek twyfel of ek sal trek. Ek is te lui om navorsing te doen, hulle gaan my kou.

  9. Nah! Daar’s niks om oor te skel nie! Ek dink nie jy verstaan my motief agter die LitNet-blog nie. Ek floreer in ‘n mate op (gesonde) konflik, en ek dink tussen daardie klomp pretensieuse intellektueles gaan ‘n mens dit kry. Die geld is glad nie ‘n trekpleister nie (alhoewel ek kan dink dat ‘n mens se tone sal krul as jy dit voor een van die bekendes wegraap!) – dit gaan oor die geselskap. Dalk moet jy die opmerkings gaan lees van my eerste possie daar, dan sal jy bietjie beter verstaan.

    Ek bly by WoordStoot – die mense hier is mens-mense, en almal is vriende met almal, sonder dat enigiemand ‘n ander se bollie opvreet. Hier sal ek beslis nie trek nie, tensy dit na ‘n eie domein is. Tot dan – stoot ek woorde!

  10. Reisiger

    Ek lees ook blogs vir ontspanning. Litnet is vir my ook vol pretensie en hoe meer iemand my beïndruk met groot woorde, hoe minder beïndruk hy my eintlik. Ek hou van mens-mense. Maar vir dié wat kans sien en lus het vir ‘n uitdaging, “go for it”. Jy gaan my egter nie daar raakloop nie. Ek verkies dit hier! En daarmee val ek by jou in Rosa, dis my eerlike opinie of ander daarvan hou of nie.

  11. Hoor Hoor!!!

    Ek dink ek sal nie eens die moeite doen om te registreer om kommentaar te kan lewer nie. Ek het ‘n OpenID, as hulle dit wil gebruik sal ek kommentaar lewer.

    Ek dink as iemand Afrikaans wil bevorder deur pryse vir blogging te gee, behoort dit nie tot ‘n seker blog-platform beperk te wees nie.

    Wel, ek sê nou nie “nooit” nie, netnou hardloop almal soontoe en ek sit hier alleen, maar tot dan kyk ek maar eers die kat uit die boom.

  12. Oi, up in arms nê? Maar wragtig ek stem saam met jou. Met een verskil. Ek IS NIE opgewasse teen daai SLIMMES nie. Nie omdat ek onnosel is of nie weet wat in die wereld aangaan nie, eenvoudig omdat ek nie eers met my geliefdes in argumente betrokke raak nie, so hoekom in die lewe moet ek met vreemdes argumenteer!!!!!!!! Verder hou ek van MY crowd, die mense hier by WP. Aarde, ons leer mekaar, vermaak mekaar, laat mekaar huil, gee om vir mekaar, vir wat sal ek nou na ‘n aardige plekkie wat floreer op SA en VAT-HOM wil skuif??? Nee wat, ek bly maar hier in my lekker warm nessie… 😉

  13. BB

    Ek is meer leser as blogger – so frankly Rosa (no pun intended) gee ek nie om waar jy blog nie, solank jy ‘n spoor los, sodat ek jou kan kry as ek jou soek. x

  14. Jip, ek het ook so ‘n paar jaar daar geskryf en baklei, tot ene Self-declared hero, Poepol Ernst Grundlingh, my posts geblok het, omdat ek ondeurdagte uitsprake gemaak het.

    Vandag is ondeurdag aan die orde van die dag daarso. Maar ek kom nie meer daar nie….dis dieselfde ou k*k en dieselfde selfgemaakte heroes, en ek like dit niks.

    Ek wonder hoeveel WP bloggers actually sal trek.

  15. demoerin

    WordPress bly lekker, dit is soos vrugteslaai, ietsie van alles. Mens wil ok nou nie die brein oorwerk nie! Nee jong, daai klomp sal elk geval nie van my taalgebruik hou nie…hahaha…ek sal binne ‘n paar uur die trekpas kry!

  16. Ek het self al in die verlede vir LitNet aangevat oor ‘n underpaid vakature met belaglike vereistes. Melt Myburgh het homself gestrip vir my. En toe’s dit ook maar verby.

    LitNet is vir my in hierdie opsig nes sommige kerke. Sodra daar geldige kritiek is, beskyt hulle hulleself.

  17. (Ek’s besig om te migreer na self hosted space – maak dit van my ‘n trekker? Ek gebruik darem nog steeds WordPress😉 )

  18. RF, goeie inskrywing – hou baie daarvan. Ek dink die Afrikaner is inderdaad maar ‘n trekvolk. Die volk is immers gevorm deur ‘n klomp hardkoppige avonturiers wat self na die Kaapse buitepos getrek het. Ek sien ook nie die trekding as noodwendig negatief nie.
    Omtrent Litnet – jy som dit mooi op. Ek het al baie daar gelees en tot die gevolgtrekking gekom dat dit vir alle praktiese doeleindes ‘n masturbasie-spasie is waar mense se ego’s belangriker is as die substansie van hulle argumente. Ek het egter DGS en DM se eerste inskrywings gelees en ek verstaan uit watter oogpunt hulle dit benader.

  19. Ek hou nogal van hierdie Rosalind Franklin. In die begin was ek werklik “in awe of you.” Nou sien ek jy is ook soms net lekker MENS😆

    Jy is beslis opgewasse vir die Litnetters, maar ek wil net beaan wat DGS se^. Ek wil net bietjie my vlerke gaan sprei daar, maar WordPress bly my huis, ek gaan nerens heen wegtrek nie.

    En kom daar ‘n dag wat ek moet kies, dan kies ek toe oe vir WordPress en julle almal hier, ek het heeltemal te verknog geraak aan julle!

  20. demoerin

    Ek glo nie daar sal baie wordpress bloggers trek nie. In vergelyking met die Litnet storie is dit darem maar baie beter gedoen, en tonne meer gebruikersvriendelik. Ek sal ook DM en DGS gereeld besoek en saam met hulle die punt bewys, jy hoef nie altyd ‘n woordeboek oor te tik om ‘n punt te bewys nie!

  21. Hey Wille Roos, ons is mos ‘star struck’. Jis, tot die appelplukkers raak Idols en hul boyfriends is skuim.

    Ek dink dit kan ook wees om te ‘oe’ en ‘aaaah’ omdat Piet Poepol op jou blog was, en ‘n comment gelos het. Almal soek aanvaarding, en as die aandag van ‘n bekende kom, is die ekstase net soveel meer!

    Of dit is net omdat jy voel WP bied nie genoeg blootstelling nie. Wat dan weer ‘n ander probleem na vore bring, want jy is ‘n blogger, nie ‘n webwerf eienaar nie.

    Skryf jy om hits te kry, of skryf jy om ander te entertain, of skryf jy jou hart uit. Blogging het sy doel verloor. Want soveel skryf wat hulle dink ander graag sou wou lees.

    It’s a funny country, Rosa, vreemd snaaks.

    Hoe dit ook al is, hierdie is ‘n miernessie wat jy nou versteur het, en dit sal interessant wees om te sien hoeveel nou gaan rondskarrel.

    Maar soos almal weet, as jy dit nie like nie, MOENIE DAAROP KLIEK NIE!!!

  22. demoerin

    Ek like daai skoor…as jy dit nie like nie, moenie daarop kliek nie!

  23. Bertus!

    Ek het vir jou ‘n smurf ge-envo.

  24. Zee

    Roos, waar is jy? Hopelik net op ‘n ekspidisie!

  25. Hallo julle, jammer ek kom nie by my PC uit kom nie, onthou julle my knie? Wel ek was toe uiteindelik by die hospitaal en wel vandag het ek die eerste keer kans gesien om die krukke sover te toets (7m heheheh).

    Alleman: Ag as mense so ander wil uitsluit dan bevorder hulle nie die taal nie (media 24/litnet). Almal behoort tot almal te kan link as ons nou regtig vir die taal omgee!

    George: Gebruiksvoorwaardes klink soos ‘n baas wat vir my voorskryf, laaik dit nie, of ‘n skoolhoof.

    Boerinballingskap: “masturbasiespasie..” mal daar oor!

    Skoor: Piet Poepol gaan juis nie op ‘n mens se blog kom nie! LOL As mense dink Joan Hambidge gaan hulle gediggies krit maak hulle ‘n moerse fout. (ek blog sommer wat vir my saak maak en wat in my hart/kop opkom, maar dit weet jy al!) En as hulle post blok, dan is dit sensuurskap en dit ga-sies gee my die horries. Ek wonder of hulle dit weer sal doen? (Ernst werk nou vir huisgenoot…)

    Sonkind: Dankie, ek kies losweg my plek hier ook.🙂

    Emil: Nee ek gaan nie soontoe gaan nie. Tensy iemand my gruwelik aanvat en ek myself moet verdedig, sou ek so voel.

    Bertus:😉
    DGS: Ek verstaan wat jy bedoel. Ek hou ook van debat, nogal. Ek sal jou altyd lees en support.🙂

    Daar was een of ander, bohaai oor moslen en christen issues in die verlede op litnet wat ook onder sensuurskap deurgeloop het. En waarom registreer vir kommentaar?

    Johan: Ek sal jou ook besoek op jou hosted space, soos nou op wordpress.

    Dankie vir al die ander se inloer en heerlike kommentaar. Toe ek weer behoorlik kan loop en sit. Ek is nou luidier…le net.

  26. kate

    My thoughts presies. Hier hang cool mense rond. Ek het gaan kyk op daar die litnet blogs, maar die mense daar probeer een meer slim skryf as die ander. Oh Lord, to be famous in South Africa is hell!




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: