Wat het gebeur…lig en ruimte

Waar op Aarde kom ruimte vandaan? Nie space soos in Star Trek se space nie, maar die ruimte om ons, wat  ter inligting ook nie leeg is nie

Die oerknal was die geboorte van die Heelal sowat 13,7 miljard jaar gelede toe ruimte, tyd, materie en energie tot stand gekom het.

Die gebeurtenis was soos ‘n geweldige warm ontploffing (uit ‘n baie digte, klein singulariteit), behalwe dat materie nie in bestaande ruimte uitgeskiet het nie, maar ruimte eintlik in die proses geskep het. (Dit beteken dat dinge soos sterrre en planete nie uit die ontploffing uitgeskiet het nie, hulle vorm eers later. Die oerknal het dis ruimte (spasie) geskep.)

(Onthou ruimte is nie leeg nie .’n Klassieke vakuum is leeg, maar nie ‘n kwantum-vakuum nie – daarin is sterk kernkragte teenwoordig. Daarin trek die kwarke (quarks) van mekaar in ‘n proses genaamd asymptotic freedom – prof. David Gross wat die week in SA was het ‘n Nobelprys hiervoor gewen)

Okay hier gaan ons verder met die ontstaan van die Heelal:

Binne drie minute na die Oerknal het die jong Heelal al baie, baie ver begin uitdy en stelselmatig afgekoel. Dit het ligte elemente soos waterstofkerne en helium-kerne gevorm, maar geen swaarder elemente nie.

Na 380 000 jaar het die temperatuur tot sowat 3000 grade C gedaal. Omstandighede was toe geskik vir protone en elektrone om te kombineer en neutrale waterstof te vorm.

Met elektrone wat toe gebind het aan atoomkerne, kon lig die eerste keer relatief ongehinderd deur die ruimte trek sonder om deur elektrone versprei te word. Hierdie lig waarin die Heelal destyds gebaai was is al opgespoor (in die 60tigs) en staan bekend as kosmiese mikrogolf-agtergrondstraling. (Die statiese ggrrrr op jou radio is presies dit! Belowe!)

Sterre en sterrestelsels het omtrent 400 miljoen jaar gelede en langer na die oerknal begin vorm in die digste areas van materie (fluktuasies) en donker materie. Omdat daar nie voor dit enige ster- of sonlig was nie staan dit bekend as die Donker Era (Dark Ages) van die Heelal. Ons weet dit is daar en kon dit opspoor met radio-astronomie en gammastraal-astronomie, maar nie optiese-astronomie (teleskoop) nie, want jy kan nie iets sien wat nie lig uitstraal/reflekteer nie. Daarna kan voorwerpe met optiese waarneming gesien word.

Toe helder sterre eers gevorm het, kon die straling van hulle ultravioletlig waterstofatome ioniseer deur hulle weer in elektrone en protone te skei, wat nie aan mekaar gebind is nie. In ‘n stadium was daar genoeg sterre om byna al die neutrale waterstof in die Heelal te ioniseer. Dit was die einde van die Donker Era. Vandag is al die waterstof tussen die sterrestelsels geioniseer.

Die eerste sterre was baie helder en reusagtig groot tot ‘n duisend keer groter as die Aarde se Son. Hulle het saamgebondel in klein sterrestelsels en sowat 1 miljard jr na die oerknal het hulle groter sterrestelsels gevorm.

Teen 4,6 miljard jaar gelede het die planete in ons plaaslike sterrestelsel gevorm. Daar is natuurlik duisende ander plante, ons het al 260 gevind. En so aan en so aan.

Ons weet dat die Heelal nie net die hele tyd uitdy nie, maar dat dit al vinniger en vinniger gebeur. Daar is ook nie ‘n grens aan die Heelal nie. Daarom het die kiekie hier onder so ‘n “spinnerak” om.

Al die bogenoemde is al herhaaldelik deur portuur-evaluasie bewys, verskeie Nobelpryse in fisika is al gewen, in hierdie uiters verkorte en eenvoudige weergawe van ‘n deel van die Heelal se verhaal. Duisende inskrywings in akademiese joernale en wiskundige- en fisikamodelle bestaan om dit te bewys. Die soeke duur voort en meer en meer inligting kom na vore -die wetenskap hou nooit op leer nie – dit is wat dit uniek maak.

Wanneer die nuwe James Webb ruimte-teleskoop in 2013 in gebruik geneem gaan word sal ons pragtige beelde sien en nog meer leer.

A representation of the evolution of the universe over 13.7 billion years. The far left depicts the earliest moment we can now probe, when a period of “inflation” produced a burst of exponential growth in the universe. (Size is depicted by the vertical extent of the grid in this graphic.) For the next several billion years, the expansion of the universe gradually slowed down as the matter in the universe pulled on itself via gravity. The expansion has begun to speed up again as the repulsive effects of dark energy have come to dominate the expansion of the universe. The afterglow light seen by WMAP was emitted about 380,000 years after inflation and has traversed the universe largely unimpeded since then. The condition of earlier times are imprinted on this light; it also forms a backlight for later developments of the universe.

 

Foto: Nasa/WMAP

http://map.gsfc.nasa.gov/

 

 

Advertisements

  1. Horie, ja… Hierdie is iets wat my brein wegblaas..
    Ek het nou die dag ‘n e-pos gekry.. Blykbaar is daar soos nog sterre groter as die “Son” – ja, die son wat soos 90 keer die aarde se grootte is! Hulle is net biljoene ligjare weg van ons af..
    Dit is net te groot vir ons om aan hierdie goed te dink.. my opinie.. ons leef op aarde!
    Kom ons hou dit so…

  2. Hi Melanie, welkom.

    Dit blaas mens se brein weg, maar dit is nogal lekker om oor die heelal te lees, ontdek en te praat.

    Ons son, is net ‘n ster (in ‘n spesifieke fase van sy lewe). ‘n Son is niks meer of minder as net ‘n ster nie. Daar is miljarde, miljarde ander sonne en ons son (in hierdie sonnestelsel) is van middelmatige grootte.

    My opinie is dat ruimtenavorsing die afgelope 50 jaar intens ver gekom het. 60 jaar gelede het mense gese ons sal nooit iets buite die atmosfeer kan stuur nie.

    Ons sal oor 200 jaar nie net meer op die aarde woon/leef nie. Glo dit maar! Ons sal ook op ander planete woon. So, ons kan nie meer net na die aarde kyk nie.
    Voor 2020 sal ons terug wees op die maan en voor 2030 sal ons vir langer as 6 maande in basisse daar bly.

  3. Dit blaas mens se brein weg, maar in ‘n lekker manier! So asof ek in ‘n surfer stem wil sê “amesome man…”. Lekker inskrywing gewees, dat ek ook darem so bietjie kan verstaan.

  4. Netjane: dit is absoluut, dit blaas mens se brein maar dit is nie buite ons bereik om ook in die wonder daarvan te deel nie 😉

  5. Amazing! Baie nice blog hierdie Rosalind!! I’ll be back….

  6. Rosa

    Ek hou van jou 200jaar profesie…!

    Dit klink uiters gesaghebbend! Hoeveel “aannames” vorm die “fondament” daarvan?

    Niemand wat vandag leef sal dit natuurlik kan verifieer nie, tensy ons ouderdomme weer 930jaar kan word soos die van Adam…!

    21 Mei 2011 tot 21 Oktober 2011 is nou minder as 3jaar weg. Ons sal immers kan bepaal wie reg en wie verkeerd was, die Bybelse profesieë … of die profesieë van Rosalind Franklin!

    As die Bybelse profesieë in 2011 in vervulling gaan (“glo dit maar!” as ek jou aanhaling mag gebruik) sit ons met “‘n Blog” … not from this world, met tegnologie ook not from this world, en al daai ander lekka dinge wat ons hedendaagse tegnologie argaïes onmagies en onmitologies gaan laat lyk…? Met een verskil, geen moontlikheid van rebelsheid teen die Skepper daarvan. Vir Ewig saam met Hom, en sal ons Hom van aangesig tot aangesig sien…

    (1Kor 13:12) Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

    Ek moet erken ek hou van jou “guts” … dis immers meer direk en minder vaag as die mees ervare weervoorspeller se profesieë…! Ek moet egter noem, dat ek (met die uitsondering van die gesag wat die Bybel ons bied) in hierdie geval my geld eerder op die weerkundige se weervoorspelling sal plaas.

  7. Sjoe.. ek het op daai foto hierbo gedubbel kliek. Fantastiese illustrasie maar ek sien daar wag “inflation” aan die einde van die tonnel… of is dit nou in die begin daarvan…? Lyk my inflasie bly kom al 13 miljoen jaar met ons saam…? Ek wonder net watter “aap” was toe die minister van finansies…?

  8. Johannes dit is inflasie soos fisici dit verstaan nie soos ekonomie nie, ek sien jy lees steeds nie wetenskap nie? Inflasie is…ag ek mors my tyd.

    Eendjie, welkom.

  9. Dis fantasties, ek sit op my stoep mt my sel en comment, danksy d wetenskap wat toegelaat was om meer van dit wat 13000jaar terug geskep was te ontdek. Massa media om d “message” d wereld in te stuur…alle eer aan d Skepper daarvan.

  10. mmm, eer vir Nokia, Johannes.

  11. Rosa

    Het Nokia die “elektrone” en “atome” en al daai anner kleiner “..ome” geskep wat hulle so kwistig in hul tegnologie aanwend… mmm?

    Wetenskaplikes ontdek maar net wat alreeds 13000jaar gelede geskep was, is dit nie…?

  12. hevisko

    *sug*

    Ja, die pseudo-wetenskap wat sonder bewysse aannames maak.

    /me sal maar vas hou aan die gedokumenteerde “wetenskap” dat mense eers ±10000jaar terug op aarde geskape is.

    En ja, ons toekoms gaan in MINDER 200jaar drasies verander!
    Die versnellende tempo waarteen die Bybelse profesie”e met betrekking tot die eindtyd tot vervulling kom, het my al die stelling laat maak dat ek verwag my geslag (En ja rosalinfranklin, dis ons daai, selle jaar gematrikuleer 😉
    nog Christus se wederkoms sal beleef!

  13. mmm, soos ek dit het is die moderne mens al 200 000 jaar al hier, hevisko.

  14. Ja om aan die vul by my punt hier bo. Dit kan al vir jare bewys word (in die paleontologie en die genetika) dat Homo sapiens al vir sowat 200 000 jaar hier is.

    http://en.wikipedia.org/wiki/Evidence_of_common_descent

    Dit is wiki maar dit is ‘n baie goeie opsomming




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: