My matriekafskeidsrok

My Liefie se altyd: Youth is wasted on the young. En dit, my vriende is waar.

Dit is nou die aand bewys in ‘n eksperiment wat ek nie doelbewus gedoen het nie, maar die besef het oor my gespoel en ek het besef dit was ook verlore op my.

In die regpakkery hier by die huis kom ek sowaar op my matriekafskeidsrok af. Datum: Einde 1990.

Destyds het ek gedink, geweet, geglo en niks kon my oortuig nie dat ek vet is. Sies, gril vet. Ek besluit toe nou die aand, kom laat ons sien. Want vandag op 35 weet ek, ek is nie vet nie en ek voel nie vet nie. Ek voel lekker oor myself.

Ek onthou hoe die sagte materiaal destyds, oor my jong lyf gegly het, ek onthou dit so goed. Ek kon self die ritsluiter toetrek, so skuins met my een arm. Ai waar is die dae?

En hier staan ek voor die spieel in die jaar 2008 en …. ja hy kom oor my heupe, my bo-bene en boude. En om my middel ook. Hy pas. Ag ek voel sommer trots op myself.

Maar ag vader, toe moet ek die rits optrek. Wat de f8K? So 15 cm van bo af loop staan die ding. Nee, dit kan tog nie! “Liefie, kom trek bietjie die rits op!”

“Ehm…wat doen jy?”

“Ek pas my matriekafskeidsrok aan.”

“Die rits kan nie toe nie,” se Liefie. “Probeer weer,” se ek. “Dit kan nie, jammer”.

My skouers is breer. Ek is wyer of iets. Ek kan dit nie glo nie regtig. Ek het gesweer ek sou kon inpas. Want ek voel dan beter oor myself! (the mind…)

Maar toe ek 17 was, het ek myself nie waardeer nie. Dit was wasted op my. Ek -my liggaam -was wasted op myself.

Maar nou, nou het ek vrede. Al pas ek nie in die rok nie.

NetJane tag my toe om die rok te wys nadat ek vertel het ek het skaamteloos in hom probeer wurm. Want sy het haar abosulte pragtige rok, tydloos en klassiek vir ons gewys, gaan kyk net hoe mooi is dit!

So hier is die rok (destyds met die aand van my matriekafskeid in 1990)….. 

 

Ek dare julle om ook te wys, met of sonder kop. Maar wys.

Advertisements

  1. Dankie Rosa – dis nogal ‘n chic nommertjie! Ek dink as ek terug is in JHB gaan ek ook myself in my rok probeer inwurm , want ek is nogsteeds mal daaroor!

    Ons lywe en onsself is wasted op onsself as ons so jonk is, ek besef dit eintlik elke dag, dis die dat my matriekafskeid foto my so laat stilstaan het gister.

  2. Plesier dit was fun. Jou rok sal jy steeds kan dra hy is klassiek ek is mal oor hom.
    Die nader chickens moet nou net bykom…kiep-kiep. LOL

  3. Okey Dokey Rosie, maar ek sal moet gaan soek. Of nee wag, ek sal sommer more my ma vra, ek weet sy het nog ‘n foto. En na meer as twee dekades en twee kinders sal ek in der ewigheid, nooit maar nooit maar nooit weer in hom inpas nie. Ek dink ek was ‘n nr.6 in matriek. Goede genade. 😆

  4. maxie

    Sjoe jou liefie praat waar “youth is wasted on the young.” Hoe mis ek nou my eens soepel liggaam sonder skete, mooi vel en veral middeltjie nie!

  5. Wipneus!

    Heits dit lyk goed!

    Ek het lekker gelag vir jou inskrywing.

  6. Roer

    Suster! Jy wil nie my rok sien nie. Dis scary. Joune sal jy nog hier en daar kan ‘nip & tuck’ en siedaar, in die mode rok, maar MYNE… Anyway, sal hierdie naweek gaan krap vir daai foto. Be afraid. Be very afraid.

  7. Sad, but true… ek het ‘n “moerasvark” vir ‘n hoof gehad…dit was sy bynaam! en hy was amper dit… ons het glad nie so iets gehad nie! As ek vir jou moet se wat ons gehad het…slaan jy jou hande saam…lekker naweek!

  8. Vroue van die wordpress blog-plek, na aanleiding van Netjane wat eerste gewys het haal uit en wys. Ek tag julle almal. Vra julle ma’s, tannies, oumas – hulle spog nog steeds met daai kiekies.

    En onthou, ek skrik nie vir ‘n rok nie, al is hy hoe weird/funny/verskrik/watookal. (Roer. Ekke bang nie 😉 Of laat ek se, ek sal nog graag vir ‘n rok wil skrik vir ‘n slag en nie ‘n car-guard nie.

    Nikita…vertel ons wag.

  9. Ek dink nie ek weet waar my matriek afskeid fotos is nie, maar ek sal gaan soek in die argiewe wat my ma hou- Ek sal in elke geval nooit weer in daai rok pas nie! Snaaks hoe mens se borste grooter raak, ne?

  10. Nou hoe dan nou? Ek het nie in 1985 ‘n rok gedra nie. Dit was toe nog nie so aanvaarbaar soos vandag nie 😉

    Daarom, ek kan niks wys nie. Moenie vergeet van Einstein nie: “If most of us are ashamed of shabby clothes and shoddy furniture, let us be more ashamed of shabby ideas and shoddy philosophies… It would be a sad situation if the wrapper were better than the meat wrapped inside it.”

    *giggle /chuckle 🙂

  11. Ek’s seker jy het ‘n dodgy poeier blou suit met ruffles wat jy vir ons kan wys Emil. Toe nou!

  12. Ek het altyd geglo dat ek nooit gaan opgradeer na ‘n groter broek nie. Het altyd ‘n no 87 gedra maar om een of ander rede moes ek so 2 jaar terug opgradeer na ‘n 92 broek. Maar ek weier, my oë kan maar traan maar ‘n 92 sal ek dra.

  13. Emil, jou moet natuurlik jou matriekfoto wys, dalk met daai band om wat die mans gedra het…? Wys wys dankie baie. (Ek is mal oor die aanhaling!) Of wat van ‘n bruin crimpeline-pak dalk? (maar ek dink nie jou is so oud nie)

    Blixer, ‘n mens se borste raak inderdaad groter en mens raak so na die kante toe breer. So platweg….:)

    Riaan: Ek het so broek in my kas, ek dra nie eintlik meer rokke nie, wat my riglyn is, as ek nie in hom pas nie, dan stop ek om te eet!

  14. Leon

    Al wat ek kan sê is dat my 15 jarige en 17 jarige seuns nie eers my trou-pak kon aankry nie…ek was hel maer. Ek maak nou op vir daai wasted tye toe ek lekker kon eet en drink sonder om vet te word !

  15. Meermin

    Ekke sal moet gaan soek!!

  16. Wipneus!

    gedoen…. 😳

  17. Jo-Ann Schou

    Ek voel bietjie jaloers… het nie enige foto’s nie. Het matriek deur afstandonderrig gedoen. Ek kan nogal verbeel dat ek iets in die Diana styl sou dra – dit was daardie dae. Gaan kyk maar na my “klasfoto” by http://joanns.wordpress.com/2007/03/29/dekades-terug/

  18. Oja, vergeet ek om te sê!! Jy het nogal uitgehang suster! Wow’y!! Satins en al…!

  19. neykie

    Okie rosa my werk is gedoen.

  20. Ek hoop nie, ek gaan weer in die spam file in nie! Delete maar die triplikaat inskrywings! My rok is op my blog.

  21. Okei, myne is op my blog. En onthou- be nice!

  22. boendoe

    Rosa, o, Rosa! Jy vra nou ‘n merske ding hier! Ek is bewus van ‘n halflyf foto van my op my matriekafskeid, maar WAAR hy is… Onthou darem, dit was in 1984 gewees…ek dink nie daar was toe al ‘n ding soos ‘fashion’ nie! 😀

  23. @ Boendoe – lyk my Rosa is op strike, lanklaas ietsie van haar gehoor. R-O-S-I-E!!!!!! Is jy orraait??????

  24. /me dink nou net aan iets. Jy lê nie dalk met jou sterre in die hospitaal knieg in die lug en jy sê ons nie eers nie???

  25. Ek en Netjane is so trots op almal wat toe nie chicke/kiepie was nie maar uitgehaal en gewys het. Wow ek het dit nou helse geniet. Dankie julle.

    Flip ek kannie lank sit nie, maar knie is geopereer. Sal nog post oor die hospitaal (privaat, duur en bekend) wat eintlik maar nou soos opgejazzde staatshospitaal is.

    Die verpleegters kom nottefok was jy die klokkie lui en as sy kom is haar bek dik.

  26. boendoe

    Shame, Rosa, jy klink behoorlik afgepiepie! Onthou om name te noem: name them and shame them!

  27. baie mooi, ek dink ons moet ‘n trourok / pak tagspeletjie ook begin!

  28. Ek is uit op die trourok storie- ek gaan ‘n oujong nooi word!

  29. ekke ook ek is al klaar ‘n oujongnooi!

  30. Von

    Ag nooit, waar’s jou kop dan! Weet nie eers meer wat van my rok geword het en wanneer dit geword het nie! Ek hou nou maar my trourok van my 2de huwelik 10 jaar terug. Miskien….. eendag….. krimp ek weer daarin.

  1. 1 Tag nagmerrie « kruidjie-ROER-my-nie

    […] May 18, 2008 I despair… […]

  2. 2 Matrieknaargeit - ek meen afskeid… « Pikkelik se Blik

    […] – ek meen afskeid… Posted on May 19, 2008 by Pikkelik Rosalind het ons getag vir ons matriekafskeid rokke.  Dit is dan ook al foto wat ek kry, en mense ek het […]

  3. 3 Sexy! « inderdaad

    […] 23, 2008 Die trend om te spog met matriekafskeidrokke […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: