Begin

Ai die honderde mense het mekaar nou die aand vertrap om prof. Stephen Hawking te hoor praat. Die sekuriteit moes later die wat onwettig probeer insluip het wegja. Natuurlik so. Hy is ‘n lewende Einstein.

Ek is een van hulle wat my hande op ‘n kaartjie gekry het, hoe anders?

Maar hy het weer ‘n lekker vraag in my aangewakker. Kyk, is nie ‘n man wat jou borsvoed nie, hy verduidelik nie dinge nie. Hy laat jou self dink. Party mense sit die potjie mis, want ons wil mos nie self dink nie.

Hy het verwys na Immanuel Kant wat gevra het: As die heelal ‘n begin gehad het (en ons weet vandag dit het begin uit ‘n singulariteit en oerknal) waarom het die heelal ‘n ewigheid gewag om te begin?

Advertisements

  1. Hoe weet hy dat die heelal ‘n ewigheid gewag het om te begin? Die toestande vir ‘n oerknal moes sekerlik optimaal gewees het, dalk was daar ‘n reeks kleiner knalle net voor die grootte?

  2. Rosalind, ken jy Prof David Block van WITS?

  3. Nee, dit is nie hy wat so se nie. Dit was deel ‘n historiese oorsig wat hy gegee het en vir Immanuel Kant aangehaal het.

    Voor die oerknal, soos Hawking en andere vandag aanvaar, was daar daar niks…. want tyd, ruimte en materie, het saam met die oerknal begin.

    Daar kon nie ‘n reeks kleiner knalle gewees het nie. Dit sou tyd, ruimte en materie geskep het. En dit sou die begin gewees het.

    MMMMM…..ja ek ken vir David. Ons het al gepraat.

  4. Blixer,
    Inderdaad moes die toestand vir die singulariteit optimaal gewees het. Die stelling van Kant en vraag was vir my oulik, so kop-draai ene.

    Hawking het ook gevra? Hoekom is ons hier. Sulke vrae is nice 🙂

  5. Wipneus!

    Ja ek stem hy is ‘n lewende Einstein!
    Jy weet mos wat hy gesels lê my na aan die hart Rosie, en net hier sluit ek liewers af. 😉 😆

  6. Nou is ek weer clueless, ek voel soos daai jong amerikaanse akrisetjies met die blondehare, selfone en ‘n smile. 😳 Maar ek leer Rosie, ek gaan nou bietjie google.

  7. Block reken ons is hier na miljoene jare se ontwikkel net om hier te wees. Die afkoeling van koolstof het deur die eeue plaasgevind sodat ons op hierdie tydstip kon bestaan.

    Block glo in intelligent design en dat die heelal net vir ons geskep is. Hy praat pragtig en laat ‘n mens jou eie kleinlikheid in hierdie uitspansel besef – maar intelligent desing en alleen in die heelal? Dis verg debat. (en ek dink hier ontwikkel ‘n nuwe post).

  8. Waar wat jy sê van dink! Hoekom verwag ons altyd om gespoon-feed te word, dit maak ons breine net lui. Dit is hoekom opinies uitruil en debattering in die blogsfeer so lekker is. Rosa, jou posts bly interessant, en ek ‘n gewillige student!

  9. Waarom het die heelal ‘n ewigheid gewag om te begin?
    Omdat Ewigheid die heelal begin geskep het toe en wanneer Hy wil…

    (Gen 1:1) In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

    (Gen 1:2) En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

    (Gen 1:3) En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.

    (Gen 1:4) Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;

    (Gen 1:5) en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.

    Die Ewige het natuurlik nie 24uur nodig gehad om te skep nie. Hy kon dit natuurlik baie gouer gedoen…. soos in ‘n oogwink…. wanneer Hy dit weer in 2011 gaan doen.

    (1Co 15:51) Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,

    (1Co 15:52) in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

    Hy het natuurlik geweet dat die sterrekundiges, die argeoloë, die hidroloë, die geoloë maar veral die teoloë ‘n biekie sou sukkel om dit in 24 uur “in te pas”…!

  10. BB

    Oerknal?? Nee wat – ek glo g’n in ‘n oerknal nie – tensy ek die woord ‘knal’ verkeerd interpret. My een exman is ‘n ‘blaster’ – hy ‘knal’ gereeld. En eerlikwaar? Ek het nog nooit in my hele lewe by sy werk of na enige ander ‘knal’ in menseheugenis beleef of gehoor dat daar orde was na ‘n knal – en ek praat van sulke awesome orde soos die heelal en die son en aarde en als wat wentel en draai mooi koeëlrond ‘in sync’ netjies in sy spoor.
    En ek is nou wragtig nie hardekwas anti wetenskaplik nie, Rosa, maar ek wens ‘hulle’ wil die ding ‘n ander naam gee as ‘knal’ of ‘bang’ – want al wat dit in my beperkte woordeskat beteken is ‘n moerawiese ‘f-op’ (skuus my Frans 😉 Dis die enigste knal ooit wat nie wanorde veroorsaak het nie, maar beslis ook die enigste een waar niemand betrokke was om van te kan getuig nie. 😕
    (Ek lees jou steeds ongelooflik graag!!!)

  11. Emil: Ek persoonlik stem ek nie altyd saam met wat Block se nie (hy is ‘n aanhanger van Intelligente Ontwerp) en teen die tyd sal almal wat my blog lees seker al agtergekom het ek is nie ‘n fan daarvan nie.
    Ek hou van evidence based science. En ID faal dit loshande. Tog het Block 2 jaar gelede interessante navorsing gepubliseer oor die Andromeda-sterrestelsel wat vir my nice was, en daarvoor respekteer ek hom.

    BB, ek dink jy verstaan die begrip knal heeltemal verkeerd. Die naam kom ook van ‘n wetenskaplike af wat daarteen gekant is en afvallig geraak het en spottend daarna verwys het. Die naam het egter gebly. Maar dit was die begin van tyd, ruimte en materie – vergeet die koppeling met ‘n geluid.

    Alles wat is = ruimte, tyd en materie.

    Dit is nie ‘n knal/ontploffing soos jy daaraan dink nie. Die aarde, son en ons betrokke sonnestelsel het gevorm teen 4,6 miljard jaar. (so ook die miljarde ander sterrestelsels) Die oerknal was 13,7 miljard jaar gelede (in die tyd tussen in, het die eerste atome ect in neutrale waterstof vervorm) dus TYD is ‘n ander begrip in ruimte-tyd.

    Dit is ‘n laaaang vormingsproses, eerder as ‘n knal waarin alles skielik het ontstaan het.

    Dus die sterre, sterrestelses en alles het nie tydens die oerknal netjies net gevorm nie. Die gas, stof en chemiese prosesse het gevorm sodat dit later in bepaalde digte areas kon vorm. Dus met die oerknal was alle nie net skielik daar nie.

    En dankie BB, dat jy bly lees. 🙂

    Pikke: jy is g’ng clueless nie!

    Demoerin: Ek stem heelhartig.

  12. costello

    Ek wens ek kon Steven Hawkins hoor praat- groot fan van hom. Ken jy Phillip Ball se boeke?

  13. Ek moet erken dat die onderwerp van ruimte en tyd nou nie die onderwerp is wat ek veel van weet nie. Ek het David op ‘n sosiale vlak leer ken en hom uiters aangenaam gevind, vandaar die navraag. As wetenskaplike- meer beperk tot die biologiese kant- stem ek saam met jou oor sg evidence based wetenskap.

    Ek het darem Fisika 1 op varsity geslaag, maar dit was baie jare gelede. Verskoon tog as die soos ‘n stupid vraag klink. Ons aanvaar die Oerknal teorie as die werkbaarste op die gegewe moment en daar is volgens my (beperkte) kennis tans ‘n reeks eksperimente in Switzerland aan die gang wat “mini-Big Bangs” namaak. As ek reg kan onthou word molekules teen hoe spoed versnel in twee bane wat ‘n raaklyn vorm, amper soos ‘n figuur 8, om dan teen hoe spoed teen mekaar te bots. Erens kom die term quarks voor. Nou die vraag. As tyd, materie en ruimte nie bestaan het nie, hoe het dit gebeur? okay ek erken dit is ‘n stupid vraag.

  14. Blixer, ek antwoord later meer volledig. Miskien ‘n nuwe inskrywing, lekker vraag, nie stupid nie!!(‘n kwark kom in ‘n nukleus voor – daar is 6 tipes).

    Jy praat van die splinternuwe Hadron-deeltjieversneller. Die werk begin later vanjaar. Met hom gaan hulle soek na die kleinste deeltjies wat bestaan. Onder meer die Higgs-Bosson-deeltjie (die sg. eerst deeltjie/die begin)

    As die deeltjies bots…sien jy in mini-mini-mini-min sek wat gebeur het destyds met die oerknal. Maar hulle is ONSTABIEL, want die omgewing en omstandighede is anders.

    Mens moet jou op oor hierdie ene kry: Die begin van alles was: Toe tyd, ruimte en materie onstaan het. Voor dit was daar niks. Die begin was, die begin (die plank-grootte singulariteit).

    Lekker ne!!!!

    Costello: Jy kan kom hoor praat, op youtube, of gaan na sy webtuiste: http://www.hawking.org.uk

  15. Hawking se aanhaling “God still has a few tricks up his sleeve.” maak veral sin…! Staan daar nie “geskrywe”…!

    Die volgende “oerknal” is ophande…! wanneer God weer net eenvoudig gaan “spreek” wanneer weer gaan skep.

    (Mal 4:1) Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ‘n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ‘n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.

    (Mal 4:2) Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.

    (Mal 4:3) En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die HERE van die leërskare.

    Ek dink nie ons gaan nog ‘n 15biljoen jaar wag nie…!

  16. Net tot 2011, ne Johannes?

  17. Ja Blixer 21 Mei 2011 tot 21 Oktober 2011
    presies 3 jaar van vandag… die begin van die einde!

    (Heb 13:14) Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.

  18. hevisko

    Liewe rosalind,

    jy hou van “Bewysbare” wetenskap, maar jy aanvaar onbewysbare stellings van miljoene/biljoene/miljarde jare??

    Hoe kom dit bymekaar uit?

  19. Gee vir my ‘n voorbeeld asb, waar ek onbewysbare stellings van miljoene/miljarde (miljard en biljoen is dieselfde!) aanvaar asb, liewe hevisko.

    Dan gee ek vir jou die verwysing na die vakjoernaal waarin dit bewys is.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: