Vreemde groot plek

 

Soms is dit moeilik om te verstaan hoe groot (of hoe klein) iets of ‘n plek regtig is, geen foto of TV-program kan mens waarlik die gevoel laat ervaar nie.

‘n Paar jaar gelede was ek op ‘n nogal spesiale ekskursie na die VSA. Sekuriteit het aansienlik verbeter na die 9/11 en ek was verstom om te hoor dat ons ‘n paar ure by die Pentagon gaan deurbring. Ons is egter gou vertel dat daar nie sprake van foto’s neem is nie, nie eens naastenby nie. Jou kamera en selfoon moet sy sommer daar by “ontvangs” los, of jy kom nie saam nie.

So staan ek maar daar by ontvangs rond. Die toer sluit in “full military honour guard escorts”. (Die file met al die info het ek nou die dag ontdek toe die huis verspoel het, toe die geyser gebars het). Die escorts is jong soldate in hul “dress uniform”.

Ek sien die een het ‘n lys by hom en hy beloer ons so. Ek is van nature so nuuskierig ek kan vrek. En ek wil sien wat staan op die lys. So ek staan al nader, maar stadig sodat ek nie aandag trek nie. Amper soos iemand wat inkopies doen. Een of ander tyd gaan hy daai lys laat sak en dan wil ek sien.

En wragties toe die tyd aanbreek om ons sakke te deursoek, sit hy daai lys op die toonbank neer. Ek staan soos ‘n verkleurmannetjie en rol my oe diieeeeeekanttoe sodat ek kan lees. En daar, is almal van ons name, waar ons vandaan kom, adresse die hele toet. Sommer baie persoonlike inligting. Okay…

So begin die toer. Die soldate stap voor en agter ons. Hou ons mooi soos skape in een troppie. “Yes sir, hier.” En ” Correct Mam” daar.

‘n Fassinerende plek -sowat 30 000 mense werk daar. Nog nooit sulke bree gange in my lewe gesien nie. Dit is eintlik soos ‘n klein dorpie met winkels, eetplekke, gimnasiums, banke, alles. Die gebou beslaan 29 hektaar en die totale lengte van die gange is 28 km.

Van die senior-offisiere kom verby in gholfkarretjies. Ongelooflik. As jy hier verdwaal kan jy vir jare vermis wees.

Maar meer verstommend is die gebeure op 9/11: Die mense wat aan die ander kant van die gebou was toe die vliegtuig aan die duskant gebots het, het niks agtergekom nie. Die gebou is so ontsaglik groot dat hulle niks gehoor het nie en ook nie eens die fondasies voel skud het nie. Dit is hoe groot die plek is.

Die mure is nogal mooi versier met skilderye, historiese aktefakte uit die veskillende oorloe, vlae, portrette, versamelstukke, koerante en plakkate van groot oorloe. Maar ons kan nie staan en kyk nie, die soldate sorg dat ons aanhou beweeg.

Op die plek waar die vliegtuig gebots het, is ‘n gedenklokaal ingerig vir die mense wat in die vliegtuig, asook diegene van die Pentagon wat daar gesterf het.

Ons ontmoet bepaalde amptenare en offisiere en kan vrae vra. Die meeste vrae word beantwoord, maar ook nie eintlik nie. Hulle is bedagsaam, maar nie oorvriendelik nie. Mens weet nie eintlik veel meer as jy uitstap nie, natuurlik nie, al wat jy kan se is dat jy daar gestap het. En niks verder nie.

Van die binnewerke van die enorme gebou is dit seker beter dat mens nie weet nie. Oor die geheime wat daar bewaar word kan mens net fantaseer.

En skielik val iets my by. Toe ek ‘n paar dae vroeer in Washington geland het, vroeg die oggend, was ek so moeg ek het nie regtig besef wat gebeur het nie. Ek het moeg oor my tas geleuen na die lang vlug, amper heel agter in die tou by doeane, toe ‘n baie netjiese vrou en ‘n soldaat na my aangestap kom:

Sy het gese: “Hallo XYZ. I am XYZ from XZY. Welcome in America, please come with us. We are going to take you straight through.” Hulle het kaarte geflits en my deurgevat.

Ek het vooraf geweet iemand gaan my ontmoet sodat ek vinniger deur doeane kan beweeg. Ek het gevra waar en hoe. En die vrou het net gese, moenie worry nie. Hulle sal jou kry.

Maar nadat ek by die Pentagon was het die liggie aangegaan! Want ek het vir die eerste keer gedink . . .Hoe de hel het sy geweet hoe ek lyk?

 

The Pentagon, 431m (light blue), compared with RMS Queen Mary 2, 345m (pink), USS Enterprise, 342m (yellow), the Hindenburg, 245m (green), Yamato, 263m (dark blue), the Empire State Building, 443m (grey) and the Knock Nevis supertanker, 458m (red). Wikipedia


  1. Ongebleddielooflik…. In my dagtes lewens het ek nie eers ‘n vermoede gehad dat die plek so groot is nie. Ja, ek het al foto’s gesien, en sketse, maar 29 hektaar. Dis soos ‘n bleddie plaas… Ek is totaal en al gefasineerd! WOW

  2. Vertel nog! Jy is nie die enigste een wat vrek nuuskierig is nie – ek wonder nou hoekom het hulle jou uit die ry kom haal? RosalindFranklin is ‘n belangrike dame!😉

  3. Pikke: Die plek is soos ‘n klein dorpie. Ek was oopmond.

    Sonkind: Hulle het my kom uithaal want dit was soort van ‘n spesiale trippie (ek is nie belangrik nie heheh,), maar ek wonder hoe het sy geweet hoe ek lyk? Weird. Dit was net sodat dit makliker vir my is om deur die doeane te kom, ek het geweet iemand gaan my daar kom kry, ek het net gedink sy/hy sal staan met ‘n naambordjie. Ek sou gou soos wat die vrou daar was, was sy weer weg.

  4. Dit was nou ‘n lekker lees! Dit moet seker ‘n wonderlike ervaring wees om deur die Pentagon te “travel by foot” en nie op die tv skerm nie. Alhoewel op die tv wys hulle jou net so min, sekuriteit ongelooflik goed. Na 9/11 is die sekuriteit verseker 10 x erger, met Osama wat ook miskien nog wild rond hardloop kan dit seker ook nie anders…
    Ek word sommer groen die kant…. 😆

  5. Ek het dit totaal en al vergeet. Toe die huis nou die dag oorspoel te onthou ek dit toe ek op die file afkom. Weird.

  6. Wow! Lucky Fish! Soos Sonkind opmerk – ek is nou net so vrek nuuskierig!

  7. Big Brother is watching us! Nogal scary as mens dink dat hulle so veel weet oor Jan-en-alleman.

  8. Interessant, kyk, ek stem, ek het aangeneem dit moet groot wees, maar sjoe, die pentagon is massief. Snaaks nê, ek dink meer mense weet ditjies en datjies van ons almal af as wat ons besef…of dalk wil erken! hahaha

  9. Ek onthou toe daai Boeing 9/11 daar invlieg – toe sê almal mos dit kan nie wees, eerder ‘n missiel. ‘n Groot Boeing sal mos meer skade aangerig het – maar kyk nou, die plek is kolosaal!

    Hulle het al van jou geweet, rosalind, nog voor jy gebore was😆

  10. Rosa

    Ek wonder net hoe het jy weer daar uitgekom…?

  11. BB

    Wow!! Soos Wipneus sê ‘n lekker en amazing lees!!

  12. O Genade. Big Brother, ne!

  13. Dankie dit was lekker om te lees!
    “these Americans” he he he

  14. Jaco

    Dit gee nuwe betekenis aan die frase “Big Brother is watching you”

  15. Ek seg vir julle, Big Brother se Bigger Brother, kyk vir ons as ons bad…LOL

    Hulle weet as jy nie jou groente eet nie.

  16. Ek sê vanmiddag vir my seun ‘Ek watch jou!’ toe dink ek weer aan jou… Moes ‘n scary gevoel gewees het!

  17. Zee

    Ek wonder en wonder. Ja nou wonder ek nog steeds. Hoe doen hulle dit?

  18. Ek weet darm nie of ek so lekker sal saamsit met iemand wat meer weet van myself as ekself nie en wie de joos het hulle van my vertel😕

    en hier sit ek en dink dit is net in die moevies…

  19. Baie dankie.

    (((((Rosalind)))))

  20. Interessant…dankie!

  21. Wag’nbietjie ek is so bly om jou hier te sien, ek dink baie aan jou, soveel sterke en hugs.

    Pikke: se vir jou seun die pentagon kyk vir hom….veel erger as sy ma.

    Jasper: kyk toe ek in daai groot plek sit, toe sit ek klaar. toe kan ek nie meer uit nie. toe geniet ek maar die toer want toe is die koeel laaaaankal deur die kerk.

    Zee: ja ek wonner al lank. ek sal seker nooit, ooit weet nie.

    Boerinballingskap: Dit was ‘n voorreg, inderdaad. Maar ek het nie eens foto’s om te wys nie, want ons mag niks afgeneem het nie. Is maar alles in my kop.

  22. boendoe

    Sjoe. Scary. Wonder hoekom sukkel hulle nog steeds om Osama bin Laden op te spoor!

    (NS. Dankie vir jou terugvoer oor die skulpies. Ek gaan definitief nie WEER probeer foto’s neem nie!)

  23. Boendoe. Nee vrou jy moet juis weer foto’s neem so raak jy al beter en beter! Komaan ek wag vir die fotos.!!! Zoom en in!🙂




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: