Vir al die Rosies en die Wasp

Toe ek so paar jaar gelede in Washington kom, was ek net lus om een plek te besoek: Die Smithsonian-museumkompleks wat uit talle museums bestaan. Dus, is ek een Saterdagoggend 8 uur by die hotel weg, op die moltrein en siedaar. Net om te hoor al die musems open eers 10 uur.

Toe stap ek maar na die Capitol-gebou en bekyk die mense wat in The Mall rondstap. Opvallend in die Smithsonian se museum van Amerikaanse geskiedenis was die piepklein uitstalling oor segregasie en die onderdrukking van die swart mense wat daar gebeur het.

Die slawe-geskiedenis was ook maar erg afgeskeep. Mmm – laat mens dink, want elke tweede Amerikaner het iets te sê gehad oor “aparthaaid”.

En toe ontdek ek vir Rosie . . . en die Wasp

Rosie the Riveter is ‘n kultuur-simbool uit die Tweede Wêreldoorlog. Daar was ‘n hele uitstalling oor Amerikaanse vroue se enorme bydrae gedurende die oorlog, iets waaraan mens nie baie dink nie.  want die mans het mos geveg. Maar sou hulle dit kan doen sonder die vroue by die huis? Altesame 6 miljoen vroue het in die fabrieke geswoeg om van tenks en vliegtuie tot ammunisie te maak. Asook in vele ander fabrieke wat voorraad verskaf het.

Voor die oorlog was die werk natuurlik nie vir vroue beskore nie. Wat weet ‘n vrou nou van vliegtuie bou? Maar toe die nood druk, vind die regering uit, vroue kan inderdaad die tipe werk doen. En nogal goed ook.

Rosie het die plakkaat geword wat vroue aangespoor het om te help. Vandag is sy ‘n ikoon van feminisme.

Ek hou van Rosie, sy weet sy kan. En sy kan.

Land Girls

In Brittanje het die mense gesterf van die honger en so het die Women’s Land Army op die been gekom om kos te voorsien. In die Eerste Wereldoorlog was daar byna 300 000 vroue wat as plaasarbeiders kos voorsien het, en in die Tweede Wereldoorlog sowat 80 000.

Talle vroue was ook ambulansbestuurders en verpleegsters aan die front. Ek ken twee sulke vroue van Suid-Afrika wat in Noord-Afrika diens gedoen het aan die oorlogsfront saam met die Women’s Auxilary Services. Die VSA alleen het sowat 350 000 vroue aan die front gehad in verskeie poste.

Vlieëniers – Wasp

Dan is daar die hartseer verhaal van die WASP, die Women’s Auxilary Service Pilots. Hulle was regte egte vlieëniers, in oorloggeteisterde gebiede. Die meer as 1000 vroue is egter as siviele mense geag en hul dienste is eers in die 70’s as militêr erken. Dit beteken hulle het toe eers in aanmerking gekom vir medaljes en pensioen.

Hierdie was fenominale vroue wat swak betaal is vir dieselfde gevaar en jare moes wag om erkenning te kry. 38 van hulle is dood. Hulle verhale is waarlik ongelooflik.

http://wingsacrossamerica.us/wasp/index.htm

 

In die weerstandsbewegings (Resistance) in Frankryk, Nederland, België en Rusland was daar talle vroue wat aktief aan die oorlog deelgeneem het, kodes ontsyfer het en skerpskutters was.

Vreemd dat na die oorloë het die vroue se status weer verlaag en is hulle nie toegelaat om die werk te vervul nie en/of daar is gefrons as ‘n vrou ‘n tipiese mans-werk wil doen. Dit was eers in die 70’s wat die wereld begin oopgaan het, onder groot protes.

Bronne: Wikipedie en myself en die Wasp se webtuiste

Advertisements

  1. Cool!!

    Ek het in my prille jeug ‘n fliek gesien van die dames wat die vliegtuie gebou het. Veel meer as dit kan ek nie onthou nie. Ek het nog altyd baie verwondering gehad vir die verpleegsters in die kampe, ook juis die gevolg van ‘n paar flieks wat ek gesien het. Ek onthou veral een van Susan Sharadon wat in die Tweede Wereldoorlog in ‘n Japanese oorlogskamp afgespeel het.

    In Afrika was die vroue altyd die boere. Hulle het die lande bewerk terwyl die mans “bier” gedrink het. Die mans was die beskermers. As ek nou my st 4 geskiedenis reg onthou.

  2. Rosie is/was reg. Vrouens kan (maar ek verkies om as ‘n span te werk. Mans en vrouens.) Ja, moet ons dudies nie SO kyk nie.

  3. Ek het ‘n paar jaar terug ‘n roman gelees oor die vrouens maar slaat my dood ek kan nie die naam onthou nie. Ek sal bietjie gaan soek, sou nooit van hom ontslae geraak het nie. ‘n Baie feitelike boek maar ook menslik. Jy skryf dit so mooi, daai vrouens het werklik meer as hulle deel gedoen en is werklik misken en baie van hulle verneder aan die einde van die oorlog. Maar wag, ek moet nou daai boek gaan soek…. 🙄

  4. Adrie: Ek het ook so fliek gesien oor The Land Women, baie aangrypend.

    Roer: Ek sal in ‘n span met vroue werk en/of in ‘n span wat gemeng is, ek gee nie om nie. Ek wil net goeie werk gedoen kry en ook nie hoor ek kan dit nie doen nie. Jy is reg ons dudies is nie sommer so-so nie, ons is SO!

    Pikke: Kom vertel van die boek. Ek weet van ‘n Russiese vrou, wat in WWII ‘n skerpskutter was vir die Resistance en sy het meer as 300 Duitsers doodgeskiet. Maar ek sal haar naam moet soek.

  5. Goeie inskrywing Rosie.

  6. Dis die een ding wat die Engelse in die Anglo-Boereoorlog baie gou besef het – dat die vroue die ruggraat van die vegtende boere was. Dis hoekom hulle huise afgebrand en die vrou konsentrasiekampe toe gestuur is.

    Daarna het dit nie lank gevat voordat die boere moes ingee nie. As die vroue uitgelos is, dan het die Engelse nooit daardie oorlog gewen nie. Wys jou net waar lê die krag 😉

  7. Om nou die ou geykte gesegde te gebruik “Agter elke suksesvolle man staan ‘n uitgeputte vrou en ‘n baie verbaasde skoonma” Slefs Spreuke besing die deugde van die vrou.

  8. Jinne, wat is fout met die mansdom 😕 Dat nou ‘n oorlog moet vat om die waarde van ‘n vrou te besef.

  9. Om ons eie Sarah Raal nie te vergeet nie.

    Ai, en dan kom daar uit Skoorlief se voormense ‘n mooi storie van Jan Prinsloo se pienk poepol, eendag vertel ek jou dit.

    Ek sien die donirse kang4roo het jou ook betrek – spam dadelik!

  10. Ek het ‘n wetenskaponderwyseres op skool gehad…dierbare mens (nooit getroud), maar ‘n aardsfeminis! Sy het altyd goed gese soos “vat dit soos ‘n vrou!” en daar was ‘n plakaat wat sy gemaak het in haar klas wat nou nog se ” a women without a man is like a fish without a bicycle” Dit was altyd ‘n gespot. Al gee die manne ons soms grys hare, weet ek ons doen dieselfde en is dit tog lekker om saam met hulle te werk. As daar nou een ding is wat my dryf dan is dit nou as iemand se “jy kan dit nie doen nie want jy is ‘n vrou” Dan sal ek jou wys boetie!!!

    NS:Lekker inskrywing 🙂

  11. Ja, nogal snaaks hoe die rol van die vrou histories verander het. En die snaaksheid is die persepsie tot nog 20, 30 jaar oor waartoe ‘n vrou in staat is/kan wees. en intussen is dit al laaankal bewys.

  12. BB

    Awesome inskrywing!! Thanks! En Jasper – dit vat nie net ‘n oorlog om die waarde van ‘n vrou te besef nie – dit gaan ‘n oorlog vat vir hierdie nasie om bietjie saam te staan (man én vrou) – en dis bloody sad 😦

  13. Maak ek oop hier en dink: lekke-lekke nuwe maatjie en toe is ‘n spammer. ai tog. is tragies sê ek vir julle.

    Sonkind: Ja die ABO was op baie maniere ‘n emosionele oorlog.

    Blixer: Het jy ‘n blog ook dalk? Want as ek kliek by jou kom ek by ‘n kanker-info-site uit. Nie dat ek ‘n probleem daarmee het nie. Maar ek sal nogal graag wou lees wat jy skrywe. Jou naam laat my nogal dink aan :Karen Blixen (1885-1962) van Out of Africa-faam.

    Jasper: Ja ai-ai man…

    Skoor: Ek sit en ek wag vir die pienk poephol…storie

    Kaalvoet: Dis soos: vroue wat gelyk aan mans vir wees het nie ambisie nie. 🙂 eheheh

    demoerin: Ek verstaan dit nie, sowaar. Dit is nog nie 100 jaar dat wit vroue in SA kon stem nie, om nie eers van die ander te praat nie.

    BB: Dankie. Ek is bang vir oorlog, hoop nie beleef ooit een nie.

  14. Rosa

    Dis baie betekenisvol dat, telkens wanneer die vrou dinge begin “oorneem” (soms vanwee die papbroekigheid van die man)… “die einde”(van iets?) kort daarna aanbreek.

    Die “einde” is insig…!

  15. Die vrou dinge begin “oorneem””? Ai, wat ‘n paternalistiese, chauvinistiese, seksistiese aanmerking.

    Ek sal jou sê watter einde is in sig: die einde van sulke op- en aanmerkings.

  16. boendoe

    Sa, sa, Rosa! Vat hom, Fluffy!

  17. Ek moes nou eers ‘n hele paar inskrywings opvang. Jy sien, hier by jou wil ek tyd spandeer, my koffie stadig drink, en elke woord geniet. Dankie Rosa, vir ‘n rukkie kon ek weer lekker verdwaal hier tussen jou interessante possies.

    GO GIRLS! 😉

  18. Boendoe…sien jy hoe trek daai vlerkies en horingkies sommer diiiieeekant toe???

    Dellie: Dis ‘n groot kompliment dankie Dellie. Die volgende projek is om koffie te verkoop. Ek wou gisteraand ‘n video oplaai waar van die Wasp-vroue praat maar het my vrek gesukkel, ek kan daai ding nog nie doen nie. Ai, toe die techno-gene uitgedeel is, was ek die dag siek.

  19. johannes coetzee- als wat mans kan doen, kan vrouens ook doen, maar met baie minder gemoanery en baie meer flair. Sorry, Rosalind, maar sulke opmerkings steek my dwars in die krop. Ek het ongelukkig nog nie ‘n blog van my eie nie, nou doen ek maar ‘promosie’ vir cancer.org.

  20. Ek dink baie vrouens doen wat hulle doen nie om ‘n statement te maak nie. Hulle doen dit want dit is wie hulle is. Dit is hulle lewe. Maar die samelewing kies om daarvan ‘n statement te maak.

    Daardeur het baie vrouens ook helde geword vir latere generasies, oordat hulle gekies het om net te wees wie hulle is ten spyte van die samelewing se voorskrifte.

    Ek dink vandag aan Mildred Loving wat ook so ‘n vrou was.

  21. Blixer: Jy hoef soos in glad nie jammer te se nie, sulke opmerkings steek my dwars op baie plekke. (jy’t mos gesien hoe het flaffie hom gevat) En promosie vir cancer.org is heeltemal koel met my, dit is ‘n baie goeie tuiste met behoorlike info op.
    Jy moet my laat weet as jy ‘n eie blog begin hoor. 😉

    George: Dit is die lewe inderdaad. Doen jouself die guns en gaan luister na wat van die Wasp-vroue se op die skakel op die video. Ek die video’s probeer laai maar kan dit nog nie regkry nie – dit open ‘n mens se oe. Dat hulle kon vlieg in ‘n oorlog, met al daai stres, ten spyte van die diskriminasie teen hulle. Baie van die vroue praat op die videogreep.

    Ja vroue wat net optree, mens kan sover teruggaan as Emily Pankhurst.

    So waar, George, die vroue is eerste mense en dan vroue.

  22. Nogal interessant ja, as jy kyk na wat die “samelewing” se voorskrifte vir vrouwees was, en wat ons gelukkig vandag kan sien ‘n pot bollie was. Kaalvoet en pregnant in die kombuis is hopelik grotendeels gedagtes van die verlede. Ja Rosie en George, eers mens en dan vrou.

  23. Hi Rosie, jy verdedig jouself met waardigheid, wil net nog byvoeg dat baie, baie vroue “mans” dinge doen, nie omdat hulle WIL of ‘n doelbewuste besluit geneem het nie, maar omdat daar eenvoudig geen ander uitweg is of was nie.

  24. Blixer

    Gelukkig kan ons nie alles doen wat julle kan doen nie, veral kraam. As ons kon gekraam het sou daar anyway geen einde aan die gemoanery gewees het nie, en sou die flair geen perke geken het nie…! En baie min kinners..

    Genadiglik hou God by Sy skeppingsorde en gebruik Hy steeds die vrou om te kinners in die lewe te bring en steeds die man as “hoofde van huise” om Sy verlossingsplan en -program aan die wereld bekend te maak.

    Hy gebruik nou weer die man (wat aan God gehoorsaam is) om die wederkoms van Jesus Christus in 2011 aan die wereld bekend te maak, nie omdat Hy iets teen vroue het nie. Dit is nou maar net so omdat Hy aan Sy Woord getrou bly…

    Ek dink Rosa sit ongelukkig met ‘n persepsie van my (siening oor vrouens) wat sy sukkel om van ontslae te raak… ek bewonder vroue en poog deurentyd om hulle deur die “bril” van God te sien. Vanuit julle reaksie slaag ek duidelik nie daarin nie en skiet ek ver tekort. My woordkeuse van vroue wat “oorneem” was hoegenaamd nie bedoel om enige vrou skade aan te doen nie, maar was bedoel om die verval in die orde wat God in die Bybel daargestel het uit te wys. Dis hoekom ek aanhalingstekens gebruik het… Komaan kêrels!!!

    Hoe moes dit gestel word sodat dit minder paternalisties, chauvinisties, seksisties klink…?

  25. Well Johannes if the men step up to the plate…. Maybe you can define the measure of a man?

  26. Johannes as jy woordkeuses gebruik wat jy later moet verduidelik, of moet sê “dit was nie bedoel nie”, hoekom gebruik jy in die eerste plek daardie woorde?
    Soos nou weer die sogenaamde “man is hoof van die huis”.
    Jou woordkeuse sê baie meer van jou as mens en van wat in jou kop aangaan as wat jy besef.

    Hoe stel ‘n mens daardie betrokke sin dat hy minder paternalistiese klink? Jy uiter daardie sin hoegenaamd nie.

    Johannes, dit is nie bepaalde woorde waarde waarvan jy ontslae moet raak of die gebruik van hulle nie. Maar van denkrigtings en ideologie.

    O ja, voor ek vergeet: Ek wil net vir die paashaas baie dankie sê dat geen man hoof van my huis is nie. Of sal wees nie.

    Blixer: 11/10

  27. Blixer

    If the men step up to the plate..
    i wish to be
    the One that even Pilate hate
    the One who once create from man a maid
    he called her Eve
    the One who from the maid begat a Man
    the Son of Man
    who came to serve
    i wish to be
    when step up to the plate..
    despite of hate

    Oh how can we even try to define
    that Man Divine
    the Word

    (Joh 1:1) In the beginning was the Word, and the Word was with God, and the Word was God.

    (Joh 1:2) The same was in the beginning with God.

    (Joh 1:3) All things were made by him; and without him was not any thing made that was made.

    (Joh 1:4) In him was life; and the life was the light of men.

    (Joh 1:5) And the light shineth in darkness; and the darkness comprehended it not.

    (Joh 3:30) He must increase, but I must decrease.

  28. And thus you have proved yourself to be the world’s biggest bigot! Women was create as mate and NOT maid! Your interpretaion of the Bible is, to say the least shameful and short sighted. Women are not merely maids and baby factories! When you strike a woman, you strike a rock! As for your quote from Joh 3:30 it is clear to anyone with half a brain that you see yourself as superior to anyone else on the planet! Maybe we should continue this debate on my blog- I does seem awfully rude to continue on Rosalind’s blog.

  29. Ek gee glad nie om dat daar ‘n debat op my blog is nie, maar weet jy Blixer, met ‘n mens soos JC sal mens nooit, ooit erens kom nie. Dit is eintlik nie ‘n ware debat van gee en ontvang nie.

    Ek hou van debat en vir my is dit ook deel van waarom ek ‘n blog het, maar die teksverse is vir my uit konteks. ‘n Mens kan enige vers aanhaal om jou doel te dien. Ek voel JC se opinie jeens vroue sal ongelukkig, soos sy uitkyk op ander dinge nooit verander nie.

  30. Inderdaad Rosalind! Laat my dink aan ‘n Botha ou daar op my blog.

  31. maeree

    briljante post!
    jy noem so terloops dat die vroue na die oorloë weer moes terugkeer na hul “tradisionele” rolle. ek het nog altyd vreeslik sleg gevoel namens daardie arme vroue. en die vroulike dokters en professors en prokureurs wat ewe skielik onder die taliban moes leef.

  32. Dankie Maeree. Ek deel jou sentiment.
    Ek voel sterk dat die vrou se sogenaamde rol, baie sterk gekoppel is aan die onderskeie gelowe dat steeds patriargie aanhang (almal van hulle, behalwe seker boedisme, maar ook die d-lama is ‘n man, so hulle ook maar).
    Ons sal die dag gelyk wees as ons Pous Magelena het, aartsbiskop Carol Rowan, moderator Anna le Roux, iman Fatiema Abdulah en hoofrabbi Hannah Levi ect. (maar hieroor gaan ek nog ‘n inskrywing maak.

  33. Ek het uiteindelik die boek opgespoor!!! Die naam is ‘Land of lost content’ deur Denise Robertson. ‘n Baie soetsappige roman, maar die inligting is op feite gebasseer… 😉




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: