Ek lag my vrek die dag …

. . . as ek wakker word en:

Al die vreksuinige ryk mense, wat nooit in hulle lewe ‘n sent vir welsyn gegee het nie, se bankrekenings is dolleeg en al hul geld is vir ewig oorbetaal in organisasies wat sorg vir kinders, vroue en diere se rekenings.

Al die mense wat sê: “Ek haat nie gay mense nie, maar ek verafsku wat hulle doen”. Of “ek haat moffies en lesbiërs”. Is ewe skielik gay en moerse jags.

Al die wit rassiste, is bruin of swart

Al die bruin of swart rassiste, is wit

Al die verkragters en pedofiele word wakker onder in ‘n diep, donker, koue put waar hulle verneder en kaal bang sit en bewe.

Al die base en bestuurders wat hul werkers minag is ewe skielik heel onder aan die skaal waar hulle oor moet begin op trappie nommer een. En trappie nommer een is die glasplafon.

Al die dieremishandelaars sit aan kort kettings voor leë bakke kos en water, in hulle eie k*k, en ons hoor hulle nie.

Al die mense wat ander stereotipeer, bespot, verneder, veroordeel, nie kanse gun nie bloot omdat hulle gestremd is, “anders” is, aan ‘n psigiatriese siekte ly, siek is, “vertraag” is, oud is, “minderwaardig” is of watookal. Daai mense word wakker op Mars.

Ek sal my so vrek lag, ek sal ek sweer.


  1. Whahahaha! Ek sal saam met jou lag Roos, dit kan ek jou belowe!!!😆

  2. Zee

    *giggle* *giggle*

    Puik Roos!

  3. Ek sit gister en dink hieraan toe ek terugry huis toe. Eers dink ek, se nou ek word wakker en alles en almal is die helfte kleiner/groter.
    Ek toe gaan my kop ander pad toe….ek sal regtig lag.

  4. En wat van ‘al die leiers van die verskillende lande die oggend wakker word en HULLE bly in krotte sonder kos, water, krag, klere ensovoorts!’
    Ja Rosie ek sal saam met jou lag! En huil oor die onregverdigheid in hierdie lewe….

  5. Pikke, ja daai is ook ‘n lekker een. Ons maak dit meer bisar, daai liegende leier moet wakker word in die krot met ‘n loopmaag, 100km van die naaste staatshospitaal af waar hy in ‘n tou moet sit van 100m…. ehehheeh.

  6. Whahahaha, met ‘n kleintjie met ‘n snotneus en diaree wat so skuins langs hom op sy maag se rug kots en een met waterpokkies wat teen sy been pie…

  7. Nee, die leiers wat so oorlog verklaar, moet wakker word en hulle moet self daar op die slagvelde wees en moet in die voorste linies veg vir hul lewens, in plaas van die arme ge-‘brainwash’de jong soldate.

    Poetic Justice – dis wat dit sal wees!😈

  8. Lekker julle verstaan die game. LOL Pikke

    Sonkind: Dit voel nou vir my ook soos Therapeutic justice….

    lalalalalalalag

  9. Ja toemaar, ek begin sommer klaar vir al die “mense” lag…ek sweer

  10. Ja ek picture al ‘n paar van hulle…wipneus. Dis terapie.

    Ek imagine myself. Luidier in die bed. En kyk CNN – die nuwe wereldorde se chaos. Daai ou wat die hond agter die kar aangesleep het laas jaar en net R1500 boete gekry het. Ai ek le en lag vir hom. Ek sit nie eens regop en lag nie.

  11. Ek het julle mos nog altyd gesê, moet niks meer ernstig opneem nie, lag en giggel net. Maak nie saak wat die mense dink nie. As jy wil oorleef en seerkry en hartseer vry spring ….lag… 😆 😆

    O gonna Rosie, jy is nou regtig die luidier, het jy ooit vandag uit die bed opgestaan? 😯

  12. Ja lag is die best.

    Wippie…ek was by die werk vandag (nogal klere ook aangetrek), voel asb vir my jammer.

  13. maeree

    ek werk ook regdeur al wat ‘n vakansiedag, saterdag en sondag is.
    )-:
    ons word wakker en almal wat af het, moet werk en almal wat moet werk, het af.
    nee wag, dis stupid…

  14. Zee

    Maeree, dis die beste wat ek nog vir n lang tyd gehoor het.🙂

    Roos, ek het ook vandag gewerk, more ook, ai en Saterdag, jinne ek raak darem nou baie moeg. Maeree se voorstel moet sommer vannaand al gebeur!😆

  15. Solank ek net nie wakker word en ek is George W Bush nie. Asseblief. Net nie dit nie.

  16. HAhaha – ek lag my vrek al die mans word wakker en is skielik vrouens – en al die vrouens is skielik mans👿

    maeree – baie snaaks!

    Ros* baie pittig – en ‘n wonderlike versteekte boodskap!

  17. George: Ja eerder die dood.

    Emil: Dit sal nogal snaaks wees. Ek dink ek sal daarvoor ook lag. Inderdaad versteek.

  18. Ek sal liewers al die oorlogsugtiges se bedorwe kinders in die vuurlinie wil sien. Hoe lank sal hulel nog aanhou met hulle oorlogspeletjies as hulle dit in hulle eie harte gaan voel?

    Al die predikante wat Sondae hoogheilig staan en preek en afkeur uitspreek en oordele vel – mag hulle almal gay kinders hê, mag hulleself gevang word met ‘n prostituut.

  19. Ten spyte van die feit dat vrouens al jare onderdruk word en nogsteeds 10x meer moet insit om deur manlike kollegas erken te word, wil ek asseblief nie ‘n man wees nie!

  20. Ek dink nou net aan iets: Ek lag my vrek die dag as die staatsdiensamptenare bietjie vir ‘n verandering in die rye moet staan en EK staan agter die toonbank… Wag sal hulle wag en wag en wag en wag en wag…. 👿

  21. Hallo liew Luci, welkom. Ja ek sal heerlik lag vir die hoogheilige koeie.

    Blixer: Ek wil nie ‘n man wees nie maar ek sal wil voel hoe dit is om een te wees vir ‘n week. En welkom hier by my blog.

    Pikke: Ja ek sal die lui amptenaar by die verkeersdepartement wil wees wat die rybewyse gee, of die ID’s.

  22. Ai, julle is sommer almal heel terapeuties vanoggend. haha.

  23. BB

    Dis seker omtrent hoe dit gaan op ‘n mens se sterfbed – ek dink dis wanneer elkeen presies dit ‘face’ wat hy so verafsku, geminag of disrespekteer het in die lewe. ‘Rude awakening’ net so voor die Hiernamaals? Ek wonder net altyd waarmee ek dan gekonfronteer sal word – ander se shortcomings en sondes – of net my eie selfgeregverdigde optrede dwarsdeur my lewe… Scary thought sometimes.

  24. Hoor-hoor! Veral die dieremishandelaars. Kan hulle nog iets toesnou, maar jy het mos ‘n reputasie vir ‘n oulike blog.

  25. BB: Jy weet ek persoonlik glo om op ‘n sterfbed te le is seker nogal nice, want dan het jy tyd met jouself en ander. Skielik sterf, dan is jy net weg. Die sterfbed is dalk net ‘n refleksie van tyd wat verloop het.

    Skoor: Laat val dit maar hard…geen genade vir f*kkers wat diere mishandel nie. Ek sal nooit vir die DBV kan werk nie, want ek sal op die eerste dag iemand met ‘n pyp doodbliksem.
    Oulike blog….LOL

  26. Ek huil my vrek…!
    Want daar is ‘n dag bepaal volgens dit wat ons nou in die Skrif leer wat die einde van hierdie generasie gaan aanbreek.(Daardie dag word nou wereldwyd via die radio uitsendings van Family Radio uitgebasuin….)

    Dis ek huil my vrek en is hartseer oor diegene wat toegang tot alle moderne kommunikasie middele het, hulle min steur aan hierdie waarskuwings…!

    Maar dis veral verblydend dat diegene wat hulself in plakkerhuisies bevind (diegene in derde wereld lande…weg van alle steurnisse van rekenaars en neonligte ) kan in tune op die Short Wave en AM radio-uitsendings van Family Radio….

    Mag God elkeen van ons genadig wees!

  27. Ek is mal oor die Avatar wat WordPress vir jou gekies het, met die nuwe program. Johannes, absoluut mal daarvoor!
    Met horings en vlerke en al!!!! LOLOLOLO.

    En dink net die proses wat heeltemal lukraak. Ek kan dit flippen nie glo nie. Hel, dit is amazing.

  28. Rosalind

    Netnou dink die vent hy is ‘n martelaar en sit vir hom nog ‘n ekstra chip op sy skouer.

  29. Adrie: Simba/Lays/Willards🙂 🙂

  30. ‘n pienk bloubul met vlerke… lyk na ‘n bul met ‘n wil
    maar wat bloos
    123 blog myself

  31. Anoniem

    Ek dink nie dis reg om ons te verlustig in ander se hartseer nie. Ja, dit is nie reg dat mense swaar kry nie, en ja dit is nie regverdig dat die ryk mense alles kry wat hulle soek nie. maar die vraag is, is hulle regtig gelukkig, of is dit ‘n gejaag na wind…

    Ek weet ek is nie wel af nie, maar ek sal my lewe verruil vir niks. God bepaal wat moet gebeur,en slegs Hy het die reg om oordeel uit te spreek.

  32. Hoe lekker lag ek nou…

    Ja, en ironies genoeg word alle haatspraak teen gay mense meeste van die tyd deur die Bybel gestaaf. Die feit dat daar net omtrent 5 verse in die Bybel is wat daaroor praat, en honderde wat sê van naaste liefde, en moenie oordeel nie.

    En as mense tog net so bietjie wil leer dink, en ondersoek instel sal hulle wel op ‘n die waarheid afkom.

  33. Welkom flintstoned!

    jy slaan die spyker op die kop! en daarby het die oorspronklike teks in die bybel in grieks verwys na “tempelprostituut” en nie na gay mense nie. anyway.

    sommige mense verdraai die woord LIEFDE nes hulle wil.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: