Luidier

 

Ek voel soos die ene, soos ‘n luidier.

Inteendeel ek het reeds een geword. Genus: Choloepus (want hy het twee tone). Mens kry van hulle met drie tone ook, maar dit sal te veel werk wees, nog ‘n toon om skoon te lek aan elke voet is een te veel.

Die luiheid het oor my gekom. Ek wil net op groen gras langs ‘n kabbelende waterstroom lê en die hele tyd oor sagte diertjies streel, diertjies soos katjies, hondjies, hasies en beertjies. Ons moet net lê en giggel en speel.

Iemand moet my lekker kosse voer.  En warm toegooi met sagte komberse. Ek wil ‘n luidier wees wat hang en slaap. En min grond toe gaan waar die ander diere woel.

Ek wil nie dink nie.

Advertisements

  1. Jaco

    Toe ek die opskrif sien het ek so half verwag om ‘n foto van myself te sien as ek oopmaak. 😎
    Die possie laat my so half dink aan ou Jonas wie se baas hom vra “Ou Jonas, jy loop stadig, jy werk stadig, jy eet stadig en jy praat stadig. Is daar iets wat jy vinnig kan doen?”
    Waarop ou Jonas antwoord “Ja daar is. Ek word vinnig moeg!”

    Ek hoop julle gaan saam met my vinnig moeg word in die naweek wat voorlê.

  2. Jaco…hierdie foto hierbo is ‘n foto van myself. 🙂

    Ja ek gaan saam met jou vinnig moeg word…wag ek is klaar. En ek het vinnig plat geval.

  3. Ek weet hoe jy voel! Ek is mal oor die luidier. Ek is seker as ek ‘n dier was, was dit ‘n luidier. 🙂

  4. Rosa

    As dit ‘n foto van jouself is, dan is jy pragtig. Baie beter as jou avatar. 😉

    (Opregte verskoning aan Me Franklin)

  5. Hi Rosie,

    Ek het gewonder waar is jy…al die tyd is jy net lui.. 😉
    Ek kyk groot-oog na die luidier! Ek maak Rosie toe met ‘n sagte kombersie. 🙂

    Goeie grap Jaco 😆

  6. Boerinballingskap: presies…sit en kou stadig.

    Adrie: ja dis foto van my waar ek vinnig lê. (ek is bevrees die ware rosalind franklin is daar om te bly).

    Wippie: Hi…ek was te lui om te blog. Tragie is dat ek op werkersdag sal moet werk. Wrede wereld.

  7. Ek weet nie waarvan julle praat nie. Ek het nie ‘n lui haar hop my kop nie! 😉

  8. Hoop iemand voer jou arbeie en room 😆
    “Gaan na die mier, luiaard.” Maar vandag en more is ek ook doodlui. En my seun steek aan want hy val vandag rond asof hy net twee tone het!

  9. Ag hoe salig, weet jy dalk of luidiere babysitters iewers kan huur? Ek het ook ‘n algehele behoefte aan luiwees. Ek wil vir ten minste een hele dag net ‘wees’! Lekker werk… 🙄

  10. Mykopop: Daarso is vir jou 5 van my luidier hare van mykopop-op-jou-kop.

    Emil: Ek is te lui om na die miere te gaan hulle moet ma vir my kom kuier 🙂

    Pikke: Om net wees…..ja dit is presies wat ek bedoel.

  11. Ag, ek wil elke dag net heeldag wees…die Koreane werk hopeloos te hard en ek kan nie meer byhou nie. Veral nie met die kleuters nie. Hulle dink ek is ‘n klimraam…DVDMV!

  12. My dogter het ‘n essay geskryf…maar uit haar kop oor die luidier…”sloth”… en toe haar Science onnie dit lees, raak hy so opgewonde dat hy wil he sy moet dit vir die klas lees…wat sy toe doen op sy aandrang…toe sy klaar was, prys hy haar ontsettend vir haar “oorspronklikheid”…en haar idees…waarna sy toe vir hom se maar dis nie HAAR idees nie…en wil hy toe weet waar sy die “idees” kry…waarop sy toe se dis inligting wat sy so 2 dae terug op die internet gelees het..!! sy reaksie..”wat… wil jy vir my se dat mens regtig so ‘n dier kry?”… hy het GLAD NIE geweet van die bestaan van die dier nie!! Britse onnie…nogal Science onnie!! bid jou dit aan….hehehehe…ons het net vanoggend weer daaroor gelag… 😉

  13. Nikita: ooooo aaarde….LOL

  14. dis die dierbaarste ding
    ja dis hoe mens soms voel ai
    x
    het hy regtig groen haartjies?
    sweet!

  15. Vam hulle het groen hare…funky




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: