Koningin

Ek het angstig deur Berlyn se strate gedrafstap. Ek kon nie wag om haar te sien nie.  Die konferensie wat ek bygewoon het was skaars klaar vir die dag toe ek haar begin soek.

Uiteindelik het Museum-eiland voor my opgedoen  – waar is sy tog?

Ek het die Euro’s oor die toonbank gestoot, ek gee nie om hoeveel nie, ek sal enige iets betaal om haar net te sien.

Op by die trappe van die pragtige gebou. Verby al die ander goed. Ek sal hulle netnou kom bekyk.

Ek probeer beskaafd deur die stigtelike plek loop, ek sweet weens die hitte en weens afwagtig. Waar is sy tog?

En toe, om ‘n draai, staan sy onverwags net daar op haar eie. Soos dit hoort. Want sy is ‘n koningin: Nefertifi. (c. 1370 -1330 b. C) (Uitgespreek Na-fra-ti-ta, destyds)

Ek stap nader. Om in haar oë te kyk. Ekstase spoel soos warm olie oor my, oh, sy is mooi. Die perfekte afwerking van haar gelaat, die presisie van haar kenmerke wat in gelid soos klein soldaatjies in plek is.

Die lippe, neus en voorkop is skoon. Vol en tog ook afgerond.

Haar kortgeskeerde hare en pruik is weggesteek onder haar hooftooisel.

‘n Roepe na bo want dit is voldoening voor my! Sy neem my weg saam met haar en ek vloei in tyd in haar vel heen.

En volgens tradisie sit sy langs haar koning Akhenaten, op die ander beelde in die vertrek. Sy is sy gelyke, haar beeld is net so hoog en groot soos syne. Want vroue was die mans se gelyke, in Antieke Egipte. Die klein prinsie aan haar voete, in die ‘n ander uitbeelding, is laer en kleiner as sy. Hy is dus nie belangriker as sy ma, die vrou nie.

Hoe sy dood is en wat van haar geword het, weet ons nie, want haar man was omstrede vir sy uitkyk op godsdiensake. Dit is moontlik dat sy kortliks farao was na haar man se dood (vroue kon koning/farao word).

Is sy ‘n ikoon, ja verseker. Hoekom? Wie sal tog weet, sommige mense, is net magies.

Die wagte maal om die mense, beloer almal. Ek dink, hulle dink, ek staan te lank daar. Hulle begin vir my kyk en om my draai. Tyd om aan te beweeg.

En en stap weg. Maar vir ‘n rukkie was dit net ek en sy wat bestaan het.

Advertisements

  1. Dis ongelooflik mooi! Ek wens ek kan dit ook sien, dit moet ‘n belewenis wees!

  2. Jy voel nou oor die Egiptenare soos ek oor die Grieke voel..

  3. Wipneus dalk sien jy haar, ek het dit ook nie beplan nie en dit het in my skoot geval. Mens moet nooit se nooit nie.

    Jasper, jong ek “ken” die Egiptenare net die beste, maar al die ou beskawings was vir my besonders. VEEL meer besonders as enige iets wat ons die afgelope 500 jaar gehad het. Na die Renaissance het dinge vir my maar erg verarm. Ek lief die Grieke, Romiene, Chinese, Mongole, Perse, soveel.
    Net omdat ons “computers” het is ons nie noodwendig oulik nie..

  4. Sy is werklik beeldskoon – sou haar bitter graag in lewende lywe wou beleef, nie net sien nie, beleef!!!

  5. Pikke, ja dink net om met haar te sit en praat op ‘n boot op die nyl.

  6. Ek het haar al gesien! Jy beskryf die ervaring uitstekend. Nefertiti, die vrou van Akhenaten – in hulle eie tyd ook buitestaanders in hulle strewe na ‘n enkele god. Interresant hoe daar na hulle dood ‘n daadwerklike poging aangewend was deur die priesters van Ra om hulle name uit die geskiedenis te verwyder. Hulle name en afbeeldings is letterlik van die muurpanele uitgevee. Gebeur dit nie nog vandag steeds met “ongewensdes” nie? Ek herhinner my aan ‘n paar kommentators by bosparra wat gevra het dat ek nie weer moet terugkom nie.

    Baie, baie dankie vir jou bydrae by my. ‘n Filosoof bestudeer nooit so die detail van die dinge waaroor ons skryf nie – daar is net te veel – dit los wel ‘n leemte in ons opsomming van die meeste veralgemenings. Ek is wel bly my opsomming sit die pot nie te ver mis nie.

  7. Von

    Is dit nie wonderlik hoe so ‘n ervaring mens in die verlede kan terugvoer nie? Vir ‘n breukdeeltjie in tyd kan jy jou in die skoene van iemand anders voorstel en inleef. My grootste begeerte is om die Nyltoer in Egipte mee te maak. Of ek ooit die geleentheid sal kry is ‘n ander vraag. Dankie Rosie, die stukkie is ‘n wonderlike gedagtereis!

  8. Ek het nooit geweet vroue was mans gelyke daar en dan nie. Dog dis eers in ons tyd wat mense meer ‘verlig’ geword het. Dankie Roos. Ek gaan koop sommer nou ‘n boek hieroor. Ek wil meer weet.

    Emil, Dit gebeur vandag ook. Kyk nou maar hoe verander die ANC ons kinders se geskiedenis boeke.

  9. Sy was werklik beeldskoon. Baie mooi en interessante inskrywing!

  10. Hi, my eerste besoek. Maar definitief nie my laaste nie. Dit is sad dat daar mense is wat geen belangstelling in veral geskiedenis toon nie. Ons kan so baie leer, veral van die antieke beskawings. Dit is tog waar dei boublokke van ons moderne beskawings gevorm is.

  11. Zee

    Rosie, hierdie was ‘n pragtige stukkie. Sy lyk vir my so statig!! (Is dit nou die woord?)

  12. BB

    Jy skryf jouself so in my in Rosa – so goed of ek was self daar!!
    Jip Zee – die woordjie : ‘Majestic’ feature ook iewers… wat’s dit nou weer in Afrikaans??
    /me loop krap in haar Groot Woordeboek…

  13. Sammi

    Egipte se geskiedenis is absoluut magies. Uitstekende inskrywing, dankie.
    Ek het Wilbur Smith se boeke oor Egipte “seventh scroll” ens vreeslik geniet, hy het daardie tyd in die lewe geroep.

  14. Hi julle, ja, ek is steeds vanoggend verlief op haar. Ai-ai. LOL–vir myself.

    Emil: Wees verseker ek gaan nog baie by jou uitstekende blog kuier. Jy bosparra rubriek was baie goed.
    Inderdaad was sy en haar man tot ‘n mate verdoem oor hul durf waag het om andersdenkend te wees. Die feit dat haar borsbeeld oorleef het en nie stukkend gekap is nie, is ‘n wonderwerk. Iemand moes dit weggesteek het was lojaal was. Oor “ongewensdes”: Dit is waaroor ek probeer praat het in my post getiteld: Genade.

    As mense durf buite die boks dink, bestook ons hulle het klippe, en tog na jare is dit hulle idees wat die norm raak!

    Von: Ek wil het so graag gaan, en dit ook sommer ‘n Griekse en Romeinse toer ook maak.

    Roer: Ek wou so graag ‘n boek daar koop, maar alles was in Duits! Toe koop ek maag ‘n yskasmagneet…

    Demoerin: Welkom hier, ek was al paar keer daar by jou en sal beslis weer kuier daar ook. Geskiedenis is vir my die leer van beskawings, tog so wonderlik. Wat my fassineer is dat ons soms ‘n tree terugneem…

    Dankie Zee (ja statig), Sammi, Mykopop en BB vir die loer en kommentaar.

  15. Rooskind, ek gaan voor die einde van die jaar Egipte self van naderby sien. Sover het ek nog net gehoor hoe erg bestuur die mense daar, hoe lê hulle heeltyd op hule toeters en dat dit byne ‘n onbegonne taak is om oor die straat te kom.

    Maar ek is nog steeds gretig om die land self te besoek. Daar was nou vir amper 6 maande 5 Egiptiese meisies by ons Johannesburg kantoor om opgelei te word. Hulle is nou terug na ons kantoor in Egipte, maar eintlik wou ek net sê dat hulle verskriklik mooi is. ‘n Anderste soort mooi.

  16. Dis so goed ek het dit self ervaar! Goed beskryf, soos altyd! My “wereldtoer” (as my skip ingekom het) sluit definitief Egipte in. Al is dit die enigste ander land wat ek sien sal ek tevrede wees.

  17. Lewies

    Rosa

    Ek het darem nou lekker gekuier hier op jou blog. Ja dit is laaang naweek so ek boer op die blogge en speel bietjie skaak en rym ‘n paar gediggies.

    Dit is darem lekker om goeie blogge te kry ek is so G@Tvol van al die Kla kla klagat blogge soms nie eens lus om rond te soek nie dan lees ek my was in nog n “Dis die regering se skuld”blog

    O ja oor jou vraag wat van my stam ouer storie geword het. Man ek het darem al die “links” as jy dit so kan stel van albei ouers my ma en pa se kant tot by die twee Stam ouers van Claassen en Botha gekry so ek is nogal heel bevoorreg om dit te kan se. Maar hoe vertel mens so storie, dit het nog baie inkleur nodig die grootste ironie is dat ons meer weet van die stam ouers wat 300 jaar terug geleef het as ons eie oupas n paar geslagte terug. Ek het die storie bietjie terug gesit in my lesenaar laai en sal later weer daaraan kou.

  18. Ek het een weeksdag oggend in ‘n doodstil en donker museum in Brussel(s?) in een van die Easter Island steenkoppe vasgeloop (letterlik), net daar onderneem om eendag die regtes te sien, mens raak so verlief op goed.

  19. Ek het op my blogger-blog van die antieke Grieke geblog lank terug…en ek hou meer van die Antieke Egiptiese geskiedenis…seker omdat dit Afrika is…:))..dis so bietjie meer nader aan die “suide”…

  20. Sonkind: Oe jy moet dit geniet en ons vertel. Dink nou so daaraan, hier bestuur die mense net so erg en toet ook, jy sal fine wees. Suid-Afrikaners is nie sissies nie. Ek doen altyd wat die ander mense doen, as hulle indruk, druk ek ook in. As hulle met hul hande eet, doen ek dit ook.
    Jy weet: Blend in… 🙂

    Lewies: Weer eens ek is so bly jy is terug. Het jou en jou voorouers se stories gemis.

    Kaalvoet: Moenie praat van wereldtoer nie,,,dis een van my lewendigste fantasië.

    Netjane: Wow ek het nie geweet van Easter Island se koppe is weggevat nie, nou vertel jy my iets. Sal daai net so graag wil sien, en so ver on te gaan.

    Nikita: Ek laaik hulle almal wens so ek kan by hulle gaan kuier, ne?

  21. Zee

    Roos, vandag was ek weer by SAB World of Beer. Ek het weer die virtual toer gedoen en vandag het ek vir jou n foto geneem oor waar bier ontstaan het *as ek reg onthou, Egipte nogal*. Ook so statige dame. Sodra ek hom gedownload het van my foon af, sit ek dit op my blog spesiaal vir jou!

  22. Zee, dankie dit laat my nou baie spesiaal voel. Kannie wag nie. Jy moet my laat weet hoor!

  1. 1 Hathor « Zee Se Scribbles

    […] June 6, 2008 Posted by Zee in Sommer net. Tags: Egipt, Egipte, Hathor trackback Rosalin het so ‘n rukkie terug geskryf oor Egiptiese dames en dit was nou regtig vir my baie […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: