Genade

jy,

jy is

hul god

gee hul

dan meer

genade

vir ander

 

 ******

 

Die gedig is ‘n waarnening uit die derdepersoon, juis om afstand te kry. Om afstand te kry van die mensdom, op humanity, wat so min genade vir mekaar het. Menslikheid

Ek sien, hoor, lees en ervaar dit so baie. Die gebrek aan genade vir ander mense en hul lewe.

Waarom is ons so kru, so veroordelend teenoor mense wat nie presies soos ons is nie? Hoekom maak ons ander mense, en diere, so seer? Wat as dit jy in daardie posisie was?

Hoekom is ons wreed as onsself nie wreed behandel wil word nie?

Genade asseblief, want die lewe is kort en die dood kom gou.

Advertisements

  1. Wipneus!

    Rosie wat ‘n mooi inskrywing! 🙂 Genade en empatie met jou medemens is deesdae skaars. Hoekom is daar nie meer genade nie, hoekom is mense so wreed met mekaar? Hoekom saai mense soveel hartseer? Is dit iets wat êrens uit- of ingeskop het?
    (ek dink persoonlik mense verstaan nie dat met een verkeerde daad of woord kan jy iemand in ‘n groot hartseer dompel, sommiges is so fyn besnaard dat hulle dae daaroor top en huil totdat hulle selfs siek word)
    Dankie dat jy my weer help onthou het, die lewe is gelukkiger met respek en liefde vir almal om jou.

  2. Gelidige vrae, maar ek het nie antwoorde nie. Ek verstaan nie hoe ‘n mens so wreed kan optree teenoor ander nie. Siek wereld!

  3. Pragtige inskrywing. Ons is tog almal skuldig. Dis nie iets nuuts nie, dis al daar van die Bybel se tyd af. Tog kan dit aangeleer / gekweek word. Ons moet maar by onsself, ons kinders en ons naastes begin. 🙂

  4. BB

    Ai Rosalind, ek het nie antwoorde nie – het vanoggend dieselfde tema aangespreek – uit ‘n ander hoek, maar none-the-less… gaan jou link daar by my opsit – die gedig is siels-seer-mooi.

  5. Hallo julle dankie vir die inloer en die kommentare.

  6. Wipneus!

    Rosie vang! ek gooi vir jou ‘n genade “drukkie”

  7. Ons kan nie die wêreld en sy mense se seer neutraliseer nie, maar elkeen van ons kan in ons eie omgewing teenoor die mense (en diere) met wie ons in aanraking kom keer dat ons hulle seermaak.

  8. boendoe

    Rosa, dis die eenvoud van die gedig wat dit so treffend maak. Dit praat met my. Welgedaan.

  9. Wipneus dankie vir die drukkie

    Attie, stem saam, dis presies wat ek probeer se.

    Dankie Boendoe.

  10. Dis baie mooi. As ons maar soms net vir ‘n paar minute rerig in iemand anders se skoene kon staan…

  11. Dellie dis waaraan ek altyd dink, net vir ‘n dag of week in die ander een se skoene wat mense altyd so gou is om te veroordeel. Daar aan die ander kant van die eensame draad.

  12. so waar….mens vergeet so maklik dat elkeen maar net mens is…ek dink partkeer ware liefde is genade…onvoorwaardelike genade.

  13. Baie dankie! Dis pragtig! Genade en liefde en vrede bid ek julle almal toe! Ons moet net sterk staan! Weet dis soms moeilik, die lewe is hard en sreed!

  14. Duskant: Onvoorwaardelike genade, ek hou daarvan.

    Tersia: Welkom hier, dankie vir die inloer. Ek dink nie jy was al voorheen hier nie.

  15. maeree

    ek weet genade behoort nie eksklusief aan christene nie, maar as christen is ek dikwels verstom (en woedend) oor die genadeloosheid van christene – ons wat verkondig dat ons uit die genade leef.

    ek’t lank gelede die volgende raakgelees in ‘n boek getiteld “journeys by heart – a christology of erotic power”:
    “To her amazement she discovered that those who seemed to own Christianity, her oppressors, owned it illegitimately. Words about liberating captives, healing the sick, feeding the poor, and caring for orphans told her about her own life.”

    that said, moet ek byvoeg dat ek dikwels verstom is oor my eie genadeloosheid.

  16. maeree, vir my is genade nie gekoppel aan geloof nie, maar aan iets binne ‘n mens. mens behoort nie aan ‘n geloof te “behoort” om genade vir ander te he nie, dit behoort ‘n gegewe te wees.

  17. Wat n klomp gemors skryf jy?
    Sies man, as jy skrik, skrik net wakker Hoor!!
    Wag kom ek gaan staan nou in iemand anders se skoene, jy weet, jy laat my dink aan Ghandi wat gese het, die ou manier van n oog vir n oog sal ons almal blind maak, daarin le die pot vol duiwels gemeng, as die swartes die kaans kry, sal hulle alby jou oë uitruk, en jou verkrag, dan is net jy blind, Julle mense mors met die engelse duiwel koss rond, julle gaan huil, ek se vir julle nou, draai terug na die Volk. Voor die honde julle en julle kinders verskeer. Wie op hierdie bladsy sal sy vrou kaal by die swartes aflaai en verwag dat sy heël terugkom? Gooi nie jou perels vir die honde nie.

  18. Haai Boerboetie dis perels voor die varke hoor … 🙂

  19. Is Boerboetie ‘n sprekende voorbeeld van ‘n genetiese bottelnek van’n suiwer wit superras?

  20. Ja of ‘n bottelnek, of ‘n “deletion” LOL.

  21. maeree

    bwahahaha
    good one, blixer




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: