Nie 8 nie

Die tag kom van Wipneus en Kaalvoet maar agt goed van myself is helemal te veel/te min!!! So toe pas ek dit ‘n bietjie aan:

Goed waaraan ek erg het

Boeke

Wetenskap in die breë

My honde en my Liefie

Fossiele

Diep-tyd (Deep time)

Genade

 

 

Wat ek gereeld sê

&*(%*&& $!@ —-onder sensuur geplaas

%&*^%$&* —– onder sensuur geplaas

ek hou meer van diere

ag tog

ag wie het dit gedoen?

 

Flieks

Camille Caudel

The Unbearable Lightness of Being

Three Colours Red, White and Blue

A Clockwork Orange

Evita

The Meaning of Life

The Last Temptation of Christ

The English Patient

My Left Foot

 

 

Gunsteling boeke

Daar is seker 500 op my lys maar hier is ‘n paar:

Perfume deur Suskind

100 Years of Solitude :Marquez (al sy boeke is nice)

Triomf : Van Niekerk

The God Delusion en The Selfish Gene: Dawkins

Six Impossible Things Before Breakfast: Wolpert

The end of faith: religion, terror and the future of reason: Harris

Ek hou ook van Karel Schoeman se: Kinders van die Kompanjie en Amosyn van die Kaap.

Etienne van Heerden se boeke is fantasties het almal en het almal gelees.

En Dan Sleigh se Eilande. Ag die lys is ongoddelik lank.

Ek lees eerder nie-fiksie en biografie as stories, behalwe is dit baie goed is. Ek kan Nadine Gordimer se boring gerammel nie verdra nie, nog minder  JM Coetzee se bitsige houding jeens vroue.

Ek hou ook baie van Gould, Sagan, Zimmer, Dennet. Jones en Ingrid Jonker en Elizabeth Eybers. Ek luister nie eintlik musiek nie, dit irriteer my gou.

Advertisements

  1. thanx…
    Is die boek “perfume” dieselfde ene waarvan daar so jaar of 2 terug ‘n fliek van gemaak is?

  2. Ou wildste Roos, Triomf was nou regtig vir hierdie wese ‘n mors van tyd. Daai antie skryf sommer plain kak. Maar sys so ‘n bombas, ek koes maar as ek haar raakloop by een of ander skouer skuurdery.

    En waar is die fabulooslike tannie Dalene Matthee se boeke op jou lys. ‘n Cool girl soos jy behoort darem daai boeke te like?

    Maar om jou eie woorde onder vokin sensuur te plaas, nee moer. Dis een te veel!

  3. Kaalvoet, ja dit is die een waarvan ‘n fliek gemaak is, maar die boek is 100000 keer beter as die fliek.

    Vokof…ag welkom, bly om te sien jy vokken skop nog. Daai antie se tweede boek was vir my poef, op bladsy tien aan die slaap geraak, maar Triomf was lekker swart vir my.

    En ai, weet jy, die woorde wat ek vloek is vokkin onaanvaarbaar in die hedendaagse samelewing ek belowe jou.

  4. Whaauw! Indrukwekkende lys films! Ek het gedog jy’s nog ‘n jong bokkie, maar as jy weet van Camille Claudel! As jy hou van (ek gaan nou nie opsoek hoe om te spel nie) Gerard Depardieu, móét jy probeer om “Jean de Florette” (en “Manon Of The Spring”) te sien te kry. En geen aanhanger van Isabelle Adjani mag “One deadly summer” mis nie!

    Die fliek wat ek die meeste keer in my lewe gesien het was “The Unbearable Lightness Of Being”.

    Nooit gedink dat mens Clockwork Orange en Evita in die selfde lysie kan sit nie 🙂

    My komplimente!

  5. Machiel, ek het daai twee flims wat op mekaar volg van Jean de Florette jare gelede gesien toe ek geswot het. (ek het onder meer Frans ook gehad…nee…het dit totaal verleer).
    Ek word vanjaar ‘n vreugdevolle 36.

    Unbearable bly my allerbeste fliek ooit, ooit. Ag ek het nou My Left Foot vergeet! DD Lewis is my gunsteling akteur. En The Last Temptation of Christ. En The Meaning of Life

    My Liefie versamel flieks, veral die van die 70’s. Ons het honderde, ook omtrent elke kunsfliek denkbaar. Haar gunsteling is The Conformist.

  6. Wipneus!

    Rosie, ek kan my indink jy sal net sê: ek hou meer van diere!!Baie sedig en woeps alles en almal is tjoepstil! hie hie

    Hoe was die Dawkins boek? Ek kry skaam om te sê ek het hom nog nie gelees nie. 😦 Baie goeie verkoper gewees! Wel “Unweaving the rainbow” gelees

    Ek het ook so paar van daai “onder sensuur” goedjies maar mens kan ook nou nie alles op jou blog verklap nie. 😀

  7. Dawkins se boek was een van die beste boeke ooit, dit laat mens dink buite die kassie. ek hou daarvan. Maar mens lees stadig daaraan, verteer dit stuk vir stuk. dis ‘n boeke wat mens weer en weer verteer.
    Die ander boek van hom wat briljant is, is The Ancestor’s Tale, baie goed.
    Rainbow is ook nice.

    Ek is so bang ek gaan dood sonder dat ek al die boeke gelees het wat ek nog wil lees/of wat nog kom.

  8. Roer

    Three Colours Red, White and Blue – Is dit daai Franse fliek? Altans 3 in 1. As dit dieselfde ‘een’ is waaraan ek dink… ek was nog NOOIT in my lewe SO verveeld nie. Toemaar, ek weet, smaak verskil. 😉

  9. Roer dit is ‘n trilogie, maar dit is 3 afsonderlike flieks, dit is wel Frans.
    Dis ook maar goed smaak verskil anders sou dit maar boring gewees het.

  10. Roer

    Ek seg mos. 3 in 1 = Trilogie. Elke keer as die een klaar was, het liefie gereken, moenie worry; die volgende een sal beter wees. Ek het amper vir ‘n week lank nie met hom gepraat nie!!

    The English Patient was vir my awesome.

  11. Wipneus!

    Rosie ek lees jou al soos ‘n “boek” jy gaan dood oor ‘n nuwe “boek”. Meeste van my boeke is ook stuk-stuk lees boeke, te veel om te onthou, dan gryp jy maar weer ‘n ander boek, en ek waak oor die boeke erger as oor my juwele. 😉

    Roer dis goed dat smaak verskil, my kop is die heel tyd in die sterre boeke,jy lees Sylvia en Rosie lees heeltemal te veel. 😀

  12. Erens moet ek dalk leer Afrikaans lees… Yeahhhhh! Ek kan afrikaans lees, maar moet leer Afrikaanse BOEKE lees! Hehehehe!!!

  13. ek weet wat jy bedoel met Etienne van Heerden se boeke! Ek het ook al die hele lot gelees…sukkel egter om by die laaste ene uit te kom hier in Korea, maar ek vorder! Ek is mal oor sy stories en sy skryfstyl ens.

  14. BB

    Ek VREK ook oor Etienne van Heerden! en mens kan maar gerus jouself die guns doen om G Marquez te lees.
    Unbearable Lightness is beslis ook as ek so vinnig moet dink dié beste fliek wat ek nog gesien het.

  15. Ek gaan bietjie kyk of ek “The Conformist” te sien kan kry!

  16. Sorry Roer, het jou verkeerd verstaan. Ek lui nie sommer in ‘n fliek nie, maar in The English Patient het die trane gerol, jinne.

    BB, toe ek Unbearable die eerste keer gesien het was dit 2-21 gewees, ek het so gesukkel om by die fliek in te kom want ek was nog nie 21 nie! Ek glo nie iets sal hom onttroon as my beste fliek ooit nie.

    Platter jy kan nie verkeerd gaan met Etienne se boeke nie, Koekoejoe (spelling dalk nie reg en ek nou lui) is vir my die beste gewees.

  17. Interessante lysie! ek dink ek het ‘n “gap”.. het nog glad nie iets van Dan Sleigh gelees nie…. en sedert ons hier is…lees ek ook meer Engels…want Kop wil nie ‘n CNA-tak hier in London begin nie… 😉

  18. Wat is jou opinie van Etienne v Heerden se laaste boek? En wat is jou favourite van hom?

  19. Favourite sien ek het jy genoem – stadige ekke.

  20. Skoor ek laaik ook die boek waarin die bokke so neerslaan, van Etienne kan nie nou aan die naam dink nie, daar is so luiheid vandag oor my. Smaak nie die laaste boek soveel nie…verhaal klink tog so bekend…;0

    Nikita ek hou van Dan, want hy skryf uit ‘n historiese hoek.

  21. Fossiele? Ek en jy moet bietjie gesels!

  22. Duskant…jip ek is lief vir fossiele, sommer alle tipes.

  23. Skies as ek nou die bal helemaal mis sit, maar in wat se fliek sing hulle “You can leave your hat on”?

    Speel Daniel Day Lewis nie daarin ook nie?

  24. 9 1/2 weeks, Antie Merie, dis wa dai song vandaan kom! Gee jy nou jou likes weg!! Is jou hoed darem op?

  25. Sonkind…ek weet hoekom dink jy aan You can leave your hat on, want in Unbearable waarin Daniel Day Lewis speel is daar mos stomende tonele in waarin Lena Olin hoed-dra.

    9 1/2 weeks ook ‘n interessante ene. Soos ook The Piano Teacher. Lekker af…!

  26. Dankie Rosa, nou voel ek darem nie so helemaal stupid nie
    🙂

    Skoor, altyd! Ek KAN nogal hoed dra en ek sal so dans-dans van alles ontslae raak, behalwe die hoed 😆

  27. Genade, hoe dom voel ek nou! Jou lysies is baie indrukwekkend!

  28. Ag toggie, as jy wonder hoekom ek so stil is hierie keer, ek weet wragtig nie wat om te sê nie. Ek lees jou lysies, en lees jou lysies en voel soos ‘n volslae idioot. Buiten vir Evita, Triomf en The English Patient, is daar ‘n moerse gat in my opvoeding…. 😯

  29. Ag nee Dellie, watse dom-voel is dit met jou, ek is net ‘n nerd wat nie kan koskook of kinders groot maak nie.
    Jy ook Pikkelik. Ek is maar net ‘n info-vraat.

    Dit is nou regtig nie geplaas om enige een stupid te laat voel nie, is regtig my favourite goed.

  30. Geen aanstoot geneem nie. Dink net kindersgrootmaak is besig om my in ‘n intelektuele-agtergeblewende te verander. 😆 Lekker week….

  31. en dit het alles begin toe ons info op chappies papiere gekry het…

  32. Lewies

    Rosalind

    Ek moet net se Three colours :Blue is beslis op my lysie van top flieke. Ek kan nie onthou of ek die anner twee,red white ook gesien het nie. In elk geval die soundtrack is awesome, kry dit as jy dit nie dalk het nie. Natuurlik seker die rede hoekom dit een van my top flieke is.

    En ja boeke boeke en nogmaals boeke sien my nuutste post.

    Ook dankie vir jou kuiertjies op my blog ek is maar n treurige blogger en behoort meer bedagsamm te wees en te antwoord op my comments.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: