Dis natuurlik, mummie! (3)

‘n Mens het ‘n kans om ‘n natuurlike mummie te word (‘n per abuis mummie), mits die omgewingsomstandighede van so aard is. Daar is al baie sulke mummies gevind, mens moet net op die regte plek soek, of per ongeluk op een afkom!

Die mense is nie deur ander mense gemummifiseer nie en het net daar waar hulle gesterf het, of in hulle grafte/tombes danksy die omgewing en/of chemiese prosesse gemummifiseer. Ek sou nie se per abuis mummies is net moderne mummies nie, soos sommiges dit beskryf nie, hierdie mummies kan baie oud of wees of jonk.

Daar is ‘n paar maniere: in bitter koue omstandighede, in baie droe omstandighede (waar dit ook verkieslik koel is -maar nie noodwendig), in soutagtige plekke, in baie suurgrond, in ‘n moeras wat bitter dig is.

Nogal interessant is dat die natuurlike mummies oor die algemeen baie, baie mooi bewaar is. Indien mens hipoteties gesproke (etiese aspekte tersyde) in moderne begrafplase sou soek waar dieselfde klimaatsomstandighede teenwoordig sou wees, ten tyde van die begrafnis, sou jy talle goed bewaarde liggame kry. Ek dink nou vinnig hier aan plekke in Rusland (baie koud en droog), China (droog, soutagtig) en in Groenland (perma-frost).

Vreemd genoeg het baie van die menslike offerhandes wat in die suide van Amerika gemaak is behoue gebly, nie omdat die liggame spesifiek gemummifiseer is nie, maar omdat hulle so hoog, droog en in koue omstandighede begrawe is. Die dooies vertel baie verhale: Hoe mense geleef het, wat hulle geeet het, hoe die beskawing geleef het, ens. Onnoembare inligting kan uit die skelet verkry word, insluitend DNS.

Daar is eintlik soveel van die mummies mens kan nie almal noem nie.

Net ietsie oor mummies wat oop monde het: vir indien dit jou dalk ontstel. Wanneer ‘n mens sterf, ontspan die spiere, al die spiere, ook die van die kake. So dit lyk dalk nie mooi as mummies se monde oop is nie, maar hulle het hulsef nie doodgegil nie. Alle lyke se monde val na ‘n rukkie oop. Die vel droog ook uit en trek effe van die lippe weg wat die “gryslag” gee.

(Tensy ons nie bewyse aan die liggaam sien van marteling nie, is hulle nie gemartel nie, soos merke om die nek, en elders op die liggaam, vars gebreekte bene, krapmerke, kneusplekke en dies meer.)

Guanajuato, Mexiko

Uiterste droe omstandighede het hier gelei tot die natuurlike mummifisering van mense. In die laat 1800’s is sowat 100 mummies gevind toe liggame opgegrawe is om plek te maak vir ‘n groter, nuwe begrafplaas.

 

Die Ysmaagd (Juanita)

Sy is in 1995 ontdek en was 14 jaar oud toe sy geoffer is deur die Inkas tussen 1440 en 1450. Sy is met ‘n stomp voorwerp oor die kop doodgeslaan – as offer vir die gode van die berge. Sy is ongelooflik mooi bewaar en word onder beheerde temperatuur-omstandighede gehou.

Sy is bewaar danksy die droe, koue omstandighede

Die DNS-toetse wys sy het genetiese verbande met ‘n ou stam van Panama, asook van haplogroepe van antieke Taiwanese en Koreaanse stamme. Dit versterk natuurlik die hipotese dat mense na Suid-Amerika migreer het vanuit die Ooste, ‘n reeds aanvaarde teorie.

 

 Siberiese Ysmaagd

Die jong vrou was iemand van statuur, ‘n koningin of leier van ‘n stam. Sy is 2400 jaar gelede begrawe met baie seremonie in wat seker ‘n kleurvolle begrafnis moes gewees het. Baie mense moes oor die jong, blonde vrou se dood getreur het.

Sy is in 1993 in Pazyryk gevind, saam met onder meer, die oorskot van ses perde, asook kos. Haar kis is pragtig gekerf met beelde van diere en so is haar liggaam. Daar is etlike tattoeeer-merke regoor haar van verskeie diere en die merke is perfek bewaar. Goud en sy-klere versier haar liggaam. Later het hulle ‘n man gekry, ook met sulke tattoes op, net so goed bewaar.

 

Moeras-mummies

Die mummies kom nogal wyd in Europa voor. Die water is suur en die gebrek aan suurstof keer dat die liggaam ontbind, omdat die modder so dig is. Dit is ook koud. Die mummies wat hierin voorkom lyk ook effe anders, byna plastiek-agtig. Soms vergaan die skelet en die rubberagtige mummie bly agter, met die organe nog daar.

Otzy (dood sowat 3300 v. C) is seker een van die bekendstes. Hy is in die Alpe gevind met hoedjie op die kop, klere aan en sy wapens langs hom.

Daar is al sowat 700 sulke moeras-mummies gekry. In die moerasse is organiese sure en aldehied teenwoordig. Lae van veenmos en turf vou die liggaam toe wat sorg dat oksidasie en water nie kan inkom nie.

Een van die mooi turfmoeras mummies is Tollund-man (onder) wat sowat 400 v. C. geleef het en in die vyftigs in Denemarke gekry is.

Sy verstandtande het ingegroei dus was hy ouer as 20. Hy het ‘n tou om sy nek gehad en is waarskynlik opgehang en toe in die moeras gegooi. Sy laaste maaltyd wat pap was het groot hoeveelhede ergot – wat hallusinasies meebring – bevat, wat baie vrae oor sy dood laat ontstaan. Dit bly ook dat hy tot 24 uur voor sy dood nie geeet het nie.

 

Marco Polo verloor?

Die laaste mummies voeg ek by omdat DNS ons nou instaat stel om nuwe vrae te stel. Die mummies is in China gekry. Hulle dateeer uit tussen 2600 en 4000 jaar gelede en hulle is nie Chinese nie! Hulle het Europese gelaatstrekke en blou oe gehad, en selfs geruite klere gedra. Dus was daar Westerlinge in die Ooste lank voor Marco Polo.

Dié ontdekking dui op ’n onverwagte verbintenis tussen die Ooste en Weste, veel vroeër as wat voorheen gedink is.
Honderde van dié mummies is in 1978 in die Tarim-vallei in die weste van China gevind, maar hulle het weggesteek gebly van die wetenskap in ’n streeksmuseum. Hulle is onlangs weer daar ontdek deur ’n kenner. Die bekende dr. Spencer Wells, ’n antropoloog, genetikus en direkteur van National Geographic se Genographic-projek, is betrek.
Wells het gesofistikeerde tegnologie gebruik om DNS te trek uit die mummies om hul genetiese oorsprong te bepaal. Die baie wol in hul klere dui daarop dat hulle skaapherders was en die Skotse geruit in sommige van hul klere dui op ’n Europese oorsprong. Die voorlopige uitslae is dat die mense van Europa, Mesopotamië, Indië en ander plek­ke gekom het.

         

Advertisements

  1. Hierdie moderne outjies lyk regtig nie vir my so grillerig soos die oueres nie, of miskien raak ek nou-al gefasineerd deur die spulletjie… Baie goed gedoen.

  2. Vir ‘n paar minute het ek weer weggeraak hier by jou. Sjoe, dis baie interessant! Tollund-man is pragtig bewaar. Dit lyk of hy slaap! En BTW, Juanita lyk nes ou Esther wat my so bietjie bystaan met skoonmaak en strykwerk…

  3. Pikkelik…ek dink die gogga het jou gebyt.

    Dellie LOL oor Esther. Hulle is fassinered ne.

  4. ek het alweer so lekker gelees! Die tipe goed bly vrek interessant. Ek het al so baie daaroor gelees, maar ek het mos goudvissiesindroom…onthou niks vir langer as 3 sekondes nie!!! My brein is soos ‘n sif die laaste ruk.

  5. Ou Tollund-man het “pragtig oud” geword. Dit lyk werklik soos ‘n was-pop. Opgehang? hulle was ook maar besig met die moorde in die tydperk? Het hulle was gebruik om die korps te beskerm vir die toekoms, Rosie?
    Nog iets ek sien ook die plooie en lyne is duidelik sigbaar, kan jy ook so moeras mummie se vingerafdrukke duidelik sien?
    Ek het jou skrywe geniet!

  6. Wipneus, nee daar is nie was gebruik nie (hy lyk maar so was-agtig), hy het mos natuurlik gemummifiseer, so nou hou hulle hom in ‘n omgewing het die regte klimaat, humiditeit ens sodat hy nie ontbind nie. Hy is of vermoor of tereg gestel, ons sal nie weet nie.
    Interessante vraag oor die vingerafdrukke, ek sou dink mens sal hulle kan sien, ja.

    Kaalvoet,,,ek het ook goudvisbrein…veral as dit by ekonomiese goed en geldsake kom.

  7. Dis jammer alle lyke (wat begrawe is) kan nie so bewaar word nie. Ek sal nogal graag my voorvaders wou opgrawe en bestudeer. /me weird… Soos jy sê, ‘n mens kan baie daaruit ‘vertel’/leer.

  8. Roer, as jy weird is, dan is ek ook weird. Ek wil ook sulke dinge doen! Sommer baie ander goed ook 🙂
    Mens kan natuurlik jouself laat embalm en in ‘n vlekvrye staalkis laat sit in ‘n tombe of moseleum. Of laat vries.
    Daar is mense wat net hulle koppe vries…en hoop die wetenskap vorder so dat hulle net die kop sal nodig kry, of dalk ‘n nuwe lyf sal kry.

  9. BB

    Man, ek lees lekker hier by jou!! Dankie!
    My oupa het hulle grafte (8ft diep!) in Suidwes (Namibië) laat uitbeton met ‘n staalplaat bo-oor, nog ‘n laag beton bo-op dit, voor die Afrika grond daarop mag neergelê word (stoere duitser wat sy lewe lank terugverlang het na die Heimat, nadat hy aan die einde van WWI moes emigreer agv. watter redes ookal, het ebbehout en duitse eik laat invoer en gesê as hy dan nie in duitse aarde begrawe kan word nie, dan ten minste in duitse hout…)
    Sien, hoewel hy baie lief geword het vir SWA, kon hy al die jare nooit regtig met die hitte cope nie en het berekeninge et al gedoen (hy was argitek) om te bepaal hoe diep die graf moes wees en hoe dik die betonmure om die hitte finaal uit te hou. Die ou mense darem 😕 so is hy en ouma en die 2 seuns uiteindelik in die vierkant groef neergelê en gaan iemand dalk oor ‘n paar honderd jaar ook wonder oor die spul? My ma het die ‘savvy’ gehad om ‘n verduideliking in duits asook engels in ‘n koevert te sit en saam met ‘n kopie van oupa se ‘memoirs’ op die kis te sit voor dit laat sak is.

  10. Rosie wat praat jy ek het gaan oplees oor ou Tollund, hulle sê dis net sy kop wat oorspronlik is, die res is gemaak??? Die lyf het seker te veel gekrimp van die uitrook proses?
    Hierdie goed het my nou vreeslik nuuskierig gemaak…. ‘n staalkis? nee, net-nou is ek nie regtig dood nie, hoe kom ek dan uit daardie staalgedoente, alhoewel hoe grou ek myself uit daardie diep gat in die grond? 😀

  11. Wipneus wat praat jy?? As ek praat van hom, dan praat ek wat van hom oor is (wat gekry is) is nog net so bewaar. I.e, dit het, nadat dit ontdek is het nie verder ontbind nadat dit uit die oorspronglike truf geneem is nie. Niks was ooit 100% bewaar bly nie. Oé sal byvoorbeeld nooit 100% bewaar bly nie, net indien dit gevries word sal iets oorbly, maar dit sak in.

    Sy organe is onder meer gevind, vandaar die analise van wat hy geeet het.

    Ek wil nie eintlik skryf oor hoe lyke ontbind nie of hoe die proses verloop nie, ek dink mense sal my boikot. Maar dit is tog interessant.

    Nee ek sal ook eerder gaan vir die verassing…

    BB: Dit is nou interessant. Ek wonder wat sal ‘n mens kry as jy dit opgrawe. Ek is seker hulle sal baie goed bewaar wees, selfs nog die klere. Die papier sal vergaan het, definitief (veral is dit nie toe is in iets nie), indien jy dit nie in vlekvrye staal laat sit het nie. Of in enige ander metaal nie. Dit is jammer. Insekte eet baie gou papier, of dit vergaan baie gou op sy eie.

    Deesdae kan ‘n mens aan die kant van sekere kiste in ‘n buisie ‘n papietjie met details insit. Dit is vir indien die kis in ‘n vloed uitspoel dat hulle weet wie dit is.

  12. O genade Rosie, hierdie begin vir my meer na ‘n spookstorie klink…. miskien moet ek ook begin dink aan verassing…
    Die papiertjie in die kis is ook interessant, oor jare grou hulle jou uit en weet presies wie is jy. DNS maak my nogal nuuskierig. Ek wil regtig nog bietjie gaan grou oor hierdie onderwerp, ek sit altyd soos ‘n mummie en kan nie saampraat nie, my kop draai in die sterre rond.

  13. Wipneus: Dis natuurlik ‘n baie persoonlike keuse. Maar ek smaak nie van maaiers nie…

    DNS is wonderlik. Ek het my mitochondriese DNS laat toets. (Vrou se mitochodriese DNS en mans se Y-chromosoom en mDNS kan getoets word) Die uitslag was amazing. Dit verteld jou van jou oer-herkoms, let wel, niks van ‘n paar honderd jaar terug nie.

  14. Rosie jy moet ons asb. bietjie meer vertel van DNS, dit klink of jy baie kennis het oor die DNS onderwerp.

  15. Ek sal nog ietsie skryf oor hoe persoonlike genomika werk.

  16. BB

    Ek moet dadelik vir mamma bel!! ons moet opgrawe!! die memoirs in vlekvrye staal kissie laat sit! – ek wonder of my ma die krag het daarvoor? Maar ek wonder tog ook soms oor my oupa se redenasie oor hoekom hy so lugdig begrawe wou word (behalwe nou vir die land van herkoms konnotasie)?
    Ek self wil veras word, maar my ma en ander familielede wil op die plaas in Namibië begrawe word. Nogal interessant as mens begin uitvis oor die ‘hoekoms’.

  17. maeree

    dis baie interessant.
    maar ek het ‘n vraag wat my al lank pla: hoe weet mense baie van die goed wat oor antieke kulture en opgrawings ens gesê word? dit voel vir my asof alles maar afleidings, hoogstens slim raaiwerk kan wees. gaan hulle in die toekoms ons huise opgrawe en dink ons het almal reghoekige afbeeldings van ons gode aanbid, omdat daar in bykans elke huis ‘n vertrek is waar die stoele in ‘n halfsirkel om die reghoekige voorwerp gepak is?

  18. Sjoe, is al wat ek kan sê. Die uitgedroogde “biltong” mense maak my bang, maar dankie vir die interessante inligting, dalk eendag gaan ek dit nodig kry in ‘n vasvra-kompetisie of iets…

  19. Hi Rosie, so jammer daar is vir jou so piep klein werkie op my plekkie!

  20. BB, jou familie-verhaal is bitter interessant. Mens kan ‘n graf oopmaak, sower ek weet moet ‘n begrafnis-ondernemer net by wees. Maar dit is ‘n maklike prosesdure, Avbob of so plek sal jou kan help.

    Maeree: Geldige vraag wat jy het. Maar dit is darem nie so eenvoudig nie. Hulle doen dit stap vir stap. Terreine word ook in lae uitgegrawe, sodat akkurate datering gedoen kan word. Indien ‘n afleiding gemaak word, word dit gedoen teen iets wat getoets word. As hulle byvoorbeeld yster-gereedskap kry, en daar is nie ysterklip naby nie (geoloe word ingeroep) dan word vir die klip gesoek. As dit 200km ver is, weet hulle die mense het gereis. Is hulle wol-klere gedra het, moes hulle skape gehad

    Oor godsdiens en geloof is argeoloe baie versigting om afleidings te maak, daar moet bewyse van rituele wees, simbole. Met die inkas en asteke kan duidelik gesien word in die tekeninge waar en hoe hulle aanbid het, byvoorbeeld.

    http://www.archaeology.org/

  21. lyk my jy’s klaar getag vir die “8 dinge” ek het jou ook getag…sorry 👿

  22. BB

    Hahaha Rosalind!! Ek dink nie enigiemand gaan weet (of vreeslik omgee oor sulke regulasies) 100 km buite Grootfontein nie 😉

  23. Kaalvoet: als OK. maar ek wik en weeg, voels vir my nogal of baie sal moet verklap oor myself….

    BB: Nee hulle sal seker nie omgee nie, maar sal jy die joppie self wil doen? Ek gril glad nie en sal sommer begin grawe (is nogal harde werk seker) en nie skrik vir wat ek dalk mag sien nie.

    Anders doen die begrafnisondernemer die werkie vir jou…jy staan net op die sideline.

    As jy dit doen, belowe my net jy laat vir my weet. Ek vrek van nuuskierigheid.
    Jy weet Piet Retief se dokumente was in sy leersakkie toe hy vermoor is en vir jare het dit langs die skelet, mooi bewaar in wind en weer gele.

  24. Jy slaap snags met jou fassinasie met gedroogte mense? Of slaap jy met die bedliggie aan en irriteer die geliefde??

  25. Skoor! LOL…ek slaap soos ‘n soet baba. Geliefde se nogal ek lyk net soos ‘n engel as ek slaap. Oulik ne?

    Ek is nie bang vir die dooies nie, ek is bang vir die wat lewe!

  26. boendoe

    Dit was nou wraggies interessant. Maar nou het ek meer vrae as wat jy wil hoor! ❓
    Ek weet nie van Piet Retief se dokumente wat in wind en weer gele het nie? Dalk ‘n possie daaroor? Seblief?

    Ek het so ruk terug die boek “1421 The Year China discovered the World” gelees. Al daarvan gehoor/dit gelees? Dis vrek interessant, en maak nogal vir my sin. Toe jy noem dat van die mummies van Suid Amerika Oosterse DNS het, het die klokkie weer begin lui. Hier is hul link, en ek kan die boek sterk aanbeveel: http://www.1421.tv/

  27. Boendoe, ek sal nota aan self maak oor Piet Retief.

    Nog nie jou boek gelees nie, een van my vrese is juis dat ek sal doodgaan voor ek al die boeke gelees het wat ek wil lees.

    Die manier hoe die mens die aarde bevolk het, is interessant. Maar onthou om nou baie baie verder terug te dink as aan Chinese soos jy hulle ken. Die mense wat na suid-amerika gegaan het van die ooste het sowat 15 000 jaar gelede oor die bering-see (‘n landmassa toe) geloop soontoe. Dit is van populasies homo sapiens wat toe in die ooste gebly het, maar hulle was nie noodwendig oosterlinge al soos ons hulle ken met hulle spesifieke gelaatstrekke nie.

    Daar was ‘n groot migrasie uit afrika na europa toe ook gewees, sowat 50 000 jaar gelede.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: