Ag, waar is my bra?

Kyk deesdae dra die meisies mos nie meer bra nie. Maar ek, ek dra (nog) ‘n bra.

Ek vermoed ek sal aanhou om ‘n bra te dra tot die dag dat ek seker maar sal vergeet om een aan te trek, of dit nie meer saak maak dat ek sleepvoet ronddwaal nie. Maar, tot dan dra ek maar die bra.

Dis nou as ek een kan kry!

Desember suiker ek en Liefie af winkels toe. Ek bekyk die hangers so en vind net 44 DD en 48 EE. Rye en rye moerse groot bra’s. 40 CC’s te kies en te keur en dan natuurlik 28 AA’s en 30 BB’s.

Ek dra net ‘n gewone grootte bra. Amper soos ‘n nommer 6 skoen. Die enigste bra in my grootte is: skelgroen of pers?

Ek loop na die toonbank en vra vir die bestuurder van die onderklere-afdeling. Die klein dinges agter die toonbank, sit ek giggel en praat met sy buddy. Hy ignoreer my. En toe maak hy of hy nie verstaan wat ‘n afdelingsbestuurder is nie.

Ek verhef my stem so effe. En toe vra ek hom of hy wel matriek het.  Toe, raak hy dikbek, wat sien, ek het hom in die gevreet gevat.

Askuus klein dinges met jou bum-fluff baard waaraan jy al vier maande groei, maar as dit nie vir my was wat bra’s koop nie, het jy nie werk gehad het. En toe die bestuurder daar aankom toe vertel tannie Rosalind Franklin vir haar van bum-fluff se houding is.

Sy weet ook nie hoekom daar net training-bra’s en massiewe bra’s is nie, maar sy sal my bel. ‘n Week later bel sy, sy het die hele Kaap platgebel en net een opgespoor. Toemaar los maar. Ek sal maar my tieties met verbande vasbind.

In Februarie loop ons van die een Woolies na die volgende. Niks bra’s nie.

Dit raak soos Zimbabwe, se Liefie.

Ek vra vir die verkoopsvrou: Wie bestel 44 FF bra’s of 50 CC’s? Dit moet ‘n man wees wat julle bra’s bestel. Hier hang rye en rye! Hy het een of ander fantasie. Kan iemand hom nie help nie, en as alles reg is kan ons weer bra’s kry nie? Sy lag. Ek lag.

En toe sien ek haar. Sy hang daar agter.

MY SIZE! ‘n Bra vir my! En toe nog een.

Ek gryp al twee koesterend…na twee maande se gesoek. En hulle is nie een of ander naarword-verjaardagparty-kleur nie.

Dans, dans, dans na die til toe.

My Goggie:

Pikkelik  het my getag om ‘n prentjie te teken, ag jinne. Ek hoop nie iemand ontleed my naïewe kuns nie. Ek het probeer maar gesukkel met die knoppies en die goeters man!

Maar ek het belowe om nie te kroek nie, so hier is my goggie:

goggie.jpg


  1. boendoe

    Hmmmmmmmmmmmmmmmmmm…Rosa, jy is mos ‘n nugter vrou! Watter gogga het NET 4 bene?? He? 😀

    Ag, en die bra-soekery is vir my ook ‘n pyn. Dit het gelukkig sy voordele om vetter te word. Soos jou heupe groei, word die boobies ook groter. Eendag sal ek wel die 50 CC’s te kan dra!

    Wat my nog grief, is wanneer daar mans in daai departement werk. Genade! Wat weet hulle van bra’s af? En buitendien, ek koop nie my onderklere terwyl mans toekyk nie!

  2. Ag aarde maar dis ‘n vreeslike mooi vierbenige gogga met sy varksnoetjie, ek noem hom sommer viervarkgoggolopsie! 10/10
    My bra probleem is eintlik heel eenvoudig, as mens ‘n groot beenstruktuur het en verder soos ‘n strykplank gebou is wel nou ja, dan gebruik jy sommer ‘n frokkie!

  3. Boendoekie…..Dit is ‘n goggie, nie ‘n gogga nie. He?? Sien jy dit is vierkantige blokbene wat eintlik pienk skoende is… LOL.🙂

    Pikkelik LOL!

    ‘n 50CC bra klink vir my al soos ‘n motorfiets.

  4. Lol! Ek like jou viervarkgoggolopsie!😆

    Hier by ons is ‘n wonderlike plekkie, die Bra Boetiek, wat rerig bra’s aanhou in alle groottes, kleure en geure. Desember het hulle ‘n leka special gehad: 5 bra’s vir R100! Dit was great! Ek het 10 bra’s gekoop. Een in elke kleur. Nou is ek ge-organise vir die jaar!

  5. boendoe

    Ek trek eers my wenkbroue op oor die motorfiets, maar toe ek dit hardop se, toe verstaan ek! Ja, dit klink soos ‘n motorbike! 😀

    En ek verstaan van die goggie…wat nie ‘n gogga is nie…

  6. Dellie my ma vertel in haar dae het hulle bra’s laat maak, my mense wat dit spesiaal gedoen het, maar dit het uitgesterf.

    Boedoe, as my goggie grootword gaan hy ‘n gogga wees…sy voetjies kan uitrol…hy is nog skaam.

  7. krista

    Jy moet maar laat weet in watter winkels die DD’s hang, ek sukkel my vrek hierbo om die ossies ingespan te kry. Hier is nou weer net 32A-B en 34A-B.

  8. Krista, miskien moet ons ‘n bra-klub begin? Saampspan-vir-Inspan.

    Hulle is oral hier in die Woolies, dalk is dit daar by julle ook?

  9. Ha ha jy gaan jou tieties met verbande vasbind, mummifiseer???
    Rosie jou humor is regtig vreeslik snaaks. Jou gogga mabielietjie is perfek geteken, geen skewe lyn, of vorm nie, is jy nie dalk ‘n perfeksionis nie?! Moet die blikkies kos se geskryf altyd vorentoe wys, perfek in ‘n reguit lyn gerangskik?

  10. Wipneus, toe ek klaar geskryf het toe dink ek ook nogal aan die mummie-ding!
    Die goggie is geteken op die ding wat ek gebruik vir praatjies (daai powerpoint-ding). Ek wou vir hom ‘n krul-stert gemaak het,maar alles was so reguit en perfek in die program, kon dit nie regkry nie.

    LOL! Die blikkieskos…sit sommer soos hulle lus het in die kas.

  11. Mynick sê dis ‘n viervarkgoggolopsie op rolskaatse! Hehehehe!

  12. Na my laaste gesprek oor vleeskleurige bra’s en bra’s met die blommetjies op, het ek maar besluit dit is beter om stil te bly oor goed waarvan jy niks weet nie. So ek sê niks oor bra’s nie.

    Maar dit lyk my winkels sukkel nogal met hulle voorraadbestuur. Ek vind dikwels met mansklere dat mens ook maar sukkel met die gewone groottes.

  13. ai ek ken daai gevoel… ek het die probleem om skoene te koop, as ek winter sien aan kom so 3 maande voor die tyd begin ek al winkels plat loop! ek sien kom klaar met net 3 pare skoene!

    ps… jou gogga is oulik!

  14. Pikke…ja rolskaatse…hoe meer ek vir die ding kyk, hoe meer dink ek hy wil iets sê.

    George, ek het jou gesprek oor bra’s gemis. Nou is ek 1) bitter jammer 2) bitter nuuskierig.

    Triston. Hoe is dit dan dat jy sukkel met skoene? Ek ken ‘n paar vroue wat nr.8 dra en wat sukkel om skoene te kry, sommer simpel die voorraad storie.

  15. BB

    Ek hét gedog dis ‘n vark!! Hahaha @ gogga!! – en jy weet wat seg die sielkundiges as jy nie vir jou varkie ‘n stertjie teken nie:mrgreen:
    Ek persoonlik hou nogal van “naarword-verjaardagparty-kleur”-stelletjies, maar ek stem Krista! Sal my meisiekind moet Kaap toe stuur – want hierbo kry jy wragtig niks vir daai ‘ossies’ nie…

  16. BB, vertel wat se hulle van varkies sonder stertjies…?

    Ek skrik vroeg in die oggend vir rooi bra’s, want vroegoggend skrik ek in elk geval vir myself.

  17. Hie hie ek het gedink ek is die enigste een wat vir myself skrik in die oggend…..

  18. Op ‘n dag wou manlief vir my ‘n bra persent koop maar het nie die grootte geken nie, maar mooi met sy hand beduie hoe groot dit moet wees :-)……..perfek gepas!!!
    Is jou goggie een van daai wat mens so terugtrek op sy wiele en as jy hom los …woerrr hy self vorentoe???

  19. LOL! Marina, so moet ‘n man mos wees!

    Ja my goggie kan so ry hy is gisteraand winkel toe.

  20. Howzit my bra..

    Dit lyk of daar ook maar bra min tyd oor is vir die bra…?

    Ek wonder wat Salomo van die bra “ding” sou gespreuk in sy dae…?

    Ek kon nie anders, ek moes ‘n versie kry, anders sou dit my heeltyd pla..

    (Hooglied 1:13) My beminde is vir my ‘n bossie mirre wat tussen my borste rus.

    O my lied!

  21. Dis was nou ‘n grappige inskrywing! Jy moet maar se wat jy soek volgende keer as die nood weer druk, miskien is hier ou stock in my dorp!

    Leka naweek

  22. Erg waardeer Skoor. Dalk is daar ‘n borsrok wat my pas.

    Lekker duik.

  23. Ek hou van pers en groen bra’s. Plaas jy dit gekoop het. Ek het verder geen clue wat ‘n AA of ‘n EE is nie. Is dit een nommertjie vir elke boobie. Ek dog nog altyd my vrou dra ‘n C. Maar dis dan seker ‘n CC, want hare is altwee ewe groot.

  24. Hi Machiel dankie vir die inloer…AA is baie klein, en A is nie so baie klein nie.
    Is maar soos ‘n skoen se 6 en 6 en ‘n half. Ek skrik vir helder goed soggens en vir harde musiek…jy weet. Ek is een van daai wat uit die bed sluip soos ‘n slak, bang om myself wakker te maak.

  25. Liewe Rosalindjie,

    Poplap, jy moet maar so stilweg ook vir my laat weet waar jy daardie reuse nommers opgespoor het.

    Ek sukkel weer om hulle te kry hier in my geweste. Ek dra ‘n 44DD of E, en ek hou van pers en groen en swart, maar veral róó1!

    K ‘-)

  26. Ai Rosa, ek lees nou eers hierdie en ek lag lekker. Net soos jy kan identifiseer met my ligpers-moermeter, kan ek SOOO identifiseer met hierdie bra soekery van jou. Vir my om ‘n bra te gaan soek, loop ook altyd maar bra k@kkerig af. En juis omdat ons normale groottes dra.

    Ek kry ook bitter selde skoene in my nommer (5), want dis gewoonlik eerste uitverkoop. Een van die dae gaan ek braloos EN kaalvoet loop!😆

  27. Nico

    Ek is so dankbaar dat ons manne nie daardie probleem het nie.

    Ek dink die wêreld sou ‘n baie leliker plek wees as mans gereeld deur so ‘n episode moes gaan…

  28. Ans

    lol@Nico!

  29. Vra my ook, ek ken jou probleem! selfs hier in London kry jy daardie probleem! Ek het spesiaal in Woolies laas jaar vir my bra’s en panties (word “nickers” hier genoem..hahaha….)gekry…want ek hou NET van Woolies se sekere panties.. en vir my ‘n HELE paar gekry…sterkte daar!

  30. afrikafairy

    ai daar is darem niks so mooi soos ‘n mooi bra nie. daarin voel ‘n mens sommer weer vrou!

  31. laaik jou gogga! Hehe!

    My probleem met n bra is: Of n bra OF pimpel en pers kniekoppe thx 2 gravity!!

  32. Zee

    RF, jou goggie is te oulik.

    Ek wens ek kon sonder ‘n bra loop, dis so beklemmend!. Maar nou ja, die gravity bly maar ‘n probleem.😆

    Gelukkig hier by ons ‘n daar ‘n paar bra boutiques as jy eendag opkom na my wêreld toe!

  33. Ai RF, ek het nou lekker gegiggel! Hier in die Ooste is ALLE klere ‘n probleem en nie net onderklere nie! Hier skyn die mense almal deur van al die seewiere wat hulle so vreet. As ek so gelukkig is om ‘n broek te kry wat pas, is dit te kort. Noudat dit somer is is dit darem nie so treinsmash nie, want dan is dit fine om ‘n 3/4 broek te dra🙂

    Grappie: een warmnul (hotnot) groet ‘n ander; “Hoezit my bra?” Die ander een antwoord: “As ek jou bra was het ek jou tiet af gebyt!” 😆

  34. Ek wonder, as ons manne nou moes onderbroeke koop op ons “cup” grootte, hoeveel sou onderbroeke gekoop het wat regtig pas🙂

  35. Sonkind hoe lag ek nou vir jou! Braloos en kaalvoet…LOL

    Vir almal wat groot bra’s soek, hulle is in die Woolies orals in Kaapstad, of was gewees gedurende by soektoeg. (Karin daar is baie rooies)

    Nico ja, ek wonder hoe sou mans met bra-dra gecope het. LOL.

    Nikita: Nickers klink soos sjokolade.

    Zee en Platty — gravity dis hier bo waar dit eerste toeslaan.

  36. Machiel….niemand se onderbroeke sou gepas het nie, ek is seker.

  37. http://dearauntnettie.com/museum/museum-warners.htm

    Gaan kyk na hierdie link! hehe… aan jou gedink toe ek dit sien!

  38. Nikita dankie, dit is vreeslik snaaks!

  39. maeree

    ek’s ook een van daai dd’s. maar al die bra’s wat jy in daardie grootte kry, is regte-egte passion killers. ek soek sexy bra’s, nie vadoeke nie!

    en ek sukkel ook met skoene. ek’t gewoonlik net 2 paar skoene, wat vir járe moet hou, want ek kry nie nog waarvan ek hou nie.

    note to self: dalk moet ek een of ander tyd ietsie blog oor die geskiedenis van bra’s en feminisme.

  40. Maeree, ja ek het al daai passion-killers gesien. iemand beheer die bra-industrie en dis nie ons vroue nie. net soos iemand besluit het vroue moet op hoe hakke rond trippel. en dan is daar die psigo-analise van rooi lippe.

  41. Rooskind,
    Het julle nie ‘n Antjie Somers (Anne Summers) in SA nie😕
    Jy kan altyd een of ander “Lace” nommertjie daar opspoor….

  42. Jasper: Ek sal bietjie uitkyk vir dit. Laca-nommertjie is fine, hy moet net pas!

  43. Leon

    Rosalind, ek lag sommer lekker oor die bra storie. EK het al so in Edgars of Woolies verby daai groot bra’s geloop wat lyk soos twee gazebo’s wat aanmekaar gewerk is en gewonder nou wie de donder dra sulke groot goete.

  44. Welkom Leon! Ek worry meer oor die helse groot panties; my Liefie noem dit poepvangers.

  1. 1 Bra slegte ervaring « NetJane se blog

    […] Rosa het ‘n ruk terug geblog oor haar stryd om ‘n bra gekoop te kry en ek het lekker saam gelag, maar van lekker lag kom lekker huil né? […]




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: