chinchorroweb.jpg

Twee Chinchorro-mummies met hul artefakte 

(Hier is dan die tweede artikel oor mummies – die wat nie deur Egiptenare gemaak is nie, maar ook nie toevallig gemummifiseer het nie). 

Sover terug as 5000 v. C het die Chinchorro-beskawing, in wat vandag Peru en Chili is, hulle mense gemummifiseer. Hierdie is van die oudste mummies wat spesifiek gemummifiseer is en nie per abuis behoue gebly het nie.

Hulle het ‘n unieke manier gehad om dit te doen:

Die organe is uitgehaal en die vlees is van die bene gesny. Die liggaam is dan weer herbou en versterk deur hout. Die interne organe is voorgestel deur klei, plantvesel en seegras. Die mummie is oorgetrek met die vel van seeleeus en die persoon se eie vel is aan die binnekant gebruik. Die hele liggaam is dan gesmeer met ‘n pasta van as en oker.

Die gesig en seksuele organe is herbou met klei en die hare is weer geheg. Die Chinchorro het dit vir 3500 jaar lank gedoen en die styl die hele tyd aangepas en verbeter (party is rooi gemaak en ander swart).  Dit is eintlik beskou as kunswerke.

Die materiaal wat gebruik is en die tegnieke vertel baie van hoe die mense geleef het.

Nou kyk, vir die Spaanse veroweraars het ek nie veel tyd nie, want hulle was eintlik net plunderaars wat goud gesoek het. Hulle het natuurlik die Inka’s  (1100 n.C tot 1500 n. C) – ‘n wonderlike beskawing – uitgewis deur onder meer kwaadwillig siektes soos pokke en masels onder hulle te versprei.

Hulle het ook die Chinchorro se fantastiese mummie-bondels geplunder agter die bietjie goud aan. Gelukkig is sowat 200 bondels ongestoord ontdek ‘n paar jaar gelede en hier en daar word steeds nog bondels gekry. Die mummies is stewing in bondels toegedraai, amper soos ‘n baba, en wanneer hulle ontdek word, word alles intens bestudeer – tot die manier wat die materiaal geweef is. Die bondels word nie altyd oopgemaak nie, juis om dit mooi te bewaar.

Die Inkas het ook mummies van hulle dooies gemaak. Hulle het die liggaam in ‘n sittende posisie geplaas, styf toegedraai met linne of leer en dan in ‘n groot leerpot of mandjie geplaas. Die mummie is ryklik versier met juwele en ander artefakte. Sout en kruie is gebruik om hulle te bewaar.

Van die mummies wat hoog teen die berge in Peru gevind is, is offers vir die gode gewees – die mense het baie keer kos, juwele, klere en ander kosbaarhede by hulle.

Die Spanjaarde het ons die guns gedoen om die mummies wat gemaak is van die Inka-konings te verwoes en hulle is nou verlore! (Offer-mummies is gekry, maar meer hieroor later).

Die Chachapoya (wolkmense) se mummies is in die negentigs in noord-Peru in hoë grotte gevind. Die vel is behandel en die interne organe is verwyder. Hulle is tussen 500 en ‘n 1000 jaar oud en was ook in ‘n sittende posisie, toegedraai in linne. Navorsing oor hulle mummifiseringsproses word nog op hulle gedoen. (Die mense was in konflik met die Inkas)

Die Capuchin katatombes van Palermo in Sicilië is het in die 16de eeu ontstaan toe die monnike se begrafplaas te klein geword het en hulle begin het om mense te mummifiseer. Dit het ‘n modegrier geword en uiteindelik is 8000 mense in die katatombe ingesit – heel bisar. Die laaste persoon het in 1871 daar tot ruste gekom.

Die tegniek wat gebruik is, is saam met een van die priesters na sy graf, maar wat ookal gebruik is, dit is fantasties want van die mense lyk of hulle slaap. Die kategorië waarin die mense lê is net so bisar: mans, vroue, kinders, maagde, priesters, monnike, professionele mense.

catacombs1-799270.jpg

Palermo se mummies

Vandag? 

Om jouself te balsem is natuurlik heel algemeen, baie mense doen dit steed, vra maar vir die begrafnisondernemer. Maar as jy hoor wat dit kos om te keer dat die wurms jou vreet gaan jy jouself doodskrik. En dan moet jy verkieslik ‘n spesiale kis ook kry, want hout is nie vir ewig nie.

Die res: 

Die volgende artikel gaan oor hoe mense natuurlik gemummifiseer het, dit het regoor die wereld gebeur en honderde sulke mummies is al gekry. Baie van hulle was mense wat deur verskillende beskawings geoffer is en die spesiale omstandighede van die rituele begrafnis het gehelp met die bewaring van die liggaam, saam met die spesifieke klimaat en omgewing.

Van die interessantste en mooise mummies is al so gekry. Dalk grillerig maar tog interessant.

En dan was daar die toeval in die  en die nog meer toevallig ontdekkings, in mere en in ys. En wat ons daaruit geleer het.

Bron gebruik: Archeological Institute of America

Advertisements

  1. Jislaaik Wille Roos, jy’s al in die dooies en gedroogdes deesdae, en jy worry oor my hoenders af koppe het!!!

  2. @Skoor! bring daai hoenders….

  3. Ek moet se, ek mind nie menslike lyke of organe nie – mits die natuur nog nie sy gang gegaan het nie. Ek sal beslis nie ‘n patoloog kan word nie. Ek sal graag eendag Tygerberg se anatomie museum wil besoek.

  4. Ek vind dit nou rerig geweldig interessant. Ek kan die eindresultaat hanteer, maar ek weet nie so lekker van die voorbereiding nie. Ek gril my dood!

    NS. Jy kan maar gerus daai afkophoender resep van Skoor probeer. Ek het. Dis ‘n wenner!

  5. Hierdie lyk al meer kykbaar! Ek begin dit nou geniet!
    ‘Skies ek doen dit aan jou, maar ek kon die versoeking nie weerstaan nie, jy is getag! Gaan kyk maar by my.

  6. Dankie Rosie interessant en jy doen soveel moeite!

  7. Adrie, daar is ‘n anatomie musuem by Grootte Schuur by die mediese skool.

    Dellie, ek sal probeer, ek het Skoor bietjie gespot, daai foto van die hoenders wat so sit was vir my baie cute. Ek dink nogal nie ek sal gril nie, ek was eendag by toe ‘n baie besonderse operasie gedoen is, 14 ure lank. Ek het gedink ek sal omkap, maar ek was so verstom ek het net gekyk, en gekyk en gekyk.

    Pikkelik…gisteraand en vanoggend was hier 2 ekstra foto’s op, maar ek het my later bedink en dit afgehaal. Arme Skoor het dit aanskou… Toe haal ek dit af. 🙂
    Vir die wat gril, jy weet. (ek sal gaan kyk na die tag)

    Wipneus, plesier.

  8. BB

    Jy het nogal ‘n skatkis van ‘n blog! sal beslis weer kom inloer – moet net tyd maak om agterstallige in te haal…
    ek het ‘n (pataloog)vriendin wat orgaanverwydering doen vir oorplantings – dis die amazingste werk!!

  9. Hallo BB, welkom. En dankie.

    ek het baie respek vir mense wat betrokke is by die hele proses van organe oorplant, verwyder (dit moet mos baie vinnig geskied), mense oortuig om te skenk ect.

  10. Albei inskrywings baie interessant!

  11. BAIE interessant. Moet asb nie op hou skryf oor die mummies nie.

  12. Dankie Roer en MyopKop die laaste Mummie-inskrywing sal in die week kom.

  13. Soekie Scherman

    Nee kyk ek bang vir sulke goed. He he simpel ne




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: