O, mummie! (1)

Nie alle mummies is farao’s nie, maar alle farao’s is wel mummies – wel uiteindelik.

Ek is gek na mummies, ek gril glad nie vir hulle nie, en vind dit wonderlik hoe hulle vasgevang is in tyd.

Ook, is nie alle farao’s in piramiedes begrawe nie, die meerderheid is in gewone tombes in die grond begrawe. Die bou van primides was net ‘n betrokke mode-gier gedurende ‘n bepaalde era. Baie farao’s se mummies is nog vermis en sal nooit gekry word nie, of is dalk lankal in antieke tye al, verwoes deur diegene wat tombes beroof het. Of hulle is elders weggesteek. Eens op ‘n tyd was dit mode om hulle te versamel, wat tot groot verliese vir die wetenskap gely het.

Mense van die hoe stand, rykes en koninklikes is almal na die dood gemummifiseer. ‘n Duur proses wat 70 dae geneem het. Ander mense is bloot begrawe (die oorblyfsels hiervan is ook al gekry).

‘n Mummie van adelike afstand het altyd met sy arms gekruis gele soos die een van Ramesses I (dood omstreeks 1290 v.C): As die arms die gekruis is nie, was hy nie ‘n bloubloed nie.

3_14-3_15-3_16.jpg

 Maak ‘n mummie

Priesters was die liggaam met ‘n oplossing van wassoda/loogsout (natron). 

Al die interne organe, behalwe die hart, word uitgehaal en gewas omdat hulle gou verrot. Die hart bly in die liggaam (ka) om dit gesien is as die setel van die siel. Elke orgaan word in sy eie houer geplaas en bly naby die ligaam. Die houers met organe is orals te sien in museums en die betrokke persoon se naam word daarop uitgekerf. Die deksels van elke houer verteenwoordig elkeen ‘n ander god.

Die liggaam le vir 40 dae in die loogsout om heeltemal uit te droog. Sakkies met van die sout word ingestop. Die liggaam word weer gewas en die oe word uitgehaal en met vals oe vervang.

Dan kom die lae en lae materiaal. Amulette word geplaas, asook  ‘n masker oor die gesig. Tussen die lae materiaal is gom gesit. Die masker is ‘n afbeelding van hoe die persoon gelyk en daarom is ‘n masker soos ‘n ware kunswerk. Die masker is baie belangrik, omdat dit die beeld hou van die persoon wat hy nodig het om weer te hervorm

Verskeie rituele is gedoen en die mond is onder meer simbolies oopgemaak, sodat die persoon in die hiernamaals kan kommunikeer en eet.

Die liggaam was die tuiste van die siel en moet dus bewaar word vir later.

Kos, klere, juwele en alles wat hy nodig het vergestel hom/haar op die reis. Heilige diere is ook gemummifiseer.

Baie farao’s is in meer as een kis gesit en dan in ‘n klip-kis. In die meeste gevalle is die name in hirogliewe daarop grafveer.

Onder is Ramesses I (pa van Seti I). Ramesses II het vir 67 jaar regeer en vreeslik baie gebou, onder meer Abu Simbel se tempel. Sy koningin as  Nefertari (nie die pragtige Nefertiti nie, sy was die vrou van Akhenaten).

3_38.jpg

‘n Mens hoef glad nie ‘n Farao te gewees het, of ‘n Egiptenaar om ‘n mummie te word nie. Talle ander antieke beskawings het dieselfde gebruike gehad, veral in die Amerikas. Meer hieroor in ‘n tweede artikel.

Dan is daar regoor die wereld mummies wat spontaan gemummifiseer het, danksy die klimaatsomstandighede en/of omstandighede waarin hulle gesterf het. Meer hieroor in ‘n derde artikel.

Foto’s: Emroy-universiteit

Advertisements

  1. Ek is lief vir die Egiptiese Geskiedenis…jy kan self jou lemoen mummifiseer..(is dit die korrekte Afrikaanse woord…lol! loer bietjie hier… as jy ‘n onnie is…doen jy dit met jou klas! hehe….
    http://www.neferchichi.com/fruitystep1.html

  2. Ek is ook mal oor mummies, egipte en die piramides. Dis so misterieus alle antieke beskawings is my dood en ek kan ure daaroor lees. Maar jy is my een voor met die gril storie!

  3. Zee

    Ek hoop eendag gaan ek ook met my arms gekruis gemummifiseer word 😆

    Baie interessant. Ek het altyd gedink net die Farao’s word gemummifiseer en dat almal in piramides geberê word. Nogal interessant dat hulle organe uitgehaal en apart geberê word.

    Sien uit na die ander posts.

  4. boendoe

    Soos jy se, mummies is vasgevang in tyd. En ek staan verstom oor hoe wetenskaplikes inligting uit mummies kan kry. Regtig wonderlik. Wonder of daar goed is wat wetenskaplikes NIE vandag sou weet as dit nie vir mummies was nie?

  5. meermin

    neee ekke bang hulle, net nou kyk mens nog so vir ene, en ene gryp jou skielik, dan verander ekke ook in ‘n mummie!!

  6. lekker stukkie leesstof! interessant.

  7. Ek is mal oor die Egiptiese geskiedenis ensovoorts! Sal nog eendag daar ‘n draai gaan maak. Ek het al iewers raak gelees dat hulle die brein met die een of ander skerp voorwerp deur die neus uithaal…weet nie hoe waar dit is nie, maar dit klink nogal na ‘n mission om dit reg te kry.
    Dankie vir die stukkie inligting, het dit baie geniet.

  8. afrikafairy

    dis baie interessant. ek het dit baie geniet

  9. Die kultuur van mummies was natuurlik gegrond op die “feit” dat die wetenskap van daai tyd gedink het dat hulle op die punt van ‘n deurbraak gestaan het om die mens uit die dood op te wek.

    Ek wonder of Darwin se teologie op 1 April gepublish was…?

  10. Dankie vir almal se inloer. LOL…meermin.

    Interessant van Nikita se lemoene hoor!

    Kaalvoetinireen: Jy is heeltemal reg, die brein is deur die neus uitgehaal/skep baie tydsaam anders sou dit ook verrot het.

    Mens kan baie leer uit hulle, bene se toestand vertel jou of hulle siek was, wat hulle geeet het, het hulle mediese versorging gekry.

    Die mense se beskwawing was inderdaad verstommend.

    Johannes, die Egiptenare het maar net soos die meerderheid van mense vandag gegelo dat lewe na die dood is.

  11. lol@johannes

    Baie interessante inskrywing. Die onderwerp fasineer my. Eendag dv as die geld en tyd daar is, wil ek ook gaan loer.

  12. Dankie, dit was baie interessant.

  13. Baie dankie RF, dit was baie interressant. Die goed laat egter my maag draai. Scary!

  14. Roer ja. Ek sal graag ook Egipte toe wil gaan, om te piramides, tempels en museums te gaan sien. Ook die biblioteek, hy het honderde jare gelede afgebrand, maar is herbou.

    Die antieke beskawings was wonderlik, die Romeine en die Grieke ook. Pragtige kuns, argitektuur, letterkunde en maniere van stadsbestuur.

    Dankie weer vir almal se inloer. Hoe meer mens kyk vir die wonderlike mummies hoe minder gril mens, Pikkelik.

    Later dus meer oor die mummies van Suid-Amerika waar diere en ook kinder-mummies is (net soos poppies, toegedraai in sagte velle).

  15. Rosalind, dit het nou nie veel met die onderwerp te doen nie, maar jy het my nou aan ‘n opera van Philip Glass (hulle speel van sy musiek uit die opera Satyagraha in die fliek The Hours) laat dink – Akhnaten. Die twee operas form saam met ‘n derde Einstein on the beach ‘n trilogie.

    Dit gaan oor Akhenaten en hoedat hy monoteïsme by die Egiptenare ingevoer het (of probeer het). Baie mooi, maar dalk ook bietjie te modern vir baie se smaak. Wat ek van hom weet is maar meer wat in die opera genoem word. Klink of hy ‘n interessante man kan gewees het.

  16. vorm nie form nie; kon nie kan nie 😳

  17. Het dit nou geweldig geniet. Daar was ook nog altyd vir my iets misterieus rondom mummies. En ek het nooit geweet hulle organe word verwyder nie. Interessant hoe die hele proses werk. Sien uit na die volgende possie oor mummies!

  18. George interessant onderwerp (ek het nie die operas nie, maar gaan beslis meer uitvind, dankie) wat jy aanraak oor die farao Akhenaten, hy het die hele stelsel omvergegooi. Sy naam was voorheen iets anders, kan nie nou onthou wat nie.

    Dit is hy wat gese het die mense moet een god; die son-skyk (Aten) aanbid. Dit was hy wat met die pragtige Nefretiti getroud was. Hyself was nie onaansienlik nie.

    Hy het ook verklaar dat hyself die tussenganger tussen die mense en god is. Ek dink dis waar sy nuwe naam vandaan gekom het.
    Volgens hom was Aten, die eintlike oppergod Amum-ra.

    ‘n Pragtige, lewensgroot beeld van sy ma, Ti/Tyi is 3/4 jaar gelede gevind.

  19. AardMummie

    Gee my meer inligting asb.

  20. Chanel

    DIT IS WONDERLIK OM VAN DIT TE LEER,MAAR WATSER DIERE WAS GE MUMIEFISEER

  21. Die mummies van diere is ‘n verskeidenheid, katte, voels, krokodille, honde.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: