Depressie

As ons na depressie kyk, waarvan daar baie vorme is, dink ek moet ons eers verder terug kyk. Dit is nie ‘n nuwe siekte nie, mense was nog altyd depressief, deur die eeue is hulle maar net uitgestoot, in sanitoriums gesit, in kamers opgesluit, randfigure geword of selfmoord gepleeg. Dieselfde geld vir alle ander siektes van die brein.

Dit is maar die laaste paar dekades wat daar met ander oë daarna gekyk is, omdat medikasie ontwikkel is wat daarvoor help en stadig maar seker breek ons deur die stigmas.  Ek persoonlik verafsku woorde soos mal, gek en kranksinnig. Of “hy is nie lekker in die kop nie.”

Depressie of enige ander psigiatriese siekte is ‘n siekte van die brein, net soos ‘n siekte van die hart (hartomlyning) of pankreas (diabetes).  Mense met depressie het ‘n chemiese wanbalans in die brein. Jy kan dit nie reg eet nie, jy kan nie sit en wag nie, en jy “kan nie jouself regruk” nie.

Dit is ‘n siekte wat vra vir deernis, begrip en simpatie.

Geen mens op aarde gaan vir iemand wat ‘n hartomlyning moet kry  sê ruk jou reg nie. Nog minder gaan ons vir iemand wat asma het, sê: Haal net diep asem, komaan!

Waarom is ons dan onsimpatiek teenoor mense met depressie? Waarom sê ons vir hulle dat hulle dit as verskoning gebruik? Verskoning vir wat? Verskoning omdat hulle fisiologies nie instaat is om serotinien en dopamien in die regte hoeveelhede af te skei nie? Twak. Ek dink sulke uitsprake is oningelig, ondeurdag en almal van ons behoort beter materiaal te lees.

En indien die depressie akuut is, waarom kan mens nie ook die pyn van die lewe behandel as ons ‘n hoofpynpil drink vir elke liewe babalas nie?

Baie navorsing word gedoen en die aanduiding vir veral major depressie is ‘n sterk genetiese basis. Dit is nie ‘n enkele geen nie maar etlikes saam, asook betrokke genetiese seinbane wat depressie veroorsaak.

Depressie moet met medikasie, psigoterapie en dan so bietjie oefening behandel word. Voedselaanvullers help nie! Pasop vir St. John’s Wort saam met anti-depressante, dit inhibeer die opname en kan baie gevaarlik wees, dit werk ook op ander middels in.

Daar is verskillende tipes depressie.

Om “af of down” te voel is normaal. ‘n Mens kan jouself aftrek en af voel, maar ‘n mens kan jouself nie klinies depressief maak nie.  (Die enigste uitsondering is die gebruik van dwelms wat neuro-toksies is vir die brein en depressie as newe-effek het).

Maar mens kan nie depressief oor jouself bring deur negatiewe gedagtes nie. Jy kan dit ook nie wegkry deur positiewe gedagtes nie.

Hier is van die simptome (jy kan van hulle hê, dit hoef nie almal te wees nie en is net ‘n riglyn)

Bedrukte gemoed

Verminderde belangstelling en/of ervaring van plesier van dinge waarvan jy hou

Slaapversteuring

Verandering in eetlus of gewig (meer eet/minder eet of gewig optel/verloor)

Moegheid en lusteloos

Selfverwyt

Waardelose gevoel

Skuldgevoel

Vergeetagtig en swak konsentrasie

Besluiteloosheid

Psigomotoriese traagheid

Agitasie en irritasie

Selfmoordgedagtes

Psigiaters bepaal presies wat verkeerd is en watter tipe ‘n mens het na aanleiding van die internasionale standaard: Die Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders (DSM-IV)

Sover ek weet betaal die meeste mediese fondse chroniese medikasie vir depressie indien dit gemotiveer word deur ‘n psigiater.

Hier is ‘n goeie bron:

http://www.nimh.nih.gov/health/topics/depression/index.shtml

Skaf gerus prof. Piet Oosthuizen se boek: Ontsnap van Depressie aan.

Advertisements

  1. Nico

    Sjoe, Rosalind. Ek is so bly ek is nie die enigste ou wat so van tyd tot tyd iets oor die onderwerp te sê het nie! Dit is werklik ‘n vreeslike toedrag van sake, veral omdat depressie in al sy vorme besig is om toe te neem; ek weet nie of dit is omdat dit werklik so is nie, en of dit ‘n geval is dat meer mense bereid is om te erken dat hulle aan depressie ly nie, net eenvoudig omdat mense begin verstaan dis nie ‘n flawed character of ‘n sicko nie.

    Ekself het BPD – Bipolar Personality Disorder; ek het ‘n kort opsomming op my blog daarvan vir mense wat meer wil weet daaroor; Ek los ‘n link en ek is jammer as ek my blog op joune adverteer. Ek los ook nog ‘n goeie link oor BPD, as jy my sal verskoon.

    Dankie vir jou sensitiewe post, en dankie dat jy besef mense met depressie is nie (noodwendig) mal nie.

    http://uitdiesielvannboer.wordpress.com/bpd

    http://www.bipolarconnect.com

  2. boendoe

    Hallo Rosa,
    Ek skryf vanuit my bomskuiling, want ek glo ek gaan nou gestenig word!
    Ek glo pille vir skete moet as die allerlaaste uitweg beskou word. (Al drink ekself met geleentheid ‘n Oupa vir hangovers, soos vandag!)
    Daar is ook navorsing gedoen oor hoe die kos wat ons eet, verantwoordelik is vir feitlik elke siekte wat voorkom. Voor mens dokter toe hol vir ‘n handvol pille, moet mens eers jou eie lewenstyl en dieet in oenskou neem en regmaak wat verkeerd is. Swak dieet, geen oefening, min sonlig (ja, ek’s weird, maar ek glo in sonlig!)en nie genoeg water, en jou liggaam gaan later halt roep. Of dit nou hartsiekte, depressie of diabetes is.
    Medikasie het sy plek, maar dis nie die eerste opsie nie. Die newe-effekte is soms erger as die siekte self.

  3. Om eerlik te wees, het ek nog altyd gedink dat mens dit nogal met jou houding en gedagtes kan beheer. Soos om jouself weer op te tel en af te stof wanneer jy een van daai “down” dae beleef. Duidelik het ek nie ‘n idee waaroor dit eintlik gaan nie! En mag ek asseblief nooit self uitvind nie.

    Dankie, insiggewende possie.

  4. Sjoe Rosa

    As ons nie in die tyd van die Groot Verdrukking leef nie weet ek darem nie… ek het net een om by jou lysie te voeg

    …Vandag is ‘n dag van benoudheid en straf en lastering; want die kinders het tot by die geboorte gekom, maar daar is geen krag om te baar nie. (Jesaja 37:3)

    Ek het ‘n vriendin …
    haar vingers ken die pad…
    Lisa kannie ophou as sy eers begin het nie..

  5. Ek weet dat daar regtig ‘n toestand soos depressie is. Ek weet ook dat sommige mense daarvoor medikasie moet gebruik. Ek verstaan selfs depressie op ‘n biochemiese vlak. Ek weet ook dat dieet kan help met ligte depressie.

    Is die simptome van die verskillende depressies dieselfde?

    Daar was onlangs op my blog struweling omtrent depressie gewees. ‘n Vriendin van my kon dit glad nie verstaan nie en het iemand goed opdraande gegee daaroor. Depressie, soos ander brein / geestessiektes word min verstaan.

    Ek gebruik woorde soos mal, kranksinnig, gek, nie-lekker-in-die-kop, kop-raas baie. Nie asgevolg van iemand se toestand, sindrome of siektes nie. Maar eerder in hulle gedrag. Die mense wat ek sulke terme toevoeg (myself ingesluit) beskou dit nogal as ‘n kompliment. 90 % van die tyd (weer ‘n statistiek uit my duim uit gesuig) is die mal mense baie ver van mal af.

  6. Nico,

    Ek wil jou graag hier afsonderlik antwoord en ek gaan vanaand weer op jou eie site vir jou kuier.

    Bipolêre gemoedstoornis is nie ‘n persoonlikheidstoornis nie. Dit wil se dit tas nie jou persoonlikheid aan nie, maar jou gemoed. Daar is ‘n reuse verskil.

    Dit is aansienlik makliker om gemoedstoornisse te behandel. Daar is drie: angs- en paniek, depressie en dan bipolêre gemoedstoornis.

    Persoonlikheidstoornisse is aansienlik moeiliker, dit sluit anti-sosiale gedrag in (die outydse psigopaat, borderline personality disorder, en vele vele meer).

    Lees hier gerus meer oor bipoler. Sterkte en ons gesels definitief weer. Dankie vir jou inloer. En respek vir jou, Nico.

    http://www.nimh.nih.gov/health/topics/bipolar-disorder/index.shtml

  7. Boendoe LOL. Daar is nie ‘n bom oppad nie, dankie vir jou post.
    Ja mens kan jouself siek eet, maar dit hou veral verband met hartsiektes en diabetes tipe 2.
    Wanneer dit by psigiatriese siektes kom is dit egter nie nie geval nie. Nadat die menselike genoom gekarteer is in 2001 en genetiese studies letterlik elke dag gepubliseer word, sien ons duidelike verbintenis met genetika en talle siektes.
    Die meerderheid siektes het inderdaad ‘n basis in die genetika. Vandaar die sê-ding dat ‘n baba nie ‘n skoon lei is nie, maar in die wereld kom met “a predisposition” vir sekere siektes.

    Gesond leef help, maar dit kan nie voorkom of genees nie. Ek hol ook nie sommer dr toe nie, maar vir chroniese siektes moet mens wel. Dis nou as jy langer wil leef.

    Daar is onder meer ‘n bewese verband tussen onbehandelde depresse en hartsiektes. Die depressie veroorsaak stres vir die hart.

    Dellie: dankie vir die inloer. As mens net af voel kan jy jouself oplig, maar as jy kliniese depressie het, kan jy nie die fisiologie van jou liggaam beivloed nie.

    Johannes: Ek verstaan nie lekker nie, maar dankie vir die inloer.

    Adrie: As jy depressie op biochemiese vlak verstaan dan sal jy verstaan dat DSM-IV se diagnostiese wyse vir die verskillende tipese depressie verskil?

    Daar is beperkte bewyse van omega 3 se voordele. Maar dit is uiters beperk. ‘n Mens moet gesond eet en B12 inkry, maar jy kan nie jouself gesond eet met B12 nie.
    Dit kom daarop neer dat jy vis eet, en die meeste mense doen.

    *****

    Onthou daar is ‘n groot verskil tussen ‘n akute siektes (kopseer, griep, diaree na jy iets slegs geëet het en sulke goed) en ‘n chroniese siekte wat ernstig is en op die langduur kan lei tot ander gesondheidsprobleme.

  8. Ek het ‘n seun wat aan depressie ly, ek het gesien hoe verwoestend die siekte kan wees as dit nie korrek behandel word nie. En ook ek het eers gedink hy moet homself net regruk. Daar is niemand in die familie, in die afgelope drie generasies, wat aan depressie ly nie, so ek weet nie of hy dit kon oorgeerf het nie.

    Ongelukkig voel depressie lyers soms beter na hulle ‘n ruk lank medikasie gebruik het en dan hou hulle op daarmee en die swart sluiper slaan weer toe met alle mag.

    Die naaste wat ek self ooit aan “down” kom, is as ek nie genoeg sonskyn kry nie. En dit is regtig vir my ‘n probleem om deur ‘n koue nat winter te kan kom, sonder om my kop net te wil toetrek en slaap tot dit weer lente is 🙂

  9. Ai ek het vandag al soveel keer ongelooflike ondeurdinkte goed gecomment, maar kom ons probeer weer. Ek het onlangs op Adrie se site gesê dat ek voorheen maklik sou gesê het dat ek depresief voel as ek eintlik net af was. Na my meisiekind se geboorte het ek egter met werklike depressie te doen gekry en dat was nag. Ek besef nou dat dit eenvoudig net ‘n chemiese wanbalans was maar op daardie stadium was die lewe net vir my so donker dat ek byna rasend was. Toe die balans herstel is het dit weer beter gegaan en nou weet ek ten minste hoe om die simptome vroegtydig raak te sien…

  10. Rooskind,
    Meeste mense het ‘n begrips gebrek as dit by dinge van die brein kom. Mens moet dit nie aanvaar as “oningelig” nie. Net “inbegrip”

    Diabetes, cholesterol, bloedarmoede etc… Vir alles is daar deesdae medikasie, maar vir die ding van die brein is die medici nog in die donker eeue..

    Ons praat nie van virale siektes soos Vigs, griep en kanker nie.

    Die brein is uniek en ek dink dit is die mensdom se onvermoe om die werking van die brein te verstaan wat die
    oningeligde kommentaar na vore bring.

    Empatie is die woord vir mense wat aan ‘n wanbelans lei en empatie is die gevoel wat diegene wat daaraan lei by y kry.

  11. Ek het gister weer aan iets gedink.

    Gene is die boustene van die liggaam, in die sin dat as dit vertaal word, kry ‘n mens verskeie proteine. Proteiene soos Dopamien en Serotinien.

    Gene word oorgedra van ouers tot kinders, tog is daar altyd mutasies. Mutasies wat kan veroorsaak dat sekere proteiene nie dieselfde gevorm word nie of dat dit nie uitgedruk word nie. Soos in die geval met Dopamien en Serotinien.

    Dit maak dan nogal sin dat ouers “normaal” is en kinders aan depressie ly. En dat hulle kinders dan ook aan depressie ly.

    Ek het die bogenoemde uit my duim gesuig.

    Ek het ook gisteraand gedink dat mense se omstandighede wel tot ‘n tiepe depressie kan lei. ‘n Vrou wat bv in ‘n ongelukkige huwelik vasgevang is en nie kan / wil ontsnap nie, kan al die simptome van depressie toon, sonder dat sy enigsins ‘n chemiese wanbalans het. Sy kan al die pille in die wereld drink, maar tot haar omstandighede verander sal sy depressief bly.

    Ek het mense in my jeug geken, wat meer as 90 depressie pille binne ‘n maand gedrink het. Pille wat deur ‘n huisdokter voorgeskryf is. Voorskrif het wel gelui 1 ‘n dag. Hulle het met allerande sette nog uit die dokters gekry. Beste van als is dat die dames so min aan depressie gely het as ‘n klip. Daarom voel ek sterk dat gewone artse nie depressie kan diagnoseer nie.

  12. Colin

    Adrie

    Mense wat donners dom is, moet eerder hulle bekke hou. Los asb jou goed in jou duim. Hierdie blog is vir mense met intelligensie.

  13. sterfling

    Rosa’tjie: D-A-N-K-I-E !

    Het vir jou ‘n mail gestuur.

  14. (St John’s wart is ook dem gevaarlik om te neem as jy ‘n buitelug mens is, en baie in die son kom.)

    Ongelukkig is dit nie ‘n kwessie van all in the mind nie, en ek is all for pille vir die pyne.

    Thanx vir die insiggewende post.

  15. boendoe

    Colin, hoe kan ons donnerse dom mense slim word as ons nie sagkens reggehelp kan word nie? 🙄
    Adrie, dit is inderdaad so dat nie alle depressies deur ‘n chemiese wanbalans veroorsaak word nie. Kinders raak depressief na hul ouers se egskeiding, ‘n geliefde se dood maak jou depressief, ens, ens. Daar is ook ‘seasonal affective disorder’ waar depressie intree tydens wintermaande. Sonlig is regtig goed vir mens se gemoed!
    Dit maak dus nie sin om hierdie mense direk op anti-depressante te plaas nie. ‘Talking therapy’ is ‘n goeie beginpunt om interpersoonlike probleme, gedragsprobleme, ens te probeer oplos. En ja, oefening word aanbeveel, omdat serotonien vrygestel word tydens oefening.
    Daar kan verder onderskei word tussen ‘mild, moderate en severe’ depressie. Vir ‘mild’ depressie, en selfs ‘moderate’ depressie, word daar eers gekyk of beterskap sonder medikasie bereik kan word. Medikasie behoort die laaste uitweg te wees.
    Ongelukkig is dit nie die realiteit nie. Dokters sal na die eerste konsultasie medikasie voorskryf. Tyd is geld, en om ure met ‘n pasient te spandeer, is nie winsgewend nie. Wat wel geld inbring, is die ‘kickbacks’ wat dokters van farmaseutiese maatskappye kry as hul ‘treatments’ voorgeskryf word. Wat my verstom, is dat mense vir 2e, en selfs 3e opinies gaan as ‘n dokter hul bv vertel hul moet ‘n hartomleiding kry, maar dit goedsmoeds aanvaar as ‘n dokter hulle op anti-depressante wil plaas. Natuurlik is daar mense wat suksesvol op anti-depressante is, en waar medikasie ‘n noodsaaklikheid is. Ek het egter al te veel met mense gewerk wat so stom ‘gedrug’ is, dat hulle tot geen greintjie emosie meer in staat is nie, om te dink dat anti-depressante die alfa en omega is nie.
    Skuus, Rosa, ek het nou jou blog gehighjack. Sal nou my snater hou oor die onderwerp!

  16. Whuhaaaaahaaaahaaaahaa

    Colin

    Ek was al baie dinge genoem, maar nie dom nie.

  17. Zee

    RF, ek het nou nou by Sterfling n comment gelos oor my depressie wat ek sommer hier copy en paste.

    Ek was 3 jaar terug met erge depressie gediagnoseer. My psigiater het my dadelik hospitaal toe gestuur vir 2 weke en ek het vir 2 jaar pille gedrink om my te help. As ‘n mens vermoed jy het depressie gaan sien ‘n dokter, dis waarvoor hulle daar is.

    Ek kan vandag sê dat ek nie meer depressie het nie maar tog party dae down voel.

    Dit is soos RF sê 2 heeltemal verskillende goed.

    Wat ek nou wel hier by jou gaan byvoeg is dat ek selfmoord probeer pleeg het (die meeste van julle wat my blog lees sal miskien verstaan hoekom) en net die wil van die Heer daarbo het dit laat misluk. Dit is iets wat ek nie vir baie mense vertel nie want jy is skaam daaroor. Maar vandag wil ek net sê, daar is hulp daar buite en ‘n mens MAG nie skaam wees oordat jy “siek” is nie!

    Boendoe, ek lees wat jy sê en ek stem ook saam met jou oor die reg eet en oefening. Ek moes dit aanleer en in ‘n mate dink ek dit is hoekom ek vandag nie meer die pille nodig het nie.

    Roos, dankie dat jy op so baie gebiede vir ons inlig oor waaroor ons maar eintlik baie “dom” is!

  18. Nou laat hierdie “dom” drommel ook sy stywer in die beurs gooi . . . . . . .

    So jaar of wat terug het ek ook aan depressie gely agv van werkloosheid, en ‘n egskeiding wat my amper vernietig het. Ek was op ‘n selfmoord mission. Die kliniek het vir my pilletjies gegee en ek het dit getrou gedrink. Watwou, ek het skielik tjankerig begin word so groot as wat ek is. Ek het een dag op my knieë gegaan en die Liewe Vader gevra om my op te tel en te dra. Kort daarna het ek eendag besluit om die pille te los . . . . . . . . . . Die klinieksuster wou 10 koronêre skiet. Ek vat die volgende 3 maande besending by haar en skenk dit aan die asblik . . . . . . Skielik het ek meer energie, en is meer positief in die lewe. Ek kry werk ook! Ek kyk nie weer terug nie . . . . .

    My vraag nou is: Wat het gebeur? Het die feit dat ek gebid het iets daarmee te doen? Het die feit dat ek besluit het om die negatiewe in die positiewe te verander die chemiese wanbalans in my brein uitgeskakel?

    Wie kan my antwoord?

  19. Zee

    Oubaas, ek hoor wat jy hier sê, maar jy sê ook dat jy die pilletjies by die klinieksuster gekry het. My psigiater het voor hy enige pille aan my voorgekryf het eers toetse gedoen, bloed getrek en al sulke goed om die regte kombinasie pille te kry vir my. Na baie sessies by hom het ek die lewe in ‘n ander lig gesien en ek kan net vir hom dankie sê vir wat hy vir my gedoen het.

    En ja, ek glo ook dat die Liewe Vader ‘n bydrae daar by jou gemaak het.

  20. Zee

    Nou vertel jy my iets wat ek nie geweet het nie. Bloedtoetse vir depressie. Dit maak sin, maar ek sou nooit daaraan gedink het nie.

  21. Adrie, met respek maar jy is verkeerd.

    Net gou feite: serotinien en dopamien is nie proteiene nie! Maar hormone wat die brein afskei. Jy lig die mense verkeerd in. Dit is neurotransmitters. (gene is wel proteïne)

    Ek dink ook nie jy besef wat ‘n mutasie is nie, dit gebeur nie sommer van ma/pa na kind nie (tensy daar ‘n chromosoom-abnormaliteit is, maar ‘n chromosoom is veel, veel, veel groter as ‘n geen). Mutasies is ook nie altyd sleg nie en dit gebeur oor eeue en soms duisende jare.

    As een ouer die gene na ‘n kind oordra (die risiko-geen) kan die kind dit kry. Maar mens is veel meer as net jou ouers , jy is die genetiese samestelling van derduisende mense voor jou. Die ouers hoef nie self siek te wees nie.

    Jy vergeet ook dat ‘n mens die helfte bestaan uit ou ouers, ‘n kwat uit ou oumas en oumas, ‘n agste uit die agter oumas en 16de en 32ste 64st terug na die res. Die gene kan van hulle afkom. DIT IS HOE GENETIKA WERK. So ‘n agteroupa kon depressief gewees het en jou kind kan wees.

    En weer eens: Nie net een geen is betrokke by depressie nie.

  22. RF

    Jy stel dit baie sagkens. Ek het kak gepraat. Asb, delete daardie comment. Ek het vergeet dat hormone nie proteinagtig is nie. Colin is reg, ek is ‘n dom donner.

    Ek wou nogal kom stry, gelukkig het ek (vir ‘n verandering) eers my feite nagegaan.

  23. Skoor: Dankie. Waar baie kruiekonkoksies is uiters gevaarlik

    Sonkind: Soms het families depressie baie suksesvol weggesteek omdat dit as ‘n skande gesien is. Die siekte is ook eers in die laaste paar dekades erken. Jy is heeltemal reg dit is juis die medikasie wat lyers beter laat voel, niks anders nie, so dit maak nie sin om dit te stop nie.

    Pikkelik: post-geboortelike depressie kan baie erg wees, gelukkig is dit goed behandelbaar.

    Sterfling: Groot plesier

    Jasper: Ek hoor wat jy se, maar ek dink die wetenskap het al bitter ver gekom. Dit is honderde middels beskikbaar wat help.

    Boendoe: Ek stem saam daar is verskillende depressie, soos ek ook geskryf het, reaktiewe depressie kom na ‘n traumatiese gebeurtenis in ‘n mens se liggaam byvoorbeeld. Seisoenaal kan mens in enige van die 4 seisoene kry. Ek dink GP’s kan gou voorskryf, maar psigiaters is die beste. Anti-depressante dull ‘n mens nie sommer nie (en indien dit doen behoort dit na 2 weke te verdwyn), dit is ander middels vir ander psigiatriese toestande wat dit kan doen. Indien ‘n mens major-depressie het moet jy medikasie neem.
    ((boendoe)) moenie skuuus se nie, ek geniet altyd jou insette en jy moet g’n niks stilbly nie!

    Oubaas: Jy het nie major depressie gehad nie, maar net reaktiewe depressie (voel hartseer oor gebeure in die lewe). Wat ook al jou laat beter voel!

    Zee, well done dat jy na psigiater is.

    Adrie: Daar is nie bloedtoetste vir depressie nie. Die dokter het Zee se bloed getoets om te sien of sy nie dalk skildklierprobleme het, ander hormonale probeleme ect wat ook depressie kan gee nie

  24. Zee

    RF, het bietjie gaan soek op die net oor bloedtoetse en het hierdie gekry. Ek dink vir die wat dit nodig het sal alle inligting baie handig te pas kom.

    http://www.news24.com/News24/Technology/News/0,,2-13-1443_2286386,00.html

    Ek dink hierdie is n goeie link.. dit vat saam wat jy en Boendoe se

    http://www.utexas.edu/student/cmhc/booklets/depression/depress.html

    PS…… is jy nie dalkies onse kuber dokter nie?

  25. Zee, dit is waar onlangs is die biomerker gevind wat kan bepaal of mens se gemoed hoog of laag is, maar dit is steed nie ‘n toets vir depressie nie, net ‘n aanduiding.
    Ek is nie seker of dit al hier beskikbaar is nie, ek twyfel.

  26. Zee

    RF, dit is nogal interessant hoor. Ek weet my psigiater het my getoets vir die hormoon, skildklier ens. maar dit was nou so 3 jaar terug.

    Toe ek die link sien het ek gedink hulle het darem by nou al n moewiese deurbraak gemaak. Dit sal seker eers oor 10 jaar hier by ons beskikbaar wees as ek die ding so bekyk.

    Dit sal darem wonderlik wees as jy net bloed kan trek en hulle weet presies wat is fout met jou… of dit nou depressie of enige ander siekte is… is daar nog nie so iets in die pyplyn nie?

  27. Dis die eerste keer wat ek hier ‘n draai maak, maar ek sal dit verseker weer doen…ek is ‘n groot aanganger van die wetenskap en mediese wereld en sommer allerhande interessanthede. Ek dink daar is nog baie mense wat hul depressie wegsteek oor hulle bang is wat mense gaan dink. As mens self depressie het verstaan jy werklik wat dit is om af te voel. EK het vir lank gedink ek is ok en dis dalk net ‘n fase of iets! Haha! Het toe maar op die ou end vir die psigiater gaan kuier. Die man het amper ‘n hartaanval gekry oor ek toe eers by hom uitgekom het, maar nie te min, ek drink my happy pills getrou en het nog steeds af dae, maar dis nie naastenby so donker soos voorheen nie! Ek het natuurlik baie baklei teen die hospitale en skokterapie ens. juis omdat my ouers tog net nie moes uitvind nie. Ek het hulle eers later van alles vertel.

    Ek het dit op ‘n stadium die meds gelos oor ek gedink het ek is weer reg, maar dit was nie lank nie toe drink ek dit maar weer. Ek het deur baie trial en error fases gegaan met verskillende meds net om die regte ene te kry. Ek is nie skaam daaroor nie, want dit se absoluut niks van my as mens nie en dit definieer glad nie wie ek is nie!

    Ek sien net rooi as mense se dat jy aansit!
    RF, thanx vir ‘n lekker blog!

  28. Zee: Jong die mense wat ek kwakke noem (daai wat herbs & spices aan jou verkoop), goeters in botteltjies en dan dieselfde pil vir van kanker tot ingroeitoonnaels, nou hulle produktes is vandag in die kop en more op die rak. Juis omdat dit nonsens is.
    Behoorlike wetenskap, neem lank en stadig, gaan deur baie toetsing en neem tot 15 jaar om goedgekeur te word. Maar dit werk.
    Die deurbrake wat in die vakjoernale aangekondig word is eers nerens beskikbaar nie, ook nie in die VSA nie, na jare is dit op die rak.
    ‘n Mens kan baie siektes sien in bloed, soos virusse en ook dat die liggaam besig is om iets te beveg met volle bloedtellings. MAAR jy sal nooit een bloedtoets kry wat vir alles kan toets en dan een spesifieke uitslag kry nie, net soos wat jy nooit een pil sal kry wat alles gesond kan maak nie. Die liggaam werk nie so nie. Medikasie en toetse is “target specific”.

    Kaalvoet: Baie welkom hier. Jy is 100% reg, mense steek dit weg, of ontken dit vir hulle self oor ander mense so wreed is. Maar tog is ons nie wreed teenoor mense met diaberes/hartkwale/enige iets ander. Siekte is siekte!
    Jy het my respek dat jy na die psigiater is en jou pille drink, dit spreek van iemand wat haar/sy gesondheid omgee!

    Jy is reg, moenie jou pille los nie, want jy het dit nodig. Die feit dat jy beter gevoel het bewys die pille werk. Dit neem soms ‘n rukkie om die regte pille te kry, omdat almal anders is. In die toekoms sal ons “gene based medicine” kry. Pille wat presies vir jou genetiese samestelling werk. (Pharmagenetics).

    By my kry jy 12 uit 10 Kaalvoetkind!!! Well done.

    Skokterapie (ECT) is hoogs suksesvol vir depressie, bipoler en ernstige obsessiewe gedrag. Dit is ‘n ligte skok, onder narkose, duur tussen 30s tot 180 sek. Die tande en spiere word beskerm. Dit reboot letterlik die brein se chemie en is fantasies. Sommige mense kry korttermyn geheue verlies, maar opgeweeg teen die ernstige emosionele pyn, is dit nie so erg nie.

    ‘n Mens word gekoppel aan die EKG en EEG om te sien dat alles reg is. Dit bring ‘n BEHEERDE klein seizure aan om die balans van die brein te herstel. Vir baie mense is dit die laaste uitweg, aangesien hulle nie reageer op medikasie nie en sekere toestande neuro-toksies kan wees en die brein aantas. ECT red lewens.

  29. Weereens ‘n baie sober, interresante en goed deurdenkte inskrywing.
    Dit is ook besonders hoe jy een en elk van die kommentare antwoord, amper soos ‘n regte gesprek.

  30. Hallo Labmuis, dankie vir jou inloer. My blog is ‘n plek waar ek hoop ek kommunikeer met mense.

  31. Rosalind, ek sal graag jou opinie wil hoor oor die rol van meditasie om depressie aan te spreek. En spesifiek ook of dit net ‘n rol kan speel om reaktiewe depressie te bekamp, of ook ander depressie. Op my blog het ek verwys na navorsing wat beweer dit kan ‘n positiewe invloed hê. Daar is ook heelwat artikels in vaktydskrifte wat versigtig optimisties is oor die positiewe invloed daarvan op die mens se geestesgesondheid.

    Wat is jou opinie?

  32. George, jammer ek sien nou eers die kommentaar anders het ek lankal geantwoord!

    Reaktiewe depressie is natuurlik soos jy deels weet weens ‘n traumatiese gebeurtenis in ‘n mens se lewe. Dood, verlies van werk, ag sommer hartseer of skok, trauma van geweld (vir elke mens kan dit iets anders wees).

    Depressie lei tot stres en omgekeerd lei stres tot depressie. Om totaal te ontspan wat meditasie wel bring (in sekere gevalle kan hipoterapie – deur iemand wat behoorlik opgelei is ook help). Yoga is ook goed, omdat dit mens oefening gee en ontspan.

    Ek kan nie dink dat dit negatief kan wees nie.

    Ek stem saam dat meditasie en yoga goed sal wees vir depressie, maar ek sal dit nie alleen doen nie. Ek sal medikasie saam met dit gebruik. Veral vir major depressie.

  33. Rosa

    Ek verstaan ook nie… Ek weet egter een ding!
    Vir al die pyne en trane en hartseer en lyding is daar net een pil.
    Dis die Gospel..!

    Dit fokus miskien nie altyd op die huidige pyne ens.(sooswat die kerke maar al te graag aan ons opdis) nie.
    Maar wel op die ewige… As daai “gat” tog maar net eers gevul kan word…?!

  34. sterfling

    Rosa’tjie, ek sal later almal se kommentaar kom lees. Wou net gou hello se, ek het lekker gerus en alles is wel. Dankie vir jou mail en al jou moeite. Jy is ‘n ster!

  35. Hallo liefste sterfling!!!!! Bly dit gaan goed!!

  36. Goeie dag,
    Ek wil net weet wie my kan help, want ek soek iets wat my net kan kalmer maak, my help om nie so moeg te bly gedurig, nie so vinnig op my perdjie te kan spring, soek meer lis vir die lewe. Ek voel baie lelik, vet lui en sleg. Is lis vir niks in die lewe, want het kind gehad en nou is my liggaam die lelikste ding wat daar ooit nog is. My liggaam was nog altyd my strot en ja ek moes seker besef het dat my liggaam gaan nie weer lyk soos wat dit sou voor die swangerskap, maar ek kyk elke dag vir myself in die spieel en sê kyk hoe lyk jy en doen apsoluut niks daaraan en dit raak nou by my ‘n opsessie. Dokters het vir my pille gegee, maar het my meer laat slaap as iets ander en ek moet sê ek was meer rustiger, maar dis nogsteeds nie wat ek soek. Ek lewer nie ‘n comment nie en weet nie waar ek raad moet kry of soek. EK het ook nie geld om na dokters toe te gaan of altans my rekening is te hoog, maar ek het die kliniek tot my beskikking.

  37. Marinda,

    Net iets oor die pille wat die dokters vir jou gegee het. Jy se ongelukkig nie wat dit was nie, of dit ‘n anti-depressant was en/of kalmeermiddels nie. (Laasgenoemde kan ‘n mens lomerig maak, hoewel dit erge angs kan verlig).
    Sommige anti-depressante kan ‘n mens aan die begin lomerig maak, maar na 3 weke of ‘n maand verdwyn die simptome (hou net uit of neem die pil in die aand, nadat jy vir die dr gevra het of dit regso is).

    Dit is moontlik dat jy depressie het, veral na die geboorte van ‘n kind. Anti-depressante is die beste hiervoor maar mens moet dit vir ten minste 6 maande neem. Dit is nie ‘n quick-fix nie! Dit neem ‘n rukkie, so hou uit, maar dit sal help.

    Jy hoef nie geld daarvoor te he nie. Indien jy finansiele probleme het, gaan na die kliniek, of enige staatshospitaal en vra om ‘n DOKTER te sien, nie ‘n suster nie. Vertel vir hom of haar presies hoe jy voel, al jou emosies. Ook hoe jy oor jouself voel.

    Die pille is gratis, maar jy moet dit elke maand self gaan haal. En elke dag drink.

    In watter dorp/stad bly jy. Dan kan ek vir jou se watter staatshospitaal is die naaste aan jou.

    Baie sterkte.

  38. Spekkie

    Middag, ek sit met die selfde simptome as Marinda, maar ek is tans nie besig om iets daarvoor te gebruik nie. Ek het my pa so 1 en 6 maande terug verloor en my skoonma so 4 maande terug. Nog nie regtig oor hulle gehuil nie want ek weet nie hoe om my emosies te laat gaan nie. Kan dit veroorsaak dat ek depressie ontwikkel of is ek sommer net pleinweg lui. My seun is ook nou amper 2 jaar oud. Is my eie ek wat `n mens se selfbeeld maak of breek siek omdat ek nie wil praat daaroor omdat ek dink mense gee nie om om daarna te luister nie of kry ek myself net jammer?

  39. Spekkie, moenie onnodig hard op jouself wees nie. Om ‘n ouer te verloor is swaar en om te huil is nodig. Ons is baie anders, party mense huil en gee uiting aan hul emosies baie moeiliker as ander. Uiteindelik moet ons almal rou, en ja mens kan depressief raak al huil jy en al huil jy nie. Dit is goed om daaroor te praat, selfs met ‘n professionele mens, of met diegene wat vir jou lief is.

  40. Anoniem

    Hoe en waar kan ek iets van despressie vra wat ek graag wil uitvind ek is dom met die web ek het dit eers vandag opgespoor as julle my wil antw my e.pos is gatberg@mtnloaded.co.zabaie dankie ek waardeer dit baie. Groete. Liza

  41. Anoniem

    Ek soek raad/hulp ek is ‘n depressie lyer vir die afgelope pr jare maar al vir jare word ek sooooooo duiselig dit hou net aaaaaan en ek is so van balans af kan net nie regop loop nie en my oe bluuuuurrrrrr altyd!!!! Kan iemand vir my se wat fout is ek is op depressie pille en was al by baie drs laaste bhet hulle gese die fout le by my klein brein wat??????? Is daar hulp of raad. Baie dankie. My e.pos is gatberg@mtnloaded.co.za – baie dankie. Liza

  42. Dit klink of jou bloeddruk of bloedsuiker dalk nie is wat dit moet wees nie.

    http://www.nimh.nih.gov/health/topics/depression/index.shtml

    Hierbo is ‘n skakel waar jy alles oor depressie kan kry waaraan jy kan dink. Sterkte.

  43. Mandie

    Vraag op Anoniem Maart 8, 2010 kan dit nie ook miskien newe effekte wees op haar medikasie nie word daar bloedtoetse gedoen om te sien of die medikase in haar bloedvlakke nie te hoog is nie , het met dieselfde probleem gesit en dit was newe effekte van die medikasie , maak nou seker dat ek die newe effekte lees sodat ek onmiddelik my sigiater kan inlig en gereeld bloedvakke toets van medikasie , het ook probleme om die regte resep te kry agv my ooraktiewe lewer , wat kan ek doen om my ooraktiewe lewer te herstel ,enige raad .

  44. Mandie

    Dom vandag vesrkoon spelling van psigiater , hoekom voel dit of jy party dae so dom is .ek is gediagneer met bipolar .

  45. Anoniem

    Wat my die meeste bekommer en tot my diepste depressies lei is die feit dat ek finansieel sukkel en op pad strate toe is. A.g.v. my bipolêre gemoedversteuring sukkel ek om werk te kry en my werk te behou. Ek is 49 en het geen finansiële toekoms nie, dit sal die rede wees hoekom ek my lewe neem, nie omdat ek nie saam met die simptome kan saamleef nie.Ek wil nie doodgaan nie maar ‘n lewe op straat noem ek nie lewe nie, as ek net ‘n wond kon wys sou ek die nodige hulp en begrip van my familie en vriende gekry het, maar my wond sit diep binne, my optrede is vir ander vreemd en ek vermy kontak met mense soveel moontlik. Ek is moeg om verwerp te word, misverstaan te word! Waarheen nou?

  46. Bobbi

    Wat my sal noop om my lewe te neem is nie die verskriklike simptome van bipolêr nie maar wel my armoede. Ek sukkel om werk te kry en my werk te behou. Weens die baie werkskommelings kon ek nie finansieel vir my toekoms voorsiening maak nie en is dus oppad strate toe. As ek net ‘n fisiese siekte gehad het sou ek begrip en hulp van vriende en familie kon kry maar nee, my wond sit diep binne! Ek is moeg om misverstaan te word, verwerp te word en snaaks aangekyk te word daarom vermy ek kontak met mense so veel moontlik. So as julle dalk ‘n 49 jarige dame met “ash blonde” hare by ‘n verkeerslig sien staan en bedel, gooi maar so ietsie in my blikkie asseblief, ek is nie dom nie en ook nie lui nie, ek word net nie kans gegun in die lewe nie….my siekte is mos minder werd as een wat mens aan die lyf kan sien…….

  47. Hi ek hoop u kan my help~my tannie is 75jr oud.Sy is tans op antidepresant medikasie.sy is onder geweldige druk haar kinders en tans waar sy bly by haar suster.sy is van belans af as sy winkels tu loop val sy reg agter oor op haar rug of voor oor ~sy het ook n blaas wat lek~kan die wat sy so reg agter oor val of voorentu val as gevolg van stres wees.asb stuur my met inligting na my e-mail adres.sal dit baie waardeer Sandra

  48. William

    Rosalind kan jy my dalk kontak op my email. wjr.botha@absa.co.za

  49. Estell Venter

    Eks dringend opsoek na hulp asb ons pleegkind is 9jaar oud hy steel jok en dreig mt selfmoord En om my en sy sussie mt I mes dood te steek Kan I kind van dai ouderdom al I psigopaat wees?Ons ht geen mediese fonds ni NB hy was 2jaar lank onder sielkundige behandeling ma dt ht niks gehelp ni Die skool se maatskaplike werker ht vi my gese dt gaan niks help ni omdat hy almal manupileer

  50. Anoniem

    Weet jy ek weet ook nie meer wat om te doen nie of dit is dat niemand wil verstaan of net nie simpatie het omdat hul nie in ‘n mens se skoene staan nie. Van kleins af het ek angs omdat my ouers altyd baklei het, ek het toe by my broers en susters gaan bly hul het ook met mekaar baklei so ek het groot geword daarmee. Op 17 het ek my man ontmoet ons het ook baklei omdat hy selfsugtig is en alles moes volgens hom gaan. Hyt sy familie, werksmense ook ingeslaap om my af te takkel selfs ander vroue. In 2007 het hy my geskei want hy kon nie die stres hanteer nie, my kinders is gebore en hy het hul begin opmaak teen my ek is die een wat hul glo sleg behandel het maar van hul klein is mag ek hul nie aandag gegee het nie dan het hy hul weggejaag en my geslaan, sleggese en verskree.

    Nou dat ek hulp nodig het vir angs en bipolar depressie mag ek met niemand daaroor praat nie, ek mag nie medisyne kry daarvoor nie, se hul ek kan op my eie daar sonder regkom en my probleem vir God gee. Niemand staan my by nie hul behandel my net verder sleg en druk my om die dinge wat met my gebeur het net so af te skryf.

    Ek voel useless, dat ek tog kranksinnig is want elke keer as hul met my lelik is of ek iets nie reg verstaan nie dan word daar vir my gese ek is nie reg in my kop nie. Ek kan nie stres hanteer nie, ek is bang vir almal. My dogter het my al aangerand omdat ek met haar baklei het omdat sy lelik is met my is, my dreig.

    My selfbeeld is weg my man het vir my gese ek kan niks reg doen nie, ek is te lelik niemand sal na my wil kyk nie en my persoonlikheid is so niemand wil iets van my weet nie, as daar konflik in die huis kom dan is alles my skuld.

    Ek het al 2 keer probeer selfmoord pleeg oor sulke dinge met pille en ek dink nou weer daaraan almal se my sleg, laat my skuldig voel ek kry geen onderskraging nie, almal se my sleg agter my rug mar niemand kan met my kom praat nie.

    Kan ‘n mens regtig sonder medikasie regkom as jy dinge nie kan verwerk of die geringste ding jou trigger om angstig te raak nie. Ek is bang vir my man en my dogter en wanneer hul lelik met my was of. Iets gedoen het waarvan ek nie hou nie dan is ek te bang oim met hul te praat want hul dreig my, se my sleg dan gaan ek in histerie in en soms word ek flou of gan van my kop af.

  51. Soekie Scherman

    Ek gebruik twee soorte depressie pille tegnol en cillift en ek bly gewig optel ek spuit my tonic ook. Kan ek my medisyne los en net. Calmetts gebruik of gaan ek eers weer n dr moet sien.

  52. Soekie Scherman

    Ek gebruik twee soorte depressie pille tegnol en cillift en ek bly gewig optel ek spuit my tonic ook. Kan ek my medisyne los en net. Calmetts gebruik of gaan ek eers weer n dr moet sien. Ek het my man in 2011 aan die dood afgestaan. Ek is n hart lyer en het hoe bloedruk en colestrol. Ek is met tye so moeg ek voel of ek net wil moed verloor en glad nie meer wil aangaan nie. En die ergste van al ek het spinale artiratus in my rugwerwels en wil nie graag gaan vir die operasie nie. Ai is my lewe nie geseend nie. Voel nog ek is so jonk. Nou dit. Gee my asb raad. Groete Soekie.

  53. Willem

    Ai Soekie. Ek voel vir jou. Ten spyte van alles gaan die lewe aan. Depressie is ‘n gogga wat van die duiwel af kom en mense dryf om op hull eie probleme te fokus. My raad aan jou is, vernuwe jou verhouding met ons Magtige Skeper en ook herskepper van ons lewe. Kyk om jou heen en kyk op die internet hoeveel mense sit in dieselfde boot of self erger. sal jou laat wardeer wat jy het. Bak koekies en besoek ‘n Bejaarde huis en gee vir hulle. Help bietjie uit by die SPCA. Help bietjie uit by ‘n welsyns organisasie. Besoek ‘n weeshuis. God is goed vir jou. Sien Sy hand in alles. Sterke.

  54. Willem

    Op ‘n ligter noot. Beetsap of rou beet kan bloed druk afbring. te veel inname van sout jaag jou bloeddruk op. Kyk agter op elke verwerkte produk is ‘n tabel wat sodium aandui. Max per dag is 1300 mg. probeer om dit nie te oorskrei nie. Eet natuurlike kos. probeer jou vleis verbruik afbring na 1 keer per week. Doen baie navorsing oor jou dieet. Dit help baie. Sterkte.

  55. J Bosman

    Wil net weet as iemand pille drink vir selfmoord kan hulle nog daai een se hart gbruik vir iemand anders wat dit nodig het

  56. Kan mens anti-depresante gebruik al is jy nie gediagnoseer vir depressie nie?

  57. Anoniem

    Rosalind ek het ‘n groot problem met my ma as jy my asb kan help sal ek dit baie warder. kan jy my asb kontak op elma.nwmagazine@gmail.com asb ek wil nie graag als hier skryf dat almal dit kan lees nie. groot asb.

    leke dag
    Elma




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: