Anna se rofstoei-droom

Verlede jaar hoor ek die manne wat so op TV rofstoei, WWE-Raw of so iets, gaan in Suid-Afrika hul ding kom doen.

Nou sien, ons huiswerker Anna, is hulle heel grootste ondersteunder onder die son. Mens hoor haar saans in haar kamer voor die TV: “Gryp hooooooom!”…… “Nee! Nee! Staan ooooooop!!!”

Sy is ‘n vrou wat leef vir haar stoei. Dis ‘n ernstige saak.

So suiker ek af Computicket toe vir kaartjies waar ek drie lekker plekke uitsoek. Vir my, vir my liefie en vir Anna. Ek kry ‘n floute toe ek die prys hoor: R375 vir een kaartjie. Toe ruk ek maar die kredietkaart uit, want dit is Anna se droom.

Ek deel haar die nuus mee en sy kraak twee van my ribbe soos sy my druk. En hoe nader die tyd kom hoe meer sien ek op na die aand. Anna kan nie wag nie.

By die plek gekom is daar natuurlik geen parkeerplek in ‘n radius van 2km nie, ons moet maar voetslaan. Toe ons in die tou staan, toe wil ek al piepie. Daar sal darem seker toilette wees? Ai, hoe verkeerd was ek nie.

Daar is omtrent 5000 seuns onder 12 jaar. Hulle skree nog voor die vertoning begin, sommer net vir die lekker. Ons gaan sit.

Daar is seker net 5 toilette en die tou is so lank soos ‘n aanloopbaan. Ek wil uit die saal kom om te soek na tydelike toilette en skielik ontgaan die woord my. “Do you have pop-up toilets?” vra ek die sekerheidswag. Hy gee my een kyk en skud sy kop. Niks nie.

Daar begin die show. Anna staar stip voor haar uit. Sy roer nie. Die mense jil, gil gee naakte gille soos barbare. Anna staar net.

Is jy okay, vra ek. Ja, ja, ja. Ek is net so bly ek is hier.

Daar is definitief met elke geveg ‘n gunsteling en ‘n wreedaard. As die wreedaard die oorhand kry raak die mense mal. As die gunsteling wen, stamp die mense voete en moedig aan.

Dan wen die een dan die ander. Nou kan ek duidelik sien hoe ge-olie die bewegings is, hoe goed elke beweging “uitwerk”.

Anna ontdooi en klap hande, skree vir haar gunstelinge.

Die mense raak mal. Ek raak mal – ek raak anstig. Dit is te veel vir my. Ek wil piepie.

Halftyd besluit ek, ek gaan agter ‘n bossie sit, of sommer in die openbaar agter iets sit. Ek kan nie meer nie. Maar nêrens kry ek plek nie. Ek was nog nooit in so nood nie.

Ek besluit om vir Anna ‘n gedenkboekie en T-hemp te gaan koop. Sodat sy darem vir die familie kan bewys sy was by die stoei.

Dit is heerlik om die mense te kyk . . . Ek is so bly ons het vir Anna gebring.

Maar my kop klop.

Toe die vroulike stoeiers in hul skraps klere mekaar pak bereik die saal sy akoestiese klimaks.

Toe als oor is, stap ek en Anna hand aan hand uit, want sy is skrikkerig vir die baie mense.

Uiteindelik kom ons tuis. Ons verras haar met die boekie en die T-hemp.

Sy begin huil. Dit was die wonderlikste aand van my lewe, dankie, sê sy.

Dit was ons plesier, Anna. Ek is so bly jy het dit geniet.

Advertisements

  1. O, was ek nie ook al vele kere in dieselfde “knyp” nie. Veral toe ek swanger was en veral in die motor op die snelweg en veral in onbekende besigheidkomplekse wat jou, vyf verskillende bordjies later, verseker die geriewe is “Tydelik buite werking…” O die pyniging!!! Ek is ten minste bly Anna het die stoei geniet.

  2. Pikke, ja daai is erg, ek het dit gehoor van my suster wat swanger was met ‘n tweeling. Ek het/sal nie kinders het nie. Maar die rofstoei-knyp was my ergste nog, ek sou enige plek gepiepie het, as het net plek kon kry!

    Ja, Anna praat nou nog van die stoei.

    En welkom by my blog! ek sien jy het bygekom te ek weg was.

  3. Roerend geskryf – soos altyd!

  4. Hallo Alleman, ek het jou lanklaas gesien! Stuur groete vir die Muis….

    Dankie

  5. Zee

    RF, dit is was ‘n wonderlike gebaar van jou om vir Anna na die show toe te vat. My dogter hulle droom maar net van gaan omdat die kaartjies altyd so duur is. Ek is seker sy praat nou nog daarvan.

    Ek is darem baie bly ek was nie jy met die nood nie. Ek sou myself seer seker net daar iewers nat gemaak het. 😆

    Ek ek net nou wragies vergeet om vir jou ‘n geseende Paasfees toe te wens! 😦

  6. Zee (dankie vir die paaswense – 🙂

    Ons was gelukkig in die posisie om Anna se droom waar te maak en is dankbaar daarvoor.

    Ek moet sê, ek het my soooo amper natgemaak, dit is nie waar nie. 🙂

  7. boendoe

    Rosa, as meer mense net wil uitreik na die mense die naaste aan hulle… Jy stel ‘n voorbeeld vir ons.
    En ja, daai piepie. Dis al wanneer ek die mans beny wat sommer teen ‘ietsie’ kan water afslaat…

  8. Boedoe, jy weet in die fliek Schindlers’ List is die vraag gevra maar hoekom het hy die moeite gemaak om ‘n paar honderd mense te red as miljoene tog gesterf het. Seker ‘n geldige punt.
    Maar, as mens daaraan dink dat elkeen van daardie mense wat gered is ‘n MENS is, dan beteken dit heeltemal iets anders, nie waar? Ek glo persoonlik as ‘n mens net ‘n verskil in een mens se lewe maak, doen jy baie. As elkeen dit doen dan maak dit ‘n reuse verskil!
    Ons probeer dit doen in ons huiswerker se lewe en die van haar gesin.

    Ja as die by piepie kom dan beny ek omtrent altyd die mans wat nie in toue staan nie of sommer om ‘n hoek kan verdwyn!

  9. Dit was nou kwaai nice van julle twee.

    Het ook al ‘n keer of wat gewens ek is ‘n man (maar net as dit by dié gedeelte kom).

  10. meermin

    Hallo jy ek was vir 12 jaar my eerste man se slaansak!!

  11. ADRIANA

    Is daar ‘n groter beloning as om iemand se droom te vervul? Ek is seker dit was die belegging deur en deur werd.

  12. Wens ek kon vir Anna sien daar! Baie mooi van jou.

  13. Wag’nBietjie, Meermin, Adrie, Mykopop dankie vir julle inloer.

  14. Ek dink so maak mens ‘n verskil. Dankie dat Anna se droom nie by jou verby gegaan het nie. Mooi dat sy haar eie TV in haar kamer het waarby sy haar rofstoei kan kyk Dit is duidelik dat daar ‘n mooi verhouding tussen julle is.

  15. Attie. Ja ek dink ons het ‘n goeie verhouding. Sy het ‘n TV wat ons vir haar gekoop het by die huis ook (naweke gaan sy huis toe), want sy vrek oor rugby! Sy skree natuurlik vir die Bokke!
    En ons stuur goed soos paaseiers en kerstyd lekker eetgoed huistoe.
    Soms raak ons vies vir mekaar, maar dit is mos maar hoe verhoudings gaan nie waar?

  16. Dis so mooi beskryf. Ek voel sommer Anna se vreugde! Lekker!

    NS. Ek dink ons moet ‘n “dingetjie” ontwerp waarmee ons ook net om die hoekie kan verdwyn… 😉

  17. sterfling

    Dankie vir jou moeite gister, ek wil graag nog meer uitvind. Dit knetter maar om enige iemand te glo, jy maak sin.

    Sien my blog, ek het jou getag met “Wat is depressie?”.http://sterfling.wordpress.com/2008/03/26/wat-is-depressie/

  18. Als reg sien nie skakel onder-aan die inskrywing oor depressie. Die bron is baie goed en jy kan dit maar glo. Sterkte

  19. Nice gebaar – jy is beter as ek – WWE/WWF, whatever, maak my op! Ek kyk eerder advertensies. (darem nie so erg nie, maar daai hordes histeriese mense, nee wat!)

  20. Ja nee kyk, dat groot mans soos kinders tekere kan gaan oor hierdie vorm van “stoei” gaan my verstand ook tebowe. Ek meen as iemand katswink lê moet hy/sy tog DADELIK mediese aandag kry of hoe? Kyk maar gerus. Die “slagoffer” lê ‘n goeie 5-10 minute daar sonder mediese aandag terwyl die “wenner” sy preek lewer. Kyk ook hoe beweeg die manne saam as teenstaander hom “optel”.

    Agneewat, ek hou my liewers by rugby, al gaan dit nie altyd te goed met my span nie! 😦




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: