My spog-boekie

My ma dra in haar handsak ‘n boekie rond met foto’s van haar kleinkinders en die wys sy orals rond – of mense nou wil sien of nie.

Almal van ons vrees om soos ons ma’s te raak. Ek dink ek vrees dit ook en sowaar ek het ook daai foto-wys-dring in my.  Ek raak seker soos my ma . . .

Ek en geliefde spog met ons drie honde, want met die dat ons nie kinders het nie, is die drie honde maar ons kroos. Twee is verwaarloosde weeskinders en een is aangekoop.

En elke een het haar eie persoonlikheid en sit diep in ons harte.

Die oudste ene, is jare der jare gelede al stukkend, uitgehonger en mishandel onder ‘n bos opgetel. Sy is mal oor jogurt, KFC en biltong. Maar menskos eet sy net bedags en laatnag gaan knibbel sy aan haar eie kos.

Sy slaap saam met ons op die bed. Ja, soms word ek wakker met ‘n poot in my mond, maar ai, sy verstaan my diepste wese.

Dis sy hier onder:

d11.jpg

Dan is daar die ene hier onder, wat ons byna vier jaar gelede by die weeshuis gaan haal het. Sy slaap in die winter sommer tot 10 uur soggens. Sy het wonderlike smaak en hou veral van handsakke. Sy gaan maak haar tuis op enige handsak en grom as jy dit wil vat.

Sy is ‘n opgaarder van formaat – veral klere en koerante neem sy na haar hoekie in die kamer. Haar ogies kan baie diep kyk.

sasimg_0021.jpg

Die ene het ons 5 jaar gelede as baba gekoop. Sy is die heel eerste hond in my lewe wat ek ken wat TV kyk, soos in regtig. Sy le skuins oor die bed en kyk, elke aand. Sy le ook met haar pote in die lug en slaap en/of sy le en hou die muur vas.

Die hond is bitter slim en mens kan haar nie lok met kos of probeer uitvang nie, sy vang jou uit. Sy is sagmoedig, maar het ‘n diep blaf wat mense bangmaak en dit pas my.

copy-of-img_0028.jpg

Hoe kaal sal ons lewe nie sonder julle drie wees nie. Ons praat met hulle, liefkoos julle, bederf hulle en leef met julle, soms word ons vies vir julle. Maar julle is ons liewe kinders.


  1. boendoe

    Ek is regtig nie juis ‘n diere-lover nie, maar het al ‘n paar honde in my lewe gehad wat diep in my hart geklim het. ‘n Hond is nie maar net ‘n hond nie. Hulle het regtig persoonlikheid, raak regtig lief vir hulle base en is onvoorwaardelik getrou. Geniet jou babies!

  2. Ek is ‘n vrou wat hou van ‘n groot hond. Soos ‘n Rotty. My laaste dierbre hond, was ‘n Great Dane gekruis met ‘n Boerboel. Ja, so ‘n lywige kalf.

    Ek kon haar nie hou nie, omdat ek die plaaslewe vir die dorp verruil het, en sy toe Louis Trichard toe verhuis het, na iemand wat haar bitter graag wou he.

    Ek verlang, na al die jare, steeds na haar reuse lyf, sagte vel en diep stem. En haar hart was so sag soos dons – maar sy’t geweet wie in vrede kom, en wie nie. En daai een het strepies gelos as sy storm!

    Nou vul ‘n klomp katlyfies die huis – ek en die DBV het ‘n goeie verhouding. Dierevreugdes is so ‘n voorreg.

    Dit is om van siek te word as jy sien watse mense diere het, en wat daar met hulle gedoen word.

    Gister was ek by die veearts, toe daar so ‘n klein wolnommertjie rondhop – nogal met een been in pers stockings. Die assistent vertel toe sy het die hondjie afgeneem by ‘n gesin, waar daar nog 2 ander soos hy is, nadat sy beentjie begin vrot het, na ‘n kar oor dit is. Hulle het niks daaromtrent gedoen nie. Want hulle harte voel NIKS vir einas van diere nie.

    Sy beentjie word vandag amputeer.

    Eendag vertel ek vir jou van my plakkerskamp kat!

  3. In my lewe het ek 3 honde en 1 kat gehad. Ek is nie ‘n diereliefhebber nie, maar troeteldiere is belangrik vir kinders. Dit leer hulle om ander te versorg.

    My kat -Lulu- het ek gekry toe ek drie was, ek was tot die dag van haar dood bang vir haar. Sy het my 2 keer gebyt terwyl sy kleintjies gehad het. Sy het gedink sy is my ma se kat. Lulu is dood toe ek 20 was.

    Jock was ek hond wat ek gehad het toe ek 4 was. Jock was gesteel voordat ek 5 geword het.

    Ek het Gina, ‘n swart maltese poedel, gekry toe ek 9 was. Sy het ook saam met my op die bed geslaap. Gina het kleintjies gekry en ek het een vir die bure gegee. Wat soos hulle gatte na die hond gekyk het. Gina was doodgebyt toe ek 12 was. Kort daarna is Prinses raak gery. Die bure wou haar skiet, maar ek het haar veearts toe geneem, self betaal en laat steriliseer. Ek het haar sommer ook gehou. Ek was 24 toe ek haar moes laat uitsit het.

    My spogboekie is my laptop, waar my “kinders” se foto’s op is. Ek het 14 “kinders”, almal met ‘n ander biologiese ma.

  4. Dankie Boendoe en ek stem hulle het persoonlikhede.

    Skoor, ons hou van alle honde, ag van alle diere Dis waar, hul liefde is ‘n voorreg.

    Jong ek moet nie eens begin praat van mense wat diere mishandel nie. In die land kry hulle, as hulle gevonnis word wat min gebeur, sommer mos ‘n klein boete en ‘n opgeskorte vonnis. Ek dink die donners moet SWAAR gestraf word.

    My geldjie gaan elke maand van my rekening af vir die DBV, ek voel dit nie eens nie. Dit is die minste wat ek kan doen vir die wondelike mense wat die werk doen.

    Skryf vir ons ‘n storie oor jou plakkerskamp-kat asb.

    Adri, o daar is niks so seer as om ‘n dier te verloor nie, ek weet.

  5. Eish, met die dat my nessie eersdaags leeg gaan wees, is ek baie bly vir my worshonde-kinners. Hulle is so slim, hulle moet net kan terugpraat. Dit doen hulle wel, in hulle maniertjies en houdings, wat ons BAIE goed verstaan! En miskien is daar eersdaags die getrippel van klein worshond voetjies… ai, en hulle kan sooo stout wees! Maar hulle is ons ander kinners – lief hulle emmers vol!😉

  6. Dellie! Jy gaan dalk ouma word, ek brei solank vir jou jassies.
    Ja hulle praat, ek weet. Daai kyke wat mens kry.

  7. PL

    Mag maar jou “kinders” is oulik. Op die oomblik sit ons,)ek, my man en twee kinders(regtes) met so ‘n seer tamaletjie. Ons ouma(hond) is nou al 17 jaar oud. Ek het haar as babatjie gekry nou het sy skaars tande, die rumatiek vreet haar op en sy is sommer net moeg. Tot nou voer ons haar maar sagte kos maar ai om haar so te sien swaarkry! Ons wil haar maar aan die slaap laat maak maar dit is so swaar. Sy is ons kinderoppasser, ons alarm, ons speelmaat en ons eerste! Die ergste nog is dat haar dogter nou 16 jaar oud is en nog nooit sonder haar was nie. Sy gaan haar mos morsdood treur… Geniet jou hondekinders en gee maar raad hierdie kant toe..

  8. Ek sal skryf, ek moet haar net eers laat posseer vir die foto by die skrywe!

    En daarvoor kort ek rou vleis of vis, en ‘n gewillige fotograaf. Of geduldige fotograaf. En Skoorlief is beide, so dis op pad!

  9. PL, mens kan pille vir rumatiek kry by die veearts wat help vir die pyn en voer haar van die pakkies kossies wat mens koop met die sagte vleisies in (nie blikkies nie, dis sulke individuele pakkies).

    Ek weet mens dit is vreeslik, vreeslik om by daardie besluit te kom, mens moet maar doen wat die beste is. Hulle is mens se alles.

    Baie baie sterkte, my hart gaan uit na julle toe.

    En dankie, ek wag al die hele dag dat iemand se my kinders is oulik🙂

  10. Ek sien uit Skoor. My honne laaik die kamera niks en die groot hond kan mens niks omkoop nie, sy is te slim, werk net die eerste keer. ek jaag hulle maar rond…shame…

  11. RF

    Maltese is seker een van die beste rasse nog, en ek was al aan baie rasse bloot gestel.

    PL

    Mens moet dit doen en klaar kry. Mens huil agterna genoeg daaroor en jou ontsteltenis kan die hond ontstel. Ek weet, persoonlik, dat dit baie maklik is om dit te se, maar die aksie deel is moeilik.

  12. Ons het die vreemdste kombinasie hond ooit gehad. ‘n Maltees gekruis met ‘n Staffie. Ja, jy lees reg, ‘n Staffie!

    Dit was die wonderlikste brakkie. Het die lyf en houding van ‘n Staffie gehad, maar met wit krul hare! As ons hom kaal geskeer het, was die vlekke wat hy sou gehad het as ‘n Staffie baie sigbaar. En hy was ‘n treat. So skeef gesit soos Staffies doen en als. Hy het saamgesing met die Kelly Family, as hulle daai hoë note haal, het hy gesing! Ons was vrek lief vir hom. Eventually is hy dood omdat sy hartjie en longe nie die groot lyf kon hanteer nie. Maar gelukkig kon ons hom vir ‘n paar jaar leen, en hy het vir ons baie plesier verskaf. Sy beste pel was ‘n kat wat saam met hom grootgeword het. In die winter het hulle letterlik lepel gelê, dit was te oulik om te aanskou!

    Ai, ek kan nie sonder diere lewe nie. Hulle is so onvoorwaardelik lief vir ons. Ek wens ons mense kon ook so wees.

  13. Dellie, hoe cute moes Maltie-Stafs nie gewees het nie!!!

    Ek het vergeet om te se ons groot hond, die Airedale, raak so nou en dan in die nag singerig. En dan trek sy hier by 3am los met so laaaang wolwe-tjank. Dis baie snaaks.

    Elke dag kom haal my kinders my by die kar, elke dag is hulle bly om my te sien en elke dag is hulle nog net so lief vir my soos altyd. Jy is reg, hoekom is mense nie ook so nie?

  14. afrikafairy

    hondjies is pragtig.

    honde is my lewe: 2 worshonde, ‘n boerboel , ‘n labrador en ‘n Yorkshire Terrier. en hulle almal word soos kinders in die huis behandel. slaap op hulle bedjies (en in ons bed) met hulle eie beddegoed.

    maar hulle is meer as net diere. hulle is deel van ons gesin. as ek hartseer is, sit hulle almal om my en kyk my aan. die worsies klim dan op my skoot, asof hulle my wil troos. hulle is bly as hulle ons sien. hulle gee so vreeslik baie liefde. kyk net in hulle ogies en jy sien die liefde….

  15. Ek is met Boendoe met hierdie een.
    Groot honde het baie meer om voor lief te wees (in lyf natuurlik😀 )
    My liefste woef (Voor sy na die volgende plekkie toe gereis het) was ‘n alleminitge brindle boerboel. Die pooch was ‘n Labrador. Saam het die 2tjies my grasperk opgerol.

    As ek in die tuin op die bank loop sit het dan het miesies met haar logge lyf soos ‘n jong kalf bo op my skoot kom klim sodat die ore eers gekrap moet word.

  16. Aag jinne look at that face! Hulle is die cuteste kinners.

    Ek is so bly daar is nog mense wat soos ons oor hulle honde voel

  17. Ag ma, hulle is te oulik!

  18. Afrika Fairy: Jong ons kleintjie slaap in die bed, en die ander twee slaap in die kamer op hulle eie beddegoed. Dis waar dat hul agterkom as mens hartseer of siek voel, hulle is so in-tune met mens. Ek stem hulle is nie net diere nie…

    Jasper: Ons hou van alle honde, maar ons erf is te klein vir ‘n groot hond, dit sou wreed wees.

    Dankie vir die inloer Jaco en Vygie. Ja ons bedref hulle, probeer om hulle happy en gesond te hou.

    Dankie dat julle na ons kinners gekyk het…!

  19. Ek mis so ‘n hond! Ons ou worsie was nie veel van ‘n wagter nie, omgerol vir ‘n maagkrap vir elke mens wat gewillig gelyk het. Liefie hou van katte en ek is so allergies, so nou troetel ons maar mekaar… Die bure se kat (in SA) dink egter hy bly by ons en kom elke aand vir my hallo sê as ek by die huis kom, weet nie hoekom hy vir my so lief is nie, want hy kry nie kos en hy word nie gevryf nie, ek praat maar net met hom.

  20. Sammi

    Wag dan totdat die laaities kom, dan word daardie spogboekie sommer ‘n ALBUM. Ek geniet jou skrywes.

  21. Netjane: Ons middelste hond is ook geen wagter nie, sy flirt met almal wat by die deur instap, swaai stert en wil net liefde he. Sy lê tot aan by die veearts. Dalk is daai kat ‘n praatkat? Ek dink nie ek sal kan leef sonder ‘n hond nie.

    Dankie Sammie.

  22. Hulle is te pragtig!

  23. Zee

    Agteros kom toe ook hier uit!

    RF, jou “kindertjies” is te pragtig.
    Ok, ek het dan 3 kinders in die huis… Klein Zee, ons 12 jarige minature maltese Purdy en n 2 jarige kruis tussen ‘n puk en ‘n Jack Russel genaamd Vlooi.

    Hulle slaap almal op n lekker matrasie (ja, ons sin).
    Hulle is klein Zee se beste maaitjies op die oomblik en die band tussen hulle is net te mooi om te beskryf.

    Hulle weet nog voor ons as daar iemand buite die erf is, hulle is ons waghondjies, hulle is ons pelle, hulle is ons alles want jy kan nie anders as om lief te wees vir die gevreetjies nie.

  24. Zee, jou kinders klink te oulik, jy moet foto’s wys hoor. Ek kan Zee en hulle al sien speel. Sweet.




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: