Wat van my muis?

Kyk, die dag toe ek my rekenaar gekoop het, toe kon ek nie eens my muis kry nie. Ek het na die winkel toe teruggejaag en die mense stink uitgetrap oor my muis weg was.

En daar le die ding – so teen die kant van die boks, saam met die “key bord”. Hom nooit eers raakgesien nie.

Terug by die huis, natgesweet en skaam-kwaad toe kon ek nie die platskerm opgeslaan kry nie. Ek druk hier en vroetel daar maar die ding willie. Hy staan so skeef.

Ag en toe los ek dit maar en bel vir Dial-a-Nerd dat hulle die hele toetie aan mekaar kom slaan, want ek het tog nie krag nie.

En nou wil Soldaat weet waarop “hover” my muis en hy het allerhande vrae oor Vista. (ek lees toevallig die ding raak op sy blog)

My muis sit maar hier op die “mouse pad”.

O ja, oor rekenaar-speletjies, ek het toe ek klein was in die arkades die speletjies vir 20c gespeel. Jis, dit was lekker. Tot eendag, ek was nat van die swemmery by die openbare swembad en iewers was iets verkeerd met daai PacMan, want toe skok hy my dat ek skuins staan, toe ek aan daai rooi knop vat.

Ek het vir lank nie speletjies gespeel nie.

Maar deesdae se goed beweeg te vinnig, en dit maak my naar. Geen mens kan so vinnig skiet/vlug/ry/slaan nie.

http://diegestorwesoldaat.wordpress.com/2008/03/10/my-poison/

“Eendag as ek groot is sal ek seker tyd hê vir computer games.  Ek het darem Tiger Woods Golf op Vista (gehad).  Enige iemand wat dalk weet hoe ek weer my Vista aan die dreun kan kry sonder om ‘n vars installasie te doen?  Dinge was daar net soos wat ek dit wou hê…  Ek’s nou skoon tranerig van verlange…  Enige iemand?  Asseblief?  ASSEBLIEF?

 Wat op aarde, ek verstaan glad nie . . . Bel iemand? Betaal iemand?

Advertisements

  1. Presies RF, bel iemand, betaal iemand!

  2. NetJane…daar is altyd iemand wat mens kan betaal om die lewe makliker te maak. Ek laaik niks van sukkel nie.

  3. Ja toe, julle twee wysneuse! Hier rond kos dit klim in jou bakkie en ry 250km – dis die naaste nerds aan ons!

    Waar’s jy prentjie, Rosalindfranklin?! Of kry julle girls skaam vir die Solitaire wat heelbo pryk? 😆

  4. Ek speel nie games nie belowe….

    Ek lees baie met die rekenaar. So Adobe word baie gebruik, ek is regtig ‘n groot nerd.

    Hoe kry ek die prentjie hier op…hetie ‘n clue nie.

  5. RF, ek moes eers die “help” gaan lees en toe vir Liefie gebel het, maar my prentjie pryk darem nou.

  6. NetJane ek het gesien..ek is beindruk. Ek jaag al die hele aan die honde rond met die kamera om anderdag hulle kiekies te probeer plaas. Hulle le nou almal onder die bed, kamara-sku.

  7. Hi Rosalind! Kry vir jou hierdie program op hierdie link…heeltemal GRATIS…jy kan “donate” as jy wil…daar is ‘n link daarvoor. Dis wat ek gebruik het en dis NIE die Microsoft “paint” nie…hierdie is ‘n wonderlike program! Maklik om te gebruik…ek het die program gebruik vir my blog se “banner”… as jy hulp nodig het..laat my enige tyd weet!
    http://www.getpaint.net/




Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s



%d bloggers like this: